Die Christelike sondag as dag van God

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 38
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 38 H. K.

Sondag: Feesdag!

Lees: Markus 2: 22 - 3: 6
Teks: Sondag 38 H. K.
Sing: Ps 63: 1 en 2
na wet Ps 65: 2
na belydenis Ps 68: 15
Ps 92: 1, 2, 3, 5
Ps 122: 1
Ps 100: 1, 3, 4

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Het die christelike sondag uit die tyd geraak? Dit begin hoe langer hoe meer daarop te lyk. Sondags kerk toe gaan? Ag, se die mense, as daar iets besonders is of as ek behoefte het, maar seker nie reelmatig nie. Wie gaan daar nou sondags kerk toe as 'n mens kan uitkamp, voetslaan, of uitrus van die vermoeiende week wat agter le? Die roomse-kerk het van die nood al 'n deug gemaak, deur op saterdag ook 'n misdiens te reel. Dit het die kerkgaan ook nie verbeter nie. Die moderne mens, het die dien van die Here vir selfdiens ingeruil! Nie wat die Here vra nie, maar die lus of behoefte van die mens is die leefreel.

Gemeente, ons gaan oor die vierde gebod spreek. Sondag vier is nie 'n tradisie wat in ere gehou moet word of 'n stokperdjie van bepaalde gelowiges nie. Die Sondag onderhou, die rusdag vier, is 'n gebod van God! Ons weet baie christene sien die vierde gebod veral as 'n verbod. Jy mag op sondag nie dit of dat doen nie. Baie het vir hulself en hul kinders die Sondag in 'n moeilike verbodsdag verander.

Sondag 38 doen dit nou juis nie. Ook in die kleinste onderdeel bewys die kategismus dat dit 'n voortreflik boekie is. So ook hier, as gevra word: Wat gebied God in die vierde gebod. Hoor u dit? Daar staan 'gebied', en nie wat 'verbied' God in die vierde gebod nie. Die opstellers van die kategismus het die vierde gebod noukeurig gelees! Saam met die vyfde gebod is hierdie gebod positief, gebiedend en nie verbiedend nie, deur ons God geredigeer.

Gedenk die Sabbatdag dat jy dit heilig, het die Here vir sy volk gese. Gedenk, nie herdenk nie. Gedenk die sabbatdag dat 'jy' dit heilig. In hierdie vierde gebod word elkeen persoonlik deur God aangespreek. Die Here het daar ook 'n kragtig motief bygevoeg: Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseen en dit geheilig. Hierdie goddelike motief het Hy vir Homself ingestel, en geld nou ook vir ons. In die vier van die rusdag mag ons navolgers van God wees.

Die christelike sondag uit die tyd? Glad nie. Ook die vierde gebod is 'n gebod van God wat vir alle tye en alle mense ingestel is. Die gebod is ook heilsaam. Die dag is nie ingestel dat mense hul eie kop kan volg nie.

Die Here het die dag ingestel dat die mens kan ingaan tot die rus wat Hyself op die sewendedag geniet het. 'n Heerlike dag die christelike sondag! Gemeente, geniet die dag, ons moet ons nie laat verwar deur mense wat die dag ontheilig nie. Dis 'n dag wat ons saam met God mag vier. Dis sy dag! Hy het die dag gekies. Hy het vir die dag die program vasgestel en daarby vir ons, sy feesgenote gemaak! Ons spreek oor:

DIE CHRISTELIKE SONDAG AS DAG VAN GOD.

Want:

  1. God het die dag uitverkies;
  2. Hy het vir ons die feesprogram gegee;
  3. Hy het ons tot sy feesgenote gemaak.

In die katkisasieklas het eenmaal 'n wakker katkisant vir my gevra: Dominee, die vierde gebod is dit nie eintlik 'n Israelies gebod nie? Daar word gepraat van vee en van die vreemdeling in die poort wat nie mag werk nie. Dit se ook dat ons die sewende dag moet rus: Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie. Maar ons het die sondag die eerste dag van die week as rusdag. Hoe werk dit nou, het die katkisant gevra.

Partymaal kan katkisante en seuns en dogters vir hul ouers, lastige vrae vra. Verstandige ouers sal hul kinders en predikante hul katkisante dan nie met mooi praatjies afskeep nie. Ons mag ronduit se dat hier 'n probleem le. Dit gee tegelyk die moontlikheid om dieper op die vierde gebod in te gaan. Dis heerlik om dit vir mekaar te verduidelik. In die gesprekke met ons kinders kan ons lering trek uit die stryd wat in die sewentiende eeu oor die vierde gebod gestry is.

In die roemrugte goue eeu is daar gestry oor die vraag wanneer is die sabbat ingestel. Voetius een van die groot teoloe van daardie eeu het gese: Die Here God het die sabbat by die skepping ingestel. Immers Moses het die motivering in die gebod opgeneem: Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is.

Net vinnig tussendeur: Dis 'n boeiende toevoeging: die see en alles wat daarin is. Dis duidelik dat die skeppingswerk uit Gen. 1: 21 op Moses 'n groot indruk gemaak het. Die groot seediere, al die lewende wesens, waar die waters van wemel, hierdie deel van die skepping word met nadruk vorentoe gehaal. Dit was ook 'n magtig werk van God en Moses kon goed verstaan dat God nadat Hy alles volbring het van die werk gerus het.

Gemeente God het nie gerus omdat Hy van die werk moeg geword het nie, maar met welgevalle het God na sy werk gekyk. Dit het God op die sewende dag gedoen, daarom het die Here die sabbatdag geseen en dit geheilig. Dis besonder! God lewe met ons dae saam. Die sewende dag het God vir Homself uitgekies. Die grote skeppingswerk was klaar en nou het God sy seen in die dag gele en daaraan 'n spesiale bestemming gegee.

God is die ewige God. Hy omspan die tyd en tog tel Hy ons dae. God het in ons dae; sy werkritme gele. Nou, se Voetisus, daar mag ons uit aflei, dat God die sewende dag by die skepping al as 'n besondere dag aangewys het. 'n Dag vir alle mense en alle tye. Gomarus een van die bekende teoloe van die sinode van Dordrecht 1618-1619, het glad nie met Voetius saamgestem nie.

Gomarus het gese: Sekerlik het God die sewende dag geseen en geheilig, maar dit wil nie se dat God van die dag toe al 'n rusdag gemaak het nie. Dit het die Here eers by die Sinai gedoen toe God vir Moses die tien gebooie gegee het. Toe eers het die Here vir Israel beveel: Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Voor die tyd was daar nie so 'n bevel van die Here nie.

U verstaan die belangrikheid van hierdie stryd. As Voetius reg is, is die sabbatsgebod universeel, vir alle mense en tye. God het dit immers by die skepping ingestel! As Gomarus egter gelyk het dan is die gebod vir Israel ingestel en is die vraag geregverdig of die gebod wel vir alle mense, vir ons geldig is?

Wie het gelyk? As Voetius en Gomarus beide kragtige verdedigers van die gereformeerde belydenis, dit saam nie eens kan word nie, dan is dit geen eenvoudige saak nie. Die sinode van Dordrecht het hom selfs daaroor uitgespreek. Die Dordtse vaders het diep insig gekry en 'n uitspraak gedoen wat vir ons vandag nog van groot betekenis is. Hulle het gese die vierde gebod is deels moreel en deels seremonieel.

Die vierde gebod deels moreel wil se: Voetius het op 'n belangrik punt gelyk. God het die vierde gebod vir alle mense en tye gegee. Maar die gebod is ook vir 'n deel seremonieel, daarin is elemente wat net vir Israel geldig is. Want soos die gebod by die Sinai gegee is was die formulering spesiaal vir Israel. Want slawe en slawinne, die vreemdeling en die vee in Israel moes ook rus. Dis vir 'n universeel gebod 'n oorbodige aanvulling.

So het die vierde gebod ook by die skaduweeagtige erediens van Israel behoort. Op die sabbatdag moes 'n dubbel offer gebring word. En Israel moes die sewende dag as sabbat hou. Israel het die eerste dag van die week met werk begin. Om so te se het Israel na die sewende dag, na die rusdag toegewerk. Soos ook die Here op die dag gerus het.

Daarin het die Here ook mooi vir Israel duidelik gemaak dat Israel na die koms van die Messias, na die nuwe verbond toe leef. Aan die eind van die week was Israel doodmoeg, uiteindelik het dan die rusdag gekom. So het na al die eeue van die ou-verbond, met sy wette en seremonies eindelik die rus gekom, in die werk wat ons Heiland volbring het.

Van die heilsaamheid van die vierde gebod vir die volk van God onder die ou verbond moet ons nie gering dink nie. Daar was geen ander volk in die wereld wat die sabbat geken het nie. Alleen die eie volk van God het die dag van Hom ontvang. Het ons opgemerk dat God nie volstaan het, met die motivering dat Hyself op die sewende dag gerus het nie? Kyk dan na Deut. 5.

Daar het God aan die eind van die reis deur die woestyn deur Moses vir die tweedemaal die vierde gebod gegee. Daar het God dit laat motiveer met: "Jy moet daaraan dink dat jy in Egypte 'n slaaf was en dat die Here jou God jou deur sy groot krag en met magtige dade daaruit bevry het. Daarom het die Here jou God jou beveel om die sabbatdag te onderhou. " Nee, dis nie nodig dat die volk van God van die een dag, die anderdag in, voortjaag nie. Die Here skenk sy volk die rusdag elke week!

Die volk van God is 'n verloste volk! Die inleiding van die wet: "Ek is die Here jou God wat jou uit Egypte uit die plek van slawerny bevry het. " werk ook in die vierde gebod deur. Elke sewende dag moes hulle die werk laat le en rus, soos hulle na die verlossing uit Egypte van die slawerny mog rus. Ons God is oor sy volk ook sosiaal bewoe. Met sy hele hart het God die rus vir sy volk gegee. Soos God ook vir ons vandag die rus gee.

As ons wakker katkisant ons het kan volg, sukkel hy nog net met die vraag: hoekom het ons die rusdag op die eerste dag van die week? Ons het gesien hoe God die sewende dag verkies het as rusdag en Israel na die rusdag toegewerk het. Maar ons begin met die rusdag, die sondag en dan spring ons eers maandag aan die werk. Hoe werk dit? Het die sewendedagadventiste gelyk wat se: Die groot sonde van die christene is dat hulle die dag van God nie op saterdag vier nie? Waar se die Bybel dat ons die eerste dag van die week en nie op die sewende dag moet rus nie?

Inderdaad staan dit nie woordelik in die Skrif nie. Soos ook die kinderdoop wat in die plek van die besnydenis gekom het nie woordelik in die Skrif staan nie. Tog word die kinders van die kerk nie besny nie maar gedoop! So vier ons ook die sabbat nie op saterdag nie, maar op sondag. Gemeente dit vind sy oorsaak in die opstanding van ons Heiland! Ons Here het op Goeie Vrydag gesterwe, net voor die sabbat wat met die sigbaar word van die eerste ster begin het. Soos ons in Joh. 19: 31 lees: "Dit was Vrydag, en die Jode wou nie he dat die liggame op die sabbat dag aan die kruis moes bly nie, ...... Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en die liggame weggevat moet word. "

Heel die sabbat het ons Heiland in die graf gele. Eers laat na die sabbat met rooidag het Hy opgestaan. Heel die groot laaste sabbat van die ou-verbond het ons Heiland in die ryk van die dood deurgebring. In daardie graf het Hy heel die skuld van sy volk saamgevat. Ook die skuld van die wettiese verminking van die sabbat soos die Fariseers dit onder Israel gedoen het. Roerloos het Hy daardie groot sabbat in die ryk van die dood gele. Toe het dit Pase geword, ons Heiland het uit die ryk van die dood opgestaan! Hy het tot die lewe verrys, en vir ons die vrolike blye sabbat van die lewe saamgebring.

Amper nie merkbaar nie, het so die rusdag van die laaste dag van die week na die eerste dag van die week verskuif. Wat kry die eerste dag van die week dan al direk na die opstanding van Christus 'n sentrale plek in die lewe van die christene! Die aand van die eerste dag het Christus aan sy dissipels met uitsondering van Tomas, verskyn. 'n Week later het Hy weer aan sy dissipels met Tomas verskyn. Christus wat opgestaan het is dan al besig om op die eerste dag van die week beslag te le. Aan Johannes op Patmos het ons Heiland ook weer op die eerste dag van die week verskyn. So het die verhoogde Christus sy kerk van die sabbat op saterdag na die rusdag op die sondag gely.

As gemeente van die nuwe-verbond le daarin vir ons 'n diep betekenis. Israel het na die eind van die week toe gelewe. Ons, as gemeente van ons Heiland wat opgestaan het, mag vanuit die sondag, die eerste dag van die week lewe. Die lig van die opstanding straal vanuit die sondag oor al ses ons werkdae. Op die eerste dag van die week het al spoedig die eerste christene vir eredienste saamgekom.

Vir die gemeentes was die opstandigsdag 'n belofte vir die week wat voorle. Tertullianus, een van die eerste christenskrywers, skryf heel kras: sonder sondag kan daar nie christene wees nie. Gemeente, ons sondag is 'n feesdag. God het die dag uitgekies. Deur sy opstanding het Christus op die sondag beslag gele. Ons as gemeente mag die dag vanuit die opstanding van ons Here, vier. Ons moet ons nooit van die dag laat beroof nie.

Dis geen onnodige waarskuwing nie. In die loop van die geskiedenis het Israel en ook die nuut-testamentiese kerk hierdie gebod baie geskend. Die Here het Jeremia met krag teen ontheiliging van die vierde gebod laat optree. Jeremia moes in die poorte van Jerusalem gaan staan en se: Hoor die Woord van die Here, konings van Juda en al die mense van Juda en al die inwoners van Jerusalem wat deur hierdie poorte gaan! So se die Here: Pas op! Julle lewens is op die spel! Moet niks op die sabbatdag dra en deur die poorte van Jerusalem bring nie, moet niks uit julle huise bring op die sabbatdag nie, moet geen werk doen nie. Hou die sabbatdag heilig, soos Ek julle voorvaders beveel het. (Jer. 17: 21, 22)

Dis een kant van skending van die vierde gebod. 'n Anderkant daar het die Fariseers hulle aan skuldig gemaak. Hulle het van die heerlike rusdag 'n dag gemaak wat slaafs-wetties onderhou moes word. Tegelyk het hulle dan maniere gesoek om hulle eie wettiese bepalings te ontduik. Hulle het bepaal op 'n sabbat mag nie verder as 2000 el geloop word nie. Dit was die afstand van die mees ver van die tabernakel verwyderde tent in die woestyn. As mens dan op die eindpunt van die sabbatsreis tien minute wag, mag 'n mens opnuut 'n sabbatsreis maak.

Teen hierdie verminking van die vierde gebod het ons Heiland in toorn ontbrand. Toe die Fariseers aanmerkings maak dat die dissipels op die sabbat are afgepluk het. Het die Here hul reggehelp met die woorde: "Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie. Daarom is die Seun van die mens Here ook oor die sabbat. " (Markus2: 27 en 28) Die sabbat kan ontheilig word deur dit tot 'n werkdag of 'n dag van werelds genot te maak. Die dag kan ook deur menslike bepalings vermink word wat die fees- en rusdag karakter van die sabbat wegneem.

So het ook baie christene die sondag tot 'n dag gemaak wat aan moenies en magnies swaar dra. Jy mag nie op sondag kos maak nie dit moet saterdag gedoen word. Dan het die vraag gekom mag mens die kos dan wel op sondag warm maak? Met uitsondering van kerk toe gaan het mense die dag 'n dag van volkome ledigheid gemaak. Wetties die sondag onderhou bring geen vreugde en blydskap nie, maar werk deprimerend.

II Daarteenoor moet ons antwoord 103 lees wat sit daar 'n aksie en visie in. Geen woord oor wat mag en nie mag nie. Dit wil niks van wettiese reels weet nie, maar die sondag word as 'n rusdag gekarakteriseer. Hoe gerus moet word, word glad nie omskryf nie. Die woord is duidelik genoeg, om te rus is om nie te werk nie. Hierdie antwoord word na twee kante gerig. Eers na die kant van die owerheid wat moet sorg dat die diens van die Woord en die skole onderhou word. In die tyd toe die kategismus opgestel is was dit 'n taak vir die owerheid. Dit rus nou op die kerk self, terwyl die gewone skole steeds meer vir rekening van die ouers kom waar dit behoort. So het ons vir gereformeerde skole te sorg.

As antwoord 103 dit veilig gestel het, word vinnig na die anderkant beweeg. Die kerkdiens op sondag word sentraal gestel. Daarin word na die hart van die onderhou van die vierde gebod deur gestoot. Kom, staan op uit jou gemakstoel, op kerk toe om jou plek op die harde kerkbank te vul. Ja, ons word persoonlik aangespreek: EK MOET VERAL YWERIG op die rusdag met die gemeente van God saamkom. Dis ons vervulling van die vierde gebod. Pragtig word dit geformuleer: nie kerk toe nie, maar ywerig met die gemeente van God saamkom.

In gedagte sien ons dan die gemeente al voor ons: Mans en vrouens, seuns en dogters, en die kinders almal saam die verbonds-gemeente van God. Daar is jou plek, word ook vir die jeug van die kerk gese, hulle mag partymaal mopper oor die tweemaal kerk toe gaan. Is dit nou nodig? Word dan gevra. Daarop antwoord ons kategismus: Die Here wil julle daar ook sien seuns en dogters, want jy behoort daarby! Die Here soek daar julle gebede, Hy wil jul stem hoor sing, ja, Hy wil jou hart bereik.

Durf jy nou se: ek bly liewerste slaap as die Here jou roep? Hy is Jou God, deur die doop is jy sigbaar in die verbond ingelyf. In die gemeente wil God jou ontmoet. Maak jou ore wyd oop en kyk mooi as daar sakramente bedien word. Later sal jy raaksien hoe belangrik dit in jou lewe was dat jou ouers jou kerk toe saamgeneem het.

Is die kerkdiens vir jou sober en doods? Glad nie, waar dit goed is, is daar spanning in die gemeente voor die begin van die diens. Die orrel speel en die gemeente wag. Dan kom die dienaar van die Woord saam met die ouderlinge en diakens in, van die kant van God word die gemeente, ook julle seun en dogter, geseen. As gemeente van God sing ons dan 'n loflied. Die Skrif word oopgemaak en die Woord van God verkondig, daar is almal direk by betrek. Julle tog ook seuns en dogters? Ja daar is aksie en visie in hierdie antwoord 103. Kyk maar hoe die een op die ander volg.

Is die openlik aanroep van Here nie 'n heel besonder onderdeel van ons sondagse diens nie? Ook namens jou word God die Here aangeroep. Die dienaar van die Woord doen namens jou belydenis van skuld en sonde: As u ons sondes in aanmerking sou neem Here, wie sou dan nog bestaan? Die dienaar pleit dan op die belofte van vergewing: Maar by U is vergiffenis, dat U gedien mag word. Dan bid ons as gemeente saam met die dienaar van die Woord vir die nood van die ganse christenheid. Is dit geen heerlik sabbatswerk nie, om saam met heel die gemeente openbaar die nood van kerk en volk, ja van heel die wereld aan God voor te le?

So kom ons tot die sentrale deel van die sondagse erediens: die prediking van die Woord. Ons kategismus se: dis sabbatswerk by uitnemendheid. As dit goed is gemeente word ons deur die prediking aan die werk gesit. Dit vra inspanning om goed na 'n preek te luister. Soos dit van die dienaar van die Woord ingespanne voorbereiding gevra het. Dan sal die prediking twee dinge doen.

Die Woord van God word uitgele en die voortgang van die geskiedenis van die heil in Christus word bloot gele, die Skrif word oopgemaak. Tegelyk gaan die prediking ook in op die situasie waarin die gemeente in die wereld lewe. Die tydgees en die werk van satan daarin, word ontmasker.

Die smalle pad agter ons enigste Meester aan word, deur die chaos van hierdie wereld heen, vir ons gewys. Ja ons word met die wet van God gekonfronteer, ook met die vierde gebod, in dit alles word ons in die geloof gebou.

Antwoord 103 laat op die prediking onmiddelik die gebruik van die sakramente volg. In die woord gebruik word ons aktiwiteit as gemeente treffend getipeer. Daar is spanning in die kerk as daar 'n kind gedoop word en ook as die heilig nagmaal gevier word. In die sakramente word ook deur die Heilige Gees gewerk. Hy aktiveer ons om opnuut die beloftes van God in hul vastheid en betroubaarheid te sien en te glo.

As gemeente van God is ons op sondag volop in die werk. Ook in die laaste wat hierdie sondag vir ons noem: aan die armes Christelike liefdegawes te bring. Ja dis ook 'n pragtig sabbatswerk. By die armes mag ons ook dink aan die nood in die derde wereld. 'n Vreeslike nood waar ons diakens nie aan verby kan gaan nie en wat ook in die sendings hulpdienste vir ons geplaas word. Barmhartigheid bewys is sondagswerk!

Is dit geen vol program vir ons sondagswerk nie? Ons dink aan die napraat in die gesin oor die bediende Woord en kategismus prediking. Ja verwaarloos ons kategismus nie, daardeur word ons geaktiveer om vanuit die enigste troos in lewe en sterwe te lewe. Uit die kategismus prediking word 'n kragtige stimulans tot ons christenlewe ontvang. Die kategismus het die sondag viering sterk op die kerkdienste toegespits. Vir wat daarbuite val het ons vaders 'n sprekende aanwysing gegee: Op sondag is werke van noodsaaklikheid en barmhartigheid geoorloof.

III So het ons tot die laaste gekom. Ons het gesien dat God die Rusdag gekies het. Die feesprogram wat Hy ons gegee het. Nou hoe ons tot feesgenote gemaak word. Die sondag word saam met ons God gevier. Dis waaroor die tweede van antwoord 103 spreek: Ek moet elke dag van my lewe van my bose werke rus. Die viering van die sondag dring tot alle dae van die week deur. Ons kan nie sondag met 'n vroom gesig in die kerk sit en deur die week met leuen en bedrog lewe nie.

Met God die sondag vier, het ons die hele week wat voorle tot 'n feesgenoot van Vader gemaak. Ons laat die Here deur sy Gees in ons werk. In die Sondag het die Gees vir heel die week op ons beslag gele. Ons is op pad na die ewige sabbat, elke sondag opnuut word ons gedring om dit nou in hierdie lewe al te begin. Is dit dan geen bly vooruitsig nie? God het die sabbat reeds saam met Adam en Eva in die paradys gevier. Daar het hulle al tot die rus wat God Homself op die sewende dag geskenk het ingegaan.

Hoe heerlik sal aanstons die ewige sabbat op die nuwe aarde in die grote ligstad van God wees. Daar wag nog steeds 'n sabbatsrus vir die volk van God. Se Hebr. 4: 9 Elke sondag is 'n heenwysing soontoe, want Christus ons Heiland het dit reeds vir ons verwerf. Sy opstandingslig straal reeds oor ons lewe. Eenmaal sal ons die ewige bruilof met die Lam van God vier. Ons lewe le nou nog tussen twee sondae ingeklem, aanstons sal dit altyd sondag wees. Ons moet daarin nie soos Israel agterbly nie, want toe het God in sy toorn 'n eed afgele: In my rus sal sal hulle beslis nie ingaan nie. Die toorn hoef ons nie te vrees nie, as ons nou al, deur die geloof, tot die ewige sabbat van God ingaan.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)