Die woord van die lewende God, niemand kan daaraan ontkom nie

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-07-25
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 31a
Preek Inhoud: 

Sondag 31A (Hebr. 4:12,13)

Johannesburg, 25 Julie 2010

Lees: Hebr. 3:7-4:13

Sing: SB 27; Ps 33:1,2,5; Ps 19:6,7; Ps 33:11

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

 

Die verkondiging van die evangelie blyk ’nsleutel te wees.  ’n Baie belangrike sleutel,’n sleutel wat toegang tot God se koninkryk verleen of ontsê. 

 

Gemeente, julle hoor en lees reëlmatig God sedie evangelie.  In die eredienste, maarook by die huis.  Op diebybelstudieverenigings en in die katkisasieklasse.  God se woord is gelukkig nie ’n geslote envergete boek in ons midde nie.

 

Die vraag moet egter gestel word: wat doen jy met die woord wat aan jou voorgehouword?  Hoe reageer jy daarop?  Wat sê dit vir jou dat jy reëlmatig dieverkondiging mag hoor en die Bybel mag lees? Maak dit ’n verskil in jou lewe? Of is dit net ’n gewoonte wat jou nie werklik raak nie.  Hoor jy nog God se stem daarin?  Sien jy God daarin raak?  Ja, hoe jou houding teenoor die woord ook magwees, daardie woord los jou nie uit nie. Dit sal iets uitwerk in jou lewe ten goede of ten kwade, tot seën of totvloek.  Daarmee word God se koninkryk virjou oop of toegesluit. 

 

Aan die hand van Hebr. 4:11,12 verkondig isvir julle:

Die woord van die lewende God, niemand kandaaraan ontkom nie

 

     1.  Die Woord is kragtig

  1. Die Woord is deurdringend

 

Hebr 4:12 praat skielik van die Woord vanGod.  En dit om die voorafgaande temotiveer.  “Want die woord van God islewend en kragtig ..”.

 

In die voorafgaande word ons aangespoor om togveral erns te maak om in te gaan in die rus. “Laat ons ons dan beywer om in te gaan in die rus.” Met die rus wordbedoel die ewige sabbatsrus, die volkome gemeenskap met God, dat jy volmaakgeniet van God se werke, na alle stryd en gebrokenheid.  Die onverganklike, onbesmette en onverwelklikeerfenis wat in die hemele bewaar is; God met en onder ons en ons by God.

 

Gaan in in die rus van God, sê Hebreërs4.  Maak erns daarmee.  Nie net in die toekoms nie, maar vandag.  Ja, juis vandag!  Want die woord van God is lewend en kragtig.

 

Brs en srs, wat het die oproep om in die rusin te gaan met die woord van God te make? Hoe kan die skrywer die oproep motiveer deur te wys op die krag van Godse woord?

 

Wie die voorgaande gedeelte noukeurig lees,ontdek hoe sentraal die woord van God in daardie gedeelte is.  In hoofstuk 4:11 word gepraat van dievoorbeeld van ongehoorsaamheid wat nie gevolg moet word nie.  Ongehoorsaamheid, dit beteken soveel as: niena die woord van God luister nie, daar geen ag op gee nie. Iets eerder leesons: “Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.”  Gaan jy nog verder terug, dan is daar sprakevan “’n belofte om in sy rus in te gaan” en van “die evangelie” wat ook aan onsverkondig is.  God het gepraat.  Hy het belowe.

 

Hoe gaan jy dan in in die rus?  Deur vandag na God se stem te luister.  Die Israeliete kon nie in die tydelike rusvan Kanaan ingaan nie vanweë ongehoorsaamheid. Hulle het geen gehoor aan die woord van God gegee nie.  Hulle het die woorde nie aangeneem nie.  Hulle het in ongeloof geaarsel.  “Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dierus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.”

 

Want brs en srs, jy kan met die woord van God,met God se belofte nie spot nie, ook vandag nie.  Want die woord van God is lewend en kragtig.

 

Gemeente, die brief aan die Hebreërs hetonmiddellik, in die aanhef, reeds begin om te praat oor die woord van God.  Ons lees in hoofstuk 1:1: “Nadat God baiekeeren op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete,het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun.” Daarna wordbenadruk hoe uitnemender die spreke deur die Seun is.  Ons het nou deur die Seun van God se liefde’n baie ryker openbaring ontvang. 

 

En by so ’n ryke voorreg pas ook ekstra sorg.  “Daarom moet ons des te meer ag gee op watons gehoor het, dat ons nie miskien afdrywe nie” (2:1).  Alles het in hierdie laaste bedeling baieernstiger en klemmender geword.  Ons leesverder in hoofstuk 2: “Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaarwas, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het,hoe sal ons ontvlug as ons so ’n groot saligheid veronagsaam wat, nadat diteers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoorhet, terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhandekragtige dade en bedelinge van die Heilige Gees volgens sy wil?”

 

So kom die woord van God in hierdie laastebedeling met des te meer klem na ons toe. Jy kan nie daarmee spot nie.  Daaris geen ontkoming nie as jy met die geopenbaarde heil geen erns maak nie.

 

Want die woord is lewend en kragtig.  Die voltooide openbaring wat ons nou in dieSkrif ontvang het, is nie dood nie.  Diewoord is geen dooie letter uit die verlede nie. Die woord is geen museumstuk wat jou daaraan herinner hoe mense vroeërgeleef en gedink het nie.  Nee, die woordis lewend.  Dit is vol lewe.

 

Elke woord van mense vergaan oor tyd,verouder.  Maar die woord van God, dieevangelie van die rus, is blywend.  Ditbly fris en springlewendig.  Hoekom?  Omdat dit die woord van die lewende Godis.  Die lewende God wie se werke van diewêreld af gereed is.  Die lewende God watgister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is. Die lewende God wat ook met die oog op ons reeds gespreek het.  Sy woord is dus aktueel vir alle tye.  Hier praat God wat aan geen tyd gebind isnie, maar bo alle tye staan en die tye bepaal.

 

Die woord van God is lewend en kragtig.  Die lewende woord van die lewende God is volenergie.  Dit bring iets tot stand.  Dit doen iets aan jou.  Dit is altyd effektief.  Dit sal sy doel nie mis nie.  Dit is ’n werksame krag.  Tot redding, maar ook tot veroordeling.

 

Gemeente, julle ken immers die onmeetlike kragvan God se woord?  Daarmee het Hy diewêreld geskape.  Uit niks.  Hy het gespreek en dit was; Hy het gebied endit staan.  Dieselfde krag het ook syherskeppende woord.  As Hy woorde vanheil spreek, dan is dit daar.  Sybeloftes en dreigemente doen iets.  Nogeenmaal sal Hy spreek.  Dan sal diehemele met gedruis verbygaan en die elemente sal brand en vergaan.  Dan kom daar ’n nuwe hemel en ’n nuwe aardewaarin geregtigheid woon.  God se woordblyk kragtig te wees.  Dit maakgeskiedenis.  Die wêreldgebeure komdaardeur tot stand.

 

Brs en srs, laat dan niemand dink dat dit geenverskil maak hoe jy teenoor die woord van God staan nie.  Israel het dit in die woestyn en later inballingskap ondervind.  ’nAfskrikwekkende voorbeeld.  “Vandag asjulle sy stem hoor, verhard julle harte nie ... sodat niemand in dieselfde voorbeeldvan ongehoorsaamheid mag val nie.”

 

Niemand kan aan daardie woord ontkom nie.  Moenie sê: die woord raak my nie; dit sê virmy niks nie.  Want die woord van God islewend en kragtig.  Dit doen altydiets.  Tot seën of tot vloek.  Daardie woord bly aktief.  En hoe!

 

Van die woord word in Hebr 4:12 gesê dat ditskerper is as enige tweesnydende swaard. So ’n swaard met twee skerp kante is reeds baie dreigend.  Waar dit ook al tref, dit is raak.  Die woord van God is nog skerper as so ’nswaard.  Dit raak elkeen.  Aan alle kante.  Of jy dit wil of nie.  Daar word nie gevra of jy dit op prys stelnie.

 

Dit wil wat sê, gemeente.  Die woord sny daarin, in ons lewens.  Daar moet nogal wat weggesny word.  My eie ego moet klein geknip word.  En dit wil ’n mens liewer nie.  Jy luister liewer na iets wat jou egostreel.  Tog is dit ’n geweldige voorregom week na week die woord te mag hoor en om as ampsdraer die woord te magbring.  God soek immers nie die dood vandie sondaar nie, maar dat hy hom bekeer en leef.  Laat die woord maar daarin sny.  Daar hoef nie baie van jou oor te blynie.  Anders sou jy Christus nie raaksienen aangryp nie.  Solank as Christus maaroorbly.

 

Neem die woord dan aan.  Ook al is dit skerp.  Neem dit aan, nie as ’n woord van mense nie, maaras die woord van God wat ook werk in julle wat glo (1 Thess 2:13).

 

Gemeente, die woord van die lewende God is nienet kragtig nie, maar ook deurdringend. Dis die tweede gedagte.

 

Van die kragtige woord word vervolgens gesêdat dit deurdring tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte enmurg.  Hoe moet ons dit voorstel?  Dis moeilik om die verskil tussen siel engees aan te dui.  Hulle kan vir ons besefnie van mekaar geskei word nie. Dieselfde geld vir die gewrigte en murg. Hulle is in ons liggaam nou aan mekaar verbind.  As jy hulle uit mekaar haal dan verloor albeidele hul waarde en krag.

 

Deur hierdie beeld maak God duidelik dat watvir die mens nie gedeel kan word nie, wel deur God se woord uiteengehaalword.  Waar ons so te sê niks tussen kankry nie, daar kom God se woord wel tussen. Wat by die mense onmoontlik is, is moontlik by God.  Die krag van sy woord is so groot dat ditdeurdring tot die mees onbereikbare plekke. Dit dring deur tot die bodem van jou bestaan.

 

Ons mense is in die reël op ons privaatheidgestel.  Ons het geen loerders nodignie.  Ander mense het niks te make metwat ons doen of dink nie.  Hierdie verlangena privaatheid kan ook in die kerklike lewe hom openbaar.  Daarom kan ’n huisbesoek soms so moeilikverloop.  Die ampsdraer vra deur na diemotiewe.  Ons vind dit onvanpas enonbeskeie.  Ons privaatheid word bedreig.

 

Maar brs en srs, julle kan miskien wel dieampsdraer buite die deur van jul harte hou. Maar teenoor die woord van God sal jy nie daarin slaag nie.  Die woord is so vlymskerp dat dit deurdringtot die bodem van jou bestaan.  Hoegeslote jy ook mag wees, jy moet dit altyd teenoor die woord aflê.  Dit is alles ontdekkend.  Jou oorlegginge en gedagtes, jou verlangensen drifte word alles deur die woord geregistreer.

 

En wat kom die woord daar dan by joudoen?  Letterlik staan daar dat die woorddie kritikus van die oorlegginge en gedagtes van jou hart is.  Die woord neem jou gedagtes onder die loep,ontleed en toets dit.  Jy kom tot in diebodem van jou bestaan onder die kritiek van die woord.  Die woord bly nie stilstaan by die uiterlikedade nie.  Dit stoot deur na diehart.  En dit spreek ’n oordeel uit ooral die innerlike motiewe en werksaamhede.

 

Die woord doen sodoende baie meer as wat dieampsdraers kan doen.  Baie motiewe engedagtes bly vir die ampsdraers verborge. Dis nie altyd moontlik om deur te stoot nie, om sekere dinge oop te krynie.  Maar die woord wat gespreek,verkondig word stoot wel deur.  Dieuitwerking is bo verwagting.  Dikwels verrassend.  Soms kan jy daaroor bekommerd wees dat jyiemand nie kan bereik nie.  Jy kan niegoed peil wat daar in sy hart leef nie en jou woorde lyk so kragteloos te wees.  Maar die woord van die lewende God is kragtigen deurdringend.  Dit raak die mens totin die diepste van sy wese.  Dit neem diediepste gedagtes onder die loep, ook al is dit vir die mens nie sigbaarnie.  Dit maak die mens onrustig, ook allaat hy niks daarvan merk nie.  Dit doeniets.

 

Die bedoeling daarvan is om jou lewe te verlosen te genees.  Dit word nie altyd soervaar nie.  Ons vind dit dikwels lastigdat die woord ons peil.  Vandaar dieonrus.  Jy kan niks vir jouself hounie.  Alles – ook die verborge vuilgoed –word deur die woord aangespreek.

 

Brs en srs, wees dankbaar daarvoor.  Die woord ken julle soos julle is.  Sodoende weet dit ook presies wat tot jouheil dien, hoeveel verlossing jy nodig het. Bou jy nog mure rondom jou? Vergeet dit maar.  Jy misleijouself.  Jy kan jouself nie vir diewoord toesluit nie.  Die woord van Goddring wel deur, om die toegeslote hart te veroordeel.  Gee jou eerder oor aan die allesdeurdringende woord van God, sodat dit jou nie dodelik tref nie.  Sodat jy sy seënryke werking ontvang.  Sodat dit in jou hart verlossend en genesendmag inwerk.

 

Gemeente, in vers 13 word alle beeldspraaklosgelaat.  Opvallend is die oorgang vandie woord van God na God self.  “En daaris geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oëvan Hom met wie ons te doen het.” Hoekom hierdie oorgang?  Omdat jy in die woord van God met God self tedoen het.  Hy is die Spreker, diekragtige en deurdringende Spreker.  Ja,juis daarom kan daardie woord kragtig en deurdringend wees, omdat dit dielewende God is wat spreek.  Hy dring joulewe binne in die gewaad van die Heilige Skrif. Jy moet dan ook Hom raaksien wanneer jy die woord lees of hoor.  Hier is God aan die woord, God wat allesdeurgrond en ken.

 

Geen skepsel is voor Hom onsigbaar nie.  Met nadruk word die woord “skepsel”gebruik.  Ons is net skepsels.  Volkome afhanklik van ons Skepper. Buitehierdie Skepper kan ons niks doen nie. Sou ons dan iets vir Hom kan wegsteek? Vir mense kan jy iets wegsteek, ook vir ampsdraers.  Jy kan iets agterhou of kamoefleer.  Maar jy sal nooit daarin slaag teenoor diesprekende God nie.  Alle maskers val voorHom weg.  Hy sien deur alles heen en kenjou deur en deur, soos jy werklik is. 

 

Die alwetende Skepper het nie nodig dat iemandhom eers blootgee.  Alles lê immers oopen bloot voor sy oë.  Jy sou dit met ’nröntgenfoto kan vergelyk.  Deur so ’nfoto word dit wat verborge is, sigbaar. Alle afwykings word opgemerk.  Sohet God ons so te sê op ’n röntgenfoto. Ons siel lê sommer voor Hom uitgestal. Met een oogopslag sien Hy alles wat in ons leef.  Hy ken so ons diepste gedagtes.  Hy weet wat ons werklik dryf.  Daar is geen enkele kans om iets vir Hom wegte steek nie.  Jy kan Hom op geen enkelemanier, deur valse getuienisse of skynheilige gedrag, bedrieg nie. 

 

Dit is, brs en srs, ’n ontstellende gedagte.  Want die alles deurdringende oë, is die oëvan Hom voor wie ons rekenskap moet aflê. En wie kan dan bestaan?  Hier opaarde kan ons onsself meestal nog wel handhaaf. Maar die einde van alles is dat ons voor Hom verskyn.  En dan sal Hy met ons handel, nie volgens dieuiterlike skyn nie, maar volgens wat ons in werklikheid is.  Daarvolgens sal ons geoordeel word.

 

Brs en srs, laat julle nie afskrik deur dieskerpte van hierdie woord nie.  Geeinteendeel met des te meer erns daarop ag. Besef die waarde van die woord wat aan jou verkondig word.  Besef die waarde en krag van die woord waarinjulle onderrig word.  Besef die krag vandie woord waarmee ons mekaar in die gemeenskap van die heiliges aanspreek.  God se woord is lewend en kragtig.  Dit dring deur tot die diepste van joubestaan.  En dit doen iets.  Dit sal volbring wat dit sê, tot seën of totvloek.  Die deur van die koninkryk gaan virjou oop of sluit vir jou toe.  Jy gaan inin die rus van God of jy word buitegesluit in die buitenste duisternis.

 

Mag daardie woord, geliefdes, vir julle totseën wees.  Vandag is nog die tyd vangenade.  Vandag as jy sy stem hoor,verhard julle harte nie, maar laat julle lei in die rus van God se koninkryk.

Liturgie: 

(kyk in preek)