God neem sondaars aan, nie omdat maar sodat hulle goeie werke sou doen.

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-05-30
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 24
Preek Inhoud: 

Johannesburg, 30 Mei 2010

Lees: Romeine 6:15-23; Galásiërs 3:1-14.
Sing: Ps 122:1,2; Ps103:1,2; Ps 63:3,4; Ps 92:6,7; Ps 97:6,7.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

In Sondag 24 gaan ons verder met die tema van Sondag 23. Daar is die temavan ons regverdiging aangesny. God spreek sondaars vry op grond van Christus sewerk en lewe. En ons kry daaraan deel deur die geloof. Sondag 24 voeg daaraantoe dat die regverdiging in geen enkel opsig aan ons eie werke te danke is nie.Sondag 23 sê dus: ons vryspraak is deur die geloof, terwyl Sondag 24 daaraantoevoeg: nie uit eie werke nie.

Die Kategismus benadruk dat ons geregtigheid voor God slegs God se werk is.God wag nie eers op jou voordat Hy jou regverdig nie. Hy kyk nie eers of jy welgoeie werke doen nie, of jy wel goed genoeg lewe nie. Nee, Hy begin met dievryspraak enkel uit genade op grond van Christus se werk. Eers as gevolgdaarvan ontstaan die goeie werke. Jy met jou goeie wil of werke in nie nommer 1nie, maar God met sy genade. As daar eers iets van jou moes kom, dan was diegenade geen genade meer nie. Dan sou Jesus Christus verniet gesterwe het.

Laat ons in ons daagliks lewe die regte volgorde vashou. Eers is daar Godse genade, dan ons werke. Eers is daar die verlossing, dan eers ’n lewe na Godse wil en wet. Eers is daar die regverdiging, dan eers die heiligmaking. Jougoeie werke is nie die oorsaak van God se geneentheid nie. Maar God segeneentheid is die oorsaak van jou goeie werke.

Ek verkondig aan julle: God neem sondaars aan, nie omdat maar sodat hullegoeie werke sou doen.

1.     Die goeie werke kan geen grond vir ons geregtigheid weesnie.

2.     Die goeie werke word uit genade beloon.

3.     Die goeie werke is vrugte van die geloof.

Wanneer ons kat sê dat die vryspraak nie uit werke is nie, dink ons bynaoutomaties aan die Roomse leer van die verdienstelikheid van goeie werke. Dieopstellers van die Kategismus sal inderdaad veral aan hulle gedink het. Togmoet julle dit nie daartoe beperk nie. Die dwaling wat bestry word, was altydal aktueel gewees en is nog steeds aktueel. Hier het jy die natuurlike versetteen die leer van genade alleen. Die verset sit so te sê in ons bloed sedertdie sondeval. Dit kom my eer te na om alles uit genade te moet ontvang. Ek wilook self aan my verlossing bydra.

Tydens Christus se omwandeling op aarde was dit die Fariseërs wat gedinkhet dat hulle deur hul wetswerke God se guns kon verwerf. In die begin van dieChristelike kerk was dit die Judaïste wat geleer het dat ’n mens om salig teword Christus nodig het plus die onderhouding van die O.Tiese wette. Dit wasdus Christus plus iets van die mens. Paulus skryf daaroor in Galásiërs 1 dat hulle’n ander evangelie bring, wat geen evangelie is nie. Die genade van God is hiergeen genade meer nie. Hier word gemaak asof Christus se offer nie voldoende isnie. Dieselfde geld vir die Roomse leer van goeie werke. Ook daar praat hullenog wel van die genade van God, maar deur tegelykertyd die goeie werke asvoorwaarde te stel, verloën hulle met die daad die leer van genade alleen.

Moenie dink, broeders en susters, dat hierdie dwaling ver van ons af staannie. Dis ’n saak waarmee ek en jy elke dag te make het. Dis werklik nie sovreemd om enersyds te roem in God se genade en andersyds te bou op eie werkenie. Hoe dink jy om God se guns te wen wanneer jy alles weer verbrou het,wanneer jy God en ook jouself teleurgestel het? Om dit weer met God reg te maaksou ek vir my gevoel eers allerlei dinge moet doen, sou ek myself eers moetbewys. Deur my eie doen en late – hoe gebrekkig dit ook mag wees – sou ek weerin God se guns kan kom.

Broeders en susters, goed beskou getuig so ’n gedagtegang van menslike hoogmoed.Ek wil self eers iets doen om vir die Here waardig te wees. Ek wil self eersiets aan die Here kan toon, bv my goeie gesindheid, my goeie werke. As ekmyself – hoe dan ook - kan bewys, dan is ek tevrede en voel ek my vry om weerna God te gaan. So soek ek tog ’n bietjie grond in myself. So gaan ek metChristus saamwerk. Ek wil immers self ook aan my heil bydra! Is dit hoe ditgaan? Wat leer die gelykenis van die verlore seun aan ons? Moes hy homself eersbewys om deur sy pa aangeneem te word? Nee! Inteendeel, sy pa het hom omhelsvoordat hy iets kon bewys. Ons lees in Ps 51:19 "Die offers van God is ’ngebroke gees; ’n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!" Onsstaan voor God met leë hande. Dis genade alleen.

Daarom wys die Kategismus sulke gedagtes ook radikaal af. Dat ek vir dieHere aan die werk gaan, vorm geen enkele grond vir God se goeie gesindheid nie.Dis juis andersom. Ek het die Here lief en wil vir die Here werk omdat Hy myeers liefgehad het. My ywer en insette is geen voorwaarde vooraf nie, maarvrug.

Gemeente, as jy let op jou goeie werke dan moet jy tot jou beskaming erkendat selfs jou beste werke in hierdie lewe onvolmaak en met sondes bevlek is.Nee, die Kategismus ontken nie dat jy goeie werke doen nie. God is bly met alleswat volgens sy wet en tot sy eer gedoen word. Maar al die goeie werke moet weldeur my sondige natuur heen. En dan is hulle met sondes besmet. Moenie met Godse wil gaan skipper nie en dink dat jou stukwerk as grond vir jou regverdigingaanvaarbaar is nie. Hoever jy ook in die lewe van die heiliging vorder, diegedagte aan een sonde is voldoende om dit voor God se oë verwerplik te maak."Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almalskuldig geword" (Jak 2:10). Een sonde maak ons al tot ’n voorwerp van Godse toorn. En ons weet dat selfs die allerheiligstes nog maar ’n geringe beginhet van die gehoorsaamheid wat God vra. Daarom skryf Paulus in Galásiërs 3: 10"Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; wantdaar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in dieboek van die wet om dit te doen nie." Geen mens kan immers bly in alleswat in die wet geskryf is nie.

As jy naas Christus ook maar iets van jouself moet verwag, dan sou jy altydin twyfel lewe, heen en weer geslinger, sonder enige sekerheid. Luther het ditop ’n pynlike manier ervaar. Hy God se guns probeer verwerf deur baie nougesette lewe. Hy het immers grootgeword met die Roomse leer dat ’n mens met diegenade van God moes saamwerk om gered te word. Hy het ’n pelgrimsreis na Romegemaak. Hy het homself in strenge askese geoefen, in die onthouding van allelewensgenot. Hy het selfs homself gepynig. Maar dit het hom slegs angstigergemaak. Hy het aangevoel dat selfs ’n bomenslike prestasie in geen verhoudingstaan tot die skuld wat versoen moet word nie. Hy het homself – ondanks sygroot inspanning – bly sien as ’n groot sondaar voor God. Solank as hy nahomself bly kyk het, het die onrus en onsekerheid gegroei. Hy is eers daarvanbevry toe hy deur sy studie van die brief aan die Romeine geleer het van dievryspraak in Christus alleen. Hy is toe so te sê bekeer van die wet na dieevangelie. Hy het geleer om af te sien van homself en uit genade alleen telewe.

Ons sou wens dat alle twyfelende siele uit hierdie geskiedenis hul les souleer. Dit klink vroom om te sê dat God my nie sommer aanneem nie en dat ek eersmy lewe moet verbeter, maar dit getuig in feite van menslike hoogmoed. Hoenederig en vroom ek ook mag lyk, ek wil blykbaar tog nie uit genade alleen lewenie.

God se genade in Christus is die enigste vaste grond vir my heil. Ons hetdit vanoggend aan die Nagmaal bely. Laat dit dan ook werklikheid wees in joulewe van elke dag. Jou ywer vir die saak van die Here vorm geen enkele grondvir jou aanneming tot kind van God nie. Jy is reeds ’n kind van die Here – dinkaan jou doop – en nou mag jy uit liefde en dank jou insette vir die saak vandie Here lewer. Jy hoef nie meer ’n kind van God te word nie, maar jy mag jou askind van God gaan gedra, in kinderlike ontsag en vertroue. Dit is nie eers:doen jou bes en dan word jy miskien aangeneem as kind van God nie. Maar: jy is’n kind van God, jy is verlos, daarom: wys in woord en daad hoe bly jy.

Gemeente, die afwysing van goeie werke as grond van ons geregtigheid wilnie sê dat goeie werke onbelangrik is nie. Nadat die Kategismus alle eie roemuitgesluit het, wys hy daarop dat God die goeie werke tog wil beloon. Dit bringons by die tweede gedagte: die goeie werke word uit genade beloon. Jy word opjou plek gesit, nie om jou onverskillig of passief te maak nie, maar om jou aante spoor tot egte goeie werke, tot werke wat uit die geloof voortkom.

Van die geloofswerke hoor ons dat God hulle wil beloon. Hulle is nie ydelin die Here nie. Ons lees bv in Rom 2:6-8: "(God) wat elkeen sal vergeldna sy werke: aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer enonverganklikheid soek – die ewige lewe; maar aan die wat eiesinnig en aan diewaarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is – grimmigheiden toorn." In sy Bergrede praat Christus herhaaldelik oor loon."Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslikallerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julleloon groot is in die hemele." Beide die Ou en die Nuwe Testament praat vandie beloning van goeie werke.

Dit kan ’n mens weer onrustig maak. Tot nou toe het jy gehoor dat dieverlossing heeltemal gratis is, sonder enige verdienste van jou kant. Maar nouhoor jy van ’n beloning van goeie werke. God wil die werke uiteindelik beloonmet die ewige lewe. Beteken dit dan tog dat meer van jou verlang word as geloofalleen, dat jy tog eers op ’n bepaalde wyse moet werk?

Aanvanklik lyk so ’n konklusie logies. Maar as jy besef wat goeie werke is,dan blyk dit anders te wees. Goeie werke is geloofswerke, werke wat slegs uit’n ware geloof en tot God se eer gedoen word. Jy sou geen goeie werk kan doensonder dat God eers die geloof in jou bewerk het nie en sonder dat Hy jou eersin Christus verlos het nie. Die werke kan dus onmoontlik meetel by jouverlossing. Jy is reeds aangeneem en vrygespreek voordat daar van goeie werkesprake kan wees.

As God dan die werke gaan beloon, dan is dit nie uit verdienste nie, maar uitgenade. Jy is by die Here geen loonarbeider nie, maar ’n kind wat mag genietvan Vader se liefde. God het jou tot mede-erfgenaam van Christus gemaak. Daarbyis niks waarop jy kan roem nie. En Hy gee jou sy Gees waardeur jy vernuwe word.As jy dan tekens van vernuwing toon, geloofswerke, kan jy dan op verdiende loonaanspraak maak? Jy het slegs gedoen wat God se Gees in jou bewerk het en jy hetdie werke van die Gees juis deur jou sonde besmet. Wat jy aan goeie werkegedoen het, stel jou juis skuldig teenoor die Here. Daarvoor is jy aan Hom alledank verskuldig. "Want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as omte werk na sy welbehae (Fil 2:13)."

Ons belydenis trek hieruit die pragtige konklusie dat God deur sy genade syeie gawe bekroon (art 24 NGB). Die goeie werke is God se eie werk in jou.Bowendien, is ek die wettige eiendom van Christus, gekoop met sy kosbare bloed.My hele lewe is dus van Hom en vir Hom. As God die werke beloon, dan bekroon Hydus sy eie gawes

Waarom praat die Bybel dan herhaaldelik van beloning as daar tog geensprake van verdienste is nie? Is dit nie beter om die woorde "loon"en "vergelding" te vermy om misverstande te voorkom nie? Die Joodsevergeldingsleer kan sulke terme sommer misbruik. So ook ons humanistieseneiging om te roem in eie prestasies of verdienste.

Broeders en susters, ondanks die gevaar van misbruik, skroom Christus nieom die woorde te handhaaf nie. Waarom? Om ons te bemoedig. Die Here wil hê datjy Hom heeltemal vertrou. Hy het jou baie belowe. Maar jy sien nie baie daarvannie. Geen enkele menslike berekening wys op die koms van die nuwe hemel en nuweaarde nie. In die harde werklikheid van die lewe vind jy geen aanknopingspuntevir wat aan ons beloof is nie. Dis dikwels ons probleem. God se beloftes is sterk,maar my geloof is dikwels swak. Dit word nog moeiliker as ons vir die beloftesoffers moet bring.

Moses het sy glorieuse toekoms as Egiptiese prins daarvoor opgeoffer. Baiegelowiges het hul lewe daarvoor gegee. Dit kan alleen as ons alles van God sebeloftes verwag. Daarby wil die Here ons nou help. Om jou aan te moedig sê Hy:glo my woord. Vertrou daarop. Jou offers is nie verniet nie. Dit word beloon,vergeld. Nie slegs in hierdie lewe nie, maar ook in die toekomstige lewe. Wiljy voorbeelde hê? Wel, deur gewoon te doen wat God vra ontvang jy rus en vredevir jou siel. Deur die eredienste te besoek en jou oop te stel virskriftuurlike prediking word jou blik steeds weer verruim, ontvang jy weer nuwemoed en kragte om vir die Here te lewe.

Broeders en susters, uit alles blyk dat die goeie werke vrugte van diegeloof is. Dit is die 3e gedagte. Die ware geloof laat ’n mens weergebore word,lees ons in art 24 NGB. Ons word tot nuwe mense gemaak. Christus is dan lewevan my lewe. Die geloof maak my immers een met Christus. So put ek nuwe kragteuit Hom.

Dit behoort tot die aard van die ware geloof dat dit ons bring tot die doenvan goeie werke. Uit myself is ek onbekwaam tot enige goed en geneig tot allekwaad. Maar God se genade keer my lewe om. Ek begin in nuwe gehoorsaamheid telewe. Met krag word die gedagte afgewys dat die leer van die regverdiging deurdie geloof die mense onverskillig en roekeloos maak. Mense het dikwels gedinkdat die leer van genade alleen lewensgevaarlik is. Hul redeneer dan: as diewerke nie meer nodig is vir die heil nie, waarom sou ’n mens hom nog beywer omgoeie werke te doen? Dan kan hy mos rustig voortgaan met sy sonde? Dit tel tognie saam nie. Wie so praat het niks verstaan van genade nie. Die vryspraak doofdie vuur nie. Inteendeel! Die vuur word juis daardeur aangesteek. Daardeurontstaan die ywer om te stry teen die sonde en om te jaag na die volmaaktheid.Dit is onmoontlik dat ’n mens wat deur ’n ware geloof in Christus ingeplant is,nie vrugte van dankbaarheid sal voortbring nie.

Gemeente, daar is mense wat graag presies wil hoor hoe alles gedoen moetword. Hulle wil duidelik en in besonderhede hoor: dit moet jy doen en dit magjy nie doen nie. Die vraag is egter: watter soort mense kry jy dan? Dankbarekinders of onmondige slawe? En watter soort werke kry jy dan? Werklik goeiewerke, werke as vrug van die geloof? Die stimulans tot die doen van goeie werkeis nie: gebod op gebod en reël op reël nie. So belas jy mense met iets wathulle nie kan vervul nie. Hulle gaan letterlik stukkend daaraan. Die enigste enbeste stimulans is: God se genade: Hy het jou verlos. As jy besef waarvan jyverlos is, wil jy niks meer met die sonde te make hê nie.

Sien op na Jesus Christus, aanvaar Hom as jou geregtigheid en heiligheid.Hy is immers die vervulling van die wet en die profete. Dit beteken dat as jynou na die wet en die profete wil kyk, jy via Jesus Christus daarna moet kyk.Fokus op Jesus Christus, dan val ondraaglike laste van jou af en dan word dielas lig. Dink maar aan die uitnodigende woorde van Jesus in Mt 11:28-30:"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart,en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las islig." As jy weet dat Christus die las van die wet reeds vir jou gedra het,dan is die wet vir jou geen las meer nie, dan is dit jou lus en lewe om volgensdie wil van God in alle goeie werke te lewe. Jy is immers reeds in Christusvoor God geregverdig en ’n erfgenaam van die ewige lewe!

Kom, laat ons dan hierdie geweldige evangelie uitlewe. Wys mekaar op dierykdom van God se genade in Jesus Christus. Dink self voortdurend daaraan. Asjy beproef word, as jy die neiging het om kwaad te doen, besef dan wie jy is,ja, wat Jesus Christus vir jou is, wat Hy vir jou gedoen het. Dan los jy dit.Dan wil jy dit nie meer nie. Dan kry ’n afkeer van die kwade.

Broeders en susters, seuns en dogters, sien so die ryke lewe wat opbloeivanuit die genade in Christus. Waar Christus die begin en die einde is, waaralles genade is, daar kwyn die Christelike lewe nie weg nie. Daar bloei dielewe juis op. Julle wat glo mag weer aan die werk. Nee, nie om daarmee God seguns te verwerf nie. Gelukkig nie. Dan was daar geen toekoms nie. Julle wat glomag aan die werk as God se verloste kinders. God het reeds alles reg gemaak.Julle is gered. Die genade staan voorop. Die genade oorweldig my hele lewe. Kanek dan nog onverskillig en roekeloos lewe? Kan ek dan nog passief bly?Onmoontlik! 

Liturgie: 

(kyk in preek)