Die opstanding van Christus is 'n horing van oorvloed

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2018-01-21
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 17
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer. oor Sondag 17 H. K.

'n Horing van oorvloed.

Lees: 1 Kor. 15: 1 - 11
Teks: Sondag 17 H. K.
Sing: Ps. 118: 7, 8, 9
na wet Ps 119: 1
na belydenis Ps 117
Ps 21: 2, 3, 4, 5
Sb. 10: 2, 3, 6
Ps 8: 4 en 5

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Die mens van ons tyd worstel met vrae van lewe en dood. Aan die eenkant is hy besonder aan die lewe geheg. Met alle lewe gaan hy besonder sorgvuldig om, dink maar aan die groot sorg wat aan ons omgewing en leefwereld bestee word. Miljarde word vir gesondheidsdiens uitgegee. Om een lewe te red word die slimste dokters ingeroep en die duurste instrumente gebruik. Miljoene word aan die stryd teen lewensvyand nommer een, die kanker bestee. Terwyl die weerstand teen atoomenergie, as agtergrond het dat die lewe deur daardie energie bedreig word. Dis die eenkant, soos die moderne mens dood en lewe benader.

Aan die anderkant word die rand van lewe en dood deur die mens kort gesny. Dink maar aan die aborsie van kinders wat nie gewens word nie.

Dan is die sorg vir menslik lewe sommerso ver te soek. Dink ook aan die eutanasie. Die arts wat moontlik jare gestry het om die lewe van 'n pasient te behou, neem op 'n gegewe moment die vryheid om die lewe te beeindig.

Hoekom is dit dat die moderne mense hulle so wisselvallig teenoor vrae van lewe en dood opstel? Omdat die antwoorde op die lewensvrae nie meer in die evangelie van Jesus Christus gesoek word nie. Daar word die enigste en werklike antwoord op vrae oor lewe en dood gevind. Christus het opgestaan! Hy het die dood oorwin. Sy opstanding is die sekerheid vir ons heerlike opstanding.

In hierdie wereld het die dood nie die laaste woord nie. Die laaste woord is aan die lewende Here, ons Heiland wat opestaan het. Wanneer die opstanding geglo word, dan is daar oor lewe en dood ook 'n ander siening. Oor die hele lewe van die mens sal dan die lig van die oorwinning van Christus oor die dood, straal. Die lig straal al oor die prille begin van die lewe, asook oor die somtyds moeilike einde, ja oor heel ons lewe van begin tot end straal die lig.

Daaroor gaan een van die kortste sondae, sondag 17 met ons spreek. Daar word nie na die waarom van die opstanding gevra nie. Met geen woord word die opstandings-geskiedenis aangeroer nie. Direk word op die nut van die opstanding van ons Heiland aangestuur. Kort en kragtig wat is die nut! Daar is baie wat daaroor gese kan word. Dit is 'n horing van oorvloed, wat ons in drie punte geleer word. Wat die drie punte inhou wil ons vanmiddag/more saam soos volg oorweeg:

DIE OPSTANDING VAN CHRISTUS IS 'N HORING VAN OORVLOED want:

  1. Hy waarborg deur sy opstanding ons skuldversoening;
  2. Hy vernuwe deur sy krag ons lewe;
  3. Hy waarborg ons opstanding in heerlikheid.

I Gemeente, in die katkisasieklas het ons geloofsake leer onderskei. Dit verhelder ons geloofskennis en kan in die later lewe van groot nut wees. So word daar ook tussen die staat van vernedering en die staat van verhoging van Christus onderskei. Die woord 'staat' dui die regsposisie aan waarin iemand verkeer. Iemand wat in die hof aangekla word verkeer in staat van beskuldiging. Ook al is hy onskuldig solank die hof nie vrygespreek het nie bly hy in staat van beskuldiging. Wanneer ons staatspresident oorsee gaan, word 'n waarnemend staats- president beedig wat as staatspresident optree. Die staat van die staatspresident oorsee bly egter nog steeds staatspresident, ook al is dit 'n ander wat sy pligte waarneem.

Hierdie voorbeelde help ons om te verstaan wat met die staat van vernedering en verhoging van Christus bedoel word. Oor die staat van vernedering het die sondae 14 tot 16 gehandel. Seker ons Heiland het die ewige Seun van God gebly ook toe Hy uit die maagd Maria gebore is. Sondag 14 het dit kragtig betuig. Tog was Hy vanaf sy geboorte in staat van vernedering. Hy was en bleef 'n sondelose mens, maar God het Hom as 'n gevloekte een wat uit sy guns verstoot is gereken. Sy regsposisie was skuldig vir God. Immers Hy het ons sondes en skuld op Hom geneem! Uitvoerig het sondag 15 en 16 laat sien hoe Hy steeds dieper in die staat van vernedering afgedaal het.

Hy het die sware toorn van God reeds vanaf die begin van sy menswording gedra. Hy is deur die regter Pontius Pilatus veroordeel. As 'n gevloekte aan die kruis gespyker en vir ons gesterf. Daar het Hy deur die helse smarte wat ons moes gely het, gegaan. Tenslotte is Hy in die hof van Josef van Arimatea begrawe. Die allerdiepste trap in die staat van vernedering. In die skande van ons begrawe moet word het Hy gedeel. Iemand wat sterf kan nie in die samelewing van mense bly nie, hy word in die graf weggeberre.

So was Hy drie dae in die graf. Vanaf Vrydag laat in die middag, heel die Sabbatdag tot Sondagmore. In hoofstuk 19: 31 van die Johannes evangelie se Johannes die dag van die Sabbat was groot. Hy het die joodse Paasfees bedoel. Die Sabbat was inderdaad groot want die Seun van die mens het op die Sabbat in die graf gerus. Soos Jona drie dae in die maag van 'n vis was het Hy drie dae binne-in die aarde gewees. (Matt. 12: 40)

Die kerk van die ou dae het die opstanding van ons Heiland nie vir niks met die woorde bely: op die derde dag weer opgestaan het uit die dode. Die drie dae was van die gestorwe wees 'n beseeling. Die staat van vernedering is deur God nie skielik afgebreek nie. Tot in die laaste vernedering in die graf toe het Hy dit deurly. Al die tyd van sy geboorte tot sy in die graf wees was Hy 'n deur God vervloekte en vernederde. Plaasvervangend vir my en u het Hy al die tyd in die staat van vernedering verkeer. Deur Vader is Hy in ons plek as die grootste van die sondaars gereken. Dit kan nie diep genoeg tot ons deurdring nie.

In enkele woorde het die apostel Paulus dit kernagtig uitgedruk, deur ons op te roep ons geloof op God te vestig wat vir Jesus ons Here uit die dood opgewek het. Hy is vanwee ons oortredings oorgelewer. Met daardie een woord oorgelewer vat Paulus heel die staat van die vernedering van Christus saam. Al die tyd is Hy aan die vloek van God oorgelewer gewees. Daarin het Hy ons sondes tot die allerlaaste toe weggedra.

Dan voeg die apostel daar egter heel triomfantelik enkele heerlike woorde aan toe, naamlik: en Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word. Hoor ons dit gemeente: opgewek sodat ons vrygespreek kan word. Toe Hy drie dae in die graf gewees het, het die groot omkering, die keerkpunt gekom. Dit het Pase geword, die dag van die opstanding, die dag dat die dood oorwin is. Om saam te vat ons kan Golgota geen oomblik van Pase losmaak nie. Goeie Vrydag sonder Pase het geen betekenis nie. Iemand het dit sprekend gese: Goeie Vrydag sonder Pase is soos 'n neutdop sonder inhoud. 'n Mens kan ook se: 'n Lamp sonder krag of 'n battery sonder batterysuur. Pase is die kroon op goeie Vrydag.

In die vyfde geloofsartikel word deur die kerk bely: wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode. In die ten eerste van sondag 17 word in een keer die hele opstandings-geskiedenis saamgevat: Ten eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin. Hierdie magtige gebeurtenis word slegs met enkele woorde beskrywe. Dis God wat in die Paasgeskiedenis sentraal staan. God het in beweging gekom. Hy het sy hand op die aardkors gele en dit laat bewe. God het sy engele na die hof van Josef van Arimatea gestuur, om die klip weg te rol.

So het God die seel van Pilatus verbreek en die romeinse soldate laat vlug. In hulle plek het God 'n erewag van hemelliturge voorsien, een van hulle moes op die klip wat weggerol was gaan sit. Die staat van vernedering het vir Christus tot 'n einde gekom en die staat van verhoging begin. Deur die krag van God het sy Seun geen verderwing gesien nie. Grandioos, triomfantlik het God Hom uit die dode opgewek.

Soos Lasarus uit die graf gekom het, so het die Seun van God tot die lewe verrys. Die opwekking van Lasarus was kinderspel as dit met die opstanding van ons Heiland vergelyk word. Lasarus het opgestaan om later tog weer te sterwe, maar ons Heiland het eens en vir goed tot die lewe opgestaan. Hy het die dood oorwin. Die diepte wat in die woord oorwin skuil, sal ons nooit ten volle kan peil nie.

Christus het oorwin, Hy die sterke held! Gemeente hier by die begin van die verhoging van Christus moet ons opnuut aan die woord van Paulus dink: Hy is vanwee ons oortredings oorgelewer en Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word. In die glorieuse opwekking van sy Seun laat God ons sien dat Christus vir ons, die volle skuld tot die laaste penning, betaal het. Wat dink ons? Sou God sy Seun uit die dode opgewek het, as daar nog een sonde onversoen gebly het? Sou God in die opstanding van ons Heiland die kroon op sy werk gesit het, as daardie werk nie tot die allerlaaste voltooi was nie?

Skitterend laat sondag 17 in hierdie ten eerste sien wat die diep betekenis van die opstanding van ons Heiland is. Hy het die dood oorwin, word gese, sodat Hy ons die geregtigheid deelagtig sou kan maak wat Hy deur sy dood vir ons verwerf het. Geregtigheid is geen maklik woord om te verstaan nie. Katkisante sukkel om dit te verstaan en die katkiseermeester ook as hulle dit moet verduidelik. Tog is daar geen beter woord om uit te druk wat die opstanding van ons Heiland beteken nie. In daardie woord is die woord reg ingesluit wat ons al raakgeloop het, toe ons oor die regsposisie van Christus in die staat van vernedering gespreek het. Die woord geregtigheid wil dus se: Tussen God en ons is nou alles reg.

Ja die reg van God het van ons nou niks meer te vorder nie. Tussen God en ons het dit weer goed geword, so goed as dit in die paradys tussen God en die mens was. Nogmaals as daar nog een sonde te versoen was, indien daar nog een ongeregtigheid nie bedek en skoongewas deur die bloed van Christus was nie. Dan sou God Christus in die graf gelos het. Die triomfantelike opstanding is die bewys, die openbare bewys, dat Christus vir ons tot die laaste toe voldaan het!

Ons mag dit so sien: God het die sesde kruiswoord van sy Seun, die koninklike: "Dit is volbring!" oorgeneem en in die opstanding beseel.

God laat nou daardie oorwinningswoord deur die hel en deur die hele wereld weerklink. Die duiwel en die dood het gedink om ons Heiland vir goed in die graf weg te berre. Die graf het God oopgebreek, om vir die oog van alle mense, engele en duiwels te laat sien, hoe magteloos satan en dood is. Gemeente dit is daarom van die grootste belang dat ons hierdie heilsfeit van die opstanding met alle krag en na al kante handhaaf. God het in die opstanding van Christus die dood stukkend gebreek, soos ons 'n lat oor ons knie breek.

Ook in hierdie tyd sal die kerk op hierdie belydenis moet staan, daar is vandag dwaalgeeste genoeg wat die feitelikheid wil ontken. Hulle se: Pase moet ontmitologiseer word. Dit wil se die hele paasgeskiedenis is maar net 'n mite, 'n ou verhaal. Die moderne mens wat die televisie aanskakel en die hele wereld in beeld kry kan dit nie meer aanvaar nie. Die mense wat hulle by siekte in 'n modern hospitaal laat behandel kan tog nie daaraan glo nie, so word dan beweer. Dit alles het by die ou tyd behoort, toe mense nog aan die mite van die opstanding uit die dood geglo het.

Hulle se: Die Paasgeskiedenis is uit die oortuiging van die apostels gebore dat met die kruis en dood van Jesus dit nie die einde kon wees nie. In die boodskap van vergewing van sondes het Hy voort gelewe. Hierdie oortuiging het hulle konkreet gemaak, deur te beweer dat Christus uit die dood opgewek is.

Gemeente, Die eerste vroue en manne wat van die opstanding getuie was, het aanvanklik ook nie geglo dat Jesus uit die dood opgestaan het nie. Die Heiland self het hulle tot die geloof gebring. Dink aan die Emmaus- gangers, hulle het die berig gekry dat Hy lewe, maar Christus self moes hulle die opstanding leer glo. Hoor wat Tomas se: As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie. Wat 'n moeite het die dissipels geken om die opstanding te glo, maar dit alles word as 'n mite eenkant geskuif. Daarom mag en moet ons met alle krag die vyfde artikel uit ons belydenis bly vashou en se: Ek glo in Jesus Christus wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode.

Gemeente lees by die huis hoofstuk 15 uit die eerste brief aan die Korintiers, daar word deur Paulus 'n lange reeks van getuies genoem, waar Christus aan verskyn het. Selfs aan vyfhonderd broers tegelyk, waarvan Paulus se: van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Die Korintiers kon hulle maar gaan vra. Heel sentraal stel Paulus in 1 Kor. 15 die geloof in die opstanding van ons Heiland: As Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.

Inderdaad ons Heiland het die dood oorwin. Dis die eerste wat met sondag 17 bely word. Daar volg egter nog 'n sin waarin die vrug van die opstanding van Christus verkondig word. Die horing van oorvloed is nog lank nie uitgeput nie. Ons bely: Hy het die dood oorwin, sodat Hy ons die geregtigheid deelagtig sou kan maak wat Hy deur sy dood vir ons verwerf het. Oor die woord geregtigheid het ons al breedvoerig gespreek, maar nou gaan ons sien wat Christus met die geregtigheid doen. Die woordjie sodat het groot waarde, sy doodsoorwinning sal in ons lewe ryke vrugte dra.

Nee, ons Heiland het nie opgestaan om op sy louere te rus nie. Ook nie om sy werk op aarde soos voorheen voort te sit en in die stede en dorpe van die joodse land te predik nie. Hy het opgestaan om die geregtigheid uit te deel, om ons daar deelgenote van te maak. Die skatte wat Hy uit die diepte van dood en hel verwerf het, gaan Hy nou vir ons skenk. Soos in vroeer dae 'n leerowerste na die oorwinning die buit verdeel. So gaan Christus ons die goud van die vergewing van sondes en die vernuwing van ons lewe skenk.

Met die uitdeling van gawes het ons Heiland direk na sy opstanding al begin, Lees maar die opstandings-geskiedenisse in die laaste dele van al vier die evangelies. Sien hoe Jesus agter sy dissipels kyk, om hulle deelgenoot van die geregtigheid te maak. Tomas word tot die Paasbelydenis gebring: My Here en My God! Petrus wat Jesus verloen het word tot driemaal toe gevra: Simon seun van Jonas het jy my lief? So word Petrus in sy apostelamp herstel.

Gemeente, ons Heiland doen dit vandag nog! Die geregtigheid wat Hy vir ons verwerf het staan nie net op papier van ons Bybel en belydenis geskrifte nie. Christus deel dit uit en is daar voortdurend mee besig! Nogmaals wil ek u aan die woord van Paulus herinner: Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word. Met die lewende verkondiging van sy opstandings-evangelie kom Hy na ons toe. Daarmee wil Hy ons hart bereik. In die evangelie toon Hy vir ons die skatte wat Hy vir ons verwerf het en roep ons op om in Hom te glo. Om in die Christus wat opgestaan het te glo, is tegelykertyd glo aan die skatte wat Hy vir ons verwerf het.

Sondag 23 sal vir ons leer: ons gewete kla ons aan, dat ons teen alle gebooie van God swaar gesondig en geeneen daarvan gehou het nie en dat ons nog gedurigdeur tot alle boosheid geneig is. Ons Heiland wat opgestaan het kom ons nou verkondig: Hier is Ek, Jesus Christus jou Heiland. Ek weet dat jy tot in die wortel van jou lewe verdorwe is en jy die skuld elke dag groter maak. Ek egter versoen daardie skuld. By God ons Vader tree Ek vir jou in. Soos Paulus in Rom. 8: 34 geskryf het: Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. Uit die opstanding van ons Heiland het vir ons die horing van oorvloed, die opstandings-evangelie met al sy skatte gevloei.

Dink nou weer aan die begin van die preek aan die rand van die lewe wat deur die mens kort gesny word. By die begin - abortus - by die einde - eutanasie - alles wat die mens nie wens of vir hom nutteloos lyk, word weggesny. Die moderne mens kan dit alleen maar doen, omdat vir hom dood, dood is. Hy sien oor die lewe nie die lig van die opstanding van Christus straal nie.

Die kerk wat met alle krag van die opstanding getuienis gee, weet dat Christus die dood oorwin het. Daarom sien die kerk hoe die prille begin van lewe en die somtyds so moeilike end van die lewe, totaal deur die oorwinning omsluit word. Daarom word vir die lewe geveg, oor die begin sowel as die einde van lewe mag die mens nie beslis nie. Moet die eerste begin van lewe uit die evangelie, die blye boodskap, weg gesny word? Sal die evangelie geen krag gee, om ook die allerlaaste, somtyds moeilike sterwe, in die krag van Christus wat opgestaan het, ons enigste troos is, te volbring nie?

II 'n Horing van oorvloed: ten eerste deur die opstanding van Christus word ons skuld versoen. Ten tweede: deur die opstanding van Christus, word ons tot 'n nuwe lewe opgewek. Gemeente in die woord opgewek is daar 'n mooie sinspeling op die opstanding van Christus verwerk. Daarmee stel sondag 17 Christus se opstanding in ons lewe sentraal.

Ons bely: Ten tweede word ons ook deur sy krag, dit is die opstandings krag van ons Heiland, opgewek tot 'n nuwe lewe. Let op: daar staan nie sal ons by die wederkoms an Christus opgewek word nie. Nee daar staan: "word opgewek". Ons word nou al tot 'n nuwe lewe opgewek! Christus is opgewek, ons word nou al deur Hom, uit krag van sy opwekking, tot 'n nuwe lewe opgewek.

Daar is ook christene wat dit onnodig ag om die "opgewek word" so te beklemtoon. Hulle se: ons is met Christus opgewek tot 'n nuwe lewe. Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie. Tog moet ons bly bely: ons word opgewek tot 'n nuwe lewe. Dis teenwoordige tyd! Van ons Heiland wat opgestaan het gaan vanuit die hemel 'n aksie uit. Sy krag bly altyd deur uitgaan om ons tot die nuwe lewe op te wek. Juis die uitdrukking "deur sy krag" laat ons sien dat dit stryd kos om die nuwe lewe in ons op te wek. Dis 'n voortdurende stryd, waarby ons die opstandingskrag van ons Heiland nodig het om staande te bly.

Het ons geen moeite met ons ou mens soos Paulus nie? Hy skrywe in Rom. 7: 21-24: "So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is. Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here. " Paulus wil maar se: Deur ons Heiland wat opgestaan het, wat met sy krag Paulus en al die kinders van God in die stryd staande hou.

Hierdie sondag verwys ook na Rom. 6: 4 waar Paulus oor dieselfde stryd skrywe, naamlik: Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die heerlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei. Deur hierdie verwysing word daar 'n troosvol verband tussen ons stryd en die krag van Christus in ons doop gele. In die tyd van Paulus is deur onderdom- peling gedoop. Soos ons in die doopwater ondergaan, so is ons met Christus in sy dood begrawe. Uit daardie doopwater het ons tot 'n nuwe lewe opgestaan. Antwoord 45 se: deur sy krag opgewek tot 'n nuwe lewe.

Gemeente, ons Heiland wat opgestaan het is in ons lewe kragtig aan die werk. Deur Hom word die krag van ons ou mens in ons gebreek. Telkens mag ons sy krag in ons stryd ervaar. Seuns of dogters wat teen hul gewoonte in die hand op die mond le, as vader of moeder hul teregwys. 'n Besigheidsman wat sy klante eerlik behandel. 'n Ampsdraer wat in gesprek met gemeente lede sy aggressiwiteit onderdruk. 'n Man en vrou wat in hul huwelik wat verbrokkel het, tog weer tot versoening kom. Telkens weer word die hand van ons Heiland in sy opstandingskrag ervaar, as Hy ons oprig en in die stryd staande hou. Op die werking het die digter van Psalm 119 al vooruit gegryp, in sy bede: gee my nuwe lewe soos U in u Woord beloof het!

Ons mag om die nuwe in Christus opgewekte lewe bid. Dieselfde geld vir ons kerklike lewe. Die twee ons geestelike lewe en ons kerklike lewe is nou aan mekaar verbind. Of dink ons dat 'n kragtig lewe wat in die krag van Christus opgewek is, nie in die kerklike lewe deurwerk nie? Ons kan so baie kritiek he, op dit wat in die kerk gebeur.

Suurgesigte en kritikasters kan in die kerk veel bederf. Daar teenoor, wanneer ons deur die krag van Christus opgewek, as christene uit die krag van Christus gaan lewe, sal dit ook in die omgang met ons broers en susters in die kerk deurwerk. Ook in die omgang van ampsdraers en gemeente lede sal dit opgemerk word. Daar moet groot dankbaarheid wees, as Christus onder ons 'n opgewek kerklike lewe bewerk. Dit sal selfs in die samelewing sy uitwerking he. Van die gemeente van Christus gaan daar 'n groot krag van vernuwing tot die samelewing uit. Die lig van die oorwinning van Christus straal dan die wereld in!

III Gemeente, nog steeds is die horing van oorvloed in die opstanding van Christus nie leeg nie. Daar is nog 'n derde: Die opstanding van Christus is vir ons 'n gewisse pand van ons salige opstanding. Daarby moet ons dink aan wat Paulus in 1Kor. 15: 20 geskryf het: Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit die wat gesterf het. Triomfantelik en dwingend stel Paulus aan die eind van sy betoog teen hulle wat die opstanding uit die dood nie geglo het nie: maar nou, Christus is opgewek!

Opgewek as eersteling, dis 'n sprekende beeld, wat Paulus uit die Ou- Testamentiese erediens geneem het. Die Israeliete moes elkeen die eerste ryp are van sy oes na die priester toe neem. Hy moes die are as 'n beweeg offer vir die Here aanbied. Dit was as 'n onderpand vir die hele oes wat nog sou kom. Nou het Christus die eersteling uit die wat gesterf het, geword. God het Christus oor die akker van die wereld beweeg, die akker waarin so baie dooies op die koms van ons Heiland in heerlikheid wag.

Christus is die eersteling, die onderpand, dat eenmaal almal wat van Christus is, uit die doodsakker van die wereld opgewek sal word. Tot slot word gese: Die opstanding van Christus is vir "ons" 'n onderpand van "ons" salige opstanding. In hierdie sondag word voortdurend oor ons gepraat. Die horing van oorvloed stroom uit oor ons almal wat saam met die ou christelike kerk bely: Ek glo in Jesus Christus wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode. Ek glo, ons glo: vir ons is die opstanding van heerlike beloftes vol. Ons mag die lewe van die prille begin tot aan die somtyds moeilike einde in die lig van die opstanding van Christus sien. Laat daar die geloof in ons hart lewe. Laat die "ons" ook vir my en julle geldig wees. Gaan nie in ongeloof buitekant daardie "ons" staan nie. Gaan alleen uit Christus die Here wat waarlik opgestaan het lewe en in Hom, die enigste troos, staan en stry. Daarmee staan of val ons opstanding in heerlikheid. Prys en loof Jesus Christus ons Heiland wat opgestaan het.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)