In die tweede gebod beveel God ons Hom geestelik te vereer

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 35
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 35 H. K.

Geen stomme beelde nie, maar lewende verkondinging van die Evangelie

Lees: Johannes 4: 1 - 26
Teks: Sondag 35 H. K.
Sing: Ps. 96: 1 en 3
na wet Ps. 99: 4
na belydenis Ps. 89: 3 en 4
Ps. 138: 1 en 2
Ps. 97: 5
Sb. 26: 1, 2 en 11

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Die laaste tyd word ons daarmee gekonfronteer dat godsdienste wat vir ons vreemd is, erkenning in die wet en samelewing vir hulle opeis.

Daaronder is ook die moslims, in baie plekke het hulle 'n moskee. Onderons is daar moontlik mense wat al die binnekant van 'n moskee gesien het.

Die eerste wat by die intrapslag opval is 'n fontein of 'n waskom waarin die moslims hul rituele wassinge moet verrig. Die Islam het dit uit die erediens van die tempel in Jerusalem oorgeneem. Verder is daar eintlik weinig in 'n moskee te sien. Meestal is daar 'n plankvoer waarop die moslims kniel om hul gebede uit te spreek. 'n Moskee is dan ook geen kerk nie, maar 'n huis van Gebed. Die enigste versiering wat die Islam daarin toestaan is tekste uit die Koran. Die tekste is partymaal in fraai gevormde letters geskrywe en deur blommotiewe verlewendig. Beelde is streng verbied. Allah kan nie afgebeeld word nie. Dit moet in die moskee skerp vorentoe kom.

Is dit geen ooreenkoms tussen die Islam en ons gereformeerde erediens nie? Ons laat ook geen beelde in die kerk toe en ons eredienste is tog ook sober? Ja dis so, maar tog is daar 'n diep verskil in die manier waarop ons as christene God vereer en soos die Islamiete dit doen. Vir ons is die Here nie maar 'n verre en hoogverhewe Allah nie. Glad nie. Ons ken ons Here as ons Vader in Jesus Christus, ons Heiland. God is nie ver weg en onbereikbaar nie. God het in Jesus Christus na ons toegekom, Hy wat die beeld van God is.

So, in Christus Jesus sy liewe Seun vereer ons Hom. Dit gaan in die tweede gebod nie net om 'n uiterlike en dorre verering van God soos by die moslims nie. Dit gaan in hierdie gebod om ons erediens waarin Christus sentraal staan. Saam met die kategismus bely ons: Dat ons God op geen ander manier mag vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie. Daardie Woord het in Jesus Christus vlees geword. Wat die geestelike erediens van onse God inhou, wil ons in hierdie erediens oorweeg.

Ek spreek oor:

IN DIE TWEEDE GEBOD BEVEEL GOD ONS HOM GEESTELIK TE VEREER.

Sodat ons:

  1. Hom reg glo;
  2. Hom reg dien;
  3. Hom reg vrees.

I Gemeente, die tweede gebod is nou aan die eerste gebod verbind. Beide loop om so te se in een asem deur. Eers: Jy mag geen ander gode voor my aangesig he nie. En onmiddelik daarna: Jy mag vir jou geen beeld van God maak nie. Hierdie samehang het daartoe gelei dat die Rooms-katolieke en die Lutherane beide gebooie tot een gebod, die eerste, saamgevoeg het. Gevolglik tel alle volgende gebooie een syfer laer as by ons, wat ons as die derde tel is vir hulle die tweede gebod en so verder. Tog kom hulle ook op tien gebooie uit deur ons tiende gebod in twee te deel. Die negende gebod is dan: Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie. En die tiende: Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en wat daar nog in die tiende gebod volg.

Calvyn het Rome en Luther nie gevolg nie, maar die sinagoge wat ook die eerste en tweede gebod geskeie gehou het. Daar is ook onderskeid in hierdie twee gebooie. In die eerste gebod het God as 't ware al die ander gode van voor sy aangesig weggevee. Weg daarmee, geen ander gode voor my aangesig nie! In die tweede gebod word dit nog toegespits, deur die maak van 'n beeld van God te verbied. Antwoord 96 se: Dat ons van God nooit enige afbeelding mag maak nie. Daarby moet ons raaksien hoe sorgvuldig die tweede gebod deur God saamgestel is. Om die gebod beter te verstaan moet ons die ou oosterse wereld van Israel vir oe kry.

Die wereld het totaal verskil van die wereld waarin ons lewe. God het begin met die maak van 'n gesnede beeld te verbied. Ons sien dan so 'n oosterling al met sy afgod besig, soos die profeet Jesaja in hoofstuk 44 dit plasties en ironies beskryf het. Die ystersmid vat 'n stuk gereedskap en werkskaf in gloeiende kole. Met hamers vorm hy 'n beeld: Met sy gespierde arm maak hy die beeld. Die timmerman meet met die maatlyn en merk die beeld se buitelyne af. Met beitels bewerk hy dit in die vorm van 'n mens wat in 'n huis moet woon. Ons hoor die hoongelag van die profeet, oor die beeld wat met die hand gesny is.

Die erns van die Here in die verbied van deur die mens gevormde beelde, blyk ons uit die uitvoerige opsomming wat die tweede gebod daarvan gee. In die agtergrond daarvan moet ons die langdurig verblyf van Israel in Egipte sien. En nie minder nie die land Kanaan waarnatoe hulle op pad is. Met die verlede maak die Here skoonskip en waarsku sy volk met die oog op die toekoms. Geen afbeelding maak van wat bo in die hemel is nie. In Egipte is die songod Ra vereer, terwyl ook bepaalde voels vereer is. Ook van wat op die aarde is mag geen beelde gemaak word nie. In Egipte is die afgod Anoebis as 'n jakhals afgebeeld.

Ja, selfs die maak van beelde van wat in die water onder die aarde is word verbied. Die Here het Hom in sy spreke by die ou oosterse wereldbeeld aangesluit. Hulle het die aarde as 'n platte skyf gedink wat op die waters drywe. Die wereldsee het volgens hulle onder die aarde deurgeloop. Daaruit mag ons geen geografiese werklikheid aflei nie, die Here het die taal van Israel van daardie dae gespreek. In Egipte is die krokodil vereer, ja daar is selfs mummies van die dier gevind.

Tegelyk het God by voorbaat die vereer van Son en Maan, soos Baal en Astarte in Kanaan, verbied. So het die Here met hierdie gebod midde-in die leefwereld van sy volk in daardie tyd kom staan. Juis deur die uitvoerigheid laat God Israel sien hoeseer dit Hom met hierdie gebod erns is. Nadruklik het Hy daaraan nog toegevoeg: Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie.

Gemeente hoe het dit gekom dat ook Israel hom telkens weer het laat verlei om beelde te maak en daarvoor te kniel? Wel, dan moet ons aan die geskiedenis van die goue kalf dink. Daarin kan ons sien hoe ontvanklik Israel, die eie volk van God, vir die maak van beelde, selfs van die Here self, was. Want sowaar, nouliks is hulle uit Egipte verlos, nouliks het die Here met hoorbare stem die tweede gebod vir hulle gegee, of hulle het 'n goue kalf gemaak.

Ons weet hoe Moses veertig dae op die berg Horeb was, om die gebooie van God te kry. Dit het vir die volk veel te lank gevat. Hulle het hul verlate gevoel, waar is die Here dan nou? Hulle moes maar glo dat die Here by Moses daarbo op die berg is. Hulle het God wil sien en naby hulle he. Daarom het hulle by Aaron gekom en gese: "Kom maak vir ons 'n God dat hy ons kan lei. " Met ander woord 'n God wat ons kan sien. "Hierdie man Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie. " (Ex. 32: 1)

Sou ons nou vir Aaron gevra het: "Wat doen jy nou, gaan jy vir Israel die dien van 'n afgod bybring? " Verontwaardig sou hy se: "Glad nie, ons gaan nie ander gode dien nie. Kyk daar die sterk stierkalf dit is 'n pragtige afbeelding van die Here en sy krag wat vrugbaarheid gee. Dis die Here wat ons vereer, maar die oog moet ook iets he!" Luister maar wat Israel en Aaron se: "Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel! Toe Aaron dit hoor, het hy 'n altaar voor die beeld gebou en uitgeroep: More is daar fees vir die Here!" Andere gode dien, hoe kan 'n mens so dink?

Toe Moses naby die kamp kom en die kalf en die dansery sien, het hy woedend geword en die twee plat klippe in sy hand flenters gegooi teen die voet van die berg. Die volk Israel het nie geglo nie, hulle het net wil sien. Aan die woorde waarmee God Homself aan hulle geopenbaar het, het hulle nie genoeg gehad nie.

Eeue later het dieselfde gebeur, as Jerobeam die goue kalvers by Dan en Bethel oprig. Hy was 'n dienaar van Salomo, maar het teen sy koning in opstand gekom en na Egipte gevlug. Daar het hy aan die beelde van die Egiptiese gode sy oe uitgekyk. Die volk van Egipte kon sy gode sien.

Israel egter moes maar glo dat die Here agter die voorhangsel bo die ark in die Allerheiligste van die tempel, woon. Daarom het hy beelde van stierkalwers in die noorde by Dan en in die suide by Bethel opgerig, nadat hy koning oor die tien stammeryk geword het. Die Israeliete het nou nie nodig gehad om die verre reis na Jerusalem aan te pak nie. Hulle kon die Here sien, soos die volk hom in die tyd van Aaron by Horeb gesien het. Ons weet hoe die toorn van die Here daaroor ontbrand het. Toe Jerobeam sy arm teen die profeet van die Here uitgestrek het, het die arm styf geword en die altaar in stukke opgebreek.

So het die Here oor die onderhouding van die tweede gebod gewaak. In die verdere geskiedenis van Israel hoor ons steeds weer die duister refrein: "Hy het die pad van Jerobeam die seun van Nebat geloop en dieselfde sonde gedoen as die waarmee Jerobeam vir Israel laat sondig het. " Ja die Here het die sonde teen die tweede gebod swaar aangereken!

Waarom het die Here die sonde so swaar getel? Omdat dit, Israel uit die geloof aan die onsigbare en majesteitlike God weggetrek het. As ons God kan sien, het ons mos nie meer nodig om te glo nie. Daardie geloof wil die Here ons in die tweede gebod leer. Abram het uit Ur van die Chaldeers weggetrek, sonder dat hy geweet het waar hy tereg sou kom nie. God het hy nie gesien nie, maar die beloftes van God het hy geglo.

Gemeente die beloftes het vir ons in ons Heiland, Jesus Christus sigbaar en tasbaar geword. In Hom het God Homself aan ons geopenbaar. Dink aan Johannes 1: 18: "Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, die het Hom bekend gemaak. " Of aan die korte gesprek van ons Heiland met Filippus in Joh. 14. Jesus het vir sy dissipels gese: "Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie....... Toe se Filippus vir Hom: Here wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus se vir hom: Ek is so lank by julle, en ken julle My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan se: Wys vir ons die Vader? "

Die hart van ons gehoorsaamheid aan die tweede gebod, le in Christus. Deur die gebod word ons na die openbaring van God in Jesus Christus gedring. In Kol. 1: 15 skryf Paulus: "Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die eerste, verhewe bo die hele skepping!" In die lewende mens van vlees en bloed, in Jesus Christus, het God Homself getoon. Uit die Seun straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God; so se Hebr. 1: 3.

Die gebod is ook nog aktueel in ons tyd. O nee, die mens van hierdie tyd maak vir hom geen beeld van God uit steen, hout of metaal nie. Maar, word daar met die verstand geen beeld van God gevorm nie. Word daar nie oor 'n god gepraat wat lief vir alle mense is nie. Dis nie God wat hulle uitverkies het nie, maar hulle het god gekies. Ander dink aan die God van die verkiesing as 'n keiharde god. 'n God van die noodlot wat jou tref as jy verwerp is. Daar is baie wat so in angs lewe. Hulle glo nie in die barmhartige verkiesing van God, waarmee Hy in Jesus Christus tot ons kom, om ons te troos en te bemoedig nie.

Of hulle glo in die god van die mistiek, wat jy diep in jou binnenste moet ervaar. Hulle glo nie in die God wat jy op sy Woord kan vertrou nie. Gemeente, ons God is genadig en barmhartig, maar ook majesteitelik wat oor al die ongeregtigheid van mense in woede ontbrand. So het God Homself in Jesus Christus aan ons geopenbaar. Aan hoere en tollenaars het Hy die evangelie verkondig. Met sy mond het Hy ook die Fariseers en Skrifgeleerdes gegesel. In die prediking van die evangelie kom God na ons toe. Van Hom mag ons nie eiemagtig 'n beeld vorm nie, maar ons sal Hom op sy Woord, die Heilige Skrif glo.

II Die Here in Jesus Christus op sy Woord glo dit was ons eerste, nou het ons by die tweede gekom. Ons sal Hom volgens sy Woord dien. Ook dit word ons in die tweede gebod ingeskerp. Heel sprekend word dit in antwoord 98 vertolk. Die vraag is: Maar sou ons die beelde in die kerke as boeke van die leke nie mag toelaat nie? Met ons belydenis van antwoord 98 laat ons 'n kragtig nee hoor. Want ons moet nie wyser wees as God nie, wat sy christene nie deur stomme beelde nie, maar deur die lewende verkondiging van sy Woord wil laat onderrig.

Hier word ons met die rooms-katolieke religie gekonfronteer. Ons weet dat daar in verskillende lande die beelde uit hul kerkgeboue verwyder is, maar in baie ander lande is dit glad nie gedoen nie. Hier word bowedien die struktuur van die roomse kerk geraak. Die onderskeid wat hulle maak tussen leke en geestelikheid het nog steeds nie verander nie. Daarom is dit ook met die oog op ons gesprekke met roomse gelowiges noodsaaklik om te weet, waar dit ten diepste om gaan.

Waarom gebruik rome beelde in sy kerkgeboue? Dis twee argumente wat hulle daarvoor aanvoer. Eerstens uit pedagogies oogpunt die kategismus se: as boeke van die leke. Die roomse kerk maak streng onderskeid tussen die kerk wat hoorder is en die kerk wat leer. Die gewone kerkvolk sonder die geestelikheid is die kerk van hoor. Ondanks die Tweede Vatikaans Konsilie met al sy toegewings, het die gewone kerkvolk geen inbring nie. Hulle het maar net vir die geestelikes, die kerk wat leer, te luister. Daarby het die beelde 'n illustratiewe werking. In elke roomse kerkgebou is 'n kruisweg aanwesig. In 'n tiental skilderye word daarin die lyding en sterwe van die Heiland afgebeeld. Dis eintlik dieselfde as wat Israel verlang het, hul wil die lyding sien.

Daarlangs kom nou die mistieke argument. Hulle se die beeld le 'n onmiddelik kontak tussen wat afgebeeld is, Jesus, Maria of 'n ander heilige, en die kerkganger wat na die beeld kyk. Die heilige Theresia van Avila wat nog deur baie in die roomse kerk vereer word, het deur na die beeld van Jesus te kyk tot bekering gekom. Dit het dwars deur haar heen gegaan; so het sy vertel. Dis daardie mistieke bygeloof, die oortreding van die tweede gebod, wat ons met die kategismus en die hele reformatoriese belydenis skerp veroordeel. God wil sy christene nie deur stomme beelde nie, maar deur die lewende verkondiging van sy Woord onderrig.

Die leke word hier skerp teenoor die christene van God gestel. Ons moenie oor die woordjie 'sy' heenlees nie. Daar staan nie God wil 'diè christene laat onderrig nie, maar 'sy' christene laat onderrig. Dis nie toevallig so geskryf nie, maar hou vas aan dit wat ons in sondag 12 bely het: dat ek deur die geloof 'n lid van Christus is en aan sy salwing deel het. Nou wil God sy christene, sy tot profeet, priester en koning gesalfde gemeente, nie deur stomme beelde nie, maar deur lewende verkondiging van sy Woord laat onderrig.

Lewende verkondigind van sy Woord, 'n pragtige uitdrukking. Daarmee wil God Hom tot sy christene rig. Die christene van God wat saam die mondige gemeente van die Nuwe-Testament vorm. Tot die gemeente kom die lewende verkondiging van sy Woord, daarop is ook heel die gereformeerde erediens gerig. Heeltemal anders as die dooie vormlike Islamietiese gebedsdienste of die roomse misdienste waarin 'n priester voorgaan. Die Here het 'n mede-christen geroep, om dienaar van die Woord te wees!

'n Mede-gelowige het God geneem en hom in ons midde op die preekstoel gesit. Hy het die heerlike, maar ook sware roeping om vir ons die Woord van God te verkondig. Elke sondag weer mag die lewende verkoniging van die Woord van God die middelpunt van ons erediens wees. Daaromheen is die andere onderdele van die erediens gegroepeer. Saam is dit die erediens tot lof en prys van God.

Dit moet dan ook in al die dele van die erediens tot uitdrukking kom. Gemeente hoe sing ons ons psalms? Ons sing hulle nie in 'n vreemde taal, soos Latyn nie, maar in ons eie taal. Die lewende Woord van God kom ook in die berymde psalms na ons toe. Daarom is dit van lewensbelang dat die kerk sy psalms ken. Dis pragtig as ons kinders hulle op skool leer, want so word die lewende Woord in hulle geheue ingegrif. Juis in kritieke situasies kan dit tot troos en bemoediging wees. 'n Broeder het my vertel dat hy in die duitse konsentrasie kamp, sonder Bybel en kerkboek tog krag en troos uit Psalm 116 - God het ek lief - geput het.

Die gebed is ook 'n belangrik onderdeel van ons erediens. Deur die mond van die dienaar van die Woord, word die beloftes van God voor sy aangesig in herinnering gebring en op grond daarvan gepleit. Ons skuld word bely. Ook daarin is Woordbediening aanwesig. Die lewende verkondiging van die Woord sluit natuurlik die persoonlike en gesamentlike Bybelstudie nie uit nie. Dit is die prediking wat juis die Bybelstudie stimuleer. Hoe sal ons ook die prediking kan verstaan as ons nie in die Woord van God tuis is nie? Daarom is die Bybelstudie- verenigings, waar die Woord in die middelpunt staan, so belangrik.

Dit geld ook vir die dienaars van die Woord self. Hulle moet elke week sorg dat die prediking werklik 'n lewende verkondiging van die Woord is. Christus se van hulle: "So is elke skrifgeleerde wat 'n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos 'n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring. " (Matt. 13: 52) So sal die prediking lewend bly. Paulus skryf aan Timoteus: "Le jou daarop toe om die woord van die waarheid reg te sny. " Dis 'n huislik beeld waar die ouers die kos reg verdeel en elkeen ontvang wat hy persoonlik nodig het. Dit laat sien hoe sorgvuldig die dienaar van die Woord, met die Waarheid, in die behoeftes van sy gemeente moet voorsien.

Die tweede gebod le ons almal 'n belangrike taak op ons skouers! In hierdie gebod gaan dit daarom dat ons God reg dien. Vir die kerkgang elke sondag het dit ook groot betekenis. Hoe word dit deur ons versorg? Hoe aktief is ons daarin? Hoe is dit dat ons luister? Daar moet goeie aandag aan geskenk word, want ons tyd is op 'sien' ingestel. Deur die televisie het ons aan snel wisselende beelde gewoon geraak. Dit word ons baie maklik gemaak om die nuus op te neem.

In die kerk kom dit egter daarop aan dat ons hoor! Opmerksaam na die prediking luister en dit verwerk. God wil sy christene nie deur snel wisselende beelde onderwys nie, maar deur grondig bewerkte preke onderrig. Daarom moet daar in die kerk sorg gedra word dat die prediking lewend bly. Geen saai en dorre preke wat 'n gemeente doodpreek nie. Die Woord van God self is lewend en plasties. Dit spreek baie in beelde en deur gebeurtenisse. Wanneer die prediker dit gebruik sal die prediking lewend en beeldend wees, en word die gemeente in die geloof gebou.

III So het ons by die laaste gekom. Ons het gesien in die tweede gebod gaan dit om die reg in God glo, Hom reg dien en te slotte om die Here reg te vrees. Ons is al daarop gewys: God neem hierdie gebod hoog op. Dit raak die instelling van ons hart teenoor Hom en sy diens! God het dan ook 'n sanksie, 'n strafdreiging aan die gebod verbind. Want Hy se: Ek die Here jou God - wat 'n diepte le daar in die woordjie 'jou' God. Ek die here jou God is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Dit staan daar aan die eind van die gebod: 'n ernstige bedreiging, maar ook 'n kragtige belofte. So is die reel in die verbond van God. Kragtige beloftes gee Hy vir hulle wat Hom vrees en dien. Die wat Hom haat dreig Hy, met sy verbonds-vloek. Gemeente hoe vreeslik is dit om daaronder te val. Ja, elke sondag hoor ons die dreiging en belofte verkondig. Wat doen hulle aan ons? Word ons hart daardeur geraak? Roep hulle iets in ons wakker of gaan die woorde sommer so oor ons heen? In die tweede gebod gaan dit daarom dat ons die Here reg vrees. Dit wil se: Die Here met jou hele hart liefhe, maar ook met diep ontsag sy gebooie bewaar en ter harte neem. Hy is 'n jaloerse God!

Moontlik dink ons nou: Is dit billik, regverdig, van God dat Hy die misdaad van die Vaders aan die kinders, aan die derde en vierde geslag besoek? Die profeet Esegiel se mos dat die mens wat sondig sal sterwe. Daarom mog in Israel nie meer die spreekwoord gebruik word: Die pa's eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande stomp, nie.

Hoe kan God die sondes van die vaders aan die kinders besoek? Wel gemeente, let dan op die woorde wat die Here daaraan toevoeg: Hy besoek die misdaad van die vaders aan die kinders, aan die derde en vierde geslag van die wat My haat. In die haat kom die eie verantwoordelikheid van die kinders met krag vorentoe. Onmiddelik daarna se God: en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou! Ook hier, roem die barmhartigheid teen die oordeel.

Daar is nog een ding waar ons hier op wil wys. Dit is die verantwoordelikheid wat die Vaders ten opsigte van hul kinders en volgende generasies dra. Juis in hierdie tyd van verwereldliking en kerkverlating, is dit van enorme betekenis hoe ons ons kinders opvoed. Laat die vaders en moeders daarin saamstaan! Die keuse van ons huweliksmaat word dus ook deur die tweede gebod geraak. Seuns en dogters julle moenie ligvaardig die keus maak nie. Sluit julle huwelik in die Here! Vir julle hele nageslag staan hier baie op die spel.

Daarom laat Hom, ons Heiland wat ook hierdie gebod volkome volbring het, sentraal in ons lewe staan. Glo in Hom die Here! Dien in Hom die Here! Vrees in Hom die Here! Volbring ook hierdie gebod alleen in sy krag. Laat die beeld van ons Vader in die hemel in ons lewe vertoon word. Soos by ander religies is sy diens geen dorre en vormlike diens nie. Dit is 'n heerlike diens en ons lewenskeus vir die Here, is tot in verre nageslagte tot seen. Welgeluksalig is die man, die vrou, wat die Here vrees, wat in sy wee wandel.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)