Die heerlike naam Jesus

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2017-12-20
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 11
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 11 H. K.

Geen Naam is daar soeter nie

Lees: Sagaria 3 & Matt. 1: 18 - 25
Teks: Sondag 11 H. K.
Sing: Ps. 113: 1 en 3
na wet Ps 105: 24
na belydenis Ps 111: 5
Ps 72: 2, 7, 9, 11
Sb 1: 2 en 3
Ps 2: 1

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Onlangs het in 'n veelgelese tydskrif 'n artikel oor die verhouding van die christelik geloof tot die hedendaagse Jodedom gestaan. Konkreet gese van die kerk tot die sinagoge. In verband daarmee het op voorblad 'n fraaie tekening gestaan. Links die Dawidster en regs die kruis. In die middel met groot letters - Jesus tussen kerk en sinagoge - geskrywe. Dit was 'n aktueel artikel, want daar is in die Jodedom en in die joodse teologie vir Jesus veel belangstelling. 'n Joodse rabbyn het vertel dat in die tyd van sy opleiding die Nuwe-Testament in 'n donkerhoek van die biblioteek gele het en eers teen die eind van die opleiding, in die laaste uur van die lesprogram bespreek is. Maar nou het die Nuwe Testament in die brandpunt van die hedendaagse joodse teologie beland.

Gemeente, staan ons Heiland regtig tussen kerk en sinagoge? Is Hy 'n midde figuur tussen die twee? Vir die antwoord op hierdie vraag is Sondag 11 aktueel. Daar word die naam Jesus sentraal gestel. In die vraag word al direk kant gekies. Waarom word die Seun van God Jesus, dit is Saligmaker genoem? Ons Heiland, Jesus, is die Seun van God! Hy staan nie tussen kerk en sinagoge nie, maar daar bo! Vir die kerk en die sinagoge is daar alleen in die naam behoud en saligheid.

Die mooie naam Jesus is deur en deur 'n Israelitiese naam, maar moenie vergeet nie in die Nuwe-Testament is daar maar een wat die naam met reg gedra het: Ons Heiland die Seun van God. Een van die opstellers van die kategismus Zacharius Ursinus het by hierdie sondag geskrywe: die naam Jesus is die hoofsom van die Evangelie en tegelyk die skild teen alle aanvegtinge. Die eeue deur het die gemeente van Christus dit verstaan. Dink aan die bekende lied: Daar ruis langs die wolke 'n lieflike naam, wat hemel en aarde verenig te saam. Die digter het dit groots en wyd gesien, en voeg daaraan toe: Geen naam is daar soeter en beter vir die hart. Ook dit is waar, daarby mag nie vergeet word nie dat om die soet van die naam te kan dra, Jesus die bitter pad van lyding end uit moes loop. Vanmiddag/more spreek ek oor: DIE HEERLIKE NAAM Jesus

  1. Die naam is voluit Israelities;
  2. Die naam word deur die Seun van God gedra;
  3. Die naam dwing tot posisie keuse.

I Gemeente klein woordjies het in die Bybel en ook in ons belydenis partymaal 'n diep betekenis. So is dit ook so met die woordjie "en" waarmee die tweede artikel van die apostoliese geloofsbelydenis begin. Ons bely: EN in Jesus Christus, sy enige gebore Seun ons Here. Deur die ene woordjie "en" word die eerste artikel, oor God die Vader en ons skepping met die tweede, oor God die Seun en ons verlossing verbind. Deur die ene woordjie "en" word direk ons skepping aan ons verlossing gekoppel. Tog is daar tussen die twee, die geweldige kloof van ons val in sonde! Oor die rebellie van ons, die mens in die paradys, word in die twaalf artikels met geen woord gepraat nie.

Die twaalf artikels gaan daarvan uit dat die oorgang van skepping na verlossing ons direk aan ons diepe val en grote skuld herinner, anders was daar mos geen verlossing nodig nie? Dis juis teen die agtergrond van die diepe val en skuld dat die naam Jesus so heerlik uitkom. Aan ons Heiland word deur die kategismus dan ook baie aandag bestee. God die Vader en ons skepping maar net twee sondae, God die Heilige Gees net drie, Maar oor Christus en ons verlossing word daar in nege sondae gehandel!

Vraag 29 van sondag 11 bring ons direk midde in die belydenis oor God die Seun en ons verlossing. Want reguit word gevra: Waarom word die Seun van God Jesus, dit is Saligmaker genoem? Nee, gemeente die naam is nie uit die lug gegryp, geen vrye keuse van Josef en Maria nie. Die naam het van ewigheid in die raad van God vasgele. God self het die naam vir sy Seun gekies! Dis die moeite werd om die agtergrond van die Israelitiese naam na te gaan. Maria 'n nog jonge vrou in Nasaret het hoog besoek gekry, niemand minder as die engel Gabriel het by haar kom kuier. By Sagaria in die tempel het hy hom as Gabriel wat in diens van God staan bekend gemaak. Moontlik het die glans van die Skepper nog van hom afgestraal. As hy voor Maria staan se hy: "Ek groet jou begenadigde Die Here is by jou. " Maria was verbyster oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. Dit sal jou maar oorkom dat 'n troondienaar van God jou die begenadigde noem.

Die engel het toe vir haar gese: "Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. " Gemeente wat 'n belofte God gaan genade aan Maria bewys. Hoor waarin die genade bestaan: "Jy sal swanger word en 'n seun in die wereld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. " Magtige dinge gaan Gabriel dan oor die seun van Maria se: " Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob tot in ewigheid heers. Aan sy koningskap sal geen einde wees nie. "

Is dit geen kostelike beloftes wat Gabriel aan daardie joodse dogter in Nasaret oor haar seun gegee het nie? Dis die eerste maal in die Evangelie van Lukas dat die naam Jesus genoem word. Nog baie keer sal ons die naam hoor, by aanbieding van heil en as verlossing belowe word. Die naam het van bo gekom, Noem Hom Jesus, 'n heerlik Goddelik bevel.

Ons God neem geen halwe maatreels nie. Ook Josef kry die opdrag om die kind wat uit Maria gebore sal word Jesus te noem. Ons weet mos hoe Josef in groot sorg oor die toestand van Maria verkeer het. Sy bruid was swanger maar nie van hom nie! Wat moet hy doen? In Israel het owerspel gelyk aan egbreuk gestaan en moes met die dood gestraf word. (Deut. 22: 24) Josef wou Maria nie in opspraak bring nie, dan maar liewer self skelm verdwyn. As Mattheus sover met sy beskrywing gekom het gebruik hy 'n woord wat in geen Afrikaanse vertaling opgeneem is nie, maar wat ongeveer "let op" beteken. Hy gebruik die woord telkens as daar iets besonders gebeur het, hier is dit: 'n engel van die Here wat in droom aan Josef verskyn het en se: "Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal 'n seun in die wereld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. "

In die Naam Jesus mag ons 'n fyne woordspeling hoor. Jesus is die Nuut-Testamentiese vorm van die Ou-Testamentiese naam Josua. In die taal van daardie tyd sal die engel seker ook die vorm Josua gebruik het. Dit was toe 'n gewone naam. Flavius Josephus het in die geskiedenis van die joodse opstand tien maal die naam vir almal verskillende persone genoem. Die naam was so gewoon as vir ons die naam Jan of Piet.

Hoe kom moet 'n kind wat van die Heilige Gees ontvang is so 'n gewone naam dra? Gemeente, ook daarin is die vernedering te sien wat ons Heiland vir ons moes dra! Tog, toe Hy met die verlossings werk begin, het vir die geloof sigbaar geword dat in die naamgewing meer diepte skuil. Want God het in die Ou-Testament tweemaal laat sien hoe Hy deur draers van die naam heil bewerk. Dink maar aan Josua die seun van Nun by die intog in die beloofde land. En ook aan Josua die hoepriester na die terugkeer uit ballingskap.

Gemeente, wat is die Ou-Testament belangrik om die Nuwe-Testament te verstaan. Die Ou-Testament is soos 'n prenteboek, waarin God laat sien hoe Hy in die volheid van die tyd verlossing gaan skenk. Om die betekenis van die naam Josua te verstaan moet ons die naam in die lig van die heilsgeskiedenis sien. Daar sal ons vanmiddag/more iets van sien. Eers Josua die seun van Nun die regterhand en latere opvolger van Moses.

Josua het aanvanklik die naam Hosea gedra wat verlossing beteken. Moses het voor die naam Hosea Jahweh geplaas sodat die naam in die hebreeus Jehosjoeang geklink het. Josua beteken die Here verlos. Die woord verlos het 'n ruime betekenis soos: Ruimte maak, deure wat gesluit is oopmaak, uitred uit nood en dood. 'n Voorbeeld is in Psalm 34: 7 te lees; Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor, en Hy het hom uit AL sy benoudhede verlos. Dis hierdie naam wat Hosea die seun van Nun kry. Hy sal nou in sy lewe en stryd sigbaar en tasbaar laat sien dat die Here ruimte gee, sy volk verlos.

Josua mag ons 'n veggeneraal noem. Toe Israel op reis was na Sinai het Josua Israel in sy stryd teen Amalek aangevoer. Op die bergtop het Moses, Aaron en Hur die stryd in gebed gevoer, maar Josua was in die vlakte in die geveg self. Hoe het Josua sy naam waar gemaak toe hy saam met Kaleb as 2 van die twaalf verspieders die volk opgeroep het om op die Here te vertrou. Veertig jaar later het hy Israel in die stryd teen Jerigo aangevoer. Daar het vir vriend en vyand sigbaar geword: Josua, die Here verlos. Die Here gee ruimte. Daar by Jerigo het die Here die eerste keer laat sien dat Hy deur een man verlossing uit alle nood wil gee.

Nou gaan ons aandag aan die tweede Josua skenk. Josua die seun van Jozadak, die hoepriester wat saam met Serubbabel die volk weer uit die ballingskap in die beloofde land terugbring. Ons ken die werk van die hoepriester, Hy moet die sonde van die hele volk versoen. Was daar geen groot skuld van afgodediens te versoen nie? Sonder versoening was daar selfs geen terugkeer vir die volk moontlik nie.

Die profeet Sagaria word in sy vierde gesig getoon hoe die spanning in die versoeningswerk tot 'n hoogtepunt gevoer word. Sagaria 3 vertel ons hoe Josua met vuil klere voor die Engel van die Here staan, terwyl Satan aan sy regterhand staan om Josua aan te kla. Was dit geen aangrypend en plasties beeld van die skuld van die volk van God wat hier op die hoepriester gele is nie? Hoor wat se die Here: "Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek. " God het die ongeregtigheid van sy volk weggeneem.

Aan Maria is deur Gabriel gese: "Jy moet Hom die naam Jesus gee. " Enersyds 'n gewone naam, vernedering. Tegelyk vir hulle wat die naamgewing teen die agtergrond van die Ou-Testament sien, 'n naam vol van openbaring. Dis die naam wat van verlossing van die volk van God uit die mag van die vyande spreek. Dit spreek ons ook van 'n hoepriester wat die skuld van die volk van God versoen. So laat die Ou-Testament vir ons sien wie Jesus is en wat Hy gaan doen.

Die naam Jesus het van ewigheid al by God in die raad tot verlossing le en wag. In die twee bekende Josua's van die ou-verbond het God die diep betekenis laat sien. Deur sy engel het die Here die naam aan Josef deurgegee en vir Maria selfs voor sy swanger geword het. Gemeente op die agste dag het die Seun van God die naam ontvang en tegelykertyd het ook sy eerste bloed al gevloei.

Nou gaan Hy as die verlosser van Israel die naam tot op die kruis van Golgota waar maak. Inderdaad daar ruis langs die wolke 'n lieflike naam wat hemel en aarde verenig te saam! Onthou ons nog die vraag waarmee sondag 11 begin het: Waarom word die Seun van God Jesus, dit is, Saligmaker genoem? So het die Here die naam vir ons in sy voorlopers en in die naamgewing laat verkondig. Ons Verlosser!

II Ja, wat hou dit nou konkreet vir ons in? Met die antwoord op die vraag het ons midde in die diskussie van hierdie tyd te lande gekom. Jesus: Verlosser Heiland! Waarvan is dit dat Hy ons verlos? Daar is baie christene in hierdie tyd wat se: Hy verlos van onderdrukking, deur tot rewolusie te inspireer. Die naam Jesus moet volgens hulle in rewolusionere konteks, teen die agtergrond van onderdrukking gelees word. Baie meen die kerk het die naam Jesus te veel vergeestelik. Is dit geen verskriklike wereld waarin ons lewe nie? Kyk na Suid-Amerika en Afrika en ander lande in hierdie wereld. Moet ons nie teenoor die onderdrukking Jesus as die verlosser predik nie? Hy inspireer teen die kapitalistiese en imperialistiese onderdrukking. Sy naam is mos Verlosser. Die christendom het die aandag van mense te veel op die hemel gerig, maar ons leef op aarde en wat het Jesus vir die aarde te se?

Gemeente ons sal ook as christene, juis as christene, die onreg in die wereld skerp moet sien. Baie keer het die rykes die armes verdruk. Ook het christene in die naam van Jesus jode gediskrimineer. Waar le egter die wortel van al die ellende wat daar in die wereld is? Le dit in die materiele, in die misbruik van rykdom en mag? Gemeente dink weer aan die klein woordjie "en" waaroor ons in die begin van die preek gepraat het. Die tweede artikel van die apostoliese geloofsbelydenis begin daarmee. Daarin is ons val in sonde opgesluit.

Adam, Eva, ons mense het teen God opgestaan. Daaruit het al die ellende in hierdie wereld vootgekom. In die sondige en skuldige mense wereld het die Seun van God gekom om sondaars te red. Teenoor God het Hy in ons plek gaan staan. Ons belydenis druk dit sober en tog kragtig uit: Hy heet Verlosser, Heiland, Saligmaker, Omdat Hy ons salig maak en van al ons sondes verlos. Deur sy bloed word ons tot in die hart van ons lewe verlos en vernuwe.

Nee, Hy het nie in die wereld gekom om tot opstand teen die Romeine op te roep nie. Hy het nie teen die gevestigde orde gerebelleer nie. Met tollenaars en sondaars het Hy geeet. Hy het opgeroep om die keiser te gee wat hom toekom en vir God te gee wat God toekom. Vir ons het Hy die kruisdood opgeneem om op Golgota met sy bloed die skuld van die wereld te versoen. Die twee Josua's uit die Ou-Testament word in die ene verlossingswerk van Jesus verenig: Hy betaal ons skuld en die rus in God hier en nou en tot in die ewige lewe word deur Hom vir ons verseker. Hy ons Heiland het uit dood en graf opgestaan. Hy het die duiwel verslaan en in heerlikheid aan die regterhand van God gaan sit, tot Hy weerkom om die lewendes en die dooies te oordeel.

Met hierdie geloofsbelydenis bots ons ook met die hedendaagse jodendom. Hulle wil nie van 'n Heiland weet wat aan die kruis gehang het, gestorwe is en weer tot heerlikheid opgestaan het. Hulle verwag net 'n aardse Messiasryk. Daarom moet ons raak sien dat ons belydenis hier die teenwoordige tyd gebruik. Dit se: Omdat Hy ons van al ons sondes verlos, dis nou, vandag, en elke dag van ons lewe. By sy Vader is Hy ons voorspraak. Voortdurend gaan daar van Hom 'n stroom van verlossingskrag uit. Van al ons sondes verlos Hy ons effektief.

Dit word in antwoord 29 nogeens ekstra onderstreep, deur te se, dat by niemand anders enige saligheid te soek of te vinde is nie. Deur dit so met alle krag vorentoe te bring dat ons Heiland die enige die unieke verlosser is, word ook teenoor die Roomse religie posisie gekies. Geen behoud by Maria of enigeen anders nie. Alleen by Jesus! In ons tyd kan ons daar gerus by noem: Geen behoud by welke andere religie ook, nie by Marx, nie by Boeda, of enig ander sekte. Alleen by Jesus!

Toe Petrus na die genesing van die verlamde by die Skonepoort, hom vir die hoge raad moes verantwoord, het hy kragtig die unieke posisie van ons Heiland bely en gese: "Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie. " Dit het hy netnou by die genesing van die verlamde ook al bewys, met die woorde: "Geld het ek nie, maar wat ek het, gee ek vir jou: in die naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop. " Wat 'n krag gaan daar van die enige Naam uit! Hoekom is dit dat ons christene in die samelewing so baie maal magteloos staan? Waarom is gelowiges partymaal 'n prooi van ongeloof en twyfel. Omdat ons hierdie kragbron nie in geloof en gebed gebruik nie. Ons sluit ons gebede meestentyds af met die woorde om Christus ontwil Amen. Besef ons dan wat ons se, of is dit vir ons maar net 'n formule wat niks se nie? Voorwaar die naam Jesus dwing om posisie te kies.

III Gemeente laat vraag 30 maar eens op ons inwerk: Glo hulle dan ook in die enigste Saligmaker Jesus, wat hulle saligheid en welsyn by die heiliges by hulleself of erens anders soek? Dan die antwoord met die skerpe: een van die twee. Daarmee word ons vir die keus geplaas, ja of nee, swart of wit. Daar is geen ander moontlikheid nie. Elkeen wat vir Jesus ja se, se tegelyk vir elk ander persoon of beweging wat voorgee dat daar heil te vind is, nee.

Netnou het ons al gesien dat sondag 11 aan die front van die protestantse belydenis teenoor die Roomskatolisisme staan. Hier in sondag 11 is dit die eerste keer wat dit so direk in die kategismus voorkom, in die volgende sondae sal ons dit steeds weer sien. Dis egter opvallend dat dit Juis by die naam Jesus so nadruklik gebeur. Die naam van ons Heiland is so markant dat dit tot 'n keuse dwing.

Ons kan ons amper nie meer voorstel, waarom die kerk van die middeleeue die heiliges vereer het. Dit het in die tyd gegroei toe die kerk haar martelaars herdink het. Die dag van hul bloed getuienis was bekend en elk jaar is op die dag hul martelaarskap in gedagtenis gebring. Wat stadig maar seker tot verering van die martelaars uitgegroei het. Die volgende stap was dat hulle in noodgevalle die voorbede van hierdie heiliges ingeroep het. Langs Jesus het so 'n reeks name van heiliges ontstaan wat as voorbidders by God aangeroep is. Dit word in antwoord 30 by die wortel afgesny. Die behoud is by Jesus alleen te vind. By niemand anders nie!

Nou dink ons miskien, wat het ons vandag met verering van heiliges nog te doen? Is dit vir ons nog wel aktueel? Wel, gemeente, Luther het eenmaal gese - Hy het dinge kernagtig kan se - as mens my oop sny, sal hulle in my hart 'n papist vind. Daarmee het hy bedoel: Dit lewe in die hart van elkeen van ons om die behoud nie alleen en uitsluitend by Christus te soek nie. Was Luther reg? Ons dink van wel. Dink maar aan die baie mense wat van verering van heiliges niks wil weet nie, maar tog hul heil en behoud nie by Jesus alleen soek nie. Wat vir hulle geloof in hul eie ervaring en bevinding steun soek.

Hulle durf Jesus nie as hul saligmaker aan te neem, sonder dat hulle in hulself die gevoel van wedergeboorte waargeneem het nie. Daar moet kenmerke en bevindings wees waarop gesteun kan word. Daar is ook mense wat op dag en uur van hul bekering en nie in Jesus Christus al hul vertroue stel nie. Ons protes teen Rome het alleen sin as die volbragte werk van Jesus Christus die enigste grond is waarop ons vir ons saligheid steun. Die bloed van Jesus en sy geregtigheid is my sieraad en daar is geen ander sieraad waarmee ek vir God kan bestaan ook as die aarde en hemel vergaan.

Wat is dit moeilik om alleen op Hom te steun. Daar is mense wat oor die heerlike afsterwe van hul vrome vader en moeder praat. Om dit te beleef is heerlik, maar 'n mens kan hom daarmee nie op God beroep nie. Ons kategismus het die mens tot op die bodem van sy hart gepeil. Dit is ook bekend met hulle wat op sondag graag baie goeie dinge van die Heiland hoor, maar in die week by hul dagelikse werk dink dat hulle Hom nie nodig het nie. Gemeente, moenie vergeet dat vraag 30 saligheid en welsyn op een lyn plaas. Vir al twee staan Jesus garant. Nie alleen sondags verlosser nie, maar ook die hele week in ons huwelik, in ons besigheid of beroep wil Hy ook ons Verlosser wees.

Moontlik is daar jong mense in die kerk wat in hul jong lewe al in die worsteling met hul sondes en gebreke vasgeloop het. Vertrou dan op Jesus! Vertrou op die werk wat Hy vir jou gedoen het. Vra Hom vergewing en krag vir 'n nuwe begin. Daar is miskien jeugdiges wat dink was die wereld maar anderste, wat op die struktuur van die samelewing met die oorlogsdreiging en geweld kritiek het. Vergeet dan nie dat strukture uit mense bestaan. As mense hulle aan die leiding van God oorgee sal ook die strukture verander. Gee Jesus Christus die sentrale plek in ons lewe!

Ek wil nogeens aan die lied waarmee ek begin het, herinner. Daar ruis langs die wolke 'n lieflike naam wat hemel en aarde verenig te saam. Dit geld ook vir die woelige en chaotiese wereld waarin ons vandag lewe. Net so seker geld die vervolg van die lied: Geen naam is daar soeter en beter vir die hart nie. Hy balsem die wonde, ook wonde van die samelewing, en heel alle smart. Jesus, Hy is wat sy naam se. Hy staan nie tussen kerk en sinagoge nie, Hy staan bokant al twee. Vir elke mens geld: Daar is alleen by Hom redding en welsyn te bekom.

Nog een ding, ons het die lied genoem wat se: Geen naam is daar soeter en beter vir die hart. Moenie vergeet dat die soete naam 'n bitter oordeel oor ons kan bring, wanneer ons, ons lewe nie deur daardie naam laat beheers nie. Het Simeon nie kort na die geboorte van Jesus, Hom in die tempel in sy arms geneem en van Hom gese: " Hierdie kindjie is bestem tot 'n val en opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word. " nie. Alleen deur God te loof, soos Simeon, in volle oorgawe aan die Naam, God geloof het, kan ons volhou dat daar geen naam soeter, as die naam van Jesus is nie. Dan kan ons afsluit met. Jesus, Jesus, U naam sy al die eer, want U is van engele en skepsele die Heer.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)