God se toorn het Christus synde sonder sonde vir ons tot sonde gemaak

Predikant: 
Ds FJ Bijzet
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2018-01-20
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 15
Preek Inhoud: 

Sondag 15 Heidelbergse kategismus (Preek Ds F J Bijzet)

Lees: Jesaja 53 & DL II 1-5
Sing:
 Sb 17
 Sb 15
 Ps 38: 1, 9, 15, 18, 21
 Ps 90: 7, 9

Gemeente van onse Here Jesus Christus

In Sondag 14 het ons belydenis gedoen van die wonderbaarlike ontvangenis en geboorte van ons Heiland: ontvang van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria is Hy ewige seun van God wat ware en ewige God is en bly. So het Hy neergedaal in ons menslike bestaan. God het vlees en bloed aangeneem en mens geword, soos u en ek. Ja, veral op die laaste le sondag 14 selfs die nadruk. Hy het mens van vlees en bloed geword om in alles aan Sy broers gelyk te wees. Maar dan word terselfdertyd gese: uitgesonderd die sonde. In een opsig was Jesus Christus nie aan ons gelyk nie: sonder sonde het Hy in die wereld gekom. As enigste mens het Hy nie vanaf sy ontvangnis in die moederskoot die erfskuld in Hom saamgedra nie. Hy het geen sonde geken nie.

Maar nou beskryf die apostel Paulus Jesus erens as sonder sonde: Hy wat geen sonde geken het nie, het God vir ons tot sonde gemaak. In hierdie enkele kernagtige sin het Paulus die doel van die koms van God se seun in die vlees saamgevat. Jesus Christus, in alles Sy broers gelyk, uitgesonderd die sonde, het tog meer van die sonde gevoel en verduur as al Sy broers. U en ek ingesluit. God het Hom tot sonde gemaak. Soos Jesaja dit al geprofeteer het: om ons oortredinge is Hy deurboor, om ons ongeregtighede is Hy verbrysel, die straf wat vir ons die vrede aanbring was op Hom. Die Here het al ons ongeregtighede op Hom laat neerkom. Christus wat sonder sonde in die wereld gekom het, word deur God tot sonde gemaak. Maar daarvoor het Hy dan ook in die wereld gekom. As ons verlosser wat self sonder sonde die toorn van God oor ons sonde gaan dra om ons daarvan te verlos.

Ons kan dus met Sondag 14 by die belydenis van Christus se koms in die wereld (kersfees) nie bly staan nie. Ons moet verder met sondag 15 waar ons hoor van Christus se lyde onder die toorn van God. Kersfees loop uit op die kruis. Maar dan mag ons ook saam met Paulus se: Hy wat geen sonde geken het nie, het God tot sonde gemaak sodat ons sou word: geregtigheid van (? ) God in Hom. Want die evangelie van Christus se lyde is die evangelie van versoening!

Ek bedien u dan vandag die evangelie van versoening volgens die belydenis van sondag 15 onder die tema:

God se toorn het Christus synde sonder sonde vir ons tot sonde gemaak.

Deur God se toorn

  1. het Christus gely gedurende Sy lewe.
  2. is Christus veroordeel deur Pilatus.
  3. is Christus vervloek aan die kruis.

Ons nagmaalsformulier spreek op 'n indrukwekkende wyse van die lyde van ons Heiland en die betekenis daarvan vir ons, Sy gemeente. Dit bereik 'n hoogtepunt in die gebed wanner gese word dat ons in die nagmaal die heerlike gedagtenis aan die bittere dood van ons Here Jesus Christus vier. Eintlik 'n vreemde uitdrukking: die heerlike gedagtenis aan die bittere dood. Hier le 'n innerlike teenstrydigheid. 'n Bittere, verskriklike dood word feestelik herdenk! Maar so mag die kerk dit se tot haar God in die hemel, so mag die heilige nagmaal gevier word, omdat ons weet dat hierdie enkele angswekkende dood vir baie die ewige verlossing geword het. Hierdie bittere dood het 'n heerlike gevolg. So alleen kan die kerk dit ook bly se, wanneer die kerk die unieke betekenis van die lyde en sterwe van Jesus Christus voor oe hou; wanneer sy bly sien dat God se toorn Christus synde sonder sonde vir ons tot sonde gemaak het, sodat ons vir ewig van die toorn bevry kan word. Want dit is geen vanselfsprekendheid dat mense so bly glo in die bittere dood van Christus nie. Dit is geen vanselfsprekendheid dat mense so die bittere dood van Gods liewe seun Jesus Christus tot 'n heerlike gedagtenis bly behou nie. Daar was nog altyd dwaalgeeste wat gepoog het om hierdie geloof van die kerk te ontneem. En hulle is daar vandag nog. Die naam van Dr Herman Wiersinga is by sommige van ons bekend, maar ons hoef nie by hom stil te staan nie, broeders en susters. Hy is maar een van 'n lang ry teoloe wat die lyde van Christus en sy bittere dood van die heerlike betekenis daarvan wil beroof.

As ons in Sondag 15 op die vraag "wat verstaan jy onder die woordjie gely" ingaan, dan bely ons dat Christus aan liggaam en siel Sy hele lewe op aarde, maar veral aan die einde daarvan, die toorn van God teen die sonde van die ganse menslike geslag gedra het - dan wil genoemde teoloe in die plek daarvan lees: dat Christus aan liggaam en siel die ganse tyd van sy lewe op aarde, maar veral aan die einde daarvan, die toorn van die mens (tegen zijn ontmaskerde optreden) gedra het......

Het God Sy toorn oor Jesus uitgestort, Sy kruisdood bewerk om sodoende voldoening te kry van ons sondes? Nee, hoegenaamd nie, so word beweer. So is God nie. Hy is geen hardvogtige God wat ten koste van alles bloed wil sien noudat Sy regte geskend is nie. Die gedagte oor God is maar al te menslik.

Maar wat het dan met Jesus van Nasaret gebeur? Hierdie mens deur God gestuur, het verskil van die ander. Hy ontmasker onbarmhartig die hoogmoed en skynheiligheid van Israel se geestelike leiers. Hy het uitdagend opgetree deur op die Sabbat te genees, deur met tollenaars (die verstotenes van die maatskappy) om te gaan, deur Sy hand uit te steek na die onreines, deur die samaritane nie te verag nie, ens.

Gevolglike het die volk so geiriteerd geraak dat hulle hierdie Jesus buite die stad uitgegooi en aan die kruis gespyker het. En Jesys het hom laat vermoor om Hom vir die mensheid op te offer.

Was dit dan God se wil? Was dit Sy toorn wat hieragter geskuil het? Inteendeel, God wou slegs die bevryding van die mens uit die band van die kwaad. Dit het Jesus kom duidelik maak. Wanneer Jesus dan aan die kruis gespyker word, laat God dit toe om in die gekruisigde Jesus die erns van die kwaad in die mens te ontmasker, om te illustreer hoe ver die sondige mens kan gaan en gegaan het. Miskien sal hulle dan skrik en kom daar verandering.

Dit gemeente is die eeue-oue, maar nog aktuele dwaling oor die lyde van Christus wat aan die kerk opgedring word. Ons kan dan nie meer spreek van 'n heerlike gedagtenis aan die bittere dood van ons Heiland nie. Dan moet ons liewer spreek van die skokkende gedagtenis aan die bittere dood van Jesus Christus.

Klink dit nie vroom nie? Is dit nie aanneemlik om te se dat die verantwoordelikheid vir die lyde van Christus hoegenaamd nie by God le nie, maar by die mens?

Nee, broeders en susters, want so word die lyde en sterwe van ons Heiland beroof van die unieke karakter daarvan, en gelyk gestel aan die lyde van 'n onskuldig-gestenigde Stefanus, of 'n gekruisigde apostel Petrus, of Jan de Bakker wat op die brandstapel gesterf het en al die ander christen martelare. Hierdie dwaalteologie ontken God se toorn oor die sonde nadat dit die erns van die sonde teen God weggeredeneer het. In die sonde word nie meer geglo nie, die verbondsbreuk van Adam waardeur God se toorn oor die ganse mensdom gekom het. Die sonde word slegs gesien as 'n nadelige invloed op die medemens, pleks van rewolusie teen die allerhoogste God. Gevolglik wil die mens ook niks meer weet van God se toorn in die lyde van Christus nie.

Maar die kerk hou vas aan die woord van die apostel Paulus: Hy wat geen sonde geken het nie, het God tot sonde gemaak om so die wereld met homself te versoen. Christus se lyde verskil in hierdie opsig van elke ander lyde in hierdie wereld: Dat die Vader Homself teen Hom gekeer het. Hy het die toorn van God ondergaan, terwyl God dit oor ons moes uitgestort het.

As die lyde van Christus volgens menslike maatstawwe gemeet word, sal daar genoeg voorbeelde aangehaal kan word van gevalle van 'n swaarder en meer uitgerekte lydensweg. Die media vertoon dikwels beelde waarby die vinnige kruisdood nog gunstig vergelyk. Maar Christus het die toorn van God oor die sonde van heel die menslike geslag gedra. Die omvang daarvan en hoe swaar die lyde vir Christus gewees het weet geen mens uit ervaring nie.

Daarom het die seun van God mens onder die mense geword. Om die toorn te dra waaronder elke mens sou beswyk het. Die kategismus dui spesifiek aan dat Christus gedurende Sy hele lewe onder die toorn van God gely het. Dit word dikwels nie raakgesien nie. As ons praat van die lydenstryd van Christus, beperk ons dit maklik tot die gevangeneming en die kruisdood. Christus het egter vanaf die geboorte in Bethlehem onder die toorn van die Vader oor ons sondes gely. Sy hele lewe sou lyding wees. Lyding, en nogmaals lyding.

Sy liggaam was vergangklik en stoflik. Sy ouers omring Hom direk al met hul aanhoudende sondes teen Sy Vader (? ). Hy moet vlug na Egipte terwyl Herodes tientalle babas in Bethlehem vermoor (ombring). Toe Hy ouer word het Josef en Maria Hom nie begryp nie. Hy kry broers en susters wat onderling enenig is en stry. Toe kom die duiwel om hom te versoek. Sy heraut, Johannes die Doper, het Hom ook nie verstaan nie. Sy dissipels was kortsigtig. Die volk het 'n totaal ander verwagting van Hom gehad. Die joodse leiers poog om Hom dood te maak. Op die laaste moment laat Sy dissipels Hom in die steek, selfs Petrus met sy grootpratery, en staan Hy soos 'n herder sonder skape terwyl juis Hy Sy lewe wil gee vir die skape.

Ek kan slegs die dieper lyde in heel die lewe van Jesus aanvoel, broeders en susters, as ek bly sien dat God se toorn oor ons sondes op Hom gelaai is. Hy wat sonder sonde was, is vir ons tot sonde gemaak. Hier was 'n mens wat nie deur die sonde afgestomp was soos ons nie, maar alles haarfyn aangevoel en op alles suiwer gereageer het. In die onbegrip, die veragting, die eensaamheid en die siekte en kwale waarmee Hy gekonfronteer was, ja in alles het Christus die mag van die sonde gevoel en weet Hy dat Sy Vader Hom met opset daarmee konfronteer, omdat Hy vir almal die volle omvang van die verskrikking daarvan moes ondergaan. Hy wat self sonder enige sonde was. Hier word Jes. 53 in die lewe van Jesus Christus vervul: Hy was verag en van die mense verlaat, 'n man van smarte en vertroud met siekte. Nogtans: ons siektes het Hy op Hom geneem en ons smarte gedra. Dit het die Here behaag om Hom te verbrysel.

Maar juis as ek dit in die geloof aanvaar, dan is die gedagtenis aan die bittere lyde en sterwe van my Heiland tog 'n heerlike wete! Want Jesaja se meer: "Oor ons oortredinge is Hy deurboor, om ons ongeregtighede is Hy verbrysel. Die straf wat vir ons die vrede aanbring was op Hom. Die Here het al ons ongeregtighede op Hom laat neerkom. Maar wanneer Hy Homself as skuldoffer gestel het, sal Hy nakomelinge sien...... "

Van die nageslag mag ek deel wees. Met Sondag 15 mag ek nou se dat Hy gedurende Sy lewe God se toorn oor my sonde gedra het. Deur sy lyde as enige soenoffer het Hy my liggaam en siel van die ewige verdoemenis verlos. Vir my het Hy God se genade, geregtigheid en die ewige lewe verwerf. Sy lyde word my versoening met God.

God se toorn oor ons ons sonde het aan die einde van Jesus se lewe 'n hoogtepunt bereik, gemeente. Die apostoliese geloofsbelydenis het daarvan twee momente vasgele. Eerstens die veroordeling deur Pontius Pilatus.

Dit is ons tweede punt. Wat is die belang van hierdie man dat hy genoem word in die apostolicum? Wat van Annas, Kajafas of Herodes?

Christus self het die lyde onder Pontius Pilatus goed verstaan. Toe Pilatus se: "Weet U nie dat ek mag het om U los te laat of te laat kruisig nie", het Christus geantwoord: "U bevoegdheid en mag as wereldlike regter word U van bo gegee". Pilatus het onbewustelik gelyk gehad. Hy het gemeen dat die keiser in Rome hom die bevoegdhede gegee het, maar Christus het die Groot Regter van bo agter hierdie klein regter van onder sien staan. Pilatus was regter by die grasie van God.

In 'n publieke proses word die Seun van God onskuldig ter dood veroordeel. God wil Pilatus publiek gebruik om Sy Seun wat sonder sonde was tot sonde te maak. Pilatus probeer egter om hieraan te ontkom. Eers probeer hy die joodse leiers: "neem julle Hom en oordeel Hom volgens julle wet". Daarna word Herodes met die saak opgeskeep. Herodes weer stuur Hom terug na Pilatus. Dan kom daar die boodskap van sy vrou: "bemoei u tog nie met hierdie regverdige man nie". Selfs hierdie vrou voel aan dat Christus onskuldig is. Pilatus wil maar al te graag aan die versoek van sy vrou voldoen, maar het nie die moed nie. Vir die jode se hy: "ek vind geen skuld in hom nie. Watter kwaad het Hy gedoen? " Hy probeer die volk oorreed om Barabbas vry te laat, maar dit misluk. Nog weer probeer hy: "Ek sal Hom gesel en dan loslaat", maar die volk is buiten hulle self (woedend). Hulle dreig met die keiser. Hierdie argument weeg swaar.

Dan kom die gewigtige moment. Regter Pontius Pilatus gaan sit op die regterstoel en laat water aanbring. Hy was sy hande voor die oe van die volk, almal moet dit sien...... Pilatus ag Jesus onskuldig: "Ek is onskuldig aan Sy bloed, julle moet self maar sien en kom klaar", en dan gee hy Jesus oor om gekruisig te word.

Verstaan U iets hiervan, broeders en susters? Wat dit alles vir ons borg beteken het? Agter Pilatus as amptelike owerheidspersoon, het Hy Sy Vader gevoel as regter. Dit was alles in Sy hand. Dit het Pilatus so ver gebring om te se: "hierdie onskuldige Jesus maak ek nogtans skuldig". Omdat Hy Self terselfdertyd gese het: "Ek maak Hom wat geen sonde het nie, tot sonde vir Sy volk". Voor die regterstoel van Pilatus trek God vir 'n oomblik die ewige oordeel in die kringloop van ons bestaan (tyd) en bring dit naby ons. Het Jesus daar nie as ons Borg in ons plek gestaan nie? Terwyl daar onder voor die wereldlike regter ons Borg onskuldig veroordeel is en God Hom wat sonder sonde amptelik tot sonde gemaak het, spreek God bo in die hemel as Regter vonnis oor ons sondes. Hy het dit laat neerkom op ons Heiland pleks van op ons wat daaronder sou beswyk het. Die oordeel wat ons as skuldiges moes tref, word van ons af weggeneem en op Christus, die onskuldige, gele. Dit het ons vryspraak beteken, gemeente! Van Pilatus sien ons dat die oordeel, ons oordeel, op Christus neergekom het.

Hy is onskuldig ter dood veroordeel, sodat ons voor God se gerig vrygespreek sal word. Gemeente, is dit dan geen heerlike gedagtenis aan die bittere lyde van ons Heiland?

Toe kom vir Hom die kruis, die dieptepunt. Dit ten slotte. Die kategismus vra: "het die kruis nog 'n spesiale betekenis gehad? " Sou dit anders gewees het as Pilatus Christus laat onthoof het, of stenig? In antwoord op die vraag plaas die kategismus die kruisdood in die lig van God se wet.

Die wet skryf in die boek Deuteronomium vir besondere gevalle voor om 'n misdadiger op te hang aan 'n paal. Dit, na die voltrekking van die doodstraf. Dit was 'n teken daarvan dat die begane sonde so swaar was dat die aardse regters moes se: "HERE, ons het met hierdie misdadiger gedoen wat ons kan, maar die straf wat hy verdien kan ons nie volledig uitkeer nie. Hy verdien om deur U vervloek te word. Ons kan slegs die liggaam dood, maar u kan die siel doodmaak. Ons geen hom aan U oor. Voltrek U die vloek aan hom".

Christus het God se wet baie goed geken. Hy het geweet wat dit beteken om aan 'n paal te hang. Hy het besef dat God die vloek wat ons verdien het, op Hom gelaai het. God het Hom wat sonder sonde was, vir ons aan die kruis volledig tot sonde gemaak. Nou moet U, gemeente, goed daarop let hoe God ook die geskiedenis so lei dat Christus werklik die vloek in al sy omvang moes dra. Want in die wet was die hang aan 'n paal voorgeskryf nadat die doodstraf voltrek was. Die Romeine egter het die gewoonte gehad om hulle veroordeeldes lewendig aan die kruis te spyker. So moes Christus die vloek van Sy Vader ondergaan: bewustelik, terwyl Hy nog gelewe het (by Sy volle bewussyn). So het Hy die vervloeking wat op my gele het, op Hom geneem. Hy het Sy geseende liggaam aan die kruis laat spyker sodat Hy die akte van beskuldiging teen u en my, broeders en susters, weg sou doen deur Hom aan die kruis te nael.

Het ons in hierdie diens nie gesing:

(In het kruis zal'k ewig roemen
en geen wet zal my verdoemen
Christus droeg de vloek van My)

Maar dan bly die gedagtenis aan die bittere dood van my Heiland 'n heerlike gedagtenis. Niemand kan dit van my af wegneem nie.

Amen

Liturgie: 

(kyk in preek)