Christus se skrywe aan Laodicea - die selfgenoegsame gemeente

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-07-18
Teks: 
Openbaring 3:14-22
Preek Inhoud: 

Openbaring 3:14-22

Johannesburg, 18 Julie 2010

Lees: Openbaring 3:14-22.
Sing: Ps. 36:2,3; Ps.119:6,7; SB. 44:1,2; SB. 44:3-5; Ps. 4:3,4.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Wat ’n skok, so ’n brief aan die gemeente van Laodicea. Julle dink datjulle ryk is en aan niks gebrek het nie. Maar julle is in werklikheid ellendig, beklaenswaardig, arm, blind ennaak. Jy moet maar so ’n berig van Christus, die Koning van die kerk, ontvang.Jy dink dat jy alles goed vir mekaar het, maar Christus laat weet dat jygeestelik arm is, ja, dat jy vir Hom walglik lou is. ’n Ernstige woord virLaodicea, vir alle gemeentes, ook vir ons hier in Johannesburg.

Ek verkondig vir julle: Christus se skrywe aan die selfgenoegsame gemeente.

1.     Hul armoede

2.     Christus se liefde

Hierdie brief is die droewigste van almal. In die ander briewe het Christusaltyd nog gewys op iets wat goed was. Nou word egter geen enkele woord van lofgehoor nie. Christus berispe net die gemeente dat sy nie koud, nog warm is nie,maar lou.

Wat bedoel Christus? Gewoonlik dink jy by louheid aan mense sonder geesdrifvir die Here, mense wat jy nie vir werk in God se kerk en koninkryk kan warmkry nie. Om warm te wees is dan dat die evangelie jou in vuur en vlam sit. Jyword gedryf deur liefde en ywer vir die Here. Om koud te wees is dieteenoorgestelde. Die evangelie laat jou dan heeltemal koud. Jy word daarheeltemal nie deur geraak nie. Om lou te wees moet daar dan tussenin wees. Jyvertoon dan ’n gebrek aan geestelike ywer en ’n halfslagtige toewyding aan dieHere.

Een probleem met hierdie verklaring is dat Christus se: was jy maar koud ofwarm. Dit impliseer dat Christus voorkeur gee aan koud of warm wees bo die louposisie. Hoe kan God voorkeur gee aan iemand wat heeltemal koud teenoor dieevangelie staan?

Broeders en susters, die ongemaklikheid met hierdie verklaring word oorkomas ons die woorde van die Here verstaan as beeldspraak oor drinkwater. ’n Menskan geniet van ’n warm drink. Dit verkwik jou. ’n Koue drink is ook aangenaamen verfrissend. ’n Lou drink is egter nie lekker nie. Dit krap jou maag om. Deurhierdie beeld beskryf die Here die algemene situasie van die gemeente en hoedit hom raak. Hy sê in feite: jul situasie is sulks dat dit my siek maak.Daarom sê die Here ook: ek sal jou uit my mond spuug.

Hierdie verklaring pas goed by die situasie van Laodicea en omgewing. DieHere gebruik waarskynlik ’n beeld wat ontleen is aan hul drinkwatervoorsiening.Dis ook opvallend hoe baie Christus in hierdie brief hom in sy woorde en beeldeaansluit by die situasie van Laodicea. Dit blyk ook uit die verse 17 en 18. Indaardie eerste eeu was warm, koud en lou water blykbaar ’n unieke kenmerk vanLaodicea en sy omgewing. Hiërapolis, ongeveer 20 kilometer ten noorde vanLaodicea was bekend vir sy warm water. Dit sou geneeskundige krag gehad hê.Kolosse, ongeveer 20 kil ten ooste van Laodicea, was bekend vir sy lekker,skoon, koud water. Laodicea het egter blykbaar geen goed water gehad nie. Diestad het gegroei vanweë sy handelsposisie, maar die water wat daar was, was louen onsmaaklik. Die effek wat die gemeente van Laodicea op Christus het, is soosdie effek van hul eie water. Christus staan op die punt om hulle uit sy mond tespuug. Die gemeente is vir hom walglik, weersinwekkend.

Waarom dan? Christus verklaar dit in vers 17: "Want jy sê: Ek is ryken het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy iswat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie."

Soos die stad van Laodicea is, so is ook die kerk van Laodicea. Diegemeente in Laodicea is ’n treffende voorbeeld van hoe ’n omgewing sy stempelop die lewe van ’n gemeente kan afdruk. Laodicea was een van die belangrikstehandelsentrums van die westelike deel van Klein-Asië. Laodicea kon spog op baierykdom. Die stad was in daardie tyd veral oor drie dinge beroemd: sy goed georganiseerdebankwese, sy tekstiel industrie (met sy pragtige wol en linne klere) en symediese skool en apteke. Laodicea was ’n trotse stad wat baie vermag het. Ditblyk ook uit hul herstel van ’n groot aardbewing in die jaar 60 ’n.C.. Sonderenige steun van buite het hulle die stad weer opgebou. Terwyl Sardis na ’naardbewing enkele jare daarvoor, slegs met groot steun van buite herbou konword. Die mense in Laodicea was hardwerkende mense met ’n sterkondernemingsgees. So kry jy ’n baie ryke, voortvarende stad. En hulle is trotsop wat hulle gepresteer het. Selfvoldaan. Selfgenoegsaam. Onafhanklik. Hullekan vir hulleself sorg, hulle het aan niks gebrek nie.

Soos die stad is, so is blykbaar ook die kerk daar in Laodicea. Diesamelewing druk sy stempel op die kerk af. "Want jy sê: Ek is ryk en hetverryk geword en het aan niks gebrek nie." Die gemeentelede spog oor hulrykdom. Hulle is trots, selfvoldaan. Hulle is nie net trots op wat hulle bereikhet nie, maar ook dat hulle dit op hul eie bereik het. Ek is ryk, ek het myverryk. Hulle gaan nog ’n stap verder: hulle het niks of niemand nodig nie:"en ek het aan niks gebrek nie."

Die Laodicense voel hulleself gelukkig en voldaan met hul kerklike lewe.Hulle het alles goed vir mekaar. Daar is geen groot probleme nie. Hulle het ’neie predikant wat getrou die woord bedien. Die geld wat nodig is vir dieonderhouding van die eredienste en vir allerlei kerklike doeleindes kom goedbinne. Kyk wat hulle bereik het. Wie sou nie tevrede wees nie? Of self ’nbietjie trots nie?

Christus is egter nie trots op hulle nie. Hy sê: omdat jy lou is sal Ek jouuit my mond spuug. Jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig enarm en blind en naak is nie. Christus stapel woorde op mekaar om die armoedevan hierdie lou gemeente aan te gee. Die gemeente is nie bewus van syellendige, sondige en behoeftige staat nie. Blykbaar word Christus uit dieprentjie gehou. Die Christene is tevrede met hulleself. En waar die besef vaneie waarde groter word, word die waarde van Jesus Christus al hoe kleiner. Jysal nie jou hand uitsteek om iets te ontvang nie. Jy kan en sal jouself welred. Dit gaan dan onmoontlik wees om van genade te lewe.

Is dit ook nie opvallend dat Christus by die deur staan nie? Moes Christusnie binne die deur, in hul midde wees nie? Maar hier in Laodicea staan Hydaarbuite. Dis feitelik ’n kerk sonder Christus. Ja, hulle gaan kerk toe enluister na die prediking. Maar die prediking van Christus raak hulle niewerklik nie. Selfvoldane mense het Christus mos nie werklik nodig nie? Jy sitnie in die kerk as mense wat honger en dors na die geregtigheid nie. Jy kengeen honger of dors nie. Daarom maak die verkondiging jou nie ryk nie. Die kerkself is ’n verworwenheid. Iets wat jy nie graag sou prysgee nie. Iets waarvoorjy bereid is om jou in te sit, om offers te maak. Maar iets waarin jyselfsentraal staan, pleks van Christus. Soos ’n besigheid wat jy self opgerig heten onderhou.

Gemeente, hierdie wêreldse houding blyk ook in hul daaglikse lewe. Hullelewenstyl is nie anders as die van hulle wat Christus nie ken nie. Jy doen joubesigheid, jou werk en jou studie op dieselfde manier as die ander burgers vanLaodicea. Dit is nie spesifiek christelik nie.

Broeders en susters, Christus roep ook ons op om onsself te beproef. Hoesou Hy hierdie gemeente tipeer? Wat is ons/jou geestelike toestand? Is ons ’nlewende Christelike gemeente, waarin Christus sentraal staan? Gaan dit in onsgemeente werklik oor Christus en sy eer? Is dit vir Hom dat ons die dinge doen?Dit kan gebeur dat ek vandag die prediking van Christus hoor en met die mondChristus se naam bely, maar more weer aangaan met my lewe soos enige burger ditdoen, sonder Christus. Ons lees dan dieselfde koerante, ons luister en kyk nadieselfde programme, ons het dieselfde belangstellings, ons is besig metdieselfde dinge, ons het dieselfde prioriteite as die ongelowiges. Die enigeverskil is dat ons lid van ’n kerk is en kerk toe gaan.

Laat ons tog oppas. Is ons ’n selfvoldane en selfgenoegsame gemeente watdink dat hy ryk is? Julle het gekies om hier in die erediens aanwesig te wees.Waarom? Waartoe? Omdat jy jou lewe buite jouself in Christus soek? Omdat jyChristus liefhet en wil dien, hier en in jou hele lewe? Of omdat dit wel lekkeris om deel van ’n gemeenskap te wees? Is jy betrokke ter wille van Christus ofomdat dit vir jou ’n heerlike gevoel oor jouself gee? Verskillende van ons isdalk welvarend in materiële sin. Ons kinders is goed af. Verstaan ons egter nogwat dit is om van nature arm, blind en naak te wees, wat dit is om uit genadete lewe, om in afhanklikheid van God te lewe?

Let op die teenstelling tussen die gemeente van Smirna en die van Laodicea.Van Smirna sê die Here: Ek ken jou werke en verdrukking en armoede, maar jy isryk, jy is geestelik ryk. Van Laodicea sê die Here egter: Jy sê: Ek is ryk enhet verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is watellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. Wie is werklik rykonder ons? En wie is dit wat feitelik arm is?

Broeders en susters, hoewel die Here walg oor die gemeente van Laodicea,wys Hy nog sy geduld en liefde. Dis die tweede gedagte: Christus se liefde.

In die oorspronklike teks staan nie: Ek sal jou uit my mond spuug nie,maar: Ek staan op die punt om dit te doen. Die Here los sy gemeente nog nie. Hygee nog tyd vir bekering. Hy stuur hierdie brief om die selfvoldane gees uit tedryf. Die Here was skerp in sy teregwysing. Dit moet maar vir jou gesê word:Omdat jy lou is, staan Ek op die punt om jou uit my mond te spuug. Want jy sêEk is ryk en het aan niks gebrek nie, maar jy besef nie dat jy ellendig, arm,blind en naak is nie. Dis werklik harde woorde. ’n Ernstige bestraffing. Maardit is ’n teken van Christus se liefde. Soos Christus dit in vers 19 verwoord:"Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeerjou." Christus is nog met hulle besig in sy soekende liefde.

Hoor hoe Hy hulle aanspreek in vers 18: "Ek raai jou aan…" Nie"Ek gebied julle" nie, maar Ek raai julle aan. En luister na watChristus dan aanraai. "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deurvuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantreken die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë tesalf, sodat jy kan sien." Christus het aangegee dat hulle feitelik arm,blind en naak is, ook al dink hulle dat die teenoorgestelde waar is. Christuslaat hulle nie in die kou staan nie. Hy gee nou die oplossing vir hul ellendigetoestand.

Christus praat ’n taal wat die gemeente uit hul daaglikse lewe kanverstaan. Hy stel homself voor as ’n handelaar. Hy het drie artikels te koop.Drie artikels wat in verband staan met die dinge waarvoor Laodicea beroemd was.Onthou julle nog wat die dinge was? Die florerend bankwese, tekstiel industrieen die mediese skool met sy beroemde apteke.

Christus sê: Koop van My goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan rykword. Ja, gelouter goud, puur goud. Goud wat jou lewe werklik ryk kan maak.Hemelse skatte.

Koop ook wit klere, dan jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheidnie openbaar word nie. Wit klere, ’n teken van reinheid, van afwassing van jousonde en skuld. Die wit klere van My geregtigheid en heiligheid. Feesklerewaarmee jy later aan my bruilofsmaal kan aansit.

Koop ook salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. Julle is feitelikblind. Julle sien jul sorgwekkende situasie nie raak nie. Ek het egter dieresep vir blinde oë: my Woord en Gees wat jou aan jou sonde ontdek en die wegvan verlossing wys.

Daar is geen rede om arm, naak en blink te bly nie. Koop van My die skatte,die wit klere en die oësalf. In kort: koop van my die volkome verlossing. Neemdit in jou besit. Jy hoef niks daarvoor te betaal nie. Dis verniet. Inooreenstemming met die uitnodiging van Jes 55: 1: "o Almal wat dors het,kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom koop en eet; ja, kom, koopsonder geld en sonder prys, wyn en melk." Ja, jy moet sonder geld koop.Met geld kan jy immers nie regmaak wat geestelik met jou verkeerd is nie. Dit watjy nodig het, kan geld nooit koop nie. Naamlik die skatte van Christus, die witklere van sy geregtigheid en heiligheid om jou sonde te bedek. En die salf vanGod se woord en Gees wat jou oë weer werklik laat sien.

Broer, suster, gaan jy die raad van Christus opvolg? Dis geen sagteaanrading nie. Dis evangelie wat oproep tot geloof en bekering. Dit kom ook vandie Amen, die getroue en waaragtige Getuie, van Hom wat die werklike toedragvan sake ken en noem. Dit kom van die begin van die skepping van God, van Homwat die mag het om sy woord ook te voltrek. As jy dit besef, dan laat jyChristus tog nie buite die deur staan nie.

"Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop." Miskien het jy my buitejou lewe geplaas. Maar Ek laat jou nie sommer los nie. Ek staan by die deur enEk klop. Op grond van hierdie teks word Jesus dikwels geteken as iemand wat aandie deur van elkeen se hart klop. Hy wil toegang tot jou hart kry. Jy moet Homdan in jou hart binnelaat, jou hart vir Hom oopmaak. So kom ons uit by dieArminiaanse dwaling wat beweer dat dit in die mens se eie vermoë lê om God injou hart binne te laat of nie. God sou afhanklik van my keuse vir Hom wees.

Ons teks bied geen steun vir daardie gedagte nie. Dit gaan hier nie soseeroor individuele mense harte nie, maar oor die deur van die gemeente waaraanChristus klop. Dit gaan ook nie oor mense wat vir die eerste keer met God inaanraking kom nie. Dit gaan oor mense wat reeds ’n band met Christus gehad het.Dit gaan hier oor ’n herstel van die gemeenskap met Christus. Christus voegdaaraan toe: As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na homtoe en saam met hom ’n maaltyd hou, en hy met My.

Miskien moet ons hier dink aan wat die Here eerder, in Lukas 12:35-37, gesêhet oor die klop op die deur. Daar lees ons: "Laat julle heupe omgord weesen julle lampe aan die brand. En julle moet wees soos mense wat op hulle heerwag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kanoopmaak as hy kom en aanklop. Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heerwakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulleaan tafel laat gaan en hulle kom bedien."

In Lukas gaan dit oor die wederkoms van Christus. So ook in Openbaring, metsy tema: "… kyk, Ek kom gou". Die selfvoldane gemeente moet opnuutbesef dat hulle met Christus te doen het. Kyk, Ek staan by die deur. Ek laat mystem nog hoor. Luister na my stem, wees dan ywerig en bekeer jou. En soekopnuut my gemeenskap. Die tyd dring. Staan in my diens as waaksame diensknegtewat meteen oop kan maak.

"As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toeen saam met hom maaltyd hou, en hy met My." Hoe geweldig! Christus daal sote sê van sy hemelse troon neer om te eet saam met hulle wat uit hulleself arm,naak en blind is. Die gemeenskap met Hom word herstel vir hulle wat glo en ditmoet gevier word. Wat ’n wonder van genade. Christus praat dan nie meer oor dieverlede nie. Dat ek hom as ‘t ware buite die deur geplaas het nie. Dat ek hombuite my daaglikse lewe en praktyk gesluit het nie. Hy skenk vergewing envernuwing. Die wit klere van sy geregtigheid en heiligheid.

So is daar die hernude belewing van ons gemeenskap met die Here, soos ditelke keer weer aan die heilige nagmaal gevier word. Later sal dit gevolg worddeur die bruiloftsmaal van die Lam. Christus belowe tewens dat hulle wat oorwinsaam met Hom op sy troon sal sit. Saam met Hom oorwinnaars. Saam met homheersers, hier in beginsel, later in volkomenheid.

Geliefdes, Christus het weer gepraat. Hy het ernstig gepraat. Ons ernstigopgeroep. Watter effek het die woorde op ons as gemeente en as lidmate van diegemeente? Besef jy opnuut hoe maklik dit is om sonder Christus te lewe, ook omsonder Christus ’n kerklike lewe in stand te hou? Besef jy wel hoe arm so ’nlewe is, ook al mag jy in materiële sin ryk wees? Wie ’n oor het, laat hom hoorwat die Gees aan die gemeentes sê.

AMEN

 

Liturgie: 

(kyk in preek)