Christus gebied ons God as ons Vader aan te spreek

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 46
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 46 H. K.

Oog in oog met God: die aanspraak van die 'Onse Vader'.

Lees: Lukas 11: 1 - 13
Teks: Sondag 46 H. K.
Sing: Ps. 25: 1 en 10
na wet Ps 26: 1
na belydenis Sb. 8: 2
Ps. 138: 1, 3, 4
Ps 146: 3
Sb. 28: 1 en 4

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Het u die indringende en sorgvuldige formulering van die sondae oor die gebed weleens opgeval gemeente? Agt sondae, vanaf sondag 45 tot 52 handel oor die gebed. In sondag 45 het die kategismus die gebed in die algemeen verklaar en ons die volmaakte gebed wat Christus ons self geleer het voorgehou. Daarna word bede na bede uit die Onse Vader vir ons verklaar. Telkens word dit gedoen deur elke bede in enkele afsonderlike bedes op te splits, sodat gesien kan word wat in elke bede gebid word.

Sondag 46 gaan egter eers die aanspraak: Ons Vader wat in die hemele is, vir ons uitle. Allereers moet raakgesien word hoe sentraal Christus in hierdie sondag gestel is. Christus het gebied: om God as ons Vader aan te spreek. Hy leer ons direk kinderlike vrees en vertroue. In antwoord 121 leer Hy ons, om nie aards van die hemelse majesteit van God te dink nie.

In die aanspraak van die volmaakte gebed, is dit Christus wat voor ons staan en ons leer wat die bid van hierdie gebed vir ons beteken. In die aanspraak word ons alreeds met al die ses bedes gekonfronteer. In die aanspraak 'Ons Vader wat in die hemele is' le eintlik die hele volmaakte gebed opgesluit. Want deur die aanspraak word ons oog in oog met God, ons Vader, gestel.

Daar mag aan Genesis 18 gedink word. Daar het God as die Engel van die Here aan Abraham verskyn en vir hom die geboorte van Isak aangekondig. As die manne daarna rigting Sodom vertrek, gaan Abraham saam om hulle weg te bring. Dan se die Here vir Abraham dat Hy wil neerdaal na Sodom, om te kyk hoe groot hul ongeregtigheid is. Toe het die twee engele wat saam met die Here was, na Sodom toe weggedraai. Abraham het egter voor die aangesig van die Here bly staan. Dan se vers 23 Abraham het nader gekom en gese. Ja, Abraham het nader gekom, hy het, om so te se, oog in oog met die Here gestaan en sy ontroerende voorbede vir Sodom gedoen.

Gemeente, nogmaals Abraham het nader gekom. Dit doen ons ook, as ons die gebed, met die woorde 'Ons Vader wat in die hemele is, ' begin. Ons plaas onsself dan reguit voor die Here, voor ons hemelse Vader.

Ons wil nou op daardie aanspraak konsentreer, om dit saam met die kategismus sober en tegelyk kragtig te bely. Ons spreek oor:

CHRISTUS GEBIED ONS GOD AS ONS VADER AAN TE SPREEK

  1. Daarmee le Hy 'n vaste geloofsgrond onder ons gebed;
  2. Daarmee gee Hy ons kragtige hoop op verhoring;
  3. Daarmee stimuleer Hy ons liefde.

I Die Here Christus het twee maal vir sy dissipels die Onse Vader geleer. Die eerste keer in die bergpredikasie beskryf in Matt. 6 en die tweede maal in Lukas 11. Kritiese geleerdes se: dat dit onsin is om aan te neem dat die Here Jesus die volmaakte gebed twee keer vir sy dissipels sou geleer het. Hulle beweer Lukas het die gebed uit die Mattheus evangelie oorgeneem en 'n ander plek in die onderwys van ons Heiland gegee. Is dit egter so vreemd dat Christus twee keer die 'Onse Vader' vir sy dissipels leer? Daarin kom juis die hoe waarde uit wat Christus daaraan heg dat sy dissipels die gebed sal leer bid.

As ons die geleentheid in rekening bring, waarby ons Heiland sy dissipels hierdie gebed leer bid het, word dit nog duideliker. In die deel van die bergpredikasie het die Here oor drie hooftemas gespreek, naamlik: oor die liefdadigheid bewys, oor die gebed en oor die vas. In al drie het die Here hom teen die skynheiliges gekeer. Vlymend het hy die geveinsdes verwyt dat hulle liefdadigheid bewys om deur mense geprys te word. Soos hulle ook by die vas, hulle gesig mismaak het, om deur die mense gesien en geprys te word. Ons Heiland het teen al die godsdienstige vertoon gestry wat daarop gerig was om eer van mense te ontvang.

Dit het ons Heiland ook by die gebed gedoen. Daar het Hy egter teen twee afwykings gewaarsku, naamlik: teen skynheiligheid en teen die gebruik van die heidene wat dink dat hul gebede, vanwee die baie woorde wat hulle gebruik, verhoor word. Nee, se ons Heiland, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Na hierdie algemene onderrig by die gebed, leer hy dan vir sy dissipels die 'Onse Vader', om te bid. So het Christus reeds by die begin van sy werk onder Israel, vir sy dissipels, die volmaakte gebed leer bid.

Is dit nou regtig so vreemd dat ons Heiland sy dissipels nog 'n maal die 'Onse Vader' geleer het? Moet daar nou regtig krities oor gespreek word? Daarvoor is mos geen enkele grond aanwesig nie. Kyk maar na Lukas 11 gemeente. Die evangelie self vertel wat die aanleiding was om sy dissipels 'n tweede maal die 'Onse Vader' te leer. Vers 1 se dat Christus besig was om te bid. Toe Hy klaar was se een van sy dissipels vir Hom: "Here leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het". Kennelik het daardie dissipel aan 'n Jesusgebed, langs 'n Johannesgebed gedink.

Aan daardie versoek het ons Heiland nie voldoen nie. Hy het hulle opnuut die 'Onse Vader' geleer. Soos Hy hulle dit al eerder, tydens die bergpredikasie, geleer het. Juis die feit dat ons Heiland twee maal die volmaakte gebed vir sy dissipels geleer het, bewys die grote waarde wat Hy daaraan geheg het. Beide male het Christus, in die aanspraak, die woord Vader gebruik. In Lukas is met die naam Vader volstaan, in Matt. is die breedvoeriger aanspraak 'Onse Vader wat in die hemel is' gebruik.

Gemeente ons is daaraan gewoon, om God as Vader aan te spreek. Ons gebruik die aanspraak, vanaf die tyd dat ons ouers ons geleer het, om te bid. Met die Vader aanspraak is ons volkome vertroud. Met reg skryf iemand egter dat Christus, toe Hy sy dissipels geleer het om God as Vader aan te spreek, 'n belangrike bladsy in die openbaringsgeskiedenis omgeblaai het. Ons moet onthou dat dit in die tyd van ons Here Jesus heel ongewoon was, om God as Vader aan te spreek. Dit was beslis nie vanselfsprekend nie.

Onder die Ou Verbond het Israel vir God met die naam Here, Jaweh in die Hebreeus, aangespreek. Dit beteken: Ek is wat Ek is. Ek is die God op wie jy altyd staat kan maak. Jaweh was die gewone naam waarmee Israel vir God aangespreek het. In Jeremia 3: 4 lees ons die enigste maal dat Israel God as Vader aangeroep het. Verder is die naam Vader enkele male deur profete gebruik om God, in sy majesteit as Skepper van Israel, aan te dui.

Die grootheid en majesteit het onder Israel swaar geweeg. So selfs dat hulle deur strenge onderhouding van die derde gebod, veral na die ballingskap, daartoe gekom het, om die naam Jaweh nie meer te gebruik nie. Ja, dit selfs verbied het. As in die wet of die profete die naam Jaweh voorgekom het, het die skrifgeleerdes die naam Adonai gelees wat Heer, Gebieder, beteken. Om God as Vader aan te spreek was dan ook totaal onbekend. Nou gebied ons Heiland, vir sy dissipels tot tweemaal toe, om God as Vader aan te spreek! Is dit te veel gese, as daarby van 'n blad omblaai, in die geskiedenis van die Openbaring van God, gespreek word?

Terwyl voorheen God altyd met name aangespreek is wat sy almag en grootheid verkondig, word nou deur Christus vir ons die Vadernaam op die lippe gele. 'n Naam waarin intimiteit en innige liefde opgesluit le. Ja, ons Heiland kon ander name gekies het. Dit het Hy beslis nie gedoen nie. Hy het hierdie Naam, uit sy eie verbondsomgang met sy Vader, vir sy dissipels gegee. Die heerlike Naam, waarmee Jesus Christus self vir God aanspreek, het Hy vir ons op die lippe gele. As ons die Vadernaam gebruik moet ons dit nooit uit die oog verloor nie.

Dis 'n groot voorreg dat ons die Vadernaam mag gebruik, waarmee ons Heiland self vir God aangespreek het. Hy het dit al van die begin van sy lewe hier op aarde gedoen. As Maria vir die twaalfjarige Jesus vra: "Kind, waarom het jy so met ons gemaak? " Antwoord Hy: "Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie? " (Lukas 2: 49) Jesus het geweet dat God heeltemal anders as Josef sy Vader was.

Dis veral in die evangelie van Johannes waar Christus vrymoedig oor God as Vader spreek. Dink maar aan Joh. 14: 2 "In die huis van my Vader is daar baie wonings;" Wat laat die woord die noue band, tussen Vader bo en Christus hier op aarde, sterk uitkom. Terwyl Christus tegelykertyd besig is, om ons in die noue band in te trek. In vers 6 se Hy vir Thomas: "niemand kom tot die Vader behalwe deur My nie. " Filippus wat nog met die gedagte geworstel het dat God alleen maar Groot, majesteitlik en ver weg is, wil Vader naderby kry en vra: "Here toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. " Hoor nou die woord van bevryding, waarmee Christus antwoord: "Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien". (vers9)

Sien ons, hoe innig die band tussen Vader bo en Christus op aarde is? In die inige band tussen Vader en Hom word ons ook deur Christus betrek. Weet ons op grond waarvan ons dit oorkom? As Christus in Getsemane worstel, gryp Hy die Vadernaam aan en se: "Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil, maar u wil geskied!" (Lukas 22: 42) Hoor, hoe Christus aan die Vadernaam vasklem as hy aan die kruis hang: "Vader in u hande gee Ek my gees oor!" So het Christus die Vadernaam vir ons verwerf.

Ons het die Vadernaam, deur ons val en rebellie in die paradys, verspeel. Teen Vader het ons in opstand gekom. Is dit dan geen genade nie, as Christus nou die Vadernaam vir ons in die mond le? En dit op grond van sy plaasvervangende lyding, om dit vrymoedig te gebruik. Ja, nie alleen weer mag gebruik nie, maar ook, se vraag 120, word ons beveel om God as Ons Vader aan te spreek! En tereg want ons Heiland het gese: "So moet julle dan bid: " (Matt. 6: 9)

Ons Heiland het met hierdie bevel, om die gebed met 'Onse Vader' te begin, 'n ongelooflik vas fondament onder hierdie gebed gele. In die ses bedes van die volmaakte gebed, gaan ons geweldige dinge van Vader vra. Ons bid dat die Naam van God geheilig word, dat die koninkryk sal kom, en ons worstel dat die wil van God mag geskied. Om alle liggaamlike en geestelike nooddruf gaan ons die Vader vra. Daaroor mag Hom, onse God, as Onse Vader aanspreek. Dink aan Psalm 25 "Tot U, o Here, hef ek my siel op. My God op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie". Gemeente, om te bid is, om God reguit aan te spreek, om oog in oog met onse God te staan. Bid is nie om in jouself te mediteer nie.

Bid is ook nie, om God en mense met ons nood bekend te maak en daarmee klaar nie. Nee, dis ons behoeftes konkreet aan Vader voorle. Hom smeek, en by God worstel dat Hy, as ons Vader, daarin sal voorsien. Soos Dawid in Psalm 16 se: "Ek stel die Here altyd deur voor my" Moet nou die Vadernaam in die lyding van Christus gefondeer word? In die hele 'Onse Vader' staan nerens dat ons God om Christus ontwil ons Vader mag noem nie. Is God nie alreeds ons Vader vanwee ons skepping nie? In die eerste geloofsartikel se ons mos al: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde?

As so gedink word, lees dan die gelykenis van die verlore seun in Lukas 15. Die seun wat die goed van sy vader gevat en alles deurgebring het, kom tot inkeer en gaan weer vader toe en se: "Vader ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. " Daarin het ons Heiland onoortreflik suiwer die situasie opgesom waarin ons mense, deur ons val in sondes en opstand teen God, tereg gekom het. Tegelyk ook, hoe God die gevalle mens weer as sy kind aanneem.

Van die gelykenis word ook gese: Dit gaan om die verhouding van Seun tot Vader, van die mens wat geval het tot God. Ook hier word, soos in die 'Onse Vader' nie van die plaasvervangende lyding van Christus gespreek nie. Maar dan word vergeet dat Christus self hierdie gelykenis vertel het en net soos by die 'Onse Vader', het sy lyding en dood Hom vir die oe gestaan. Daarom kan antwoord 120 nadruklik se: dat God ons Vader deur Christus geword het. Gemeente dis maar enkele woorde, maar wat mag ons daarin 'n skat van genade bely wat vir ons geskenk is.

Die Deense teoloog Kierkegard het geskrywe: Na my dood wil ek wel ewig op 'n wolk sit en halelujah roep, omdat God my Vader is! Gemeente, in hierdie aanspraak: 'Onse Vader' le daar 'n geweldige geloofspanning, soos antwoord 120 se: Christus wil al in die aanvang van ons gebed die kinderlike vrees en vertroue op God wek wat tesame die grond van ons gebed is. Twee elemente wat in ons gebed hand in hand gaan, naamlik: kinderlike vrees en kinderlike vertroue. Kinderlike vrees, ten opsigte van die grootheid en majesteit van God en aan die anderkant, kinderlike vertroue in die liefde en genade van God.

Die spanning tussen vrees en vertroue, sien ons ook in die gesprek van Abraham met God in Gen. 18 wat ons al eerder aangehaal het. As Abraham aangaan met ontferming vir Sodom te vra se hy: "Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel ek stof en as is. " Stof word deur wind verwaai en as kom op die ashoop tereg, so het Abraham homself vir die Here gevoel. Dis die vrees wat ons met die kategismus bely. Tegelyk is daar egter die vertroue dat die Here hom sal hoor. Daardie vertroue laat ons vrymoedig in diep ontsag tot God nader.

Van daardie vertroue skryf Paulus in Filippense 4: 19 die volgende: "En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus. " Met die woorde 'my God' le Paulus sy hand op die beloftes van God. Dis die taal van die geloof. In al die behoeftes sal nie krenterig voorsien word nie, maar volgens die rykdom in heerlikheid van God, sal hulle vervul word. Ons God is 'n God van oorvloed, om in ons behoeftes te voorsien. Soos Dawid in Psalm 23 se: "my beker loop oor. " Deur die aanspraak 'Onse Vader' word die gebed tot 'n gebed van geloof.

Natuurlik gaan ons ook deur gebede in eie woorde tot die Here. Daar is allerlei geleenthede in ons lewe, waarin ons met ons eie gebede tot die Here kan gaan. Aan die begin van die dag, en die aandgebed, na boekevat en by maaltye. Ons kom dan met ons eie konkrete node tot Vader. Maar, laat daar geen dag verby gaan dat hierdie volmaakte gebed deur ons gebid word nie. Laat in die kerk geen sondag verby gaan, waarin die 'Onse Vader' nie gebid is nie.

II So het ons gesien hoe hierdie aanspraak 'n vast geloofsfondament onder die ses bedes van die volmaakte gebed le. Hierdie sondag het egter nog meer op die hart. Antwoord 120 trek uit ons geloofsuitspraak dat God onse Vader is, 'n konklusie, naamlik: dat Hy ons veel minder sal weier wat ons van Hom met 'n regte geloof bid, as wat ons vaders aan ons aardse dinge ontse. Dis die vooruitsig van ons hoop wat ons in hierdie uitspraak, bely het. As ons God ons Vader noem, is daarin die sekerheid van verhoring, opgesluit. Daar mag en moet ons op hoop.

Gemeente, om te hoop word met die oog op die toekoms gedoen. As ons gaan bid, vestig ons in die hede ons vertroue op God. Tegelyk mag ons dan hoop dat ons gebed gehoor en verhoor word. Dis beslis geen vaag vertroue nie. In Rom. 5: 5 skryf Paulus: "die hoop beskaam nie. " Sekerlik is die woord ook vir ons gebede geldig. Want sondag 46 verwys na Matt. 7: 7-11: "Bid en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. " Het ons gehoor elkeen wat bid? Dit staan in die slot van die bergpredikasie en het sekerlik betrekking op die volmaakte gebed wat daar eerder gegee is.

Dink nou nie dat dit net op die bid in die algemeen betrekking het en niks met die aanspraak van die volmaakte gebed te doen het nie. Want Christus laat op daardie woorde direk volg: "Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee; en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee? As julle wat sleg is dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle VADER WAT IN DIE HEMELE IS, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!" Hoeveel te meer; se ons Heiland, daarby sluit antwoord 120 aan met: dat Hy ons veel minder sal weier wat ons van Hom met 'n regte geloof bid, as wat ons vaders aan ons aardse dinge ontse.

Gemeente, hoor u dit? Ons Vader in die hemel sal ons goeie dinge gee. Wie bepaal in elke situasie van ons lewe, wat goed vir ons is? Dis heerlik dat ons Heiland dit nie aan ons oorlaat nie, maar vir ons hemelse Vader oop los. So mag ons aan ons hemelse Vader oorlaat, om te bepaal wat goed vir ons is, en dit sal Hy in sy goedheid oor ons, ook doen.

Vir die kategismus is die verhoring van ons gebede baie belangrik, want in antwoord 121 word daar opnuut oor gespreek. Daar word gese: Sodat ons van sy almag alles wat nodig is vir liggaam en siel sal verwag. Dis wat die woorde 'wat in die hemele is' ook bedoel. Ons het 'n almagtige Vader wat, vanaf sy troon, hemel en aarde regeer.

Om ons nou nog meer onder die indruk van sy almag te bring, word hier deur ons Heiland die meervoud 'hemele' gebruik. Dit gee ons 'n ruim uitsig op die troon van Vader as die middelpunt van sy hemelse luister.

Gemeente, die almag van God is 'n realiteit, waarop ons tog so min staat maak. In die almag van God, le die waarborg vir die verhoring van ons gebed. Die groot bidders uit die Ou- en Nuwe- Testament het daarop staat gemaak. Op die Karmel het Elia hom op die grond neergebuig en sy aangesig tussen sy kniee gesteek. Tot sewe maal toe het hy om verhoring van sy gebed om reen gebid. Sewe maal het hy vir sy dienaar gese: "klim tog op, kyk uit na die see"; om te weet of die gebed al verhoor is. Ons weet, met die sewende maal het die dienaar 'n wolkie soos 'n man se hand uit die see sien opgaan. Korte tyd later het die reen uitgesak.

Ook in die Nuwe Testament word van wonderlike gebedsverhoring gespreek. As Petrus deur Herodes in die tronk opgesluit word, dan word deur die gemeente voortdurend vir hom gebid. Toe is Petrus deur 'n engel van die Here uit die tronk bevry. Hy het toe na die huis gegaan, waar die gemeente saam was om vir hom te bid. Toe die gemeente hom sien, was hulle verbaas! Eintlik het hulle, hul eie gebede en die verhoring daarvan, nie ernstig opgeneem nie.

Ons het 'n almagtige Vader, daarom moet ons in moeilike omstandighede nie twyfel nie, maar by ons Vader in die gebed aanhou. In die aanspraak Vader, le 'n kragtige pleitgrond vir die verhoring van ons gebed, ook in geval van siekte of nood. Ons gebedsaandag word ook gevra vir psigies sieke mense. Deur hulle wat deur depressie of neurose gepla word, word baie gely. Dra daarom ook hulle, met hul nood aan Vader op.

III So het ons tot die laaste gekom. Ons het gesien hoe die aanspraak 'Onse Vader' 'n sterk fondament vir ons geloof le.

As tweede het ons gesien dat die aanspraak, 'n minstens net so sterk vooruitsig op verhoring van die gebed oopmaak. In die derde plek, word ook ons liefde daardeur gestimuleer. Daartoe moet ons ons aandag op die woordjie 'onse' rig. Ons spreek mos ons hemelse Vader aan met 'Onse Vader'. Met daardie aanspraak het Christus ons gebeds-individualisme opgebreek. Ons bid nie vir onsself alleen nie. Die kring van gebedsaandag, mag ons nie tot onsself en naaste geliefdes beperk nie. Ons is deur Christus, in die volle gemeenskap van die broederskap geplaas.

Daarmee het Christus by die Psalms van die Ou Verbond aangesluit. Daarin word ook die wisselwerking tussen die persoonlike en gemeenskaplike in die gebed gevind. Kyk Psalm 25 In die eerste vers bid Dawid persoonlik: "Tot U, o Here, hef ek my siel op. " Maar as hy in vers 22 die gebedspsalm afsluit bid hy: "o God verlos Israel uit al sy benoudhede!"

Dieselfde vind ons by Psalm 130, 'n mooie bedevaartspalm. Eers verskyn die pelgrim met sy streng persoonlike nood voor die Here: "Uit die diepte roep ek U aan, o Here! Here, hoor na my stem. " Maar aan die einde van die Psalm roep hy: "Wag op die Here, o Israel! want by die Here is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede. " Hierdie pelgrim weet dat hy in Israel as verbondsvolk opgeneem is.

Ons almal is, as gemeente van Jesus Christus, kinders van een Vader. In die grote huisgesin van God, is ons almal opgeneem. In die gemeenskap en saam met die gemeenskap, spreek ons God aan.

Al die nood van die gemeenskap, word voor die troon van God gebring. Selfs tot die gemeenskap mag ons die aanspraak 'Onse Vader' nie beperk nie. Calvyn het in sy Institusie (boek 3, hoofstuk 20, 38) vir die kerk van sy dae opgeroep, om in daardie woordjie 'Onse', by Vader alle mense wat op aarde lewe in te sluit. Hy se: Ons weet nie wat God oor hulle besluit het nie, maar dit is vroom en menslik om vir hulle die goeie te wens.

Dit het konsekwensies, om ook vir die volgende te bid. Ons dra nie alleen die nood van die kerk van God nie, maar tegelyk ook die nood van die hele wereld, tot voor die troon van Vader. Gemeente, die woordjie 'Onse' maak ook ons beursies oop. Daar is so baie nood in hierdie wereld. Elke dag word ons met rampe gekonfronteer. Daar is rede genoeg om God, ook vir die nood van hierdie wereld, as ons Vader aan te roep. Dan sal ons ook ons gebed hande en voete gee, deur ons gawes daarmee in ooreenstemming te bring.

So skitter, aan die hemel van hierdie 'Onse Vader' aanspraak in die volmaakte gebed, drie sterre. Dis die ster van ons geloof, van ons hoop en van ons liefde. As ons die volmaakte gebed bid se ons: Onse Vader wat in die hemele is. Nou mag ons in alle vrymoedigheid die volgende ses gebede bid. Ons het dan bo 'n Vader wat al prematuur, die verhoring van ons gebed, waarborg. Vader het dit self vir ons, vir die broederskap en vir die wye wereld van Hom, belowe. Vir al drie, mag ons met vrymoedigheid, tot onse Vader kom.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)