Die Heilige Nagmaal as ’n tweesydige sakrament

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-07-11
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 28
Preek Inhoud: 

Sondag 28

Johannesburg, 11 Julie 2010

Lees: Johannes 6:22-59.
Sing: SB 27; Ps105:22,23; Ps 116:1,7,10; Ps 16;4,5.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Die doop en die Nagmaal is beide verbondstekens. Maar waarin bestaan dieverbond? Hierin, dat die Here homself aan jou verbind en met jou deur die lewewil gaan. Hy gaan met jou saam met sy beloftewoord. Beide sakramente vind huleenheid in die beloftewoord van God. Een en dieselfde belofte word op tweemaniere uitgebeeld en verseël.

Wat is dan die verskil tussen die beide sakramente? Om die verskil raak tesien moet jy let op die struktuur van die verbond. Die verbond ontstaan tipiesvan een kant, van God se kant. Hoe kan dit ook anders?! Ons is immers vannature vyande van God, geestelik dood. Die lewende God soek verlore sondaarsop. Hy kom jou en my lewe binne met sy woord. Hy maak dooies lewend. Hierdieeensydige ontstaan van die verbond, word in die doop tot uitdrukking gebring.Jy word gedoop. Die doop staan tipies aan die begin van die geskiedenis van Godmet ons, as teken van inlywing.

Tydens die verloop van die verbondsgeskiedenis word dinge egter anders. Jy,die tweede party van die verbond, kom ook self in beweging. God sluit syverbond immers nie met stokke en blokke nie. In die verbond soek die Here diemens op, die kroon van sy skepping, die mens met sy eie verantwoordelikheid enmondigheid. Die Here bly ons as mense behandel. Hy wil werklik met jou saam ’npad stap. En dan kan dit nie so wees dat die verbond eensydig bly nie. God selewendmakende woord wek nuwe lewe in jou en bring jou in aksie, in antwoord opGod se liefdesverklaring. So word dit inderdaad twee aktiewe partye wat saam ’npad stap, met mekaar omgaan. Daarin bereik die verbond sy doel en hoogtepunt.Mense wat van nature dood was, gaan weer met die lewende God wandel.

Wel, die tweede sakrament, die Heilige Nagmaal behoort tipies by hierdiewederkerigheid van die verbond. Anders as by die doop is nou beide partye vandie verbond aktief. God gee sulke tekens dat die tweesydige karakter van dieverbond tot uitdrukking kan kom. Dit is ’n maaltyd. God kom met sy belofte najou toe, hy beeld dit uit en verseël dit aan jou. Jy mag eet en drink. As jyeet en drink dan is jy nie passief nie. Dit behoort by die aard van die tweedesakrament. Dis ’n saak van woord en antwoord. Aan die tafel van die Here vierGod en mens saam hul liefdesverhouding.

Ek verkondig aan julle: Die Heilige Nagmaal as ’n tweesydige sakrament.

1.     Christus gee homself as die brood en water van die lewe

2.     Ons mag eet en drink.

Jode wat die vermeerdering van die brode meegemaak het, volg Jesus naKapernaüm. Waarom volg hulle Jesus? Jesus lê hul ware motiewe bloot."Julle soek my nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle vandie brode geëet en versadig geword het." Julle herken die teken nie as ’nteken van die Koninkryk van God nie. Julle herken my nie as die hemelse koningnie. Nee, julle soek aardse en materiële welvaart en geluk. Julle soek aardsemag en heerlikheid, ’n aardse koninkryk, ’n aardse koning wat hier en noubevryding en voorspoed kan gee. Is dit nie iets waarna ons almal verlang nie,waarmee ons almal druk besig is nie? Dit is tenminste konkreet, sigbaar entasbaar.

Maar wat sê Jesus: "Moenie werk om spys wat vergaan nie, maar om spyswat bly tot in die ewige lewe." Wat is jou diepste nood? Nie die gebrekaan gewone brood nie. Nie die gebrek aan welvaart, vryheid of aardse geluk nie.Ook al is dit in ons land ’n baie groot nood. As ’n mens onder die broodlynlewe, dan is dit tog die skreeuende nood wat eers beantwoord moet word? Vergeetegter nie: Daar is ’n dieper nood waarvan die gewone brood geen oplossing geenie. Die gewone brood gee slegs ’n tydelike verligting. Dit hef die ware noodnie op nie. Die brood is aan verderf onderhewig en het slegs ’n tydelikewerking. Daarom: "Moenie werk om spys wat vergaan nie (moenie jou netinspan, beywer vir jou daaglikse fisiese brood nie), maar (werk) om spys watbly tot in die ewige lewe." Die laaste is baie belangriker. Dis werklikvan lewensbelang. Tensy jy ewig dood wil gaan. Daardie spys bly en het ’nblywende waarde. Dit bevry ’n mens van die ewige dood. Dit neem dus dieeintlike lewensnood weg, naamlik die vervreemding van God.

Maar, waar kan jy dan die brood kry? Christus wys na die Seun van die mens.Vir die versadiging van jou ewige honger en kommer moet jy by die Seun van diemens wees, die Woord wat vlees geword het. Wie is die Seun van die mens?Daaroor hoef geen twyfel te wees nie. "Want Hom het God, die Vader,verseël." Die Vader het Hom publiek by sy doop in die Jordaan aangewys:dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het. En die Gees van God het soos’n duif op Hom neergedaal. Hierdie Seun is waarlik diegene wat die spys sal geewat bly tot in die ewige lewe.

Maar wat is dan die spys? "Ek is die brood van die lewe" sêJesus. Ek is nie net diegene wat die brood gee nie, maar Ek is ook self dieware brood uit die hemel. Die Vader het My aan julle gegee om julle eintlikehonger te stil: "wie na my toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in Myglo, sal nooit dors kry nie."(vers 35).

Ja, brs en srs, na die sondeval is die mens van die boom van die leweweggedryf. Ons mense het gekies vir die dood, ons het ons losgeruk van Hom watdie Lewe is. So sit alle mense van nature op die pad van die dood. Dit is nienet ’n pad wat na die dood lei nie, maar ’n pad wat ook self as die doodgetipeer kan word, ’n pad buite die gemeenskap met die lewende God.

Gemeente, wanneer Christus homself as die brood van die lewe voorstel, danwys Hy op die herstel van die gemeenskap met die lewende God. Wie Hom as diebrood van die lewe ken, eet, besit die lewe, die ware lewe wat bly in ewigheid,die lewe in gemeenskap met God. Jy kan dan weer as mens met die lewende Godomgaan.

Christus konkretiseer sy prediking van die brood van die lewe deur te wysop sy vlees: "Die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewevan die wêreld sal gee" (vers 51). ’n Wonderlike gedagte. Christus sevlees is brood. Wat bedoel Christus hiermee? Hy sinspeel op sy sterwe. ‘Vlees’is die bestaan van die sterflike mens. Jesus sal die bestaan prysgee ter willevan die lewe van die wêreld. Sy sterwe sal ’n offergawe wees.

Daar is hier ’n duidelike sinspeling op die Pasga. In vers 4 van Joh 6 leesons dat die pasga naby was. Die vermeerdering van die brode en die predikingvan die brood van die lewe staan in verband met die pasga wat naby is. Christuspraat hier tot mense wat binnekort die paaslam sal eet. Christus sinspeel opdie vlees van die paaslam wanneer Hy praat van sy eie vlees. Hy wys Homself aanas die Paaslam wat die sonde van die wêreld wegneem. Gewoonlik het mense diepaaslam geslag om daarna aan die paasmaaltyd daarvan te eet. Dit was ’n tekenvan lewe in die versoende gemeenskap met God.

Die mense begryp Jesus nie. Hulle vra: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om teeet? Hulle begryp Christus nie omdat hulle eintlik die pasga nie begryp nie,die pasga wat heenwys na die Lam van God wat moet kom. In reaksie op hulongeloof kom Christus tot die klimaks: "Voorwaar, voorwaar Ek sê virjulle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drinknie, het julle geen lewe in julle self nie. Hy wat my vlees eet en my bloeddrink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Want my vleesis waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloeddrink, bly in My en Ek in hom" (verse 53-56).

Christus se vlees is waarlik spys en sy bloed is waarlik drank. Hoe moet jydit verstaan? Spys en drank is voedingsmiddele. Dit hou jou lewe in stand.Christus se vlees en bloed sien op sy offer aan die kruis. Juis daar is Jesusjou groot lewensmiddel. Sy dood in jou brood. Sy dood is jou lewe.

Gemeente, in hierdie Skrifgedeelte noem Christus nie regstreeks die HeiligeNagmaal nie. Tog kan ons die woorde wel deeglik op die Heilige Nagmaal betrek.Sê Christus nie by die instelling van die Nagmaal: dit is my liggaam vir julleen hierdie beker is die nuwe testament in my bloed nie? Christus stel ’nmaaltyd in om die werklikheid van Joh 6 uit te beeld en te gedenk. Beelde vanChristus se offer aan die kruis vir ons lewe. In die alledaagse lewensmiddeleherken jy sy dood. Die kruis is ’n paal waaraan ’n mens doodbloei. Maar diekruis van Christus is ’n boom van lewe. Want daar gee Christus homself terwille van sy volk. "Dit is my liggaam vir julle."

In die Heilige Nagmaal gee Christus homself dus as die brood van die lewe.Dit is egter nie die enigste nie. Die Heilige Nagmaal is immers ’n tweesydigesakrament. Van ons kant mag en moet ons ook eet en drink. Dit is die tweedegedagte van die preek.

Hoe moet jy nou die vlees van Christus eet en sy bloed drink? Jy is toggeen kannibaal nie? Let daarop dat Joh 6 een bewoë oproep is om in JesusChristus te glo. Dit begin al in vers 29. Die Jode vra Jesus: Wat moet ons doenom die werke van God te volbring? Daarop antwoord Jesus: dit is die werk vanGod, dit is die een werk wat God van julle vra, dat julle in Hom glo wat Hygestuur het. Let ook op vers 35: "wie na my toe kom, sal nooit honger krynie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie." En vers 47:"Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewigelewe." Om Christus se vlees te eet en om sy bloed te drink kom daarop neerdat jy in Hom glo, in sy offer glo. Dit sien op die intieme geloofsgemeenskapmet Christus. Jy is dan een met Hom. So sê Christus bv "Wie my vlees eeten my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het,en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe" (verse56, 57).

Hierdie onderrig gee ons, broeders en susters, die vrymoedigheid om die hoëwoorde ‘vlees van sy vlees en been van sy gebeente’ te gebruik. Dit is woordewat ons in die Kat oor die Heilige Nagmaal gebruik. Die woorde is nie gebindaan die elemente van die Nagmaal nie. Hulle is nie eers daar en dan vantoepassing nie. Ook voor en na die viering van die Nagmaal is die woorde vankrag. Wanneer jy glo, dan het jy ’n lewensgemeenskap met Christus, jy inChristus en Christus in jou.

Aan die Nagmaal word die gemeenskap met Christus gevier. Ons gebruik sterkwoorde. Ons sê dat ons Christus se liggaam eet en sy bloed drink. Nie omdat diebrood in die ware liggaam van Christus sou verander nie. Aan die tafel van dieHere gaan dit nie in die eerste plek daaroor dat jy iets met die mondkonsummeer nie. Dan sou die kinders ook kan aanskuif. Hulle kan immers ook eeten drink? Dit kom egter aan op geloof, dat jy in geloof eet en drink, Christusse offer aanneem.

Brood en wyn bly tekene, simbole. Maar wel tekene wat Christus wil hanteeren waarin Hy wil saamkom. So is brood en wyn nie slegs tekens van iets uit dieverlede nie. Die Here self is in die tekens aanwesig. Hy kom daarin saam. Daaromis die woord teken nie genoeg nie. Daarom praat ons ook van seël en waarborg.Ons gebruik die woorde omdat ons glo in die aanwesigheid van Christus. Hy hetdie teken ingestel en Hy hanteer dit hier en nou. Elke keer weer sê Hy: dit ismy liggaam vir julle.

So kan jy verstaan waarom ons die brood en beker Christus se liggaam enbloed mag noem. Waarom ons selfs mag praat van die eet en drink van Christus seliggaam en bloed. Dit is nie brutale woorde nie. Dit is die vergaande taal vandie liefde. Daarin praat ons oor ’n diepe en tere saak in korte en kragtigewoorde. Wat jy eet, word heeltemal in jou liggaam opgeneem. Dit word heeltemaldeel van jouself. Jy leef daarmee en jy leef daarvan. Wanneer jy Christus eetdan kan jy jou lewe nie meer sonder Hom indink nie. Om Christus te eet wilimmers sê dat jy Hom in geloof jou toe-eien en dat jy Hom deur die Geesontvang.

So kan jy verstaan waarom die intieme woorde ‘vlees van sy vlees en beenvan sy gebeente’ op die gemeenskap tussen Christus en ons aan die Nagmaaltoegepas word. Dit behoort tot jou heerlikste geheim as Christen. Deur geloofmag jy praat van ’n intieme lewensgemeenskap met Christus. Daarom mag jy in diewoorde van Ef 5, wat praat oor die huwelik, jou verwondering uitspreek oor diediepe gemeenskap met Christus. "Vlees van sy vlees en been van sygebeente." Hierdie werklikheid is nie beperk tot die Heilige Nagmaal nie.Dit behoort tot die daaglikse rykdom van elke Christen.

Aan die tafel van die Here word dit egter gevier en nadruklik onder dieaandag gebring. Christus beeld dit uit en verseker ons daarvan. Hy wil ons sywoord van heil op die hart bind: Ek het vir jou my liggaam aan die kruisgeoffer en bloed vir jou vergiet. Die beloftewoord het van jongs af aan tot jougekom in die prediking. Dit is in die doop aan jou verseël, aan die begin vanjou lewenspad met die Here. En nou word op die lewenspad die tafel van die Hereaangerig. Die beloftewoord word onderweg aan jou nogmaals heel nadruklikvoorgehou. En wel op so ’n manier dat daar tewens ruimte is vir jou respons,jou antwoord van geloof.

Jy sien dat die brood gebreek word. Waarom? Om uitgedeel te word. Dit isbestem vir alle gelowiges. So ook die beker. Die word gevul. Waarom? Om rond tegaan sodat elkeen daaruit kan drink. Elkeen word aangespoor om te eet en drink.Elkeen word aangespoor om te glo. "Neem, eet, gedenk en glo." So kanen mag die fees van die verbond gevier word. Die twee partye van die verbond,God en die mens, kan hulle in mekaar verheug.

Elke keer as die tafel aangerig is, word jy deur die lewende God van dieverbond geroep. Hy het met sy beloftewoord jou lewe binnegekom. Hy wou met joudeur die lewe gaan. En nou vra Hy van jou jou antwoord. Dit moet tog blyk datdit ’n werklike verbond is met twee partye. Dit is daarom ook geen vryblywendesaak of jy sal aangaan of nie. Ewenas dit geen vryblywende saak is of jy salglo of nie. Dit is ’n ere-plig van die verbond. God se beloftewoord kan nieonbeantwoord bly nie. As jy Christus se offer vir jou sien, dan begryp jy datjy slegs op een manier kan reageer, naamlik in liefde ontvang wat Hy in liefdegee.

In verband met die aangaan aan die tafel word weleens gepraat vanvrymoedigheid. Jy sou die vrymoedigheid moet ontvang om aan te gaan. InChristus se offer is die vrymoedigheid gegee. Wat weerhou jou dan om aan tegaan? Glo jy dalk nie? Of as jy wel glo, durf jy dalk nie om diegeloofsantwoord te wys nie? In die lig van die beloftewoord sou ons die kwessievan durf ook kan omkeer. Jy hoef geen durf te hê om aan te gaan nie – disgewoon ’n kwessie van geloofsgehoorsaamheid. Jy moet eerder durf hê om nie aante gaan nie. Durf jy om die liefde van die verbondsgod onbeantwoord te laat?

Broeders en susters, met die brief aan die Hebreërs kan ons sê:"Terwyl ons dan vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur diebloed van Jesus … laat ons toetree met ’n waaragtige hart in vollegeloofsversekerdheid." (Hebr 10: 19,22). Om aan te gaan aan die tafel vandie Here is geen huiweringwekkende saak nie, dis ’n feestelike gebeure. Onsgeniet daar van die geloofsgemeenskap met die Here Christus en in Hom met dielewende God. Ons geniet van die beloofde heil. Ons geniet van die lewe:Christus in ons en ons in Christus.

AMEN

 

Liturgie: 

(kyk in preek)