Ons enigste troos in die slot van die 'Onse Vader'

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 52
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 52 H. K.

Lei ons in geen versoeking ooit nie...

Lees: Jakobus 1: 1 - 16
Teks: Sondag 52 H. K.
Sing: Ps. 141: 1, 2, 9, 10
na wet Ps. 139: 12
na belydenis Ps. 106: 20
Ps. 138: 1, 2, 4
Ps. 66: 8, 9, 10
Sb. 28: 1, 2, 3, 4

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Met hierdie sondag het ons aan die einde van die kategismus gekom. In 52 Sondae is die enigste troos in lewe en in sterwe vir ons ontvou. In sondag 1 het dit begin daar is ons vertel dat ons die eiendom van Christus is. Hy het ons met sy dierbare bloed gekoop. In lewe en sterwe is ons van Hom! Daarna het die kategismus ons by die hand gevat en ons in die vaste gebou van die enigste troos rond gelei. Al die aspekte is vir ons uitgespel: Hoe die troos ons in die ellende waarin ons onsself gestort het vertroos. Met alle krag is ons die verlossing verkondig. Ons is ook getoon hoe die troos ons tot 'n lewe van dankbaarheid voor die aangesig van God stimuleer.

Met sondag 52 het ons nie alleen aan die einde van die verklaring van die enigste troos gekom nie, maar ook aan die einde van die verklaring van die 'Onse Vader' gekom. Nadat bede na bede vir ons verklaar is, word ons aandag vir die laaste bede gevra, maar ook vir die lofverheffing waarmee die volmaakte gebed eindig: Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid Die lofverheffing is tegelyk 'n pleitgrond, waarin ons weer met die enigste troos in lewe en in sterwe gekonfronteer word. Selfs met die laaste woord van hierdie gebed, die 'amen', doen die kategismus dit nog.

Gemeente in al drie, die laaste bedes, die lofverheffing en die amen het ons Heiland iets triomfanteliks gele. Dis eskatalogies, daar word na die koms van die groot ryk van God uitgesien. Ons kan dit met 'n konsert vergelyk. Namate die einde nader kom, bou die spanning in die konsertsaal op. Almal kyk in spanning na die dirigent wat die laaste mate met sy dirigeer stok wys as dit in die slotakkoord eindig.

In die slotakkoorde is dikwels 'n felle kontras verwerk wat in die slotakkoord oplos en eindig. Stil en met groot spanning word dit beluister. So is dit ook met die kategismus en met die 'Onse Vader' gestel. Magtige akkoorde word gehoor Aan God behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid. Daar is uitsig op die ewigheid en dit alles sal waar en seker wees! Gemeente sien ons die triomf raak? Die grote oorwinning oor alle duiwelse magte?

Ons mag die laaste sondag teen die agtergrond van die boek Openbaring van Johannes lees. Tegelyk moet ons egter die slot van die kategismus ook teen die agtergrond van sondag 1 lees. Tot die laaste toe is daardie eerste sondag in die laaste een vervleg. Daarom spreek ons oor:

ONS ENIGSTE TROOS IN DIE SLOT VAN DIE 'ONSE VADER'

Daarby let ons op:

  1. Die laaste bede;
  2. Die laaste pleitgrond;
  3. Die laaste woordjie.

I Daar is al eerder op gewys dat ons Heiland die 'Onse Vader' so mooi gekomponeer het. Ons het gesien dat in die eerste drie bedes die Here God sentraal staan. Dit gaan daar om sy Naam, sy ryk en sy heilige wil. Ons bid daar dat die saak van God ons saak mag word. Daarna word in die laaste drie bedes ons saak, ons nood en ellende, ons skuld en stryd aan die Here voorgele. In die laaste drie bedes vra ons dat God ons saak tot sy saak wil maak.

Daarmee is egter nie alles gese nie. Die Here Christus het die laaste drie bedes nou aan mekaar gebind. Kyk mooi. Na die vierde bede:

Gee ons vandag ons daaglikse brood. Dis ons nood vandag ons kan niks doen nie, as U ons nie die lewensonderhoud skenk nie. Vervolgens kyk ons in die vyfde bede na gister en eergister: Vergeef ons ons skulde, ons sondes, ons tekortskiet in u diens. Wil daar om Christus ontwil 'n streep deurtrek. As ons nou dink dat ons alles gevra het wat ons nodig het, maak ons 'n groot fout. Ons Heiland voeg nog 'n bede daaraan toe.

As christene staan ons na die vergewing nog midde in ons aanvegtinge. Tot aan die einde van ons lewe gaan die met ons saam. Daarom laat ons Heiland ons ook die toekoms inkyk. Die duiwel, die wereld en ons eie vlees sal nie ophou om ons aan te val nie. Partymaal tot op die sterfbed toe! Dis daarom dat ons Heiland vir ons nou hierdie sesde bede saamgee. En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose.

Gelukkig is in die laaste hersiene uitgawe van ons gereformeerde psalmboek die woordjie 'en' weer in antwoord 127 opgeneem. Want klein woordjies het in die 'Onse Vader' partymaal 'n diep betekenis. Met hierdie woordjie 'en' word die sesde bede: En lei ons nie in versoeking nie, nou aan die die vyfde bede verbind. Ons het nog maar net gebid: Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe, of daar volg al: En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.

Is dit nie eintlik twee afsonderlike bedes nie? Het ons Heiland, ons hier leer bid: En lei ons nie in versoeking nie. Daarna as tweede: maar verlos ons van die Bose? Gemeente dit sou so wees as ons Heiland hierdie twee sake nie deur die woordjie 'maar' met mekaar verbind het nie.

Deur die woordjie 'maar' word dit duidelik dat daar om een saak gebid word. Die saak het twee kante. Ons bid: Lei ons nie in versoeking nie, want in die versoeking is die duiwel aan die werk, verlos ons van hom. Antwoord 127 het hierdie twee dele ook nou aan mekaar verbind. Soos by die vorige bedes word die verklaring van die bede in die vorm van gebed gegee. Dit word midde-uit die situasie van die aanvegtinge waarin ons is, gedoen. Ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik sal kan standhou nie.

Daarby het ons gedugte vyande wat doodsvyande genoem word. By hul naam word hulle opgesom: die duiwel, die wereld en ons eie vlees wat geen oomblik ophou om ons aan te veg nie. Vanuit die aanvegtinge bid ons: wil ons tog staande hou en versterk deur die krag van u Heilige Gees, sodat ons in hierdie geestelike stryd nie beswyk nie, maar altyd sterk teestand kan bied, totdat ons eindelik vergoed die oorhand behou.

Dis duidelik gemeente dat antwoord 127 ons daarop wil vaspen dat ons elke dag met ons doodsvyande gekonfronteer word. Daar word geen doekies omgedraai nie. Dis onse God wat teenoor hierdie doodsvyande staan en met krag bid ons nou dat Hy ons deur sy Heilige Gees staande hou. Ons bid: Here U is magtig om ons nie in versoeking te bring nie, maar as ons tog daarin kom hou ons dan staande en laat ons die oorhand verkry. So bely ons saam met die kategismus die twee kante van die sesde bede in hierdie een bede.

Antwoord 127 gaan daarvan uit dat ons midde-in die versoeking staan, maar ons bid: Lei ons nie in versoeking nie.

Hierdie moeite kom in die antwoord nie mooi vorentoe nie, tog het gelowiges daar moeite mee. Kan God sy kinders in versoeking lei? Versoeking is mos duiwelswerk, kan God dit ook werk? Versoeking is mos dat ons doodsvyande mag oor ons probeer kry. Dis duidelik dat die duiwel daar 'n hand in het, maar God? Skryf Jakobus nie in die dertiende vers van die eerste hoofstuk van sy brief: "Laat niemand, as hy in versoeking kom se: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. " Hoe bid ons dan: Lei ons nie in versoeking nie?

Dis moeilike vrae wat hier vorentoe gebring word. Die verhouding van God tot die kwaad en tot die duiwel kom hier in die prentjie. Allereers mag daar geen twyfel oor bestaan nie dat God ver van die kwaad is. Hy is die heilige majesteitelike God. "God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. " (1 Joh. 1: 5) Maar gaan die kwaad, gaan die duiwel buite God om? Het ons 'n God wat passief teenoor die kwaad staan en die duiwel maar lydelik sy gang laat gaan?

Sekerlik nie gemeente. God gee die duiwel 'n sekere ruimte, maar nie verder as wat Hy toelaat nie. Luther het die voorbeeld gebruik, van 'n hond wat op lyn staan. Die dier kan jou vreeslik laat skrik, maar dan sien jy dat hy nie verder kan kom as wat sy lyn toelaat nie. So het die Here vir die duiwel op lyn staan, gemaak. Dit wil egter nie se dat hy binnekant die terrein wat die lyn toelaat nie gruwelike kwaad kan aanrig nie. Ons moet die mag van die duiwel nie onderskat nie. Lees daarvan in Openbaring 12. Nadat daar oorlog in die hemel gekom het en die draak op die aarde neergewerp is lees ons in vers 12 en 17: "Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat Hy weet dat Hy min tyd het.... En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. " In die oorlog het die duiwel nou ook die ander twee doodsvyande wat antwoord 127 noem ingespan. Ons kan se: twee vyande buite die laer, die duiwel en die wereld, maar een vyand binnekant die laer, dis ons eie vlees.

Ons weet vyande binnekant die laer is baie gevaarlik, sondermeer is hulle verraaiers. In ons eie lewe, ons eie vlees, kan demoniese kragte aan die werk wees, wat nie ophou om ons aan te val nie. Elkeen van ons ken sy eie sondes en die krag van sy eie vlees die beste. In die middeleeue het die roomse kerk sondelyste gebruik waaraan mense wat kom bieg het, getoets is. Dis gelukkig deur die reformasie nie oorgeneem nie.

Elkeen moet homself aan die heilige wet van God toets. Daardie een wat lief vir geld is weet hoe die geldsug beheer kan oorneem. Hoe kan partymaal 'n mens deur sy wellus op die pad van sonde saamgesleep word. Luther het opgemerk dat die wellus die sonde van die jeugjare is, eersug van die middelbare leeftyd en geldgierigheid die sonde van die ouderdom is. Hoe dit ook al mag wees, die kragte van verleiding van die duiwel is groot. Antwoord 127 se: Hy hou nie op om ons aan te val nie.

Tog gemeente die duiwel is aan die mag van God onderworpe. God maak van hom gebruik om sy kinders te beproef, om die goud sigbaar te maak.

Om te laat sien dat geloof in sy kinders aanwesig is. Dink net aan die geskiedenis van Abraham as hy Isak moet offer. Genesis 22: 1 se: God het Abraham op die proef gestel. Ja as ons dit lees hou ons ons asem op. In sy lewe het Abraham al baie meegemaak, maar nou staan hy voor die beslissende proef. Ons mag vir seker aanneem dat die duiwel slegte gedagtes in die kop van Abraham ingefluister het. Hoe kan God dit van jou eis nadat jy solank op die kind van die belofte moes wag? Dit kan jy nie doen en God sal verstaan. Ja God het met Abraham baie ver gegaan.

Dan staan daar so simpel: "Daarop het Abraham die more vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal. " Hoe swaar moes dit vir Abraham gewees het. Moenie dink dat die duiwel die drie dae wat die reis geduur het vir Abraham uitgelos het nie. Tog lees ons in Hebr. 11 Abraham het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek. Abraham het teen hoop op hoop geglo se Paulus in Rom. 4. So het Abraham die beproewings deurstaan.

Gemeente dit kan ook anders uitwerk. Dink aan Dawid en sy telling van die volk. In 2 Samuel 24: 1 lees ons dat God Dawid aangehits het om Israel te tel. In 1 Kronieke 21: 1 lees ons die anderkant van dieselfde geskiedenis: Satan het vir Dawid aangehits om Israel te tel. Om so te se het die Here van die een kant gekom en Satan van die anderkant. Saam het hulle die geloof van Dawid soos koring gesif. Toe het Dawid in die versoeking beswyk, dit was net die barmhartigheid van God wat hom daaruit weer gered het. Ons bely nie te veel as ons saam met sondag 52 bely dat ons doodsvyande, die duiwel, die wereld en ons eie vlees, nie ophou om ons aan te val nie.

Ja partymaal word ons dodelik vermoeid van die aanvalle. Soos Job hewig moes stry om aan God vas te hou toe hy in die as gesit het en sy drie vriende tot die uiterste gegaan het om hom sy ellende in te vrywe. Kan leed en verdriet ons somtyds ook nie aan God laat twyfel nie? Tog kry ons met antwoord 127 'n heerlike en rotsvaste houvas, as ons bid: wil ons tog staande hou en versterk deur die krag van die Heilige Gees, sodat ons in hierdie geestelike stryd nie beswyk nie, maar altyd sterke teestand kan bied, tot dat ons eindelik vergoed die oorhand behou.

Daar is 'n krag wat ons dwars deur al die aanvegtinge heen staande hou. Sonder daardie krag kan ons niks maak nie, dis die krag van ons Heiland wat ons deur die Heilige Gees staande hou. Dink aan die begin van die preek toe daar oor die enigste troos gespreek is wat ons in Christus geskenk is. Hoe is Christus self nie versoek nie. Kort na die versoeking in die woestyn, leer Hy vir sy dissipels bid: Lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.

Die satan word in Matt. 4: 3 die versoeker genoem. Hy het vir ons Heiland gese: As U die Seun van God is, se dat hierdie klippe brode word. Maar ons Heiland het geantwoord: Daar is geskrywe, en by die tweede en derde versoeking opnuut: Daar is geskrywe. Met alle krag het ons Heiland aan die woord van God vasgehou. So het Hy homself deur die drie versoekinge heen geglo! Aan Hom en aan die werk wat Hy ook in die versoekinge volbring het mag ons in ons aanvegtinge en stryd, vashou. In Lukas 22: 31 en 32 se ons Heiland vir Simon: kyk die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof nie ophou nie. Die voorbede is daar ook vir ons nog elke dag.

Ons Heiland bid vir ons dat ons geloof in die swaarste aanvegtinge nie sal beswyk nie. Midde-in alle stryd en versoeking is Hy ons enigste troos. Dis daarom dat ons saam met antwoord 127 met die uitsig op die volkome oorwinning kan bid. Vanuit hierdie bede kry ons die krag wat ons nodig het om stand te hou en nie te beswyk nie. Omdat die werk wat Christus volbring het daar agter le.

Ja, dis die uitsig op die volkome oorwinning wat hier oop gemaak word. Ons mag hier bid: Vader dis vir ons partymaal baie swaar, die mag van die Bose is soms so sterk in ons lewe. Vader ons is daarom skaam voor u aangesig, maar ons sien op ons Voorbidder wat by U in die hemel is. Vader U het belowe dat U die Satan onder ons voete sal verbrysel. (Rom: 16: 20) Vader wil dit doen om Christus, ons enigste troos, ontwil.

Gemeente dink ook aan die eskatologies uitsig wat Johannes in Openbaring 15 beskryf het. Daar sien hy die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld by die see van glas staan met siters van God. Hulle het die lied van Moses en van die Lam gesing. Hulle het hul hele lewe gebid: Lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Nou mag hulle sien hoe die Bose in die poel van vuur en swawel gewerp word.

Saam met hulle mag ons bid: Ons Vader wat in die hemel is, dit gaan swaar word in hierdie wereld. Magte van ongeloof, van verwereldliking en kerkverlating dring vorentoe, Vader ons is so swak, bring ons nie in die lokval van die Bose nie. Maar as U ons in versoeking lei en die Satan toelaat om ons aan te veg, wil ons dan staande hou. Vader hou ons in u Seun ons enigste troos tog vas.

II So is die laaste bede aan ons verduidelik, maar die volmaakte gebed het daarmee nog nie tot 'n end gekom nie. Triomfantlik word aan die end op die laaste pleitgrond gewys, wat Christus vir ons in die gebed opgeneem het, naamlik: Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Daar is handskrifte wat hierdie woorde nie het nie en direk na die sesde bede met amen eindig. Dis waarom die roomse gelowiges hierdie woorde ook weglaat.

Ons laat die vraag watter handskrifte gelyk het, onbeantwoord. Dit staan vir ons vas dat hierdie woorde deur en deur skriftuurlik is. Hulle word deur engele in die hemel herhaaldelik gebruik. In hierdie woorde word ons geloof vertolk. Gemeente let hier ook op die woordjie 'want', daarmee sluit hierdie lofverheffing direk by die sesde bede aan. Christus het daarin vir ons 'n pleitgrond onder ons voete gele wat so hard soos beton is.

As daar 'n moment in ons lewe kom dat ons vrees dat die duiwel tog in ons lewe die oorhand sal kry, word dit deur hierdie lofverheffing weggevaag. Want van U Here is die koninkryk! In ons gebed gaan ons reguit tot onse God, die God van die verbond. In die boek Openbaring van Johannes word die koningskap van God magtig vertolk. Ons moet dit teen die agtergrond van die felle versoekings wat daarin beskryf word lees.

Die gruwelike mag van die duiwel, die diere uit die see en uit die aarde, wat word daarvan? Totaal verslaan. Daar kom die nuwe Jerusalem wat van God uit die hemel neerdaal. Dis die mag van die geloof van die kerk in die mag van God en van sy Christus, die magtige pleitgrond.

Gemeente met die slot van die Onse Vader keer ons terug na die begin van die gebed. Onse Vader wat in die hemele is, so het ons begin. By ons Vader wat bo in sy hemelse paradys is. Daarna het ons met ons gebed midde-in die stryd hier op aarde tussen die kerk van God en die sataniese magte, gestaan.

Ja ons het daarom gebid dat God alle mag wat teen Hom opstaan en die werke van die Duiwel sal verstoor. Dan se ons aan die einde: Want van U is die koninkryk. Die oorwinning staan vas. God is Koning en Jesus Christus het die koningskap aanvaar. Al sien ons in die wereld niks daarvan nie, vir ons mag dit rotsvas staan: Die ryk is van God en Christus het oorwin.

Want aan u behoort die krag. Ons dink daarby aan die derde bede: Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde. Daarin het ons gebid dat ons en alle mense aan u wil wat alleen goed is gehoorsaam sal wees. Op aarde word egter die heilige wil vertrap. Mense van ons dae ignoreer dit en sal self uitmaak wat hulle wil doen. Tog sal God teen die chaos en eiewilligheid van hierdie wereld in sy wil laat geskied. Van Hom is die krag! Wie sal God kan teenstaan?

Want aan u behoort die heerlikheid tot in ewigheid. Het ons in die eerste bede nie gebid: Laat u Naam geheilig word nie? Daarin het dit gegaan om die Naam van God te eer en te prys. Maar wat kom in hierdie wereld daarvan? Hoe word die heilige Naam van God vandag uit die openbare lewe verwyder, wat soos in Europa op openlike besoedeling en veragting van die Naam sal uitloop.

Tog sal die troue kerk daarteenin bly roep: Van U is die heerlikheid tot in ewigheid. Wie sal die mag he om maar net 'n vlek op die Naam van God te le? Die heerlikheid van die Naam bly oor die wereld straal. Die gelowiges en die engele in die hemel besing voortdurend die heerlikheid van die Naam van God. Soos Johannes in Openbaring 5: 13 gehoor het: "Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid. "

In die laaste woorde van die volmaakte gebed, die lofprysing wat tegelyk pleitgrond is, klim ons van die tyd na die ewigheid. Met die gebed om ons daaglikse brood, die vergewing van ons skuld en die verlossing van die bose, staan ons in die tyd tussen die eerste koms van Christus en sy wederkoms op die wolke van die hemel. In die laaste woorde verhef ons gebed hom tot in die ewigheid. Daarin word ons bo chaos en stryd van hierdie tyd na die heerlikheid van die ewige lewe opgehef. Die laaste woord is aan God en sy ewige ryk, sy ewige glorie. Die heerlike Naam van God sal tot in alle hoeke van die nuwe aarde geskryf staan.

Gemeente, Ons in ons gebed van die Onse Vader baiemaal swak gelowiges. Hoe baie bid ons die gebed in sleur, uit gewoonte? Daar is alle rede om steeds onsself daarvan te deurdring wat ons in hierdie gebed werklik vir God vra. Toe die martelares Perpetua voor die wilde diere gegooi is, het sy hardop die Onse Vader gebid. Sy het geweet hoe in hierdie laaste pleitgrond, opnuut die enigste troos na ons toekom. Ons gebed word deur die koningskap van God gedra, dit ontvang van God die krag en laat na die heerlikheid van God uitsien. Ons bid: Vader laat dit ons troos en bemoediging in die stryd om staande te bly wees.

III Die laaste vraag in hierdie laaste Sondag is: Wat beteken die woordjie: Amen? Dis jammer dat in die nuwe kerkboek die verkleinwoord 'woordjie' nie meer gebruik word nie. Want juis deur die verkleinwoord 'woordjie' is benadruk dat so 'n klein woordjie, soos 'amen' tog diepe betekenis het. Amen is 'n Aramese woord wat die griekse vertalers onvertaal oorgeneem het. In die eerste christelike gemeentes is dit kennelik onvertaal uit die taal van die sinagoge oorgeneem. Die betekenis is: vas, onwrikbaar, betroubaar. In die Bybel word Christus self die amen genoem.

Antwoord 129 het die woord amen op die verhoring van ons gebed betrek. Baie mooi word gese: My gebed is veel sekerder deur God verhoor as wat ek in my hart gevoel dat ek dit van Hom begeer. In Matt. 7: 7 en 8, kort nadat Jesus sy dissipels die Onse Vader geleer het, verseker Hy ons die verhoring met: Bid en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop sal oopemaak word.

Dit behoort ook by die enigste troos. Nou Christus ons met sy dierbare bloed gekoop het, wil God ook my gebed verhoor. Ons is mos nou sy kinders wat God nie onverhoord laat bid nie. Ons verdien dit glad nie. Maar die vaste grond waarop ons vir die verhoring bou, le nie in ons nie, maar in die trou van onse God.

So is met sondag 52 die behandeling van die volmaakte gebed en daarin ook die kategismus met amen afgesluit. Ons se 'Amen' op die deel van die ellende. Ook amen op die deel van die verlossing. Eweso amen op die deel van die dankbaarheid.

Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God in ons. (2 Kor. 1: 20) Want Christus self is die Amen, die getroue en waaragtige getuie. (Openb. 3: 14) Self in sy eie persoon is Hy ons enigste troos.

Die troos is vir ons 52 sondae lank verkondig. Net nou gaan ons weer by sondag een begin. Daar is al gese: 'n Kerk wat nie by die kategismus lewe nie, is vir die dood opgeskrywe. In daardie gesegde is daar waarheid. Nie omdat die boekie volmaak is nie, maar wel omdat dit 'n heerlike en eenvoudige opsomming van al die beloftes en gebooie van God, gee.

Toe die ou godvrugtige prediker Herman Friedrich Kohlbrugge op sy sterfbed gele het, het hy net voor sy afsterwe vir sy geliefdes gese: Die eenvoudige Heidelberger, die eenvoudige Heidelberger, my kinders hou daaraan vas. Ons bede is; dat dit in hierdie chaotiese en meer en meer goddelose eeu, ook vir ons gegee mag wees.

En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word!

Amen, ja amen. (Ps. 72: 19)

Liturgie: 

(kyk in preek)