Christus se boodskap aan die gemeente van Sardis

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-06-20
Teks: 
Openbaring 3
Preek Inhoud: 

Openbaring 3:1-6

Johannesburg, 20 Junie 2010

Lees: Openbaring 3:1-6.
Sing: Ps. 65:3,4; Ps.65:2; Ps. 95:4; SB. 42; Ps. 139:12.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Is ons nog ’n lewende gemeente? Is jy nog ’n lewende Christen? Dis vrae watmet krag op ons afkom nav Christus se brief aan die gemeente van Sardis. Is onsnog ’n lewende gemeente? Is ek nog ’n lewende Christen? Die enigste wat onshoor oor die gemeente van Sardis is Christus se oordeel: jy het die naam dat jyleef, en jy is dood. Skerp woorde. Veelseggende woorde. Jy het die naam dat jyleef, maar jy is dood. Dit moet maar vir jou gesê word: jy is dood.

Kom ons kyk nou nader na wat Christus vir die gemeente van Sardis sê. Onslet op die volgende:

1.     die situasie van die gemeente

2.     die roeping van die gemeente

3.     die bedreiging van Christus

4.     die belofte van Christus

Waaraan dink jy wanneer jy hoor van ’n kerk wat dood is? Dink ons nie gouaan ’n gemeente wat in ou vorme vasgevang sit en waar geen krag meer vanuitgaan nie? Mense gaan keurig kerk toe. Hulle doen allerlei dinge wat vanhulle verwag word. Maar daar sit geen lewe in, geen warmte en entoesiasme nie.Dit lyk net na vormdiens. Die ou vorme, patrone is die enigste wat tel. Daargaan geen krag of invloed van die gemeente uit nie. Geen buitestaander worddeur so ’n dooie gemeente getrek nie.

Maar, geliefdes, dis nie die prentjie wat ons van die Sardis gemeenteontvang nie. Die kerk lyk juis asof dit ’n lewende gemeente is. "Jy hetdie naam dat jy leef". Jy het ’n goeie reputasie. Mense praat met lof oordie gemeente: dis nou ’n goeie gemeente. Daar is geen onderling gestryery, geenprobleme rondom leer of tug nie. Daar herken jy die goeie harmonie, vrede ondermekaar. En hulle beywer hulle om kerk in en vir die wêreld te wees. Mense isbeïndruk deur hulle. Hulle het ’n goeie naam. Dis nou ’n gemeente wat leef. Diekerkvisitatore rapporteer waarskynlik dat dit ’n lewende en aktiewe gemeenteis.

Maar nou sê Christus: jy het die naam dat jy leef, maar jy is dood.Skokkende woorde! Is die gemeente dood? Dit gaan tog goed in die gemeente? Diekerklike lewe bloei tog? Hoe kan Christus dan sê: jy is dood?

Gestel dat dit vir ons as gemeente te Johannesburg gesê sou word. Jy isredelik tevrede met jouself. Jy is bly met die dinge wat gebeur en dan hoor jy:jy is dood.

Broeders en susters, sulke woorde kom hard aan. So iets verwag jy nie. Metopset begin Christus egter met so ’n skerp oordeel. Hy wil die gemeente laatskrik. Hy wil daardeur uit die droom, uit die roes wakker skud. Hy wil dwing omna te dink. Daarom begin Christus met so ’n radikale uitspraak. Jy kan asgemeente so ’n uitspraak nie ignoreer nie. Dit moet jou wel laat opskrik. Joutot selfbeproewing dring. So ’n skerp woord forseer ’n mens om weer reg te gaansit en te reageer.

Uit die res van die brief blyk dit dat die gemeente nog nie heeltemal doodis nie. Die radikale begin word ietwat gerelativeer wanneer opgeroep word omwakker te wees. Blykbaar het daar nog iets goeds oorgebly, daar is nog kiemevan lewe. Christus sê immers: versterk die dinge wat oorbly, wat op die puntstaan om te sterwe. Die dood het nog nie volkome ingetree nie. Daar is ook nog lidmatewat nie met die res saamgegaan het nie.

Op watter manier is die gemeente dan dood? Die massa blyk in slaap gesus tewees. Dit het in die kerk gemaklik geword. Geen stryd van binne of vervolgingvan buite nie. Die lidmate is tevrede met wat hulle bereik het. Hulle istevrede met hulleself. Julle weet, broeders en susters, hoe gevaarlik dit vir’n gemeente kan wees. Daar is geen ware geesdrif meer nie. Mense doen die dingenie meer werklik vir God nie. Hulle is selfvoldaan.

Daarom sê Christus: Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie. Ja,julle doen nog wel werke. Allerlei aktiwiteite word ontplooi. Pragtig voor dieoog. Dis nie sonder rede dat die gemeente ’n goeie naam het as ’n lewendegemeente nie. Baie mense sou daarop jaloers wees.

Maar Christus sê: dis nie beslissend wat mense dink of sê nie. Volgensmenslike maatstawwe doen jy miskien baie goed in vergelyking met andergemeentes. Maar volgens God se norm kry jy ’n onvoldoende. Jou werke – hoepragtig ook al voor die oog – is nie vol voor God nie. Iets wesenliks ontbreekdaaraan. Die werke is feitelik hol, leeg, oppervlakkig. Jy kan binne of buitedie kerk baie aktief wees, maar dit sê nog nie baie nie. Ongelowiges kan ookgoeie dinge doen. Ongelowiges kan ook hulleself volkome inset vir ’n bepaaldepositiewe doele. Maar as jou werke nie uit ’n ware geloof en uit vurige liefdevir God gedoen word nie, dan is hulle ydel, leeg. Sonder die regte motief engerigtheid is alle uiterlike gedrag leeg. Vergelyk dit maar met ’n ballon. Jykan ’n ballon met lug opblaas. Dit lyk dan mooi en groot. Maar in werklikheidis dit hol, leeg.

Julle sal verstaan, geliefdes, dat Christus nie volmaakte werke verwag nie.Jy sal nooit volmaakte werke hier op aarde vind nie. Selfs ons beste werke isonvolmaak en met sonde bevlek. Christus soek werke wat vol voor God is, werkewat werklike waarde en inhoud vir God het, werke wat jy werklik voor God seaangesig verrig, bewus van God se teenwoordigheid. Werke is vol in God se oëwanneer hulle uitdrukking gee aan jou geloof in Hom en aan jou vurige liefdevir Hom. Wanneer jy Hom daarin ken, wanneer jy dit uit Hom en tot Hom doen.Wanneer alles God-gesentreer is. Sonder dit is hulle – hoe hulle ook al blink –klatergoud. Mense mag daaroor roem, maar God is nie beïndruk nie. Voor Hom isdit leeg.

Dis dan die situasie van die Sardis gemeente. Dis ’n plesier om daar tewees, gerieflik, gemaklik. Dis ’n plesier om aan al die aktiwiteite deel teneem. Daar is geen krisis van binne, nog van buite. Alles het gewoon geword,doodgewoon.. Die skerp kante het verdwyn. Ja, die skerpte van die evangelie -’n twee snydende skerp swaard – het verdwyn uit die harte en die lewens. Daaromis daar op die oomblik geen krisis nie. En staan selfs die buitestaanderssimpatiek teenoor hulle. Mense word nie meer geplaas voor die radikale keusevir of teen Christus nie.

In verband hiermee noem Christus ook die besoedeling van hul klere. SulkeChristene laat hulleself maklik verontreinig deur die wêreld. Die christelikeuniform word deur humanistiese ywer ontsier. Die lidmate neem die dinge niemeer so ernstig op nie. In so ’n knus gemeente met sy goeie reputasie in diebreë samelewing kan jy die dinge tog nie te nou neem nie? Jy wil tog jou goeienaam behou? Dan moet jy tog gemoedelik en welwillend bly. Ondertussen is jybesig om die pragtige klere waarmee Christus jou beklee het, te besoedel. Dieklere, naamlik Christus se geregtigheid en heiligheid.

Met klem roep Christus die gemeente dan op om wakker te wees. Dis dietweede gedagte van die preek: die roeping van die gemeente.

Wees wakker, sê Christus, en versterk die wat oorbly, wat op die punt staanom te sterwe. Pleks van ‘wees wakker’ sou ons ook kan vertaal met: ‘wordwaaksaam’. Die kerk word opgeroep om waaksaam te wees. En dit nie net nou endan nie, maar voortdurend, aanhoudend. Jy kan dit nie bekostig om diewaaksaamheid te verslap nie. Die geskiedenis van Sardis bewys dit. Die stad hettwee maal in vyandelike hande geval vanweë ’n gebrek aan waaksaamheid aan diekant van die wagters. Daar moet die spanning bly met die oog op Christus senaderende koms. Jy moet jou bly uitstrek na wat voor is en jou inspan om by diewenstreep te kom sodat jy die hemelse prys kan behaal waartoe God jou geroephet in Christus Jesus (Fil 3:14). Daarom: wees wakker. Stel jou nooit tevredemet wat jy bereik het nie. Gaan nie teer op jou goeie naam nie. Let goed opChristus se uurwerk. Let daarop hoe alles na die einde dring. En haas jou nadie einde toe, na Christus toe.

"Versterk dit wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe", sêChristus. Deur gebrek aan waaksaamheid het reeds baie afgesterf. Dit lewe hetdaaruit verdwyn. Christus het daaruit verdwyn. Gryp dan vas wat nog tekens vanlewe het. Sorg daarvoor dat dit nie ook afsterf nie. Versterk die werke wat noguit geloof en liefde tot God gedoen word. Hou ook die lidmate vas wat nog nieingeslaap het nie. Werk met die oorblyfsel sodat van daaruit die lewe in diegemeente meer en meer die oorhand oor die dood kan kry. Koester dit wat noggoed is en bestry die kwaad. Sodat nie alles verlore gaan nie.

Geliefdes, in hierdie bewoë oproep hoor julle Christus se hart vir sygemeente klop. Hy laat haar nie los nie, maar worstel vir haar behoud. Die lewemoet weer terugkeer. Die kerklike lewe moet weer eg gaan bloei tot eer van God.In hierdie verband is dit goed om te let op die manier waarop Christus homselfin hierdie brief aan die gemeente voorstel. “Dit sê Hy wat die sewe Geeste vanGod en die sewe sterre het.” ’n Baie toepaslike selfbenaming vir hierdiegemeente. Christus staan daar as die bron van alle lewe en lig. Hy het die seweGeeste van God in sy hand. Hy beskik oor die volheid van die Gees. Van die Geeswat lewend maak. Alleen deur die Gees kan dit wat dood is weer lewend word, kandaar ’n oplewing kom. Christus staan daar ook met die sewe sterre in sy hand.Hulle is daar om lig te versprei. Die 7 sterre verteenwoordig die 7 voorgangersvan die gemeentes. Hulle is daar om die woord van God te laat skyn, om Christuste verkondig. Hulle kan alleen skitter, lig gee, deur die 7 Geeste. Daar is noghoop vir die gemeente omdat Christus na haar toekom as diegene wat die 7 Geestevan God en die sewe sterre het. Christus beskik oor lewe en lig. Hy wil lewe enlig kom bring.

Daarom vervolg Christus ook : Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor heten bewaar dit en bekeer jou. Onthou hoe dit in die verlede gegaan het, toe dieevangelie tot jou gekom het, toe jy tot geloof gekom het. Wat ’n vreugde hetdit vir jou gegee om God te ken en God te mag dien. Wat ’n vurige liefde wasdaar. Jou hart was brandende in jou vir Christus en sy Woord.

Broeders en susters, so kan ons dikwels mekaar verwys na die tyd toe ons indie openbaar ons geloof bely het. Onthou hoe jy daardie tyd met vreugde God sebeloftes en eise aangeneem het. Jou lewe het ’n ander motief en doel ontvang.Jy wou bewus Christus in jou lewe volg. Jy het toe die ware geloof, vaste hoopen vurige liefde ervaar. Onthou dit. En bewaar die evangelie wat jy ontvanghet. Laat dit jou nie ontgaan nie. Laat die skatte van Christus wat jy toeervaar het, jou nie ontglip nie. Gryp hulle opnuut vas.

Bekeer jou. Breek met die dodelike gees van selfvoldaanheid, humanisme.Neem opnuut die gesindheid van Christus aan, soos jy dit in die begin gedoenhet.

Geliefdes, hoe bestry ’n mens doodsheid in die gemeente? Hoe kom daar weerlewe in ’n gemeente? Wat is die geheim van oplewing in die kerk? Dikwels wordvandag verwys na allerlei vernuwinge. Om weer lewend te word sou die gemeentebereid moet wees om dit liturgie drasties te verander, sou jy tred met jou tydmoet hou en op die behoeftes van die moderne mens moet inspeel. Wat sê Christusvir sy gemeente? Hoe wil Christus dat die doodsheid bestry word. Christus sêons moet wakker word, waaksaam wees. Christus sê, om weer te lewe, moet jyterugkyk.  Jy moet onthou hoe dit vroeërwas, toe jy soos ’n stralende bruid aan Christus verbind is, voor die bruidsrokverbleik en vergeel het. Toe jy oor Christus en sy evangelie opgewonde was. Toealles oor Christus gegaan het. Jy moet jou bekeer, terugkeer na die waregeloof, vaste hoop en vurige liefde. Dis die geheim van ’n ware oplewing in diekerk.

Christus vervolg: "As jy nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos’n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie." Hier hoor onsdie dreiging van Christus, die derde gedagte van die preek.

Geliefdes, hulle wat bly slaap en nie let op Christus se uurwerk nie, salonverwags deur die Here oorrompel word. Jy merk dan niks van die tekens vanChristus se koms nie. So verskyn Christus dan onopgemerk, soos ’n dief. Jy isheeltemal verras soos ’n dief jou in die reël volkome verras wanneer hyinbreek. En wat kom Christus dan doen? Van ’n dief weet jy dat hy alles wat virhom waarde het wil vat. So sal Christus so te sê ook by jou inbreek. Hy sal dannie as ’n vriend kom nie, maar as ’n vyand. Hy sal dan alles wegvat. Hy sal virjou die dood dan kompleet maak. Die kandelaar sal dan van sy plek verwyderword. Daar sal geen teken van lewe oorbly nie. Slegs die ewige dood enduisternis.

Wat ’n ernstige dreiging vir hulle in die gemeente wat nie waaksaam blynie, maar hulleself van Christus die bron van lewe laat vervreemd. Jy het indie verbond grootgeword. Jou naam staan in registers van die kerk genoteer, diekerk waarvan ons bely dat dit tot die ewige lewe uitverkies is. Maaruiteindelik kan dit blyk dat jy nie daarby behoort nie. Hoe aktief jy ook moggewees het. Omdat jy nie waaksaam gebly het nie. Omdat die ware geloof, vastehoop en vurige liefde uit jou lewe verdwyn het. Omdat Christus uit jou leweverdwyn het, hoe dikwels jy dalk sy naam nog noem. Jou naam verskyn nie in dieboek wat God byhou van hulle wat die lewe , ja die ewige lewe, besit nie.Broeders en susters laat hierdie verskriklike oordeel jou tog nie oorkom nie.Wees waaksaam en getrou. Leef in gespanne verwagting. Laat alles tog oorChristus bly gaan, oor sy Naam en sy koninkryk.

En broeders en susters, vir hulle wat getrou is, gee Christus ’n rykebelofte. Dis die vierde gedagte: die belofte van Christus.

Die persone wat hulle klere nie besoedel het nie, sal saam met My in witklere wandel, sê Christus, omdat hulle dit waardig is. Dieselfde geld virelkeen wat hom of haar laat wakker skud. As jy jou bekeer, dan sal jy die witklere ontvang, die feesklere. Jy mag jou dan tooi met Christus se feesklere. Omas bruid van Christus met Hom fees te vier, ja, om met Hom te wandel, soos ’negpaar wat met mekaar omgaan. Wat ’n paradys weelde vir hulle wat oorwin.Christus in sy heerlikheid skaam hom nie vir jou nie. Hy laat jou juis in syheerlikheid deel.

"Want hulle is dit waardig", sê Christus. Hulle verdien dit.Hoekom? Omdat hulle van nature so goed is? Julle weet beter. Watter sondaar isuit homself waardig om met die heilige Seun van God omgang te hê? Tog sêChristus: hulle is dit waardig. Hulle is waardig omdat hulle deur die Gees vanGod – dink aan die sewe geeste van God waaroor Christus beskik – omdat hulledeur die Gees van God hulle bekeer het en trou gebly het. Hulle het die Geesnie weerstaan nie, maar hulle deur die Gees laat lei. Hulle het Christus boalles liefgehad. Hulle het hul kruis – wat baie seer maak – op hulle geneem enChristus aangehang met ware geloof, vaste hoop en vurige liefde. In woord endaad het hulle Hom as hul Heer bely en gedien, hoe ook al die omstandighede.

Daarom sal Christus hul name bely voor sy Vader en voor sy engele. Ja, ookvoor sy engele. Is die engele nie dienende geeste wat vir diens uitgestuur wordter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? (Heb 1:14). Alles word aandie oorwinnaars beskikbaar gestel, alles moet hulle dien. Die Vader span homvir hulle in. En die engele vlieg vir hulle rond. Sodat hulle hul voet nie teen’n klip stamp nie, sodat hulle nie struikel nie.

Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die Geeshet ernstige dinge om te sê. Wat Hy sê is ook vir ons vandag brandend aktueel.Dit raak jou en my. Dit laat ’n mens ongemaklik voel. Dit kan mos gebeur – envergis jou nie dit gebeur ook baie – dit kan mos gebeur dat ek die naam het datek leef en tog dood is. Christus wil ons rus en vrede versteur. Die rus envrede kan immers ’n gevaarlike, dodelik rus wees. Christus wil ons rus versteursodat ek ten volle wakker en waaksaam mag bly. Wees daarom wakker en waaksaam.Bewaak jou verhouding met jou Heiland Jesus Christus. Bly Hom aanhang en dienmet opregte geloof, vaste hoop en vurige liefde. Soek aanhoudend sy belange inkerk en wêreld. Bly sy stryd stry.

AMEN

 

Liturgie: 

(kyk in preek)