Ons moet goed weet wat ons doen as ons nagmaal vier

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2017-12-20
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 30
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 30 H. K.

Nagmaal of mis: tafel of altaar.

Lees: Hebr. 10: 1 - 18
Teks: Sondag 30 H. K.
Sing: Ps. 27: 1 en 2
na wet Ps 1: 1
na belydenis Sb. 29: 7
Ps. 116: 1, 2, 4, 7
Sb. 29: 8 en 9
Ps. 22: 11

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Dis nou die derde sondag, wat ons Kategismus met ons oor die nagmaal spreek. Eers sondag 28 oor die instelling van die heilig nagmaal. Daarna sondag 29 oor die roomse leer van die transsubstansiasie, die brood en wyn wat in die liggaam en bloed van ons Heiland sou verander. En nou sondag 30 opnuut oor die nagmaal. Is dit nie 'n bietjie baie nie? Wat is die rede dat daar 3 lange sondae oor die nagmaal gespreek moet word? Daar is twee oorsake: Die anathema van Trenthe; en wie nagmaal mag vier, moet nog bespreek word.

Oorspronklik het vraag en antwoord 80 nie in die Kategismus verskyn nie. Eers in die derde druk is dit op las van Frederik die Vrome deur Olevianus daarin opgeneem. Die aanleiding was dat die konsilie van Trenthe in 1563, die roomse leer teenoor die reformasie vasgele het. Daarin het ook gestaan: dat wie leer dat brood en wyn in die nagmaal nie wesenlik in die liggaam en bloed van die Here verander nie, die een is vervloek, Anathema sit! In Trenthe het rome 'n vloek in die kerk gele, teen die reformatoriese leer van die vrye genade wat ook in die nagmaal verkondig word!

Daarteenoor het die gereformeerde kerke in vraag en antwoord 80 skerp posisie gekies. In die vraag kom dit al vorentoe: Watter verskil is daar tussen die nagmaal van die Here en die roomse mis? Die eind van die vraag se: dat die mis eintlik niks anders is as 'n vervloekte afgodery nie. Die reformasie stel: as daar in die kerk vervloek moet word, dan is dit die afgodery in die mis wat vervloek moet word. Dit is dus glad geen geringe saak nie!

Die tweede rede vir die derde sondag oor die nagmaal is die vraag: Vir wie is die nagmaal van die Here ingestel. Soos die sondae oor die doop eindig met die vraag of ook die kinders gedoop moet word, so word hier geeindig met die vraag: wie die nagmaal wel en wie dit nie mag vier nie. Dis mos nie erg om nog 'n sondag oor die nagmaal na te dink nie? Dit gaan hier oor die hart van die katolieke christelike leer van die geloof.

By die nagmaal kom die totale geloofsleer in beweging! Christus ontvang ons in die nagmaal aan sy tafel om vir ons die skatte van sy beloftes en verbond uit te deel. Is ons dan nie begerig om in die skatkamer van ons Heiland ingelei te word nie? Ons moet mos weet wat ons doen as ons nagmaal vier? Onder daardie aspek wil ons met hierdie sondag 30 opnuut oor die nagmaal spreek:

ONS MOET GOED WEET WAT ONS DOEN AS ONS NAGMAAL VIER.

  1. Ons moet weet wat dit teenoor rome inhou;
  2. Ons moet weet in watter gesteldheid ons dit vier;
  3. Ons moet ook weet vir wie die nagmaal nie bestem is nie.

I In twee punte word in antwoord 80 die verskil tussen die nagmaal van die Here en die roomse mis skerp teenoor mekaar gestel. Nou kom daar miskien die vraag op: maar is daar sinds die sestiende eeu in die roomse kerk nie baie verander nie? Is daar nog plek vir die skerpe woorde van antwoord 80? Inderdaad is daar op die oog af, in die loop van die jare in die roomse kerk heelwat verander. Veral die tweede vatikaans konsilie het verskillende veranderings in die roomse liturgie ingevoer. Die mis word in die volkstaal, pleks van latyn, gelees. In baie roomse kerkgeboue is die beelde verwyder en word die mis by 'n tafel met 'n wit tafeldoek, pleks van die altaar, bedien. Vir hulle wat die mis bedien word, word dit nie meer op die tong bedien terwyl hulle gekniel het nie, maar staande ontvang hulle die ouel in die geopende hand.

Selfs het daar by moderne roomse teologe die vraag opgekom of die leerstuk van die transsubstansiasie wel so letterlik geneem moet word as Trenthe dit vasgele het. Toe daar in die jare sestig teoloe beweer het dat die ouel wat na die eucharistie oorgebly het, nie meer nodig het om sorgvuldig te bewaar nie, dit kan maar weggewerp word. Stel jou voor ouels wat in die liggaam van Christus sou verander het, weggooi. Pous Paulus VI het toe met sy ensikliek Mysterium Fidei kragtig ingegryp. Daarin het hy die transsubstansiasie-leer en die mis sterk bevestig.

Die huidige Pous Johannes Paulus II gaan duidelik in daardie voetspoor voort. Daar is dus alle rede om opnuut die antitese tussen die reformatoriese nagmaalsleer en die roomse misbediening skerp te stel. Dit kan ons help, om in ons omgang met roomse mense, hulle die weg van die evangelie te wys.

In die eerste plek gemeente, wat 'n verskil tussen ons nagmaalsviering en die misbediening. Die nagmaalstafel is 'n gewone tafel, met 'n wit tafeldoek daaroor gegooi. Die dienaar van die Woord het soos die ander broeders sy kisklere aan. Hy is 'n broeder onder sy broeders, hy breek vir ons oe die brood om dit uit te deel en skink die wyn en gee dit rond. Eenvoudig en in soberheid word nagmaal gevier.

By die misbediening gaan dit heeltemal anders. Daar is 'n man in 'n gekleurd kerklik kleed. Ver voor die gemeente word daar agter die altaar 'n reeks plegtige handelinge verrig. Deur koorknape en ander geestelikes word hy gehelp. Op die hoogtepunt van die mis word die ouel opgehef en die instellingswoorde uitgespreek. Die priester kniel nou en aanbid Christus wat nou in die ouel aanwesig moet wees. Hy alleen drink uit die beker.

Die mis ken geen tafel van gemeenskap waar die gelowiges aansit en gemeenskap met Christus oefen nie. Die mis het 'n altaar waarop Christus opnuut geoffer word en as geofferde Verlosser uitgedeel word. Daarmee het ons in die kern van die verskil gekom. Antwoord 80 se: in die mis word Christus nog daagliks vir die gelowiges geoffer. Die mis moet van die transsubstansiasie wat in sondag 29 bespreek is onderskei word.

Transsububstansiasie, as gedeelte van die mis, vind die moment plaas, as die instellingswoorde uitgespreek word. Volgens die roomse leer word daardie moment die brood wesenlik in die liggaam en die wyn in sy bloed verander. Maar daarna word die twee elemente opgehef. Aan die eenkant die ouel en aan die anderkant die wyn. Dat die ouel en die wyn van mekaar geskei opgehef word beteken volgens rome dat Christus opnuut vir die gelowiges geoffer word. Dis volgens hulle die groot geheim van die mis.

Rome se die offer op Golgota word permanent verleng. Christus offer Homself op die altaar van die kerk net so wesenlik as toe Hy Homself aan die kruis geoffer het. Volgens Rome het die kruisoffer, nou amper 2000 jaar gelede, hom elk moment voortgeset en word tot sy wederkomsvoortgeset. Volgens rome is dit noodsaaklik, want die offer op Golgotha, hoe belangrik ook was nie voldoende nie. Op Golgotha het Christus die skuld vir ons sondes gedra, die erfsonde versoen. Maar ons doen ook elke dag nog sondes, wat ook versoen moet word. Die offer op Golgotha was daarvoor nie voldoende nie, daarom moet die offer van sekonde tot sekonde in die kerk verleng word.

Stel nou daarteenoor die rykdom wat ons in die begin van antwoord 80 bely: Die nagmaal, van die Here betuig aan ons dat ons VOLKOME vergewing van AL ons sondes het deur die ENIGE offerande van Jesus Christus wat Hyself EENMAAL aan die kruis volbring het. Hoor ons waar in hierdie sin die nadruk op le? Die enige offer eenmaal daar gaan dit hier veral om. Vir ons het Hy geroep dit is volbring. Een maal is Hy deur God verlaat sodat ons nimmermeer verlaat sou word nie!

Ja dit alles betuig, verseker die nagmaal van die Here aan ons! En, vervolg antwoord 80 as tweede. Ja, as dit oor die skatte van Christus gaan, is daar baie om op te som. Dat ons deur die Heilige Gees Christus ingelyf word wat nou na sy menslike natuur nie op die aarde is nie maar in die hemel aan die regterhand van God sy Vader, en daar deur ons aanbid wil wees. Is dit nie ontsettend ryk nie, ons arme sondaars, met Hom ons Here in die hemel verbind. Daar is Hy ons hoof terwyl ons hier op aarde sy lede is.

Te midde van alles wat ons oorkom, te midde van alle moeites en sorge, te midde van sondes en ongeregtigheid weet ons, dat ons deur die Heilige Gees met Christus verbind is. Hy het opgestaan en ten hemel opgevaar, maar dit het glad die gemeenskap met Hom nie verbreek nie. Inteendeel die kontak is baie inniger as toe Hy op aarde gewandel het. Waar ek ook al is, orals is ek met Hom verbind. Die mis laat die wysers van die uurwerk van die heilsgeskiedenis terugdraai. Die mis laat Christus, in die ouel op die altaar, in die kerk aanbid. Maar ons hef ons harte opwaarts na die hemel, waar Christus ons Voorspraak aan die regterhand van sy hemelse Vader is. Sursum Corda! Die harte boontoe.

Gemeente, dink nou aan Openbaring 5. Johannes sien daar in die middel van die troon 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oe. 'n Wonderskoon visioen. Die Lam staan in die troon asof geslag. Die Lam dra die tekens van die slagting in Hom, maar Hy staan. Die slagting is verby en vol krag en triomf staan die Lam in die troon. Die sewe horings is die simbool van krag en koninklike mag. Deur daar die gesig van Openbaring 5 word deur die mis 'n streep getrek.

Om so te se: Die mis het die Lam weer van die hemel aarde toe gebring. Daar teenoor wil ons die Lam huldig, nie op die altaar in die kerk nie, maar soos Hy in heerlikheid midde in die troon staan. Gemeente ons is deur Christus met God versoen. Die versoening het nie nodig om deur die misoffer voort geset te word nie. Dis die eerste wat ons met antwoord 80 bely. Die tweede is: Ons is ook deur die Gees met Christus verenig en dis in die hemel wat ons Hom aanbid. Daar is nog een onderdeel wat ons nog nie bespreek het nie, die vergewing vir lewendes en dooies.

Die mis leer dat die lewende en die dode nie deur die lyde van Christus vergewing van sondes het nie tensy Christus nog daagliks vir hulle deur die mispriester geoffer word. Op die standpunt van rome het ook die dooies nog vergewing van sondes nodig. Die krag van die misoffer strek homself tot in die vaevuur uit. Vandaar die sielemisse wat deur rome nog steeds vir oorledenes opgedra word. Volgens rome het hulle nog nie tot die hemelse saligheid deurgedring nie. Na hulle sterwe is daar nog sondes wat versoen moet word.

Hier loop ons die verskil tussen die reformatoriese en roomse sondebesef raak. Rome sien die sondes kwantitatief. Mens kan die sondes om so te se by mekaar optel. Die aantal sondes wat hier op aarde nie versoen is nie, word in die vaevuur verminder deur die misoffers wat vir hulle hier op aarde gebring word. Maar ons het met sondag 22 bely: Dat my siel na hierdie lewe dadelik tot Christus sy Hoof opgeneem word. Dadelik vir wie in Christus sterwe is daar geen sondes meer te versoen nie. Dis na sy Heiland wat hy gaan. Die sterwe van 'n christen is die deurgang tot die ewige lewe.

Die kinders van God is by hulle sterwe totaal van alle ongeregtigheid verlos. Daarom is dit dat sondag 80 so nadruklik van die volkome vergewing, spreek, waarvan die nagmaal vir ons getuienis gee. Christus het dit uitgeroep: Dit is volbring! Hulle wat gesterf het deel in die vergewing van sondes, deurdat hulle tydens hul lewe in Christus geglo het.

Gemeente die tema van die preek is: Ons moet goed weet wat ons doen as ons nagmaal vier. Nog eenmaal wil ek dit opsom: Die nagmaal betuig vir ons dat lewendes en dooies deur die offer van Christus met God versoen is. Dit betuig ook dat ons deur die Heilige Gees met Christus verenig is. Ons aanbid Hom, soos Hy aan die regterhand van God sy hemelse Vader sit. Wie die beloftes van God, soos in antwoord 80 opgesom, glo, is geregtig die nagmaal te vier.

Dink ook aan Lukas 15 daardie hoofstuk waar gesoek is wat verlore was. Die herder het die verlore skaap gesoek, die vrou haar penning wat sy verloor het en die vader wat sy verlore seun omhels. Waarom het die Heiland vir ons die drie gelykenisse vertel? Wel, omdat die fariseers honend van Hom gese het: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.

Vir die fariseers was dit 'n rede om te murmureer, maar vir ons is dit net troosvol. Jesus ontvang sondaars om saam met hulle te eet. Ons is ook deur Hom genooi, nie sodat 'n priester Hom nogmaals kan offer nie. Nee, Hy nooi ons, sodat ons deur die sobere tekens van brood en wyn die versekering ontvang dat Hy eens en vir goed vir ons gesterf het.

Nou sal ons ons harte verhef, om ons Heiland in die hemel te aanbid. Hy tree vir ons by die Vader in. Ons weet ons deur die Heilige Gees met Hom verenig. Lof aan daardie Christus!

II Ons het gesien: Ons moet goed weet wat ons doen as ons nagmaal vier. Dit is nie alleen vir die inhoud belangrik nie, maar ook vir wie die nagmaal ingestel is. Daaroor wil antwoord 81 grondig met ons spreek. In die inleiding van hierdie preek het ons al gese: dat die sondae oor die doop met die vraag afgesluit het: Moet die jong kinders ook gedoop word. Aan die eind van die nagmaals sondae word gevra: Vir wie is die nagmaal van die Here ingestel? Daarmee word die sogenaamde kinderkommunie tegelyk beslis afgewys.

Nie omdat kinders nie tot die gemeente sou behoor nie. Met die doopformulier bely ons dat hulle erfgename van die verbond en lidmaat van die gemeente is. Dis net dat hulle nog nie geregtig is om die nagmaal te vier nie. In hierdie verband is dit van betekenis dat die oorspronklike teks van die kategismus vraag 81 as volg geformuleer het: Wie moet tot die nagmaal van die Here kom? Die tot die tafel self kom is buite twyfel, want die moet kom is tegelyk 'n mag kom. Ons moet na die tafel van die verbond kom, omdat ons mag kom. Daardie twee kan nie geskei word nie Daar le 'n bevel van Christus omdat daar 'n vergunning van Hom is.

Daar is baie christene wat daarmee groot moeite het, moontlik is daar onder ons gelowiges wat hulle afvra: Mag ek wel nagmaal vier? Partykeer staan die sondes lewensgroot voor ons; is ons die nagmaal waardig?

Vir 'n antwoord op hierdie vraag wil antwoord 81 ons help. Daar word van selfbeproewing gespreek wat van elke christen gevra word voordat nagmaal gevier word. Dis ook die rede dat kinders nie nagmaal kan vier nie. Hulle is nie sover in die geloof gevorder dat hulle hulself kan beproef, soos vir die viering van die nagmaal nodig is nie. As ons nou met aandag die antwoord lees vind ons daar geen kenmerke wat in ons moet wees voor ons aan die nagmaal mag aangaan nie.

In die selfbeproewing word ook niks genoem wat ons sou terugwys of afwys nie. Positief en vol vertroue op die beloftes van God wys antwoord 81 in reformatoriese taal vir ons die weg. Vir wie is die nagmaal ingestel? Vir hulle wat hulself vanwee hulle sondes mishaag en tog vertrou dat dit hulle om Christus wil vergewe is.

Daarmee staan ons midde-in die praktyk van die lewe van die geloof. Ons word opgeroep om onsself te mishaag. Dit wil se: ons moet vanwee ons sondes 'n afkeer van onsself he. Telkens word ons in onsself teleur gestel, telkens is daardie bitter worsteling met die sondes wat steeds weer in ons lewe opduik.

Ons moet weet dat ons voor God sondaars is, maar se antwoord 81, nie daarby bly staan nie. Tog vertrou dat daardie sondes om Christus wil vergewe is. Dit het ons in antwoord 80 tog bespreek? Ons Heiland het vir ons 'n plek aan sy tafel bespreek. Die plek het Hy vir ons met sy dierbaar bloed gekoop en betaal. Nou is daar met Hom tafelgemeenskap. Ons heiland se vir ons kom, Ek wil nagmaal, Ek wil gemeenskap met jou vier. Ons mag vertrou dat daar ondanks al ons sondes vergewing is.

Agter die tafel, ja agter elke stoel moet ons die kruis van Christus raaksien wat die plek vir jou oopgemaak het. Luister mooi se ons Heiland, jy worstel met die oorblywende swakheid wat jou steeds weer pla, maar ook daardie oorblywende swakheid is deur my lyding en sterwe voor God bedek. Ondanks al die genade in jou lewe, ondanks die stryd teen die sonde, is die sonde tog steeds weer daar. Tog sien God dit nie meer raak nie, dis net My lyding en bloed wat deur God gesien word.

Dan volg die derde in die selfbeproewing: Die wat ook begeer om hoe langer hoe meer hul geloof te versterk en hulle lewe te verbeter. Hoor ons hoe in die selfbeproewing die drie dinge van sondag 1 terugkom? As 'n goue draad loop dit deur hierdie belydenis. Ons het 'n afkeer van ons self, van ons sondes, ons ken ons ellende. Ons vertrou dat hulle ons om Christus ontwil vergewe is, verlossing. Nou as laaste die dankbaarheid, ons begeer hoe langer hoe meer ons geloof te versterk, ons lewe te beter. Daarvoor is dit dat ons nagmaal vier, om ons geloof te versterk, daarin ontvang ons krag om ons lewe te beter. Maar dan mag aan die tafel van die Here ons plek tog nie ongebruik bly nie?

Ons weet van die moeite waar sommiges mee worstel. Dis die woorde uit 1 Kor. 11 oor die onwaardige wyse hierdie brood eet of die drinkbeker van die Here drink en so 'n oordeel oor hulle eet en drink, as die liggaam van die Here nie onderskei word nie. Uit angs vir hierdie moontlikheid het al baie mense hulle die seen van die nagmaal laat ontneem. Maar Paulus waarsku hier mense wat nie vir die nagmaal gekom het nie, maar om oordadig by die liefde maaltyd te eet en drink. As hulle dan daarna dronk die nagmaal gebruik dan drink hulle hulself 'n oordeel.

Gemeente daarom moet ons weet wat dit is om nagmaal te vier. Ons gaan ons plek aan die tafel van die Here inneem. Dit is telkens weer 'n daad van geloof. Ons vier mos geen nagmaal uit gewoonte of in ongeloof nie? In die nagmaal gaan dit ons tog om Christus wat ons duur gekoop het. Dan mag ons alle angs en twyfel uit ons hart verwyder en in die nagmaal die verbond met God hernuwe. Versterk daardeur die geloof en die begeerte om die lewe te verbeter. Moet en mag gaan by die nagmaal saam. Kom se ons Heiland want ek ontvang sondaars en wil saam met hulle eet!

Antwoord 81 het nog 'n peil op sy boog om harte te tref, deur met 'n vermaning af te sluit. Skerp word gese: Maar die huigelaars en die wat hulle nie met 'n opregte hart tot God bekeer nie, die eet en drink 'n oordeel oor hulleself. Nou word die uitdrukking uit 1 Kor. 11 met reg gebruik. Die huigelaars word gewaarsku, helaas word hulle telkens weer in die gemeente gevind. Manne en vroue wat hul hart nie op Christus set nie en hulself nie reg beproef nie voordat hulle die nagmaal vier nie.

Is dit nie vreeslik nie gemeente, om voor die aangesig van God te huigel. Vir Hom wat die harte beproef en die niere toets. As daar van hulle in ons midde is dan wil ons hierdie waarskuwing aan hulle opdra. Ons wil hulle tot bekering oproep, want God sy dank dit is nog moontlik!

Elkeen wat hom opreg van sy huigelagtige pad bekeer sal genade en vergewing ontvang. Maar gemeente wie is daar onderons wat nie reelmatig homself op huigelary betrap nie. Hierdie pyl van antwoord 81 wil elkeen van ons in die hart tref, sodat ons weet wat ons doen as ons die heilig nagmaal mag en moet vier.

III So het ons by die laaste vraag en antwoord van sondag 30 gekom. In hoofsaak word die vraag tot die ampsdraers in ons midde gerig. Hulle het in die amp die verantwoordelikheid vir die hele gemeente te dra. Moet ook diegene aan hierdie nagmaal toegelaat word wat hulle met hul belydenis en hul lewe as ongelowige en goddelose mense gedra? Is die nagmaalstafel 'n oop tafel waar elkeen, ook hulle wat die verbond van God ontheilig welkom is? Die antwoord is 'n hartgrondige nee. Want daardeur word die verbond van God ontheilig en sy toorn oor die ganse gemeente verwek.

Dan, plotseling word die gemeente van hierdie tyd wat nagmaal vier in 'n pragtig lig geplaas. Die kerk van alle tye is met die eerste Christelike Kerk van Apostels en profete verbind. Die kerk is nie 'n sekte, nie 'n aparte afdeling van die christenheid nie. Ons staan in die lyn van die gemeenskap wat Christus van die begin van die wereld tot die einde toe vir Hom vergader. Soos die kerk van die apostels die roeping ontvang het om die sleutels van die hemelryk te bedien, so het ons dit nou nog. Volgens die ordening van Christus en van sy apostels is die Christelike Kerk verplig, om sulke mense deur die sleutels van die hemelryk uit te sluit.

Ons Heiland het Judas by die eerste nagmaal weggestuur, toe Hy vir Judas gese het: Wat jy doen, doen dit haastig. Petrus het Annanias en Saffira ontmasker toe hy vir Annanias se: Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God. Die gereformeerde kerk onderhou die tug by die nagmaal soos die ou christelike kerk dit gedoen het. Die tafel van die Here word heilig gehou!

Dis swaar woorde wat hier gespreek word. As die amp in die kerk die tafel van die Here nie heilig hou nie, word die sware toorn van die Here oor die gemeente verwek.

Ons wil hulle nog 'n keer teenoor mekaar stel: Die altaar in die roomse kerk met die priester wat die ouel en die beker ophef en daarmee dink om die offer van Christus deur alle tye te verleng. En daarteenoor die sobere nagmaal met brood en wyn as teken van die liggaam en bloed van Christus, wat Hy eenmaal op Golgotha vir ons geoffer het.

Ons stoel staan aan die tafel gereed, daar is plek vir jou se die evangelie. Die plek is deur ons Heiland gekoop en betaal. Inderdaad ons moet goed weet wat dit is om nagmaal te vier. Ons het ook verstaan hoe dit nie gevier moet word nie. Ons heiland se nou kom, jy mag My aan die tafel ontmoet. Aanstons mag jy My ook bo sien, by die troon van God mag jy My, die Lam, sien.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)