Deur Christus word ek 'n christen

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 12
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 12 H. K.

Met vreugde olie gesalf

Lees: Hand. 26: 1 - 28
Teks: Sondag 12 H. K.
Sing: Ps 89: 1 en 2
Na wet Ps 18: 10
Na belydenis Ps 93: 4
Ps 45: 1, 2, 5-9, 15, 16
Sb 8: 1 en 2
Ps 50: 1, 4, 6, 7

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

In die Skrifgedeelte wat ons saam gelees het, word ons met 'n spannend moment in die lewe van die apostel Paulus gekonfronteer. In een van die grootste hawestede in Palestina aan die Middelandse see, in Sesarea is Paulus in die tronk toegesluit. Die indrukwekkende ruines van Sesarea wat tussen Tel Aviv en Haifa le, kan vandag nog besigtig word. Paulus is eers deur goewerneur Feliks en later deur sy opvolger Festus verhoor. Geen van die twee het tot 'n beslissing kan kom nie. Daarom gaan hy nou in die aanwesigheid van Koning Agrippa, die vors van Galilea,, Paulus verhoor. Koning Agrippa het na Festus toe gekom om hom te verwelkom. Vanwee sy verleentheid in die beregting van Paulus het Festus die saak met Agrippa wat die joodse godsdiens deur en deur geken het, bespreek.

Paulus het nou die kans van sy lewe gekry: Hy mag die blye boodskap, die evangelie van Jesus Christus aan 'n Romeinse goewerneur en 'n half joodse koning verkondig. Hy doen dit meesterlik, deur eers uitvoerig van sy roeping tot apostel te vertel. Daarna het hy net verkondig wat Moses en de profete gespreek het, dat Jesus die Messias is en moes ly en die eerste wees wat uit die dood opstaan. Daardeur sou Christus die lig aan die Jode en Heidene laat verkondig. Maar sy gehoor het boos geword en Festus skreeu "Jy's mal Paulus! Jou groot geleerdheid maak jou mal!"

In sy antwoord het Paulus reguit koning Agrippa aangespreek, omdat hy van hierdie dinge geweet het. Hy se: dit het nie erens in 'n hoekie gebeur nie, koning Agrippa glo u die profete? Ek weet u glo. Nou staan Agrippa vir die keus van sy lewe, sal dit ja of nee wees? Maar Agrippa se vir Paulus: "Jy beweeg my byna om 'n christen te word. " Ek dink dit het baie stil in die hof geword, die woord christen is gebruik! Agrippa het goed verstaan by Christus behoort die christen. Helaas het Agrippa geweier om te kies, Hy het deur die verkondiging van die Christus hom nie tot christen laat roep nie. Voluit evangelies antwoord Paulus: "ek bid God dat nie net u nie, maar almal wat vandag na my luister, sal word wat ek is, natuurlik net sonder hierdie boeie. " Agrippa kon die stap van Christus tot christen nie maak nie. Vandag wil die kategismus ons in die beslissende stap saamvat. Nadat vir ons die Christus verkondig is kom die vraag op die man af na ons toe: Waarom word jy 'n christen genoem? Ons sal vanmiddag/more sien hoekom die twee Christus en christen onlosmaaklik verbind is. Ek spreek oor:

DEUR CHRISTUS WORD EK 'N CHRISTEN

Ons hoor:

  1. Wie Christus is;
  2. Wat christen wees is.

I Vanmiddag/more het vraag 31 ons midde in die onderwerp gebring: Waarom word Hy, die Seun van God, Jesus, Christus dit is gesalfde genoem? Ons Heiland word dus nie alleen Jesus maar ook Christus genoem. Hierdie naam is betekenisvol. Die griekse woord Christus vir Hom wat in die Ou-Testamenties hebreeus Messias genoem word. Hierdie twee name word in die Afrikaans met die woord gesalfde vertaal. Ons staan met hierdie naam weer in die Ou-Testament, wat soos 'n prenteboek alles van die Nuwe-Testament in plastiese beelde vooruit laat sien.

Ons kan aan die salwing van koning Dawid in 1 Samuel 16 dink. Samuel moet in Betlehem een van die seuns van Isai tot koning salf. Een vir een laat Samuel sewe seuns van Isai by hom verbyloop, maar geen van hulle word aangewys nie. Tot, na 'n vraag van Samuel, ook die jongste, Dawid, van agter die skape na hom geroep word. Toe se die Here staan op salf hom, want dis hy. Samuel het die horing met olie gevat en hom vir sy broers gesalf.

Dit was nie die eerste keer dat in die Ou-Testament iemand so tot sy amp gesalf is nie. Dieselfde seremonie word indrukwekkend in Levitikus 8 van die salwing van Aaron tot hoepriester, beskrywe. Uitvoerig het God vir Moses uitgespel hoe dit gedoen moet word. Eers moet Moses vir Aaron die wit rok aantrek en hom met die gordel gord en vervolgens hom die mantel van blou purper aantrek. Daarna het hy Aaron die skouerkleed aangetrek en daaraan die borstas waarin die name van die twaalf stamme van Israel gegrif is, vasgeheg. Tenslotte het Moses vir Aaron die fraaie tulband, met vooraan die goue plaat, op sy hoof gesit. Toe eers was Aaron volgens die voorskrif van God aangetrek om deur Moses gesalf te word en hom tot sy amp van hoepriester van Israel te heilig.

In 1 Konings 19 lees ons van nog ander salwings. Terwyl Elia moedeloos op die berg Horeb vertoef, kom God in die fluistering van 'n windstilte tot Elia en gee hom nuwe opdragte. Hy moet Gasael tot koning oor Aram salf om 'n werktuig van die vebondsvloek van God oor Israel te wees. Netso Moet Hy Jehu tot koning oor Israel salf en as laaste Elisa seun van Safat uit Abel-Megola tot profeet in die plek van Elia, salf.

Wat is nou die betekenis van die handeling van die salwing? Veral wat is die bedoeling van die Here met 'n salwing? Waarom het Hy ampsdraers laat salf? By die salf moet ons nie aan wondsalf dink nie, maar aan 'n olie wat 'n heerlike geur versprei. Die olie is berei deur geurige plantaardige stowwe met olyfolie te vermeng.

Die salwing het onder Israel twee dinge duidelik gemaak. In die eerste plek was dit 'n teken dat God iemand vir 'n bepaalde taak aangewys het. Uit die salwing deur Samuel het Dawid die sekerheid gekry dat God hom tot die koningskap roep. Soos Aaron uit die salwing deur Moses van die goddelike roeping tot hoepriester verseker is. In die tweede plek was die wolk van geur wat salfolie versprei 'n teken van die Heilige Gees wat die persoon tot die diens bekwaam maak. Deur die hand van sy dienaars is dit God self wat salf! Dink maar aan psalm 2: 6: "Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion my heilige berg. " en Psalm 45: 8: "onder groot vreugde het u God u bo u tydgenote tot koning gesalf. " In Jesaja 61: 1 het die Heilige Gees die Messias wat aan die kom was van Homself laat profeteer: "Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf. "

Gemeente nou gaan ons die antwoord van die kategismus lees. Dan sal ons opmerk dat alles wat die Ou-testament oor die gesalfde dienaars openbaar, op die Messias wat daardeur afgebeeld en sigbaar gemaak is, gerig was. Op die vraag word geantwoord: Omdat Hy, Jesus, deur God die Vader verordineer en met die Heilige Gees gesalf is tot ons hoogste profeet...... ons enigste hoepriester...... en ons ewige koning. Jesus is deur God self gesalf. Nee, nie met salfolie soos die dienaars in die Ou-Testament nie, maar God het Hom regstreeks met die Heilige Gees gesalf.

"Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water opgekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom kom. " (Matt. 3: 16) Soos die duif in die dae van Noag in die ark geen plek op die gevloekte en oorspoelde aarde kon vind nie, maar alleen op die hand van Noag rus kon vind. So het die Heilige Gees toe hy in sy volheid op aarde neergedaal het, net op Hom wat sondeloos uit die water van die Jordaan opgekom het rus gevind. Op Hom die Heiland wat deur God gestuur is.

Op Jesus kom die Gees tot rus, Dis met vreugde dat God Hom met die Heilige Gees salf tot die drievoudige amp van Profeet Priester en Koning. Dit was Calvyn wat as eerste die werk van ons Heiland volgens die drie afsonderlike ampte uit die Ou-Testament getipeer het. Die kategismus het hom gelukkig daarin gevolg. Dis waar, die sin waarin ons Heiland as profeet omskryf word is swaar gelaai, maar die moeite om dit te oorweeg meer dan werd. Hy is deur God verordineer en met die Heilige Gees gesalf tot ons hoogste profeet en leraar wat ons die verborge wil en raad van God aangaande ons verlossing ten volle geopenbaar het.

Met daardie woord hoogste profeet en leraar kom ons Heiland in die lig van die ou verbond te staan. Indrukwekkende profete van God, manne soos Elia en Elisa, Jesaja en Jeremia kom daar vir ons aandag. In hul tyd het hulle die raad van God tot verlossing aan die volk Israel verkondig. Wie is hulle egter in vergelyking met ons Heiland? Hy het die raad van God tot verlossing van sy volk volkome geopenbaar! Die profete het vanuit die verte op Hom gewys. Hulle kon nie alles oor die plan van God tot verlossing van sy volk openbaar nie, onderling het die profete mekaar aangevul. Nou het die Seun van God Jesus Christus gekom en in Hom het God sy hart oop gemaak en Hom heeltemal oor die verlossingswonder uitgespreek.

Gemeente by 'n profeet moet nie alleen aan iemand gedink word wat oor die toekoms praat nie. Hy doen meer. Ook die boodskap van God oor die heil en verlossing word deur 'n profeet verkondig en verklaar. Daarom word Hy deur die kategismus ook leraar genoem. Nie 'n leraar soos ons die in die klaslokaal ken nie, maar soos ons Heiland opgetree het. Dis daardie lieflike beeld wat ons hier voor gehou word: As profeet en leraar het Hy in teenstelling met die Fariseers en skrifgeleerdes met mag en gesag gepraat.

Hy het die ingang deur die nou poort verkondig wat na die lewe lei en vir die poort wat wyd is en die pad wat breed is gewaarsku omdat dit na die verderf lei. Met tollenaars en sondaars het Hy geeet. Ons Heiland het gese: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee....... My juk is sag en my las is lig. " (Matt 11: 28 en 30) Hy het kinders die hande opgele en geseen. Nie alleen vir volwassenes, maar ook vir kinders het Hy gekom. In toorn het Hy ontbrand toe hulle kinders van Hom terug gehou het.

So het ons Heiland ons die verborge raad en wil van God oor ons verlossing volkome geopenbaar. Neem hierdie woorde goed in jou op. Want die kategismus wil met hierdie woorde vir ons se: Alles wat van ewigheid by God verborge was, wat al van ewigheid in sy raad, die eie goddelike oorleg, vasgele was, Dit het nou in die lig gekom. Jesus Christus ons hoogste profeet het dit geopenbaar, aangese en verkondig. Agter hierdie evangelie wat die heiland ons verkondig het, is daar geen ander, tweede, geheim weggesteek nie. Die volkome leer tot saligheid is vir ons geopenbaar en verklaar!

Daar is christene wat aan die sekerheid van die Evangelie nie genoeg het nie. Hulle soek nog 'n ekstra versekering van hul wedergeboorte en uitverkiesing God gee egter geen enkele versekering buite die wat deur God in die Evangelie aan ons geskenk is nie. In Christus het God alles wat ons vir hierdie lewe en vir die toekomstige lewe nodig het gegee. Nie vir niet het die kategismus "ten volle geopenbaar" in die antwoord opgeneem nie. In die dae van die reformasie was daar ook al geesdrywers wat geleer het dat 'n besondere openbaring van God nodig is 'n besondere ervaring om te weet dat jy 'n kind van God is.

Die kategismus wil daar niks van weet nie. Daar is geen raad van God agter die raad van God wat ons in die Evangelie bekend gemaak is nie. Daarom is die reelmatige bywoning van eredienste vir die sekerheid van die geloof so belangrik. Daar laat God die blye boodskap vir ons ore verkondig. Ook daarom is dit dat dienaars van die Woord so 'n groot verantwoordelikheid in die prediking dra. Dis hulle wat die blye boodskap sondag na sondag mag verkondig. Die boodskap kom tot alle mense nie alleen volwassenes nie, maar ook kinders moet voel dat hulle aangespreek word.

Sondag 12 is nie gou gou oor ons Heiland klaar gepraat nie. Na die verkondiging as hoogste profeet gaan daar nou oor Hom as ons enigste Hoepriester gespreek word. Hy het ons met die enige offerande van sy liggaam verlos en dis Hy wat met sy voorbidding gedurigdeur vir ons by die Vader intree. Opnuut word in antwoord 31 'n mooie omskrywing vir die hoepriesterlik amp van ons Heiland gegee. By die profeties amp is die woord hoogste gebruik, by die hoepriesterlike amp word enigste gebruik.

Daar is maar een hoepriester wat ons met een offer eens en vir goed van ons skuld verlos het. Daar is maar een! Het u raak gesien hoe ons belydenis hom teen die Rooms-katolike geloof keer. In die Roomse teologie word die paus die "pontifex maximus", die hoepriester van die kerk genoem. Asof daar telkens 'n nuwe hoepriester vir die kerk sou wees, so dikwels as daar 'n nuwe paus gekies word. Ons het geen hoepriester wat telkens weer vervang moet word nie, ons het net een hoepriester Jesus Christus. Daarby word na Psalm 110: 4 verwys. U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek.

Die priesters volgens die orde van Aaron het gekom en gegaan. As hulle gesterf het is hulle deur 'n andereen opgevolg. Ons Hoepriester is vir ewig! Priester volgens die orde van Aaron het telkens weer nuwe offers moet bring. Elke jaar op die groot versoendag het hulle die allerheiligste betree om die sondes van die afgelope jaar te versoen. Ons Hoepriester het op Golgota een offer vir al ons sondes gebring. Deur die een offer het Hy die wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak. (Hebr. 10: 14) Die misoffer word so skerp afgewys. Die ene offer van ons Heiland aan die kruis is vir ons goed genoeg.

Antwoord 31 het die Hoepriester amp van Christus heerlik beskrywe. Die beskrywing stop nie met die offer op Golgota gebring nie, maar sien in een perspektief die offer op Golgota en die voorbede wat vandag in die hemel vir ons gedoen word. Soos Paulus dit in Rom. 8: 34 gedoen het: " Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. "

Die apostel het Golgota, Pase en hemelvaart in een sin verenig, om met die triomfantelike woorde "Hy pleit vir ons " af te sluit. Let daarop dit staan daar in die teenswoordige tyd. Dis vandag en more en oormore dat die Heiland gedurigdeur by die Vader vir ons intree. Is dit geen heerlik Evangelie nie? Ons het 'n Hoepriester wat die volle vrug van sy werk steeds voor die Vader bring. Hy se Vader u ken mos die skape van My en weet hoe min hulle van die lewe uit genade tereg bring? U weet hoe swak hulle is en dat hulle telkens weer in sonde val. U ken hul moeite om my gebooie volkome na te kom. Maar Ek het vir hulle gely, My bloed vir hulle vergiet en vir hulle die dood in gegaan. Dis vir hulle dat Ek by U intree.

Nou kan ons verstaan dat Paulus direk na die woorde: "Hy pleit vir ons" kan vervolg met: "Wie kan ons van die liefde van Christus skei? " In 'n preek oor hierdie sondag het Prof. Holwerda heel troosvol opgemerk: Christus bid nie dat die leed in hierdie wereld van ons weg geneem word nie, maar dat ons in die leed staande sal bly. Hy bid nie dat daar geen aanvegtinge vir ons sal wees nie, maar dat ons in geloof sal volhard. Ook bid Hy nie dat siekte, dood en honger uit die wereld weggeneem word nie, maar dat ons deur geloof in sy opstanding oor alle nood en dood in hierdie wereld sal triomfeer.

Gemeente ons het 'n groot Hoepriester wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik: Jesus die Seun van God....... Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. (Hebr. 4: 14 en 16)

Nog het antwoord 31 oor die ampte van ons Heiland nie klaar gepraat nie. Hy is nie alleen ons hoogste Profeet en enigste Hoepriester nie, Hy is ook ons ewige Koning. Hoe reg is hierdie omskrywing ewige Koning! Want dit wil nie alleen se dat aan sy koningskap geen einde kom nie, maar wil ook beklemtoon hoe dinamies en vol van energie die koninskap is! Kyk maar hoe die koningskap omskryf word: Wat ons met sy Woord en Gees regeer en ons by die verworwe verlossing beskut en bewaar.

Dikwels word die tweetal "Woord en Gees" deur die kategismus gebruik. Die twee kan nie van mekaar geskei word nie. In die Woord werk die Gees en dit is deur die Woord dat die Gees van God ons aangryp. Hierdie ewige Koning gebruik al sy energie, om ons by die verlossing wat deur Hom verwerf is, te behou. Enorme kragte staan in die wereld teen God op. In die reformasie tyd het dit gestorm. In die wereld van vandag storm dit opnuut! Demoniese kragte probeer om die ryk van God te verniel. Energiee van dwaling kom op, om die Evangelie van Christus uit hierdie wereld weg te veeg. Gemeente ons het 'n ewige Koning. In sy opstanding het Hy dood en hel oorwin. Die Woord van God bly tot in ewigheid staan, dit sal geen duimbreed wyk nie! Dis Hy wat sy swakke kerk by die verlossing wat Hy verwerf het, bewaar. Niemand sal sy skape uit sy hand ruk nie.

Ons kategismus het so in enkele sinne geteken wat ons Heiland as gesalfde, as Mesias, as Christus vir ons is. Sy naam is Jesus dit het ons in sondag 11 gesien. Hy is Christus, met vreugde olie bo sy tydgenote gesalf tot ons hoogste Profeet, ons enigste Hoepriester en ons ewige Koning, dit het ons met sondag 12 bely. Die drievoudige amp.

In die woord amp is ook iets bemoedigends opgesluit. As 'n arts in die nag na 'n sieke geroep word kan hy nie dink ek sal more wel gaan kyk nie. Dit is sy amp om onmiddelik te gaan! So is dit dat Christus sy drievoudige amp van Profeet, Priester en Koning bedien. Permanent tree Hy vir ons in. So wil Hy ook deur ons geloof word. In sondag 12 word verklaar wat ons met art. 2 van die 12 artikels bely: Ek glo in Jesus Christus die enig gebore Seun van God, onse Here. U glo tog in Hom? Nadruklik wil ek u voor hierdie vraag stel. Omdat daar in hierdie wereld baie skyn- en naam-christene is. Ten onregte dra hulle die naam christen. Om ons daarvan te bewaar, gaan die kategismus ons in vraag en antwoord 32 leer wat dit is, om in Christus te glo.

II Maar waarom word jy 'n Christen genoem? Is die vraag in die behandeling van die twaalf artikels nie buite die orde nie? Hier word stap vir stap die name van ons Heiland verklaar, hoe kom die behandeling van ons naam christen daar tussen beland? Inderdaad lyk dit nie van pas nie, maar die kategismus wil ons hier op die konsekwensies wys wat die naam van Christus vir ons, gelowiges, inhou. Die woorde skyn, en naam-christene het geval, van hulle word binne die gemeente van God gevind! Sondag 30 en 31 sal daar oor spreek, maar eintlik word hulle hier al ontmasker! Die naam christen is 'n kosbare dure naam wat nie sommer so gedra kan word nie. Daarom word nie gevra waarom ons gereformeerd of Calvinis genoem word nie, want hier is meer aan die orde dit gaan om ons christen wees!

Antwoord 32 het tussen Christus en ons christen wees 'n noue band gele. Dit spreek ons heel persoonlik aan: omdat EK, deur die geloof 'n lid van Christus is en daardeur deel aan sy salwing het. Dis asof nou gese word: Kyk mooi, nou kom dit daarop aan; iets van die salwing met die Heilige Gees drup op ons, as ons deur die geloof met Christus verbind is. Jy is 'n christen as jy lid van Christus is. Hy die Hoof en ons die ledemate! Jy is 'n christen as Christus vir jou alles is. As jy deur die geloof so met Christus verbind is, dat in jou die drie ampte van Hom sigbaar word. Met enkele sinne maak antwoord 32 dit vir ons duidelik.

Christus is ons hoogste profeet, nou mag ons ook profeet wees. As profeet sy Naam bely. Die Naam bely het na die openbare geloofsbelydenis nie end nie, nee, dan begin dit eers. Die openbare geloofsbelydenis is belangrik en jong mense moet na die dag verlang en dit nie onnodig uitstel nie. Dit is egter 'n beslissing vir die lewe, ons gaan van nou aan ons lewe lank die Naam bely. Dit is: in die openbaar vir Hom opkom. Agter Hom as die Heer van ons lewe aanloop.

Daar word na Matt. 10: 32 verwys, daar se ons Heiland: "Elkeen dan wat my sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. " Daarop volg direk 'n waarskuwing: "Maar elkeen wat My verloen voor die mense, hom sal Ek ook verloen voor my Vader wat in die hemele is. " In die tyd dat die kategismus opgestel is, kon dit gevaarlik wees, om die Naam te bely. Tronkstraf of martelaarskap kon die gevolg wees! Ons het daar partymaal al moeite mee, om in ons samelewing die Naam te bely. En tog word dit as christen van ons gevra.

Op "sy Naam kan bely" volg direk: myself as 'n lewende dankoffer aan Hom toewy. Dit is ons priesterlike amp! Eintlik kan ons die twee, sy Naam bely en die lewende dankoffer nie van mekaar skei nie. Want ons kan die Naam nie reg bely, as daar nie tegelyk die opofferende liefde en gebed aanwesig is nie. In die samelewing waarin ons lewe word steeds meer geprobeer om die Naam van Christus daaruit te verwyder. Godsdiens is 'n persoonlike saak, word dan gese. In die samelewing moet onsself tot vernuwing kom, godsdiens het daar niks mee te doen nie!

In hierdie chaotiese en rewolusionere samelewing moet ons as christen lewe. Dwingend word daar om gelykheid geroep, die een staan vir die marksisme, 'n ander vir kapitalisme. Aksie word gevoer, besetting van bedrywe en openbare dienste word deur stakings lam gele. Die hele samelewing moet verander. In hierdie wereld word ons geroep om priesterlik die naam van Christus te bely en tegelyk en dit is die laaste uit antwoord 32 om as konings met 'n vrye en goeie gewete teen die sonde en die duiwel te stry. Die drie: Die naam van Christus bely, Jouself priesterlik aan Hom toewy en as konings teen die demoniese gees van hierdie tyd stry, is ten diepste een en dieselfde diens.

Werk ons as gemeente van Jesus Christus op die samelewing heiligend in? Gaan daar enige krag van ons uit? Dis nie eenvoudig om in 'n wereld wat meer en meer God dood verklaar en godsdiensbeheer in die samelewing wil uitroei christen te wees. Dit vra van ons dat ons voortdurend in gebed uit die geloof lewe. Dit begin by elkeen van ons persoonlik, daarna in huwlik en gesin, om vervolgens in die gemeente sigbaar te word. Sigbaar in ons omgang met broeders en susters, ons ampsdraers en vir hulle weer in die sorg vir die skape wat aan hul sorg toe vertrou is. Vir almal moet dit dan ook op die samelewing inwerk, in ons werk die omgang met ons kollega's en werkgewer, die posisie wat ons inneem ten aansien van die groot vrae van hierdie tyd, soos aborsie en eutanasie, in ons eie besigheid in die omgang met personeel en klante en vir almal hoe ons die geld en goed bestee en bestuur.

Ons keer terug na die begin van die preek: Agrippa het uit die prediking van Paulus verstaan wat 'n christen is, naamlik elkeen wat met hart en siel aan Christus verbind is. So het die eerste christene in die heidense samelewing waarin hulle gestel was Christus bely!

Toe 'n christen met die naam van Probus vir die keiserlike konsul verskyn het, om vanwee sy christen wees, veroordeel te word, vra die konsul hom: wat is jou naam? My naam, het hy geantwoord, is Probus, maar my erenaam is christen! Laat ons dan ook in hierdie tyd christen wees, met liggaam en siel aan Christus ons Heiland verbind. Dan sal ons deel he aan die laaste woorde van sondag 12, naamlik: hierna in ewigheid saam met Christus oor alle skepsele regeer. Geloof sy Jesus Christus, ons gesalfde koning!

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)