“Gee my meer geloof”

Predikant: 
Ds FJ Bijzet
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2015-01-01
Teks: 
Lukas 17 : 5-10
Preek Inhoud: 

Indien u die preek wil gebruik kontak
asseblief vir ds FJ Bijzet

Kopiereg word voorbehou.

Preek oor Lukas 17:5-10

Liturgie:

Votum: Ps 124:4 laaste 2 reëls

Seëngroet

Ps 111:1

Lesing van God se wet

Ps 111:5

Gebed

L. Hebreërs 11:32-38

T. Lukas 17:5-10

Ps 116:9

Verkondiging

Ps 37:2,22

Gebed

Kollekte

Ps 89:6

Seën

“Gee
my meer geloof”
- vra u dit wel eens aan die Here, brs
en srs?

Byvoorbeeld as al die angswekkende
ontwikkelinge in vandag se wêreld u aangryp? “Gee my meer geloof, Here, om te
bly sien dat U dit is wat steeds in beheer bly”.

Of as daar baie moeites in u gesin of u persoonlike
lewe is en u nie verstaan hoekom die HERE dit alles laat gebeur nie: “Gee my
meer geloof, Here!”.

Of as sondes wat selfs in die kerk elke
keer weer kop uitsteek u moedeloos maak: “Gee my meer geloof, Here, om te
vertrou dat U u kerk sal be-waar!”.

Vra u dit gereëld, broers wat in die
kerkraad gekies is om aan die gemeente leiding te gee?

Christus se twaalf leerlinge het een-dag
vir meer geloof gevra, klaarblyk-blik met die oog op die taak waarvoor Christus
hulle geroep het. Hulle word in ons teks ook skielik (anders as in vs 1) “apostels” genoem: die wat uitge-stuur
gaan word.  Hulle het verstaan dat dit
nie ‘n maklike job sal wees nie. Hulle moet maar op struikel-blokke voorberei
wees. En dit nie net buite die kerk, struikelblokke wat vyande van Christus en
sy gemeente op hulle pad sal lê nie. Ook binne die kerk kan daar broers wees
wat teen jou sondig. Of susters. Soms wel sewe maal op een dag!

Ons moet nie die lewe in die kerk
idealiseer nie. Ons is geen volmaakte gemeente nie. Ons is geroep en verlos om
volmaak te mag wórd. Maar daar is nog baie wat verbeter moet word. Baie wat ‘n
mens partymaal moedeloos kan maak. Want dit lyk dikwels asof  skriftuurlike preke, huisbesoeke en so meer net
niks help nie. En dan wil ‘n mens bid: “Here, gee ons meer geloof!”.

xxxxxx

Here,
gee my meer geloof-
die wat so vra, soek dit in die
regte rigting. Dit blyk wel uit Christus se antwoord op die vraag van sy
apostels. Geloof het die krag om selfs moerbeibome te ontwortel!

Besef u dit nog, brs en srs? Hoe be-langrik
geloof is in ons besigwees as christene in hierdie wêreld? In ons besigwees vir
Christus se kerk?

Dalk dink u partymaal: ek moes meer tyd kon kry, ‘n paar ure meer in ‘n dag sou my baie help. My
werk vra so-veel tyd dat ek nie kans sien om ook nog aan ‘n Bybelstudie saam te
doen nie. Laat staan om ‘n kerkraadslid te wees. Of om in ‘n kommissie te kan
dien. My studie sluk my so in dat ek dikwels ook Sondae daarmee moet besig
wees.

Ouderlinge en diakens kan dink: was my
gesondheid maar beter, sou ek so-veel meer besoeke in my wyk kon doen. Of: ek
soek meer deskundig-heid, meer vaardighede om ‘n goeie ampsdraer te kan wees.
“Gee my betere gesprektegnieke, Here!”

Maar moet maar kyk: Jesus reageer nie op
die vraag van sy apostels deur te sê: “Julle vra vir meer geloof. Maar julle
benodig in die eerste plek meer tyd, en ‘n goeie gesondheid, en dat julle meer
teen stres bestand is, en gesprekstegnieke...” nie. Hulle het dit in die regte
rigting gesoek: geloof.  En dit is ook wat
ons eerste moet soek. Besef jy jy skiet tekort in jou saam-doen in die
gemeente, in jou heiliging van die Sondag, in jou verkeer met jou broers en
susters in die kerk, in jou ampsdraer wees? Bid dan vir ge-loof. Geloof skep
meer spasie in jou dagboek met afsprake, geloof laat groei jou liefde vir jou
broers en sus-ters in die kerk. Geloof  skenk
jou die vaardighede om met groter vrymoe-digheid ‘n ampsdraer te kan wees.

xxxxxx

Maar dan moet ons nie, soos die apos-tels,
vra: Gee ons méér geloof nie.

Want God giet ons niet vol met geloof soos
ons ‘n emmer vol met water maak nie. Sodat, as ek my maar net soos ‘n halfvol emmer
voel, Hy nog bietjie kan bygooi.

De Here Jesus maak die vergelyking met ‘n
mosterdsaadjie. Ons hart moet soos ‘n saailand wees waarin God ‘n saadjie so
klein soos ‘n mosterdsaad-jie plant.

En dan is een so ‘n saadjie genoeg. Want
hoeveel lewe blyk daar in so ‘n klein saadjie te wees!

U het dit seker ook al wel ‘n keer gesien:
iewers in die berge met rotse so kaal en glad soos die dop van ‘n skilpad kan
daar sommer ‘n boompie groei. In ‘n klein spleetjie het daar ‘n saadjie geval,
deur die wind saamge-

neem of in die uitwerpsels van ‘n voël daar
gelos. Maar daardie amper onsig-bare saadjie het ontkiem, begin

groei en op die ou end ‘n diep en breë
skeur in die rots gemaak. Dit kan selfs gebeur dat daardeur ‘n deel van die
rots heeltemal afbreek en ondertoe val.

Christus sê: ‘n mosterdsaadjie kan ’n groot
moerbeiboom ontwortel. Dis ‘n boom met baie wortels wat weer baie vertakkings
het. ‘n Boom wat boonop honderde jare oud kan word. Wie kry dit reg om man
alleen so ‘n boom uit die grond uit te kry? Laat staan om vervolgens daardie
boom in die see te plant!

Geloof kry dit reg, belowe Christus.

Dis ‘n pragtige beeld, brs en srs. Nou maak
die HERE geen boomverplanters van ons nie. Maar wel tot mense wat almal mag
saamhelp aan die opbouing van sy gemeente. En dan bemoedig Hy ons: vyande,
finansiële of organisato-riese probleme, onderlinge moeites wat in Christus se
kerk se pad staan, kan sommer verdwyn as daar by ons maar geloof is. Geloof kan
klipharde kerklidmate laat splyt. ‘n Broer of suster van wie ons vrees dat dat
ons hom of haar nooit kan verander en tot berou en bekering lei, ‘n moerbei-boom
met sy diepgewortelde eiewyse oortuigings, kan deur geloof ‘n ander mens word.
Waar ons gedink het dit sal wel op ‘n onttrekking uitloop, kan geloof ‘n
versoening bewerk.

Maar kom ons kyk ook na onsself: geloof kan
maak dat jy uiteindelik jou dagboek anders gaan invul en meer tyd vir die Here
en sy kerk gaan vry-hou. Geloof kan iemand laat besluit om tog maar ‘n ander
werk te soek, omdat hy selfs Sondae dikwels nie eens by die huis, en dus ook
nie: in die kerk, kan wees nie. Geloof kan my laat breek met diepgewortelde
voor-oordele of tradisies. Geloof kan be-werk dat ek my bekeer van vasgeroes-te
verkeerde gewoontes of ‘n versla-wing wat nie meer veranderbaar gelyk het.

So bid maar baie: “Here, gee my geloof asseblief!”.

xxxxxx

Maar moet dus nie vra: “Gee my méér geloof” nie.

Dit is wat die apostels gevra het. Hulle
het gedink: met meer geloof kan ons meer regkry. Asof geloof ‘n soort magiese
krag is. ‘n Towerdrank soos Asterix af en toe gedrink het om baie sterker te
word. (Obelix het nie gekry nie, hy het as kind al klaar teveel ingekry.)

Geloof is nie van sy eie ‘n krag nie.

Geloof is as sulks juis swak. Soos ‘n
onooglike mosterdsaadjie. Geloof gee ons nie die krag om mense te kan verander
of om onsself te bekeer nie. Want God alleen beskik oor die krag om mense te
verander en te bekeer.

Geloof is net, dat ons dit dan ook van Hom
alleen verwag! Dat ons weet: ek kry soiets nie reg nie, maar by die HERE is
enige ding moontlik. Hy het die mag om te doen ver bo alles wat ons bid of
dink.

Ons moenie vra of die HERE óns ster-ker wil
maak om dinge te kan veran-der nie, maar eenvoudig vertrou dat Hý sterk is om
enige ding te ver-ander as Hy dit wil hê. Ook dinge wat ons gedink het onmoontlik
is om te verander.

Is daar nog so ‘n geloof by ons, gemeente?
As ons ons inspan vir die gemeente, as ons ons beywer om te probeer regmaak wat
verkeerd is, waarop vertrou ons dan? Op ons in-spanning? Ons ywer?  As ons mekaar aanspreek op dit wat in die
HERE se oë verkeerd is, meen ons dan dit hang van ons oortuigingskrag af? Of
verwag ons dit van die HERE alleen? Het ons dit eers in ons gebed by Hom
gebring? Besef ons dat God die wêreld nie deur ons geloofsmag verander nie, maar
juis wil hê ons kom met ons onmag na Hom toe?

Dan kan die HERE wonderwerke doen. Dit glo
ek. En daarom bly ek vol goeie

moed en verwagting.

Na Pinkster het die apostels nie meer
gevra: “Gee ons meer geloof” nie. Maar hulle het met die geloof wat die Heilige
Gees in hulle bewerk het –hoe onaansienlik en belaglik ook al in baie menseoë-
aan die werk gespring met Christus se opdragte. Petrus en Johan-nes het geen
goud of silwer gehad nie, maar hul geloof in die mag van Jesus wat uit die dood
opgestaan het, het ‘n verlamde man weer gesond laat rond-spring. Paulus het nie
met ingestu-deerde redevoerings mense probeer oortuig nie, maar juis dikwels
met vrees en bewing maar net vertel hoe-dat Jesus van Nasaret vir ons sondes
gekruisig is.

Hulle het vertrou dat God almagtig is. En
so het hulle die wêreld platgeloop. Onderstebo gekeer. En is eeue-oue Keltiese,
Griekse en Romeinse moer-beibome ontwortel en in die water van die doop
geplant.

Wat God toe gedoen het, gemeente, kan Hy
steeds doen.

xxxxxx

Moet dus nie meer bid: “Here, gee ons meer geloof” nie. Maar: “Here maak ons nog meer diensbaar aan U”.
Want die gebed om meer geloof hou altyd maar die gevaar in dat ek pleks dat ek
verwagtingsvol na die HERE opsien,
sélf meer aansien wil verwerf. En as
ek, wanneer ek in geloof vir die Heer wou besigwees, daarop indrukwekkende
resultate mag sien, kan ek tog sommer weer meen EK het ‘n belangrike werk
gedoen het. Sodat ek bewondering en ‘n “Baie
dankie!
” verdien.

Christus se apostel was ook nie heel-temal
immuun daarteen nie. Hulle het al gestry oor wie van hulle die belang-rikste
was. Jakobus en Johannes het saam met hulle Ma al kom vra of hulle nie die
ereplekke aan weerskante van Jesus se troon kon kry nie....

Dis dié dat Christus nog ‘n ander gelykenis
ook gebruik. Wie sal, as hy ‘n slaaf het wat sy werk op die veld klaar gedoen
en nou huis toe gekom het, vir daardie slaaf sê, terwyl die kos nog reggemaak
moet word: “Kom sit hier by my aan tafel, dan eet ons saam”?  Dit sou nogal ongebruiklik wees. Jy behandel
tog nie jou kneg wat maar net sy opdragte uitgevoer het, asof hy iets baie
spesiaals gedoen het nie?

Hierdie vergelyking kan effens on-aangenaam
by ons oorkom. Is ons maar net slawe wat hulle plig moet doen?!  Die slawerny is lankal afge-skaf. Maar nog
altyd nie in die kerk nie? Is die lewe in die kerk ‘n slawe-bestaan?  Ons dog dan ons is deur Christus vrygekoop om
God se kínders te wees!

Maar as ons op so ‘n manier ‘kind’ moet
wees, werk God dit self in die hand dat ons op ‘n dag gaan sê: “Kyk, ek sloof
my al soveel jare vir U af en het nog nooit ‘n opdrag van U veront-agsaam nie
maar U het vir my nooit eers ‘n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kon
feesvier nie”.

U herken natuurlik daardie woorde. Dit kom
uit ‘n andere gelykenis van Jesus. Dit was die verwyt van die oudste seun aan
sy Vader, toe die verlore jongste seun weer by die huis teruggekom het en met
‘n fees verwelkom is.

Maar onthou u dan ook hoedat die Vader in
daardie gelykenis gereageer het? “My kind, jy is altyd by my en alles wat myne
is, is joune”. Ons is geen slawe soos eendag die Israëli-tiese mans in Egypte
nie. Ons is ge-waardeerde werkers in die wêreldhuis van ons hemelse Vader.
Terwyl ons verlore seuns en dogters was, soos die jongste seun in daardie
gelykenis. En ons onsself as slawe aan satan verkoop het. Maar u weet hoeveel
ons Vader wou offer om ons weer by Hom terug te kry. Hy het ons oudste Broer
van-uit die hemel aarde toe laat gaan om ons weer huis toe te bring.

Ons lewe is die ene genade! Ons besef dit
tog nog wel: van ons eie is ons nikswerd mense. Mense wat weggeloop het mag
weer kinders by die huis wees.

As daar net die geloof soos ‘n mos-terdsaadjie
gesaai is, gebeur die eer-ste wonderwerk by onsself: daardie saadjie splyt ‘n
ontevrede en opstan-dige slawehart en laat groei by ons’n hart vol liefde en
toewyding vir ons liefdevolle God en Vader. ‘n Bereid-heid om enige ding vir
Hom te doen, na alles wat Hy vir ons gedoen het en steeds vir ons doen. Dan
soek ons nie onsself nie, maar ons wil Hom bly maak. Dít maak ook ons bly. En
so word ons blye, bereidwillige en ver-wagtingsvolle werkers in sy diens. Wat
nie ‘n “Baie dankie!” vir onsself soek nie, maar aanhoudend “Baie dankie!” vir
Hom sê.

En dan bid ons nie meer:  “Gee ons meer geloof” nie. Maar: “Gee ons nog
meer liefde en bereidwilligheid om onsself in u diens te offer, noudat U so
baie vir ons wou offer”. Amen

Liturgie: 

(kyk in preek)