Laat ons toetree

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-07-25
Teks: 
Hebreërs 10:22
Preek Inhoud: 

Hebreërs 10:22

Johannesburg, 25Julie 2010

Lees: Hebr. 8:1,2;10:19-25

Sing: Ps 81:1,2; Ps81:11,12; SB 14; Apost Gel; Ps 106:1,2; Ps 106:20

Aan tafel: Hebr.9:1-10; SB 8:2; Hebr. 9:11-15; SB 8:4,5

Geliefde gemeente vanons Here Jesus Christus,

Die teks roep ons opom toe te tree.  “Laat ons toetree.”  Wat word daarmee bedoel?  Waartoe moet ons toetree?

Die oproep herinnerons aan die woorde van hoofstuk 4:16 waar ons lees: “Laat ons dan metvrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kanverkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”  Ons moet dus toetree tot die troon van diegenade.  En die troon van die genade isin die hemel opgerig.  Soos daar in dieaardse heiligdom – ’n afbeelding van die ware heiligdom – die ark van dieverbond met die versoendeksel was waarop die Here simbolies tussen die gerubsgetroon het, so is daar in die ware hemelse heiligdom die troon vangenade.  Daar in die hemelse heiligdomhet Christus eens en vir altyd ingegaan. Die voorgaande hoofstukke praat daar uitvoerig oor.  Om tot die troon van die genade toe te treeis dus dieselfde as om tot die hemelse heiligdom toe te tree. 

Hoe moet ons, brs ensrs, hierdie toetree tot die hemelse heiligdom konkreet voorstel?  Dit sal duidelik wees dat daarmee nie bedoelword dat ons ons fisies moet verplaas van die aarde na die hemel nie, soosChristus dit met sy hemelvaart gedoen het. Later by ons sterwe of by Christus se wederkoms sal ons dit ook mag beleef– dan is daar die letterlike en volmaakte toegang tot die hemel.  Maar vir nou sal ons aan iets anders moetdink.  Om tot die hemelse heiligdom toete tree beteken vir ons dat ons ons geestelik op die hemel rig, dat ons in diegees God soek.  Jy soek dan die dingedaarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.  Jy soek die gemeenskap met God.  Jy verwag al jou hulp en krag van bo, asookal jou instruksies.  Jy kan hier ook dinkaan die uitdrukking uit die nagmaalsformulier: ons harte ophef na die hemel,waar Jesus Christus ons Voorspraak aan die regterhand van sy hemelse Vaderis.  Wanneer jy aan die tafel aangaan,moet jy toetree tot die hemelse heiligdom, tot die troon van die genade.

 

Maar geliefdes, kandit sommer?  Onder die Ou Verbond mog diegelowiges nie eens die aardse heiligdom binnetree nie.  Uitsluitend die hoëpriester mog dieAllerheiligste binnegaan en dit net eenmaal per jaar.  Die volk moes buite bly staan.  Die voorhangsel het vir hulle beteken:verbode toegang.  Mag ons dan sommertoetree tot die ware hemelse heiligdom en dit nie meer eenmaal per jaar nie,maar elke oomblik van ons lewe?

 

Die verse 19-21 vanons hoofstuk noem die grond vir die oproep en uitnodiging om toe te tree.  Daar word teruggegryp na dievoorafgaande.  Dit alles word daar kortsaamgevat met die woorde: “Terwyl ons dan vrymoedigheid het om in die heiligdomin te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir onsingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ’n groot Priesterhet...”   Hierdie samevatting funksioneeras grond vir die oproep: Omdat ons dan vrymoedigheid het om in te gaan en ons’n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree.

 

Eers word dus gesêdat ons vrymoedigheid besit om in te gaan. Hier gaan dit nie daaroor dat jy jou vry voel om in te gaan nie.  Soos ’n mens soms tov die nagmaal praat vanvrymoedigheid om aan te gaan.  Nee, dieteks praat van ’n objektiewe vrymoedigheid, iets wat werklikheid is ook alervaar jy, voel jy dit nie so nie.  Ditbeteken soveel as toestemming, permissie, reg. Jy het vergunning ontvang om in te gaan. As jy dan tot die hemelse heiligdom toetree, is dit geen aanmatigingnie.  Nee, jy maak gebruik van diebestaande moontlikheid.  Jy sou dwaaswees om daar geen gebruik van te maak nie.

 

Die weg na die hemelseheiligdom lê nou immers oop.  Dis is ’nnuwe pad, dis pas aangelê en altyd begaanbaar. Dis ook ’n lewende pad, een wat na die lewe lei.  As jy daarop gaan, bereik jy joubestemming.  Anders as al diedoodlooppaaie.

 

Die weg is deurChristus gebaan.  Hy het die deurgangoopgemaak.  As baanbreker en voorloperhet Hy die hemelse heiligdom ingegaan. Hy het met sy eie bloed voorgegaan. Sodat ander Hom kan volg.  Die padis oop vir gebruik.  Die gordyne het nieagter Hom toegeskuif nie.  Nee, hulle wasnie meer nodig nie.  Christus het eens envir altyd versoening bewerk.  Daarom hetdie OT iese afbeeldings oorbodig geword.

 

Sien hier julle rykevoorreg as NT iese gemeente.  Terwyljulle OT iese brs en srs voortdurend herinner is aan die feit dat werklikeversoening nog nie plaasgevind het nie – die voorhangsel het die toegaanversper en die bloed van die offers moes bly vloei – mag julle lewe in die wetedat alles volbring is.  Die weg tot Godlê vergoed oop.  Julle leef onder ’n oophemel.  Julle mag sommer in die hemel opoudiënsie gaan. 

 

En daarby mag jullealle skroom en aarseling opsy sit.  Wantwie is daar in die hemelse heiligdom? Tog ons groot priester, Jesus Christus? Wat alles vir ons oorgehad het en wat goed vir God se huisgesinsorg.  Met so ’n priester hoef jy niebevrees te wees nie.  Hy het ons vlees enbloed aangeneem.  Hy is in alle opsigteversoek net soos ons.  En Hy het na diehemel gegaan om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn (9:24).

 

Br, sr  hoe gaan jy nou van hierdie NT iese voorreggebruik maak?  Hoe tree jy toe?  Ons kan nou ook vra: hoe gaan jy aan dietafel van die Here?

 

Die Gees sê vir ons:Laat ons toetree met ’n waaragtige hart. Hier pas geen geveins nie, geen onsuiwere motiewe, geen onverskilligheidof oppervlakkigheid nie.  Hulle watChristus die Voorloper na die hemelse heiligdom volg, moet opreg wees en hullevan harte rig op die dinge wat bo is waar Christus is en aan God se regterhandsit.  In verwondering oor die versoeningwat aangebring is en dankbaarheid.

 

Laat ons toetree involle geloofsversekerdheid.  Onsekerheidhoort hier nie tuis nie.  God rig Homhier nie tot die brutales, die oormoediges wat maar lig daaroor dink nie.  Hy rig Hom tot hulle wat hul eie doodsvonnisonderteken het, hulle wat hul eie verlorenheid erken en bely.  Hulle wat hul sekerheid en vrymoedigheid nieby hulleself soek nie.  God roep juissulkes op om heel seker en heel vrymoedig te wees.  Jy het dan immers alles oor ’n ander boeggegooi.  Jy het jou fokus verskuif vanjouself na Christus toe.

 

Dis heeltemal geenteken van erns wanneer jy by die geskeurde voorhangsel geengeloofsversekerdheid het nie.  Dit is ’nbelediging van Christus wat alles volbring het. Dis ’n skandelike miskenning van Jesus se volmaakte offer wanneer jy nieseker en vrymoedig tot God gaan nie.  Disongegronde wantroue.  Dis ook hoogmoedomdat elkeen wat in onsekerheid bly sug tot nog iets van homself, van syvroomheid verwag.

 

Laat ons toetree metharte wat deur besprenkeling gereinig is van ’n slegte gewete en met liggamewat deur rein water gewas is.  Hier wordgewys na die Christelike doop.  Dis mos’n uitwendige teken van die inwendige reiniging deur die bloed en Gees van Christus.  Soos die OT iese priesters besprenkelinge enwassinge moes ondergaan om die heilige God te kan ontmoet, so het ons diebesprenkeling of afwassing met Christus se bloed en Gees nodig om tot God toete tree.  Vanweë ons sondig hart kla onsgewete ons aan.  Dit moet stilgemaak worden kan gestil word deur Christus se bloed.  Daarom moet ons hart die besprenkeling met diebloed van Christus ondergaan.  Dan treeons toe met ’n hart wat gereinig is van ’n slegte gewete.  Ons roem in die vryspraak van Christus.  Ons glo die vergewing van die sonde en dieewige lewe.  Ons gewete kla ons daaromnie meer aan nie.

Gemeente, laat ons sotoetree tot die tafel van die Here.  Ditis geen aanmatiging: jy het vergunning, toestemming om toe te tree tot dietroon van die genade.  Jy word daartoe geroep,genooi.  Tree daarom toe met ’n opregtegeloof, ’n geloof wat hom op God se woord van genade verlaat en wat weet vandie reiniging deur Christus se bloed en Gees.

Liturgie: 

(kyk in preek)