Die belydenis van Jesus Christus as eniggebore seun van God onse Here

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2018-01-20
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 13
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 13 H. K.

My Here en my God!

Lees: Romeine 14: 1 - 17
Teks: Sondag 13 H. K.
Sing: Sb 8: 2 en 4
na wet Ps 143: 2
na belydenis Sb 50: 1 en 7
Ps 2: 1, 4, 6
Ps 21: 3
Ps 72: 10

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

As julle ooit in die geleentheid is om Rome te besoek, moet julle beslis die katakomben gaan sien. Diep onder die grond van Rome is daar gange gegrawe om boustene te kry. Later is hulle gebruik om dooies te berre. Veral die eerste christene het vir daardie doel van die katakomben gebruik gemaak. Links en regs het hulle nisgrafte uitgekap waarin hulle hul oorlede geliefdes geberre het. Wat die besigtiging so boeiend maak, is die tekeninge wat die christene op die wande aangebring het. Daarin het hulle hul geloof gesimboliseer. Een van die mees bekende is die simbool van die vis. Die griekse woord vir vis is naamlik Ichthus. In die taal is die letters van daardie woord weer die beginletters van: Jesus Christus, Gods Seun, Verlosser. So het hulle by die grafte van hul geliefdes hul geloof in Christus as die Seun van God bely. Dit was hul oerchristelike belydenis.

Die ou-christelike kerk het die name ook in haar geloofsbelydenis opgeneem. U weet, die belydenis het by die doopvont ontstaan. Daar, as hulleself, of hul kinders gedoop is, het hulle hul geloof in Jesus Christus as die Seun van God bely. In sondag 11 het ons bely dat die Seun van God Jesus heet, daarna in Sondag 12 dat Hy ook Christus is. Sondag 13 kom nou die laaste twee Name wat ons van ons Heiland bely, verklaar. Waarom enigegebore Seun van God en waarom onse Here? Twee belangrike vrae en antwoorde waarmee ook die kerk van die twintigste eeu die oeroue christeklike belydenis hoog hou: Ek glo in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God onse Here. Ek spreek oor:

DIE BELYDENIS VAN JESUS CHRISTUS AS ENIGGEBORE SEUN VAN GOD ONSE HERE.

  1. Dit is in die evangelie gewortel;
  2. Dit lĂȘ die fondament onder ons kind van God wees;
  3. Dit het ons vrye diensknegte van 'n unieke HEER gemaak.

I Dit is opvallend dat die sondae 11, 12 en 13 almal begin met waarom. Waarom word ons Heiland Jesus genoem, waarom word Hy Christus genoem, waarom word Hy die eniggebore Seun van God genoem, waarom noem jy Hom Here. Tog val sondag 13 uit die toon. Vraag 33 begin wel, net soos die voorgaande sondae met waarom, maar kyk ons dan om so te se ondersoekend aan en vra dan: as ons tog ook kinders van God genoem word? Hoor ons die ontroerende waarheid in hierdie vraag gemeente?

Die kategismus wil vir ons se: Ons hoor mos bymekaar. Met sondag 11 het ons, ons Heiland al as die Seun van God bely, maar ons is mos ook kinders van God? Ons almal behoor tot die een groot huisgesin van God, waarom voeg die kerk daar dan eniggebore aan toe? Antwoord 33 se vir ons: dat die woord eniggebore niks aan die feit verander dat ons Heiland ons grote Broer is en ons as christene kinders van God is nie. Alleen, ons Heiland is dit in 'n spesiale manier. Hy is die ewige natuurlike Seun van God, ons is dit in 'n ander manier: Ons is om Christus ontwil, uit genade, tot kinders van God aangeneem.

Het ons gesien hoe mooi die kategismus die Seun van God wees verduidelik? Dis glad nie eenvoudig om dit ten opsigte van ons Heiland verstaanbare inhoud te gee. Die diep woorde "ewige en natuurlike Seun van God" is vir ons menslike verstand te hoog en wonderbaar. Teoloe het al met hierdie woorde op loop gegaan, hulle het daaroor gespekuleer en diepsinnige beskouwings vootgebring. Ons kategismus wil dit beslis nie doen nie, maar wil ons geloofskennis verdiep, om daar midde in ons daaglikse lewe houvas aan te he. Daarom het vraag 33 ons Heiland as die Seun van God direk met ons as kinders van God in verband gebring. Teen die agtergrond het die verduideliking van antwoord 33 vir ons deursigtig geword.

Netnou het ons die woorde "ewige en natuurlike" diep woorde genoem. Daar is 'n diepte in wat ons glad nie kan peil nie. Tog is hierdie belydenis so uit die Woord van God gegryp. Dink aan die hoogtepunt in die evanglie van Matteus, hoofstuk 16. Daar het Christus vir sy dissipels die vraag gestel: "Wie, se die mense, is die Seun van die mens? " Hulle antwoord: "Party se Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete. " Dan is dit dat Jesus op die man af vra: "Maar julle wie se julle is Ek? " Simon Petrus het geantwoord: "U is die Christus die Seun van die lewende God. " "Salig is jy Simon Barjona" het Jesus vir hom gese, "want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is. " Dis die hart van die evangelie Christus die Seun van God!

Gemeente die Johannes evangelie praat op verskillende plekke oor ons Heiland as die Seun van God! Dit begin daarmee, in 1;14 lees ons: "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy, as die enigste Seun, van die Vader het, vol genade en waarheid. " dan in vers 18 " Niemand het ooit God gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat naaste aan die Vader is, die het Hom bekend gemaak. " Wie dink in hierdie verband nie aan Joh. 3: 16 "God het die wereld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal he. " En vergeet nie vir Tomas nie, vir hom het Jesus gese: "Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig. " Die antwoord van Tomas het vir die hele christelike kerk normatief geword, naamlik: "My Here en my God!" (Joh. 20: 28)

Daar is nog meer plekke uit die Johannes evangelie te noem, soos Joh. 8: 58 waar Christus vir die jode se: "Dit verseker Ek julle: Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is. " Of Joh. 10: 30 "Ek en die Vader is een. " Hoekom is dit dat die kerk deur die eeue, telkens vir handhawing van hierdie belydenis gestry het? In die eerste begin kort na Pinkster het die kerk reeds die belydenis geformuleer: Ek glo in Jesus Christus die Seun van God onse Here. Die kerk het dit met die bloed van martelare beseel en in rots gegrif by die grafte van hulle wat dit bely het. Tog sien ons hoe, in die vierde eeu, die kerk juis op hierdie geloofswaarheid in 'n krisis situasie beland. Daaraan het ons twee ekumeniese belydenisskrifte, die geloofsbelydenis van Nicea en van Athanasius, te danke.

Onthou ons nog hoe kort nadat Constantyn die grote 'n end aan die christenvervolging gemaak het, Arius ons Heiland wel as 'n goddelike wese wou bely, maar pertinent geweier het om te bely dat Christus God uit God en Lig uit Lig is. Teenoor hom het Athanasius die belydenis met hand en tand verdedig. Hy het raakgesien dat die evangelie self, deur daardie dwaling op die spel geplaas was. Natuurlik het hy Arius gelyk gegee dat ons Heiland ook mens is: Aan die kruis het Hy: " My dors geroep. " Tydens die versoeking in die woestyn is Hy teen die eind deur honger oorval. In Getsemane het hy baie beangs geword. In alles het Hy sy broeders gelyk geword behalwe die sonde. Dat ons Heiland tegelyker- tyd ook God was en gebly het, dit het Arius geweier te aanvaar.

Teenoor hom het Athanasius gevra: wat het ons aan 'n Heiland wat nie tegelyker tyd waaragtig God is nie? Hoe kan die sondes dan vergewe word? As Hy nie waaragtig God is nie hoe het Hy dan ooit die dood kan oorwin? Teenoor Arius het Athanasius die sentrale inhoud van die evan- gelie met krag verdedig. Nogeens wees dankbaar, deur hom is die woorde: "God uit God en Lig uit Lig" in die belydenis van Nicea opgeneem.

Lees by die huis die geloofsbelydenis van Athanasius nog eens deur en sien hoe kragtig daar die drieeenheid van God en dus ook die God wees van Christus bely word. Dis agter hierdie konfessie van die ou-chris- telike kerk wat die kerk van die reformasie hom in die kategismus gestel het. Daarin het die band met die ou-christelike kerk bewaar gebly. Die kerk van die reformasie was geen nuwe kerk nie, maar het in die ekumeniese spoor van die ou christelike kerk voortgegaan. Hulle het nie 'n goddelike en daar langs 'n menslike Jesus bely nie, maar een Jesus bely wat God en mens in een persoon is!

Gemeente ons het 'n Heiland wat langs ons staan, dink maar aan Getsemane, maar tegelyk as die Seun van God ook dood en graf oorwin het. Luister nog 'n maal na die begin van antwoord 33: Ons Heiland is die ewige natuurlike Seun van God. Daarin le 'n diep geheim opgesluit. Ons bely natuurlike Seun. Reeds voor sy menswording was Hy die ewige Woord wat God is en by God is, deur wie alle dinge ontstaan het. In geloofstaal het die kerk die woord genereer gekies, vir die onbegryplike wonder dat die Vader van ewigheid tot ewigheid die Seun voortbring. Om 'n mensekind te verwek is daar 'n vader en moeder vir nodig. In die woord natuurlik bely ons dat alleen die Vader uit Homself die Seun voortbring.

Die kind wat in die kersnag in die arme van moeder Maria gele het, is die eie Seun van God wat by sy God wees ook die menslike vlees en bloed aangeneem het. Van elk kind wat gebore word kan die tyd van geboorte vasgele word. Die eniggebore Seun van God is egter ewig, daar is geen tyd van geboorte wat geregistreer kan word nie.

Paulus het aan Timotheus geskrywe: "die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wereld, is opgeneem in heerlikheid. " (1 Tim. 3: 16) Die eniggebore Seun van God is die kind van Betlehem, is die man van Golgota en het onder die mense gewoon.

Dis belangrik dat ons hierdie belydenis in ons tyd handhaaf. Dit gaan maar nie om 'n dogmatiese stelling 'n brok teorie nie, maar om die lewensbelangrike belydenis dat ons Heiland ook God is. Want vandag word daar so baie onbybelse sienings oor ons Heiland verkondig. Soos dat Hy 'n groot rewolusioner was in sy opstand teen Rome, of Hom teen die gevestigde orde van Fariseers en Skrifgeleerdes versit het. Prof. Schillebeeckx het gese: Jesus was 'n groot profeet, maar dat hy die Seun van God is, is 'n oortrekking van die lewensverhaal van Jesus wat die evangeliste in hul ekstase geskryf het. Daar word ook beweer dat daar 'n dubbele Jesus, 'n goddelike en 'n menslike Jesus was. Gemeente laat julle nie deur hierdie dwalings op sleeptou neem nie.

Bly saam met die kerk van apostele, martelare en reformatore bely dat Jesus die eniggebore Seun van God, die ewige natuurlike Seun van God is. Daarvan is ons saligheid afhanklik! Hoe sou Jesus die fondament van ons saligheid kon le, die saak vir ons met God in die reine bring, as Hy nie waaragtig God sou wees nie? Daar is geen andere weg tot God nie as alleen deur Jesus Christus. Hy delg die skuld uit, het ons ou gereformeerde Vaders al gese. Dis vandag nog hoog aktueel! Uitdelg, uitwis, soos Jesaja 44 vers 22 ons leer: "Ek het jou oortredinge, jou sondes uitgewis hulle verdwyn as wolke, soos miswolke" Die Here kan dit doen omdat sy eie liewe Seun, as Seun van God ons skuld tot op die laaste sent aan Vader betaal het.

II Die kategismus het nie na die belydenis van ons Heiland as die eniggebore Seun van God gestop nie, maar vervolg fyntjies: terwyl ons om sy ontwil uit genade tot kinders van God aangeneem is. In die begin van die preek het ek al op die noue verband tussen "die Seun van God wees" van Christus en "ons kind van God wees" gewys. Nou gaan antwoord 33 vir ons verklaar hoe dit moontlik is dat Christus die enig gebore Seun van God is en ons tog kinders van God kan wees. Want ons is uit genade tot kinders van God aangeneem.

Wat 'n krag en troos vind ons in hierdie woord "aangeneem" daar is die hele leer van die vrye genade in opgesluit. Ons ken mos almal die woord adopteer, aanneem, die wet maak dit moontlik dat 'n kind wat aangeneem word dieselfde reg verkry as 'n kind wat langs die natuurlike weg ontvang is. Soos dit nou ook met ons, van nature is ons kinders van die toorn. In Adam het ons die kindskap totaal verspeel. Nou kom God die Here en Hy neem ons om Christus ontwil, uit genade, tot sy kinders aan.

In die Ou-Testament word daar al beeldend oor die aanneming gespreek. In Esegiel 16 kan ons van die aanneming van die volk Israel tot kinders van God lees: "Jy is met afsku behandel en in die veld weggegooi die dag toe jy gebore is. Toe het Ek verby gekom en jou in jou bloed sien spartel. Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed gele het, gese: 'Leef'...... Ek het My met 'n eed aan jou verbind en met jou 'n verbond aangegaan, se die Here my God. Jy het Myne geword. " So het God Israel as vondeling langs die pad gekry en tot sy seun aangeneem. So het die Here ook ons tot sy kinders aangeneem.

Nou moet ons nie probeer om deur vroomheid of goeie werke tot kinders van God op te werk nie. Ons sal dit nie eers kan doen nie. God wil ons die kindskap alleen uit genade skenk. Laat ons weer na Paulus in Romeine 8: 15 luister: "Die Gees wat aan julle gegee is maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep "Abba". Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. " Met hierdie woorde het ons middein die regverdigingsleer wat Paulus verkondig, te staan gekom.

In die brief aan die Efesiers spreek Paulus ook so ruim en vertroostend oor die kind van die Here wees: "In sy liefde het God ons, volgens sy genadige beskikking, toe al daarvoor bestem, om deur Jesus Christus sy kinders te wees. " Sien ons nou hoe die woord "aangeneem" regstreeks uit die Skrif geneem is? Dink maar aan die gebed, wat die toegang tot die tafel van die Here so oop en ruim maak: "Laat ons so waarlik deel he aan die ewige en nuwe verbond van genade, sonder om te twyfel dat U ewig ons genadige Vader is wat ons ons sondes nooit toereken nie, en ons as U geliefde kinders en erfgename na liggaam en siel met alle dinge versorg. "

Die kerk bely dit ook in die formulier om die doop te bedien, as daar verklaar word waarom ons in die Naam van die Vader gedoop word: "Want as ons in die Naam van die Vader gedoop word, verklaar en verseel die Vader aan ons dat Hy 'n ewige genadeverbond met ons oprig, ons tot sy kinders en erfgename AANNEEM en ons daarom met alle goeie dinge wil versorg en alle kwaad van ons wil afweer of tot ons beswil beskik. " Hier staan ons nou by die hart van die gereformeerde verbondsleer, by die hart van die evangelie. Gemeente in die uit genade tot kinders van God aangeneem wees, le die totale betekenis van ons lewe.

Wat is die menselewe sonder genade? Sonder hierdie tot kind aangeneem wees? Ons lewe gaan vinnig verby, ons word gebore, ons trou, kry kinders en bring hulle in liefde groot en dan is die ouderdom al daar. Of 'n mens gaan alleen deur die lewe, doen sy werk, en die jare vlieg verby. Wat vir sin het dit alles? Waarvoor is dit dat ons in hierdie wereld lewe? Is dit nie magtig ryk dat direk by die begin van ons lewe die belofte verkry word dat God ons tot sy kinders en erfgename aanneem nie? Saam met Dawid mag ons sing: "Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is U my God. " Om te leef uit die belofte is om te glo dat aan die einde van ons lewe die erfenis wag. Die volle erfenis van ewig met God en die Lam in sy heerlikheid te lewe.

Gemeente mag ons dit alles nou sommerso se? sommer jouself 'n kind van God noem? Ja, dit mag ons! Dit mag ons deur gelowig midde in die stryd van ons lewe aan die beloftes van God vas te hou. Die gereformeerde verbondsleer het 'n vas fondament onder ons lewe gele. Ons mag ons kinders van God noem, nie op grond van 'n bepaalde ervaring, of 'n ingewing wat ons ontvang het nie, maar alleen omdat God ons verseker dat Hy uit genade ons tot sy kinders aangeneem het. Wat het die woord genade 'n diep en ryk klank, ons moet die woord bo ons stryd in hierdie lewe, bo die stryd teen die sonde, bo ons twyfel en ongeloof skrywe. Want Hy neem ons aan soos ons is alleen uit genade! Wat 'n troos kan hierdie woord by 'n sterfbed teweeg bring as ons sondes en al ons tekortkomings ons aankla. Teen alle aanvegtinge mag ons aan daardie woord vashou, God het uit genade my tot sy kind aangeneem!

III Ons kom nou tot die laaste deel van sondag 13 en ook tot die laaste van die vier sprekende name wat ons Heiland in die twaalf artikels dra. Die eerste is Jesus, die tweede Christus, die derde het ons net nou gehoor, tenslotte: "ons Here" Dit is die vertaling van die griekse woord Kurios. In die tyd van die evangeliste is die titel vir die keiser van Rome gebruik. Hy was die Kurios die baas van die wereld. Want dit is die betekenis van die woord, baas, opperheer, regeerder oor alle dinge. Hierdie woord word nou deur die engel wat die geboorte van die Heiland afkondig in die evangelie van Lukas gebruik: "Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die verlosser gebore, Christus die Here!" In die evangelie van Lukas word die naam Kurios nog baie male gebruik. Die keiser Kurios van die wereld? Nooit nie. Christus is die Kurios van die wereld, Hy wat uit die dood opgestaan het!

Gemeente daar is 'n noue band tussen Jesus Christus en ons in die woorde waarmee ons in die twaalf artikels Hom bely. Het ons opgemerk hoe strak die 12 artikels oor ons Heiland spreek, die name Jesus Christus die enige gebore Seun van God word net genoem. Oor sy werk word net opgesom: gely onder Pontius Pilatus, gekruisig gestorwe en begrawe, maar hier by die naam Here word ONS gebruik. Ons bely daarmme dat Hy van ons is en ons van Hom is. Dit kan nie inniger nie Hy is ons Here! Daarop reageer antwoord 34 baie duidelik, deur alle nadruk op die ons te le: Hy het ONS met liggaam en siel gekoop, Hy het ONS van die sondes verlos, Hy het ONS van die heerskappy van die duiwel verlos Hy het ONS tot sy eiendom gemaak. Het ons die ooreenkoms van hierdie antwoord met antwoord 1 opgemerk? Ja, sondag 1 is subjektiewer, persoonliker gestel: Dat ek met liggaam en siel in lewe en sterwe aan my getroue Saligmaker behoort. In antwoord 34 is die toon objektiewer: Hy het ons gekoop, ons verlos. Hier word in volle rus oor die verhouding tussen Hom en ons gespreek.

Antwoord 34 sluit nou by die Skrif in 1 Petrus 1: 18 en 19 aan: "Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgelewerde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekkeloos en sonder liggaamsgebrek is. " Hier word 'n vergelyk getrek met die gewoonte van die heidense slawe wat hulleself kon loskoop. So 'n slaaf het dan reelmatig geld by die tempel van sy afgod inbetaal. Wanneer die vereiste kapitaal inbetaal was het die slaaf met sy eienaar na die priester gegaan wat 'n kontrak opgestel het waardeur die slaaf onder beskerming van sy afgod gekom het. Petrus se nou: julle is nie met goud of silwer gekoop om aan een of ander afgod te behoor nie, maar met die dierbare bloed van jou Heiland gekoop om met liggaam en siel aan Jesus Christus te behoor.

Wat 'n diep uitwerking is daar in hierdie belydenis, ons is almal saam eiendom van Christus almal saam het Hy ons vrygekoop. Dit het ook gevolge vir ons onderlinge verhoudings. Met nadruk het Paulus in Romeine 14 daarop gewys. In die gemeente van Rome was daar allerhande moeites. Die een het geglo dat hy alles mag eet, maar die swakke het net plantaardige voedsel geeet. Sonder enig beswaar is vleis wat in 'n afgods tempel geoffer was geeet. Hulle het gese 'n afgod is niks nie, waarom sal ons die vlees wat die afgod se priesters verkoop, nie eet nie? Ander het in daardie dae glad nie vleis geeet nie, omdat amper al die vleis wat in slaghuise verkoop is ook offervleis was. As Christen wou hulle glad niks met 'n afgod te doen he nie.

Kyk nou mooi hoe Paulus die regte pad uit die moeites wys. Hy het geweet dat die vleiseters op hulle wat dit nie gedoen het nie neergekyk het. En die nie vleiseters nie het die vleiseters veroordeel. Dan se Paulus: "Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet nie verag nie, en die een wat groente eet, moet die ander wat alles eet nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem. " Sien hoe Paulus nou ons Kurios, ons Here, sentraal stel: "Die een wat alles eet, doen dit tot eer van die Here, want hy dank God. En die een wat nie alles eet nie, doen dit tot eer van die Here, en ook hy dank God". By beide gaan dit om die Kurios, en omdat hulle eiendom van Christus is gaan Paulus hulle na die sentrum na die Here toetrek! Altwee is met dieselfde bloed gekoop, moet hulle mekaar dan ook in Hom nie aanneem nie?

Natuurlik se Paulus, hoor maar: "Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. " Eiendom van ons Kurios, nader as dit kan ons nie aan ons Heiland gebind word nie. Ja in die kerk sal daar altyd verskilpunte bly bestaan. Die een wil om Christus ontwil die oue behou. Hulle meet alles noukeurig en partymaal angsvallig af. Ander het 'n ruimer standpunt en geniet om Christus ontwil wat in hierdie lewe na hom toekom. Maar as die ruimhartige sy eie kop volg, omdat hy dit nie die moeite werd vind om dinge in die lig van die Woord van God te beoordeel, dan is nie Christus die sentrum van sy lewe nie. Terwyl ook hy wat alles by die oue wil laat, omdat dit vroeer so goed was het ook Christus nie as die middelpunt van sy lewe nie. Ons mag ons nie deur tradisie, gewoonte of die voorkeur van die tydgees laat beheers nie. Alles sal ons vanuit ons Kurios ons Here beoordeel. Want enigiets wat 'n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde.

Daarom gaan naby die Here leef, dit sal ons opskerp in die beoordeling van ons tyd. Dan gaan ons 'n boek deur die oe van ons Here lees. En televisieprogramma deur die oe van ons Kurios bekyk. In die brandende vraagstukke van ons tyd op politiek, sosiaal en ekonomies gebied neem ons beslissings vanuit die heerskappy van ons Kurios. Want Hy het ons tot sy eiendom gemaak! Sal ons uiteindelik eens begin om daaruit te lewe? Ons kan angsvallig of weinig nougeset deur die lewe gaan, ons sal egter agter Christus aan moet gaan. Bedink die poort wat na die bederf lei is wyd en die pad daarheen breed, die wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en die wat dit kry, is min. Tenslotte kan niemand se: "Jesus is die Here" nie, behalwe deur die Heilige Gees. Gemeente bid dan om die Gees wat ons aan die Kurios bind. Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)