Verseëling met die Heilige Gees

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-05-30
Teks: 
Efésiërs 1
Preek Inhoud: 

Johannesburg, 30 Mei 2010

Lees: Ef. 1:1-14

Sing: Ps 81:1,2; Ps 119:1,19; SB 24:1,7; ApostGel; Ps 116:1,7; Ps 116:9,10

Nagmaalstafel: Ef 1:15-23; SB 24:2; Ef 2:1-10;SB 24:3

 

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

 

Die werk van die Heilige Gees is soos ’ndiamant waarin baie fasette skitter.  DieNuwe Testament gebruik baie woorde om ons te wys hoe ryk en geskakeerd die werkvan die Gees in en aan God se kinders is. Vanoggend wil ons let op verseëling met die Heilige Gees.  Wat bedoel die Skrif met die verseëling?  Geld dit vir alle gelowiges?  Wanneer vind dit plaas?

 

Mag jy van jouself sê dat jy met die HeiligeGees verseël is?  Of is dit ’n bonus netvir sekere Christene wat verder gevorder het en sekere geestesgawes kanwys?  In Pinkster kringe word die laasteinderdaad beweer.  Nie elke Christen soudie verseëling ontvang nie.  Jy kry danvolgens hierdie gedagte twee klasse Christene. Sommiges is net gelowiges, terwyl ander bo hul geloof ook nog met dieGees verseël is.

 

Wanneer ons nadink oor wat die Gees in en aanons doen, moet ons altyd met Christus begin. Christus het nie net die heil vir ons verwerf nie.  Hy is ook Diegene wat ons aan daardie heil deelgee.  Dis Christus wat ons sy Geesgee.  Dis die Gees van Christus wat onsas seël ontvang.

 

Paulus deurdring ons daarvan wanneer hy in onsteks skryf: “in wie julle ... verseël is met die Heilige Gees van diebelofte”.  Let op die woorde “in wiejulle”, dws “in Christus” is julle verseël. “In Christus” is ’n uitdrukking wat herhaaldelik in die NT voorkom.  Dit wys op ons verbondenheid aanChristus.  Deur die geloof is ’n mens eenmet Christus en so ook betrokke by alles wat Christus tot ons heil gedoenhet.  So is daar “in Christus” ook dieverseëling met die Heilige Gees. 

 

Geliefdes, dis belangrik om raak te sien datPaulus met Christus begin: “in Christus is julle verseël”.  Baie onsekerheid rondom die werk van die Geeskom naamlik daaruit voort dat mense die werk van die Gees van hierdie “in Hom”losmaak.  Die verseëling met die Geesword dan gou ’n selfstandige werk van die Gees, wat jy net biddend kanafwag.  Maar Paulus leer ons dat ons opgrond van Christus se verlossingswerk en in gemeenskap met Hom ook met die Geesverseël is.  Wie “in Christus” is, magweet dat hy die Gees as God se seël ontvang het.  Daar is geen verseëling behalwe in diegemeenskap met Christus nie.  Maar ook:wie die gemeenskap met Christus ken, is met die Gees verseël.  Feitelik het Paulus dit reeds in Ef 1:3aangedui.  Daar prys Hy God wat ons geseënhet met alle geestelike seëninge in Christus. God gee verskillende gawes aan verskillende mense.  Maar die geestelike seëninge in Christus isvir elke gelowige bestem.  Die meervoudvan vers 3 herhaal Paulus dan ook in ons teks, waar hy die gelowiges sonderonderskeid aanspreek.

 

Wanneer vind die verseëling met die Gees danplaas?  Ons vertaling kan ’n verkeerdeindruk skep.  Daar word genoem: in wiejulle, nadat julle ook geglo het, verseël is. Dit kan die indruk skep dat die gelowiges eers verseël is nadat hulletot geloof gekom het.  Die volgorde soudan wees: jy kom tot geloof en daarna met verloop van tyd word dit al of niebevestig deur die verseëling met die Gees. Die element van tyd is hier nogal belangrik.  Dit werp ’n sekere lig op daardie verseëling.  Is dit iets wat gelowiges ontvang wanneerhulle tot geloof kom of is dit iets wat los van die geloof staan as ’n geheelander ervaring?  Kan jy ’n gelowige weesen nog nie met die Gees verseël wees soos sommiges beweer? 

 

Ongelukkig gee ons vertaling die bedoeling vandie teks nie duidelik weer nie.  Betersou wees om te vertaal: “Toe julle geglo het”, pleks van: “nadat julle geglohet”.  Die verseëling met die Gees komsaam met die geloof.  Dit gebeurgelyktydig.  Wie glo, ontvang die HeiligeGees as God se seël.

In Christus is jy wat glo verseël met die Heilige Gees.Hierdie uitdrukking staan teen die agtergrond van die gebruik dat mense ’n seëlop dinge geplaas het om die dinge as hul persoonlike eiendom te waarmerk.  Deur sy Gees aan my te gee, waarmerk die Heremy as sy eiendom.  Die Gees is immers dieGees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!.  Ek kan weet dat ek ’n kind van God is, deurdie Gees wat God my gegee het.

Gemeente, diewoord “seël” wys nie net op eienaarskap nie, dit praat ook van bewaring,beveiliging.  Waarom is die graf van dieHere Jesus verseël?  Om dit te beskermteen grafskending van mense wat sy liggaam sou wou steel.  In Openbaring 7 lees ons hoe God se knegte(die gelowiges) met die seël van die lewende God verseël word.  Die teksverband wys daarop dat hierdieverseëling veral te verstaan is as ’n beskerming teen die gerigte wat daargenoem word.  Die verseëldes ontvang diemerkteken van die lewende God.  Hulle issy dierbare eiendom, waaroor Hy waak. Hulle seël wys dus ook op feit dat God hulle sal beskerm.  Hulle sal nie ondergaan nie. 

Ja, brs en srs,ons het werklik die seël nodig, want die dae is boos, sê Paulus in Ef5:16.  Ons word omring deur dreigendemagte.  Daar is vir ons Christene altyddie gevaar dat ons nie volhou nie.  Salons die einddoel bereik?  En die kroonvan heerlikheid ontvang?  Dis opvallenddat die Skrif die verseëling met die Gees altyd aan die toekoms verbind, aandie toekomstige heerlikheid.  Dit betekendat die Gees altyd gefokus is op ons volharding. 

Let daarop hoein vers 14 die Heilige Gees ’n onderpand van ons erfdeel genoem word.  Jy sou daardie woord onderpand kan vertaalmet waarborg of deposito.  Die woord komvan die handelsreg.  Daarmee word bedoeldie geld wat by ’n aankoop of by die sluiting van ’n ooreenkoms vooruit betaalword.  Jy betaal reeds ’n deel van wat jyverskuldig is.  en daarmee verplig jyjouself om die totaal verskuldigde bedrag te betaal en verseker jy die anderpersoon dat jy die volle bedrag sal betaal.

So het God onssy Gees geskenk, sê Paulus.  Hy het dieGees as ’n onderpand of waarborg gegee. Die gawe van die Gees is ’n soort vooruitbetaling deur God van die  totale “skuld” waartoe Hy Homself in dieevangelie verbind het.  God sal al sybeloftes nakom.  Hy sal die volle erfenisuitdeel.  Hy het juis sy Gees daartoegegee om ons te verseker dat ons die erfenis wat Christus verdien het, salontvang.  Die Heilige Gees hou ons geloofen hoop lewend.  Hy lei ons en bewaar onsvir ons groot bevrydingsdag.  Hy laat onsreikhalsend uitsien na die beloofde heerlikheid van die kinders van God.  Dis die fokus van vers 14: Om sy eiendom teverlos.  Die Gees bly by ons en is virons ’n seël totdat Christus se verlossingswerk voltooi is.  Die Gees verseker ons van die volkomeverlossing.

Ons het dieversekering nodig.  Daar is soveel dingewat ons kan bekommer.  Is ons werklikkinders van God?  Sal ons tot die eindetoe volhou?  Sal ons onsverantwoordelikhede as Christene kan nakom? Sal ons die erfenis ontvang?  Onsis in onsself so swak dat ons nie een oomblik staande kan bly nie.  Daarby hou ons doodsvyande nie op om ons aante val nie.  Maar ons is met ’n seëlgemerk.  Met die Heilige Gees selfgemerk.  As God se eiendom.  Die duiwel dit.  Hy het geen seggenskap meer oor ons nie ensal ons nie finaal onder kry nie, want die Gees bewaar ons.  Die seël wys dat ons God se private besitis.  Dit wil vir die vyande sê: verbodetoegang.  Die Gees verseker ons dat onserfenis in Christus nie weggevat of verlore kan raak nie.  Selfs in die donkerste uur mag ons weet datGod die werk, wat Hy begin het, sal voltooi.

Gemeente, ditalles word bevestig aan die Nagmaal wat Christus vir sy gelowiges ingestelhet.  Daar aan die tafel bely julle enmag julle beleef wat dit is om in Christus te wees, en om in Hom die Gees asseël en onderpand te ontvang  Christushet immers vir ons die lewendmakende Gees verwerf.  Deur die Gees, wat in Christus as die Hoof enin ons as sy lede woon, kan ons in ware gemeenskap met Hom lewe en in al syrykdom, die ewige lewe, geregtigheid en heerlikheid deel. 

Wat ’ngeweldige werklikheid vir elkeen wat glo. Mag die Gees jou blik aanhoudend op Christus rig en op die volkomeverlossing wat in Hom gewaarborg is. Hier is geen plek vir roem in eie inspanning of waardigheid nie.  Die teks eindig met die veelseggende woorde:tot lof van sy (dws God se) heerlikheid. Alle lof vir die verlossing, verseëling en bewaring kom God toe.  Aan Hom die eer nou en tot in ewigheid.

AMEN

Liturgie: 

(kyk in preek)