Christus stort sy Gees uit op elk lid van sy volk

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-05-23
Teks: 
Handelinge 2
Preek Inhoud: 

Johannesburg, 23 Mei 2010

Lees: Handelinge 2:1-21.
Sing: Ps 139:1-3; Ps143:7,8; SB 14; SB 13:4-7; Ps 67:1-3.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Op die pinksterdag gebeur geweldige dinge in die tempelstad Jerusalem. Uitdie hemel kom ineens ’n geluid soos van ’n geweldige rukwind. Daar word tongegesien soos van vuur. Die mense hoor dus ’n hemelse stem en sien hemelse vuur.

Alle aandag word gevestig op die skare van 120 Joodse manne en vroue wat inJerusalem rondom die apostels vergader is. Die hemelse geluid vul die hele huiswaar hulle sit. En die tonge soos van vuur verdeel hulself en gaan op elkeen vanhulle sit. Hulle word almal vervul met die Heilige Gees en begin spreek inander tale. Almal wat vanweë die Pinksterfees in Jerusalem is moet wel deurhierdie wonderlike gebeure getref word. Hulle kan nie sommer die eersteapostoliese gemeente verbystap nie. Die hemelse geluid kom hulle teen en elkeenhoor die volgelinge van Christus in sy eie taal spreek. Heel Jerusalem raak inrep en roer.

Hoe anders is dit op hierdie Pinksterdag in Johannesburg. Die aandag wordnie getrek na die Christelike gemeente wat hier vergader is nie. Hier is geengeluid soos van ’n geweldige rukwind nie. Hier is geen tonge soos van vuur nie.Hier word nie gepraat in ander tale nie. Hier gebeur blykbaar niks wat opvalnie.

Moet ons, broeders en susters, hieruit konkludeer dat die Heilige Gees nouminder kragtig besig is? Waar bly die hemelse kragte? Hoe power lyk hierdiegewone erediens in vergelyking met die geweldige begin. ’n Mens sou daarnaterugverlang. Of nie? Hulle is toe almal vervul met die Heilige Gees, lees ons.Hulle loop so te sê oor van die Gees. Kan ons dit wel sê van die gemeente soosons hier vergader is? Is ons vandag ook vervul met die Gees of geld dit alleenvan die kerk van daardie tyd?

Kom, ons luister hoe die Gees self hierdie Pinkstergebeure verklaar. DieHeilige Gees laat Petrus verwys na die woorde van die profete. In die lig vandie profesie, veral van die profesie van Joel, laat Petrus sien dat op diePinksterdag die laaste fase van die wêreld-geskiedenis ingelui is. "Dit iswat deur die profeet Joël gespreek is: En in die laaste dae, spreek God, sal Ekvan my Gees uitstort op alle vlees."

Ek verkondig aan julle: Christus stort sy Gees uit op elk lid van sy volk.

1.     die Gees laat ons God se groot dade ken;

2.     die Gees laat ons God se groot dade verkondig.

Gemeente, dat ’n nuwe fase van die geskiedenis ingelui word, blyk uit diebesondere tekens van die dag. Dit is tekens van die verskyning van die Here.Dink maar aan die verskyning van die Here by die Sinai. Dit sal die Jode vandie tyd des te sterker aangespreek het. Vir hulle was Pinksterfees naamlik nienet ’n oesfees nie, maar ook ’n fees waarop die wetgewing op die Sinai herdenkis. Die tekens van Pinkster herinner ons aan die inwyding van die Sinaiverbond. Dit was ook die begin van ’n nuwe fase in die kerkgeskiedenis. Die OuTestamentiese periode van Moses tot Christus is ingelui met ’n verskyning vandie heerlikheid van die Here op die berg Sinai: besuingeluid, donderslae,blitse en dan ’n stem uit die midde van die vuur.

Op die Pinksterdag lyk dit wel asof die net so storm en blits as op dieSinai. Die Here kom weer, soos Hy eenmaal gekom het. Die ou bedeling wordafgesluit. En die nuwe bedeling word ingelui deur hemelse geluid, deur diehemelse vuur en die spreek in ander tale. Daarom kan en sal die pinksterdag nieherhaal word nie. Die nuwe tyd, die eindfase van die wêreldgeskiedenis, hoefmaar eenmaal ingelui te word. God het die beginpunt eens en vir goedwêreldkundig gemaak deur die begeleidende tekens van sy aanwesigheid.

Julle moet, broeders en susters, dus goed onderskei tussen die begeleidendeverskynsels en die saak self. Die begeleidende verskynsels is nie meer nodignie. Maar die saak self, die uitstorting van die Gees op alle vlees, bly. Jyhoef nie te verlang na ’n herhaling van wat met Pinkster gebeur het nie. DieGees is reeds uitgestort. En dat Hy uitgestort is, hoef nie meer op ’nbesondere wyse wêreldkundig gemaak te word nie. Ons het reeds berig daarvan indie Bybel. Na Pinkster, ’n duidelike gemarkeerde keerpunt in die geskiedenis,het die uitgestorte Gees voortgegaan met sy werk op aarde. Daar is nou ’ndeurlopende lyn, waarlangs die Heilige Gees met alle geweld werk na die herstelvan alle dinge. Die Gees in nou werklik nie minder kragtig besig as voorheennie, as jy jou oë maar oopmaak.

Joël het reeds geprofeteer van die uitstorting van die Gees op alle vlees.Die messiaanse tydperk sou gekenmerk word deur ’n oorvloedige werking van dieHeilige Gees. In die nuwe tydperk gaan God nie karig aan die werk nie. Hy salsy Gees uitgiet soos ’n stortreën neerval op die aarde. Alles sal as ‘t wareoorloop.

Met Pinkster sien jy dit werklikheid word. Mense word vervul met dieHeilige Gees en begin oor die groot dade van God te spreek. Hulle word so te sêdaarmee vol gegiet, sodat dit by hulle na alle kante toe oorloop. God skenk sykinders die volheid en oorvloed van sy Gees.

Petrus verkondig die vervulling van die belofte. Hy wys tewens op diegeheim van die vervulling. Wat is dan die geheim van die vervulling? DisChristus. Joel se profesie het werklikheid geword deurdat Christus sy werkvolbring het en verhoog is. In vers 33 lees ons hoe alles gekom het:"Nadat Hy (d.i. Jesus Christus) dan deur die regterhand van God verhoog isen van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dituitgestort, wat julle nou sien en hoor." Die Heilige Gees is die Gees vandie Seun. Hy neem dit uit die Seun. Hy gaan nou alles skenk wat Christusverwerf het, al sy skatte en gawes. Hy doen dit nie suinig nie. Hulle wordalmal vervul. Dit loop as ‘t ware oor na alle kante toe.

So verstaan julle iets van die verskil tussen die werk van die Heilige Geesin die ou bedeling en sy werk in die nuwe bedeling. Moenie dink dan die HeiligeGees as persoon nie onder die ou bedeling aanwesig was nie. Geloof en bekeringwas ook toe die werk van die Heilige Gees. In die nuwe bedeling is alles egterveel voller en ryker, omdat God Hom in Jesus Christus veel ryker geopenbaar heten die Gees alles uit Christus neem. In die Ou Testament was dit nog niemoontlik nie. Israel moes so te sê nog volstaan met ’n kindermaat. Nou magjulle die volle maat hê, die maat wat pas by ’n kerk wat volwasse, mondiggeword het deur Christus. Die Heilige Gees leer jou die groot dade van God inJesus Christus ken.

Joel laat in sy profesie nog ’n ander duidelike verskil uitkom. God sal vansy Gees uitstort op alle vlees. Dit word nie slegs veel ryker nie, maar ookveel breër. In die Ou Testament het elke gelowige die Gees ontvang. Diebesonder gawes van die gees was egter slegs vir bepaalde persone bestem. Hullealleen het die Gees van profesie ontvang, ook al was die gawe nog maar power invergelyking met die ryke gawe van die Nuwe bedeling. Vroue sou nie sommer dieprofetiese gawe ontvang nie. Dit het net by uitsondering gebeur en dan meestalvanweë die nalatigheid van manne. Laat staan dat jong mense of slawe die gawesou ontvang. Slawe moes net hul werk doen sonder om vrae te stel. Hulle moesswyg. In die nuwe bedeling sal die geestesgawe – en dit na die maat vanChristus – nie slegs die voorreg van ’n bepaalde klasse mense wees nie, vanprofete, priesters en konings. Die Geestesgawe word gemeengoed, alle groepeonder die volk sal daaraan deelhê. "Ek sal van my Gees uitstort op allevlees." God skenk dit aan alle lidmate sonder onderskeid van leeftyd,geslag of stand. Die teks spreek van seuns en dogters, jongelinge en ou mense,ja selfs van diensknegte en diensmaagde, slawe en slavinne. 

Hier kom by dat die uitdrukking “alle vlees” nie net wys op die volk Israelnie, maar juis op die hele mensheid. God se werk kry met Pinkster wêreldwyeproporsies. Vanuit Israel soek God die wêreld. Een volk is nie langer bo dieander bevoorreg nie. Die onderskeiding van ras en nasionaliteit verdwyn.Christus reik uit na alle volke, nasies en tale. Daarom word op diePinksterfees die tale van alle vlees gehoor. Elkeen hoor in sy eie taal oor diegroot dade van God spreek. In God se koninkryk is daar nie meer Griek en Jood,besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman nie, maar Christus is allesen in almal (Kol. 3:11).

Ons lees in ons teks: "En julle jongelinge sal gesigte sien en julleou mense sal drome droom." Broeders en susters, moenie die woorde so leesasof slegs die jongelinge gesigte sal sien en slegs ou mense drome sal droomnie. Hier het ons te doen met ’n bepaalde skryfwyse. Wat vir die een geld, geldook vir die ander. Die bedoeling is dat jonk en oud, slaaf en vrye sal deel indie ryke gawe van die Gees van Christus. Selfs die dikwels veragte slawe saldaarin deel.

Jonk en oud sal gesigte sien en drome droom. Maar, wat beteken dit omgesigte te sien en om drome te droom? Vanuit die Ou Testament weet ons dat GodHom vroeër aan ’n profeet bekendgemaak het d.m.v. gesigte en drome. Dit was dietwee middele waardeur God Hom geopenbaar het.

Wanneer Joel profeteer van die messiaanse tydperk, dan praat Hy nog in dietaal van sy tyd. Die gelowiges van daardie tyd het presies geweet wat Hydaarmee bedoel het. Sou jy Joodse kinders gevra het wat dit beteken dat jonk enoud gesigte sien en drome droom, dan sou hulle onmiddellik geantwoord hê: ouden jonk sal openbarings van God ontvang.

In die nuwe bedeling het die manier van God se selfopenbaring duidelikverander. In hierdie laaste dae het God tot ons gespreek deur die Seun. En dieGees het daarvoor gesorg dat die definitiewe openbaring na ons toegekom het envir ons vasgelê is in die voltooide Bybel.

Joel spreek van gesigte sien en drome droom. Dit pas in sy tyd. Ditbeteken: God sal Homself bekendmaak. Hoe doen God dit in hierdie nuwe bedeling?God maak Hom nou aan jou bekend in die Skrifte, in die Bybel. Jy mag daarin Godse groot dade sien. Wanneer jy God se Woord lees of hoor verkondig, dan sien jygesigte en ontvang jy drome. Jy sien God soos Hy Homself in Christus so ryklikgeopenbaar het. Christus het ons immers die verborge raad en wil van Godaangaande ons verlossing ten volle geopenbaar. Hy het vir ons God se hartblootgelê. Hy het ons die volheid van verlossing gewys. Wat kon die OuTestamentiese gelowiges daarvan weet? Hul kennis was nog baie vaag en beperk.Hulle kon nie sien en hoor wat jy nou sien en hoor nie. Ja, selfs die OuTestamentiese profete het nie so ’n openbaring van God ontvang as julle nie.

Daar is by ons geen skeiding meer soos voorheen: seuns en dogters, mans envroue, diensmeisies en diensknegte. Hulle mag almal deel in die Gees van kennisen wysheid. God vra nie na bepaalde kwaliteite of bekwaamhede nie. Hy vra niena bepaalde diplomas of onderskeidings nie. God wil Hom aan julle almalbekendmaak. En Hy doen dit elke keer wanneer jy sy woord hoor vertel of bedien.

So mag julle, seuns en dogters, gesigte sien en drome droom wanneer jullejul Bybel lees of wanneer julle die woord bestudeer en bespreek op vereniging.Julle mag God se groot dade van verlossing sien en hoor. Ja, julle mag selfsmeer sien as die Ou Testamentiese profete. Ook ons mans en vrouens mag gesigtesien en drome droom. God maak Homself aan julle bekend. Dit kom tot jou as ’nbelofte van die nuwe bedeling.

Die belofte skep tewens ’n verantwoordelikheid. As jy aan die profetiesegawe wil deelhê, soek dan opreg die Gees van God. As jy gesigte wil sien, maakdan erns met die Skrifte en met die verkondiging daarvan. Lees jou Bybel,oordink dit en bestudeer dit. Daarom is jou persoonlike godsdiensoefening enjou huisgodsdiens so belangrik,. As jy in hierdie ryke nuwe bedeling tog noggeestelik arm en onkundig is, dan lê dit nie aan die Pinkstergees nie. DiePinkstergees is ryklik uitgestort. Dan lê dit aan jouself, aan jou slapheid ofgemaksug.

Gemeente, wanneer die Gees God se groot dade aan mense laat ken, dan gaanhulle ook profeteer. Hulle loop daarvan oor. Hulle kan nie langer swyg nie. Godse groot dade wil verkondig word. Dit blyk duidelik op die Pinksterdag. Diemenigte hoor die 120 gemeentelede waaroor die Gees uitgestort is oor die grootdade van God spreek. Ook die vroue daaronder swyg nie. Saam met die manne beginhulle in ander tale te spreek, soos die Gees aan hulle gee om uit te spreek.

Joel het daarvan geprofeteer: en julle seuns en julle dogters salprofeteer, ja selfs my diensknegte en my diensmaagde sal profeteer. Jonk enoud, slawe en vryes sal optree as profete. Hulle sal God se groot dade vanverlossing in Jesus Christus verkondig.

Gemeente, van ’n profeet geld dat hy mondstuk van God is. Hy moet oordrawat God aan hom bekend gemaak het. Hy mag geen eie idees verkondig nie. Hy moetGod se woorde verkondig. Wat is dan die eerste vereiste van ’n profeet? Dit:dat Hy goed luister na wat God vir Hom wil sê. As jy profeet of profetes wilwees, luister eers goed: spreek Here, u kneg luister. As jy in jou gesin asprofeet of profetes wil optree – en dit is tog elke ouer se eer en roeping -dan sal jy eers goed moet luister. Om te luister na die Gees van profesie, omte luister na God se woord is die enigste wapen teen alle verwêreldliking eneiewilligheid. Dit is die geheim van ’n ware profeet of profetes, wat God sedade verkondig. Dit is die geheim van jou lewe elke keer as jy God se naambely, elke keer as jy vir God se woord opkom.

Ons mag ons verheug in die sigbare vrugte van die Pinkstergees. Jy hoef niete vra of die Gees na Pinkster wel voortgegaan het met sy kragdadige werk nie.Wanneer jy jou seuns en dogters hoor profeteer, God se Woord hoor spreek, dansien jy dit tog? Om God se naam te bely is slegs moontlik deur die rykeopenbaring van die Pinkstergees. Die Pinkstergees laat jonk en oud profeteer.

Om te profeteer is ’n belofte van die nuwe bedeling. Ons sien dievervulling daarvan by elke belydende Christen. Die belofte skep ook ’nverantwoordelikheid. God openbaar Homself nie verniet nie. Hy kom nie vernietna jou toe in die Skrifte en in die prediking nie. Hy wil jou gesigte laat sienen drome laat droom. Waarom? Sodat jy kan profeteer. Indien jy dit nie doen niedan verag jy die rykdom van die nuwe bedeling, dan verag jy die Pinkstergees.Die jongelinge sal gesigte sien sodat hulle kan profeteer. So mag ons seuns endogters hier, in die gesin, op die Christelike skool, op die katkisasie en opdie vereniging opgelei word tot profete en profetesse. Daar wil diePinkstergees na toe. Hy wil hê dat ons nie slegs hoor nie, maar ook gaan praatvan wat ons hoor. Hy wil hê dat ons God se groot dade van verlossing in JesusChristus sal gaan verkondig.

Die Pinkstergees is uitgestort oor die Nuwe Testamentiese gemeente. DieGees is nie suinig nie. Nee, die ontvangers raak geheel vervul met die Gees.Hulle gaan aan die werk. Hulle gaan spreek. Daar kom vaart in die lewe van Godse kinders. Hulle wys hulself as christene in woord en daad. Die Pinkstergeesmaak hulle entoesias, daadkragtig.

Die kerk van Pinkster is dus ’n profetiese kerk. Hulle sal praat van JesusChristus, wat dood gewees is en weer leef, wat na die hemel opgevaar het en salterugkom om die lewendes en die dooies te oordeel. Dis die ernstige boodskapwat sedert Pinkster vanuit die kerk gehoor sal word, van al sy lidmate, ongeaghul leeftyd, geslag of status. Ons het die een Woord vir die hele wêreld. ’nWoord wat elkeen moet spreek. God stel elkeen van ons aan as profete vanChristus. Geen jong mens kan sê: nou, ek is te jonk, ek wag wel tot later; laatdit aan die ouderlinge oor.  Geen vroukan sê: Ek is net ’n vrou; laat dit aan die manne oor nie.  Geen werker kan sê: Ek is net ’nloonarbeider, laat dit maar aan my baas oor. Dis die taak van elkeen om teprofeteer, om in woord en daad van Christus te getuig. Om die krag van Christuste wys.

Christus het sy kerk op daardie hoogte geplaas. Hy gebruik sy kerk vir diegroot offensief van die evangelie. Sy kerk wat Hy deur sy Gees roep en toerus.Die kerk van Christus, vervul met die Gees, met die voltooide Bybel, is dieenige hoop vir die wêreld. Wat ’n ongelooflike hoogte. Wat ’n ongelooflikevoorreg en verantwoordelikheid. Elders lees ons dat die kerk die lig van diewêreld is en ’n stad bo-op ’n berg. So ’n lig en stad is duidelik sigbaar.

God se oordeel is aan die kom. Maar eers kom die evangelie. Laat ons danpraat oor God se groot dade van verlossing. Sodat mense uit alle volke, rasseen tale Hom mag leer ken en dien en sy koninkryk in sy volheid kan kom.

AMEN

 

 

Net ’n herinnering: Indien u diepreek wil gebruik kontak asseblief C Kleijn

 

 

Liturgie: 

(kyk in preek)