Die verheerlikte Christus stel homself voor

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-04-04
Teks: 
Openbaring 1
Preek Inhoud: 

Johannesburg, 4 April 2010

Lees: Openbaring 1:9-20.
Sing: Ps 118:12,13; Ps118:7,11; Ps 97:1,2; SB 10; SB 39:1,4,5.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Christus se opstanding beteken ’n keerpunt in die geskiedenis. Ook in diekerklike lewe. Dit blyk o.a. uit die dag waarop ons nou as gemeentesaamkom.  Ons kom saam op die eerste dagvan die week, nie meer op die 7de dag nie. Waarom? Omdat Christus op die eerste dag van die week opgestaanhet.  Christus het die Ou Testamentiesesabbat vervul. Jy hoef nie meer 6 dae te werk om by die rus van die sewende daguit te kom nie. Christus het alles volbring. Christus het oorwin. Nou mag jydie week met ’n feesdag begin, ’n rusdag. Voordat jy jou daaglikse werk toegaan, mag jy Christus se oorwinning vier en in Hom jou eie oorwinning.

Deur sy opstanding word die eerste dag van die week voortaan die dag vandie Here genoem. Dis is voortaan sy dag. Dat dit die bedoeling is, wys Christusdeur juis op die eerste dag van die week vir sy vergaderde dissipels teverskyn, 2 Sondae na mekaar. Die eerste dag word gedoop tot die dag van diepublieke samekoms, die dag van die besondere ontmoeting tussen die Here en syvolk. Daarom is ons as gemeente ook juis op hierdie eerste dag van die week inerediens by mekaar.

Gemeente, dis ook juis op hierdie Nuwe Testamentiese rusdag, die dag vandie Here, dat die verheerlikte Christus aan Joh op Patmos verskyn. Joh is niein die geleentheid om die samekoms van God se gemeente by te woon nie. Hy is nadie eiland Patmos verban vanweë sy getroue prediking van Christus. Hy isverstoke van die gemeenskap van die heiliges. Hy is egter nie alleen nie. SyOpdraggewer Jesus Christus - dink aan die woorde wat Jesus op die eerstePaasaand vir sy dissipels gesê het: Soos die Vader my gestuur het, stuur Ekjulle ook – sy Opdraggewer is by hom en praat opnuut met hom. Op die dag vandie Here hoor en sien Joh in die gees dinge wat gewoonlik buite die bereik vanons sintuie val.

Joh hoor iemand agter hom met ’n groot stem, soos van ’n basuin. Wanneer hyhom omdraai dan sien hy sewe goue kandelaars en tussen die sewe kandelaars Eensoos die Seun van die mens met ’n lang kleed aan – die gewaad van ’n koning ofhoëpriester – en met ’n goue gordel, met oë soos ’n vuurvlam en voete soosblink koper. Uit sy mond gaan ’n skerp tweesnydende swaard. Sy hele verskyningis soos die son wat skyn in sy krag.

Broeders en susters, is dit vreemd dat Joh soos ’n dooie aan sy voete val?Watter sondige mens kan so ’n heerlikheid verdra? Wie kan die majesteit van dielewende God sien en leef? Ons mense met ons skuldige gewetens, met ons sondes,word bang wanneer ons iets sien van die goddelike heerlikheid. Ons kan dit nieverdra nie.

Maar dan hoor ons die goeie nuus. Ons verheerlikte Here lê sy regterhand opJoh. Joh hoef nie te vrees nie. Christus stel Joh gerus. As jy bang ofsenuweeagtig is, beteken dit baie wanneer iemand sy hand op jou skouer lê.  Dit gee jou weer vertroue en krag om verderte gaan.

So lê die verheerlikte Christus sy hand op die hoof van die verskrikteapostel. Joh mag gerus sy hoof ophef en sy Meester in die oë kyk. Want dit watChristus se verskyning so skrikwekkend maak is nie teen hom of teen die kerkgerig nie, maar juis vir hom en teen Christus se vyande gerig. Sy getrouediensknegte hoef tog nie bang te wees nie? Christus verjaag die vrees. Hy helpJoh weer op sy voete. Joh kan voor God bestaan. Dis reg tussen God en hom.Daarom voeg Christus die woord by die daad: Moenie vrees nie. Laat al jou vreesvaar. Jy mag God sien en lewe.

Broeders en susters, ons herken hierdie vertroostende woorde uit diePaasgeskiedenis. ’n Engel van die Here het in hemelse lig, ja soos weerlig,neergedaal en die steen van Jesus se graf weggerol. Die wagte het toe gebewe ensoos dooies geword. Maar die engel het tot die vroue gesê: Moenie vrees nie.Later herhaal Jesus self die woorde: moenie vrees nie. Ons verheerlikte Herebly dit vir sy volk vir my en jou sê: moenie vrees nie. Ek het jou skuldversoen. Dink aan Goeie Vrydag. Ek het oorwin: dink aan Pase. Jy mag God sienen lewe.

Dit word vir Joh duidelik gemaak wanneer Christus homself aan Joh voorstel.Christus maak Homself bekend op ’n manier wat vertroue wek. Christus syhandoplegging en sy woord van bemoediging word deur sy selfopenbaringonderstreep. Laat ons dan nader let op die selfopenbaring van Christus.

Ek verkondig vir u: Die verheerlikte Christus stel homself voor

1.     as die lewende God;

2.     as diegene wat dood was en weer leef; en

3.     as diegene wat oor die dood beskik.

Christus bemoedig ons deur ons te wys op Homself: Ek is die eerste en dielaaste. Dis dieselfde as die alfa en die omega, die griekse a en z. ’n Naam watin vers 8 vir die Here God gebruik word. Christus noem homself met ’n naam watslegs aan God behoort. Hy kan dit doen, want Hy is ware God. Hy doen ook watGod alleen kan doen. In Jes 44:6 lees ons: "So sê die Here, die Koning vanIsrael en sy Losser, die Here van die leërskare: Ek is die Eerste en Ek is dieLaaste, en buite My is daar geen God nie."

Christus sê nou dat Hy die eerste en die laaste is. Hy is die Koning enVerlosser van Israel, die Here van die leërskare. Afgode kan niks maak nie. Godalleen is magtig. Joh, verban op Patmos, en ons mag weet: Moenie vrees nie, dieafgode, die goddeloses van hierdie wêreld kan niks nie. Hulle probeer miskienom jou klein te kry of bang te maak deur bespotting of geweld of imponerendedade. Hulle probeer dalk om jou mee te sleur deur hul bedrieglike woorde. Maarmoenie vrees nie. Ek Jesus Christus is magtig. Ek is die eerste. Ek gaan aanalles vooraf. Voor My was daar niemand nie. Ek is die Oorsprong, die Skeppervan alles en almal. Niks en niemand bestaan sonder My nie. En Ek maak met dieinwoners van die aarde wat Ek self wil.

Ek is ook die laaste. Ek oorleef alles en almal. Ek het geen opvolger nodignie. As straks alle mense uitgedien is, is Ek nog daar. As diewêreldgeskiedenis voltooi is, dan is Ek nog steeds dieselfde, die eerste en dielaaste. Ek is die ewige, van ewigheid tot ewigheid, sonder begin en sondereinde.

Toe jou lewe begin het, selfs voor jou geboorte, was Ek aanwesig. Ek bepaaldie gang van jou lewe. Dis nie jou teenstanders of Satan wat dit bepaal nie. Enas jou tyd hier op aarde verby is, dan is Ek nog steeds daar om vir alles tesorg, om jou in my hemelse woning op te neem en om jou in my heerlikheid telaat deel. Wat ’n troos vir Christene wat bedreig, verneder of vervolg wordvanweë hulle trou aan Christus en sy woord.

Christus het nog meer om oor Homself te sê: Ek is die eerste en die laasteen die lewende. Opnuut ’n goddelike titel. Christus verwys hier nog nie na diefeit dat hy dood was en weer lewend geword het nie. Nee, wanneer Hy homself dielewende noem, dan verwys hy na sy goddelike natuur. Hy is die lewe self. Hy kannie sterwe nie. Hy leef van ewigheid tot ewigheid. Hy kan dit van homself sêomdat hy God is, God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God.

Die bede wat Christus kort voor sy sterwe gebid het, is verhoor. Terwyl Hydie helse benoudheid en pyn in die gesig gestaar het, het Christus gebid:"Vader, … Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het omte doen, het Ek volbring. En nou, Vader, verheerlik My by Uself met dieheerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was" (Joh 17:1-5).Nou het Hy inderdaad die heerlikheid wat Hy gehad het voordat die wêreld was.

Joh sien en hoor dit. Julle mag dit sien en hoor. Die laaste bybelboek, dieOpenbaring van Jesus Christus, is daar vol van. Niemand kan dit ontken nie. Diesaak staan vas. Die mens Jesus Christus is nie slegs mens nie. Hy is ook wareen ewige God. Hy het die heerlikheid van God. As jy Hom gesien het, dan het jyGod gesien. In Jesus Christus ontmoet jy die lewende God. ’n Verterende vuurvir almal wat Hom nie wil aanvaar nie. Maar ’n beskermende vuur vir elkeen watHom in die geloof aanhang. Indien jy Hom as jou lewende God aanvaar, dan is jyveilig: Hy wat tussen die sewe kandelaars, tussen die kerke, stap, die koningvan die kerk, is die eerste en die laaste en die lewende.

Geliefdes, ons kan verstaan dat Joh verskrik was toe hy Jesus Christusgesien het. Die verskyning van Jesus Christus is mos die verskyning van dielewende God. Maar Joh mag opstaan en sy vrees laat vaar: die verskyning vanJesus Christus is mos ook die verskyning van Hom wat dood was en weer leef. Disdie tweede gedagte van die preek: Ons verheerlikte Here stel homself voor asdiegene wat dood was en weer leef.

Die verheerlikte Here identifiseer homself. Ek is Jesus van Nasaret. Ek isinderdaad diegene wat in Palestina rondgestap het en die koninkryk van Godverkondig het. Ek het dieselfde liggaam wat eens aan die kruis gehang het.Vrywillig het Ek my lewe afgelê. Ek het gesterwe. Een van die soldate by diekruis het bewys dat Ek dood was. Hy het ’n spies in my sy gesteek en dadelikhet daar bloed en water uitgekom. Die apostel Joh het dit gesien en daarvangetuig. Ek was dood. Die feit dat Ek begrawe was, het dit bevestig.

Gemeente, is dit geen wonderlike saak nie? Die goddelike Persoon wathomself voorstel as die lewende God, wat van ewigheid tot ewigheid leef, diegoddelike persoon kan tog nie dood gewees het? Inderdaad, die ewige en lewendeGod kan nie sterwe nie. Maar hier het jy die groot misterie van jou verlossing:die ewige Seun van God het in die tyd ook mens geword. Naas sy godheid het Hyook ons menslike natuur aangeneem, selfs ons sterflike liggaam.

Dis iets wat ons nie kan begryp nie. Tog bly dit ’n geweldig werklikheid:die goddelike persoon wat homself in sy heerlikheid aan Joh voorstel, het mensgeword en het gesterwe. Moenie vrees nie. Staan op, kyk na my. Ek is ’n menssoos jy. En terwille van jou het Ek gesterwe. Ek het my lewe gegee tot ’nversoening vir jou sondes.

Maar kyk, en dit is die wonder van Pase, as mens leef Ek nou tot in alleewigheid. My sterflike liggaam het onsterflik geword. Ek het die werk gedoenwat Ek moes doen. As loon het Ek die onsterflikheid ontvang. Ek het die doodverslaan en die lewe gekry. En niemand kan die lewe weer van my wegvat nie. Ekhet die volle prys daarvoor betaal. Ek leef om nooit weer te sterwe nie.

Broeders en susters, Pase verkondig ons die goeie nuus dat Jesus Christusnie slegs die hel meegemaak het nie, maar ook die doderyk. Hy het die doodoorwin. Nie slegs die tweede dood, die hel nie, maar ook die eerste dood, dieafsterwing van die liggaam. Hy het die angel van die eerste dood, naamlik diesonde, weggeneem. Hy het vir ons die onverganklike lewe gebring. Sodat diesterflike deur die lewe verslind kan word. Sodat die lewe, en nie die dood dielaaste woord het nie.

Wat ’n groot troos: jou Here was dood en leef tot in alle ewigheid. Ja, onsmoet nou nog sterwe en tot stof terugkeer. Dit bly ’n verskriklike werklikheidwaarmee elkeen van ons rekening moet hou. Nie net wanneer jy ons oud is nie,maar ook wanneer jy nog jonk is.

Maar geliefdes, as jy in Jesus Christus as die Seun van God en die seun vanMaria, as God en mens in een persoon, glo, dan mag jy weet: deur sy offer vanversoening het Hy die angel van die dood weggeneem. Daardeur kan die dood jounie meer skaad nie. Jesus Christus het die doodstraf vir jou betaal. Daarom kandie neerdaling in die graf vir jou wat glo nooit ’n neerdaling in die hel weesnie. By jou dood mag jy jou siel in die hande van die Vader oorgee. En jouliggaam in die graf laat lê in die verwagting van die heerlike opstanding.

Is dit nie geweldig, gemeente, dat ons Middelaar reeds leef tot in alleewigheid nie? Daar is ’n mens, een van ons, wat reeds die onsterflikheid besit.Ons vlees het opgestaan om nooit weer te sterwe nie. Christus het uit die doodopgestaan as die eersteling van hulle wat ontslaap het. En ‘eersteling’ wil sêdat meer gaan volg. ’n Groot menigte sal volg. Wie sou nog durf om te twyfelaan die opstanding van die liggaam? Kyk maar na Jesus Christus wat gesterf hetas een van ons en wat nou leef tot in alle ewigheid. Jesus Christus waarborgjou opstanding. In Hom ontvang ook jy onsterflikheid. Die sterflike word deurdie lewe verslind.

Gemeente, omdat Christus die dood oorwin het, het Hy ook die mag oor diedood ontvang. Daarom sê die verheerlikte Christus ten slotte: En Ek het diesleutels van die doderyk en van die dood. Dis die derde gedagte: Christus stelhomself voor as diegene wat oor die dood beskik.

Die persoon wat die sleutels het, kan oopmaak of toesluit. Hy kan beskikoor dit waarvan hy die sleutels dra. Soos Christus die sleutels van diekoninkryk van die hemel dra, so het Hy ook die beskikking oor die dood.

Die doderyk en die dood word voorgestel soos ’n sterk burg met poorte.Jesus Christus het die sleutels om die poorte van die dood te open of te sluit.Ons opgestane Here is die Heer van lewe en dood. Hy kan skielik tot ’nbegrafnis roep. Hy het die sleutels van die dood en die graf. Die dood is niesoos ’n afskrikwekkende monster wat na beliewe sy mond oopmaak om mense op tesluk nie. Die dood het geen eie bevoegdheid of mag nie.

Ons vyande het ook geen mag oor die dood nie. Dalk lyk dit so en dink hulledat hulle lewe en dood in hul mag het. Maar jy mag beter weet. Joh op dieeiland Patmos ervaar die mag van sy vyande. Hy sien die vervolging van diekerk. Hoe Christene selfs as martelare sterwe. Maar Joh mag ’n blik in diehemel werp en hy hoor Christus sê: Ek het die sleutels van die doderyk en vandie dood. Hoe sterk en magtig mense ook al mag wees, sonder My kan hulle niksmaak nie, hulle het nie die sleutels nie. Hulle kan die poort van die dood niena hul beliewe oopmaak nie. Ek julle verheerlikte Vors het die sleutels. Ekbepaal die dag van jou sterwe. Ek, en nie mense of ander magte nie. Ook algebruik Ek hulle om my planne uit te voer. Dis ook nie ’n kwessie vanongelukkig wees nie. Nee, Ek, jul opgestane Heiland, maak die poort van diedood oop. Op my tyd, nie vroeër en nie later nie. As Ek oopmaak kan niemandsluit nie en as Ek sluit kan niemand oopmaak nie. Ek is diegene wat tot ’n begrafnisroep. Moenie vrees nie, Ek is mos jul Here wat dood was en weer leef. Ek kandie grafte ook weer oopmaak.

Tydens Goeie Vrydag en Pase het Ek dit reeds gewys. Toe Ek op die kruisgesterf het, het die aarde gebewe en die rotse geskeur. Die grafte het oopgegaanen die liggame van die ontslape heiliges het opgestaan (sien Mt 27:51-53).Onmiddellik na my offer van versoening het die eerste vrugte van my dood tevoorskyn gekom: baie heiliges het opgestaan. En na my opstanding het hulle dieheilige stad ingekom en aan baie verskyn. ’n Sigbare bewys van my oorwinning.

Dit is ’n voorspel op wat op die laaste dag gaan gebeur. Dan sal dit baieindrukwekkender wees. Dan sal alle grafte van die heiliges oopgaan en alleliggame van die heiliges sal opgewek word. Dan sal die dood en die doderyk teniet gedoen word. Alle grafte gaan oop. En alle dooies sal voor My verskyn.

Broer,  suster, hoe vier jy nou Pase?Dink jy slegs aan die mens Jesus wat hier op aarde geleef het, wat gesterf enopgestaan het? Jy moet goed weet, en dis die erns van Pase, dat jou opgestaneVors God is en bly. Daarom is die verskyning van Jesus Christus die verskyningvan God self. ’n Verterende vuur vir elkeen wat nie werklik in Hom glo nie enwat Hom nie wil dien nie. As ek nie my lewe buite myself in Jesus Christus soeknie, dan sal ek die verskyning van die opgestane Here nooit kan verdra nie. Asek die Heilige Gees nie my lewe laat vernuwe nie, dan sal ek uiteindelik ’nverterende vuur ontmoet.

Maar geliefdes, wanneer jy opreg in die opgestane Here glo as jou God enVerlosser dan mag jy opstaan en God in die oë kyk. Want die verskyning van dielewende God is die verskyning van Jesus Christus, wat dood was en nou leef totin alle ewigheid. Hy het vir jou sondes betaal. Die eerste vrug is reeds aanwesig,die eersgeborene uit die dode. Die res sal volg. Jy sal volg. Wie Pase op so ’nmanier vier, die kan die Paasvors sien en lewe.

Liturgie: 

(kyk in preek)