Wandel maar stil agter Hom aan

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 10
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 10 H. K.

Wandel maar stil agter Hom aan

Lees: Ps 23
Teks: Sondag 10 H. K.
Sing: Ps 147: 1
na wet Ps 81: 10 en 11
na belydenis Ps 73: 11
Ps 23 ber. 2
Ps 146: 3
Ps 138: 4

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Klein dinge het partykeer groot gevolge. Dit laat die Bybel ons telkens weer sien. Ons dink bevoorbeeld aan Ester en Mordegai. Koning Ahasveros het een nag gesukkel om te slaap en het toe iemand uit die kronieke van sy koninkryk laat voorlees. Daardeur het dit weer onder die aandag van die koning gekom dat die jood Mordegai die lewe van die koning gered het. Daar was 'n aanslag op die lewe van Ahasveros beplan wat Mordegai aan die lig gebring het, waarvoor hy nooit beloon was nie. Dit het vir Ahasveros aanleiding gegee om Mordegai te ontbied. Waardeur die goddelose plan van Haman om alle jode om die lewe te bring, verydel is.

Daar sou meer van hierdie voorbeelde genoem kan word, soos die joodse dogter in die huis van Naaman. Deur haar het Naaman gesondheid by die profeet van Israel gaan soek en met die God van Israel in kontak gekom. Klein dinge met groot gevolge. Die Bybel en ons daaglikse ervaring laat ons dit duidelik sien. In sondag 10 bely ons nou, dat sowel die kleine as ook die groot dinge onder die bestuur van God staan. Alle dinge, let wel ALLE dinge val ons nie by toeval nie, maar uit die vaderlike hand van God ten deel. Dit bely ons met antw. 27.

Dis Vader wat vir ons sorg, wat sy kinders aan sy vaderhand saamvat. Sondag 10 sluit pragtig by die vorige sondag aan. In sondag 9 het ons bely dat God om Christus ontwil my God en Vader is. Sondag 10 neem die draad van die belydenis weer op en ons bely nou: Nou God ons Vader in Jesus Christus wil wees, nou oorkom ons niks per toeval in hierdie lewe nie. Nie die klein dinge, maar ook die grote nie! Alles val ons uit die vaderhand ten deel. Ja dit bely ons hier, en dis maklik om te se: niks by toeval nie, maar alles uit sy Vaderhand. Wat dit nou regtig inhou en hoe diep dit in ons lewe insny, wat 'n stryd dit in ons lewe gaan ontketen, sal ons netnou sien. Dit doen ons onder die tema van die bekende lied: WANDEL MAAR STIL AGTER HOM AAN

Dit beteken:

  1. Geen berekening nie;
  2. Geen berusting nie;
  3. Maar gelowige oorgawe.

I Die Bybel begin met die majestueuse woord: In die begin het God die hemel en die aarde geskape. In daardie aanvangswoorde het die Skrif vir ons 'n boodskap: God is die soewereine Skepper van alle dinge. Vervolgens laat die Skrif ons sien hoe God stap vir stap met die skeppingswerk voortgegaan het. Hy het die lig en die duister geskep, het hemelligame laat kom en visse en voels geskep en tenslotte as kroon van sy skepping het hy die mens na sy eie beeld gemaak. Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en - dit was baie goed. Sy goddelike welbehae het op die werk van sy hande gerus. God het op die sewende dag sy werk wat Hy gemaak het voltooi, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseen en dit geheilig.

God het gerus! Dit wil beslis nie se dat God toe niks meer gedoen het nie. God het geen ruspoos van sy werk geneem nie, inteendeel Hy het daar met voldoening op neergesien. Dit was die werk van sy hande wat Hy van die sewende dag af, gaan regeer en onderhou. Die rus wat geen werkstop ken nie, van sekonde tot sekonde het Hy aangehou werk, nie om te skep nie, maar om instand te hou. Hy het sy skepping die sewende dag nie los gelaat nie, maar dit in trou en almag versorg en na die doel gelei.

Dit moet ons goed onthou. Mense dink party keer dat God van hierdie wereld losstaan. Hoogstens is God daar vir die sondag, vir preek en godsdiens. Ander mense sien God as 'n mag wat hoog bo die wereld troon en Hom amper nie met die wereldgebeure bemoei nie. Dit is egter 'n beeld van God wat spot met alles wat die Skrif van God openbaar. Dis die Bybel wat ons juis toon, hoe die Here Hom intens met die dinge van die wereld, met ons en ons lewe besig hou.

Die kategismus verwys na enkele tekste wat daar konkreet oor spreek. Daar word na die rede van Paulus op die Areopagus verwys. Daar het Paulus teenoor die Filisofe van daardie dae, die enige God verkondig: God word nie deur mensehande gedien, asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. Dink nie se Paulus dat God ons nodig het nie, dis omgekeerd Hy gee aan ons alles wat ons nodig het. Konkreter kan dit nie gese word nie: die asem in ons neusgate kom van God!

Dink ons nog dat God niks met die verloop van hierdie wereld te doen het nie? Lees dan die begin van die brief aan die Hebreers, daar staan dat die Seun van God alle dinge dra deur die woord van sy krag. God het nie alleen deur die Woord alle dinge geskape nie, maar deur die Seun word alle dinge ook van sekonde tot sekonde gedra.

Ja, God dra en onderhou nie alleen die die wereld nie, maar, se antwoord 27, Hy regeer die wereld ook. Hier word 'n mooie onderskeiding gemaak, inpleks van regeer kon ook die woord heers gebruik word. In regeer is egter ook ingesluit: die wereld na die eindbestemming lei.

'n Vors heers oor sy volk, maar 'n goeie regeerder het 'n doel gestel wat hy saam met sy volk wil bereik. Die kategismus stel die voorsienigheid so in die skriftuurlike lig van Openb. 4 en 5. Johannes sien daar God in sy troon en in die regterhand van Hom wat op die troon sit het hy 'n boekrol gesien. Die boekrol met die raadsbesluite hoe die wereldgeskiedenis verder sal verloop. Simbolies laat God sien hoe Hy deur Jesus Christus die geskiedenis van die wereld na die einddoel, die nuwe Jerusalem lei.

Gemeente, antwoord 27 begin met swaar woorde: die almagtige en alomteenwoordige krag van God onderhou en regeer alle skepsele! Wie sal die krag van God kan meet, die vermoe vasstel? Deur die noem van hierdie onmeetbare krag kan nou die vrolike, digterlike, altyd weer boeiende volsin volg: dat lower en gras, reen en droogte, vrugbare en onvrugbare jare, spys en drank, gesondheid en krankheid en alle dinge nie by toeval nie, maar uit sy Vaderlike hand ons toekom.

Met hierdie belydenis het ons weer midde in die lewe van elke dag te staan gekom. Daarmee het God alles te doen. In hierdie antwoord word die lewe van die mens alle kant toe omvat. Die lower aan die bome en die gras van die veld wat elke lente weer fris uitspruit. Reen en droogte, tye wat ons soos Israel vanouds goed ken. Die skrifgeleerdes het al gese daar is maar Een wat die sleutel van die hemel dra en reen kan gee! Dit is God. Vrugbare en onvrugbare jare, rykdom en armoede, in ons dae kan ons se: Tye van welvaart en van ekonomiese resessie kom van Hom. Gesonheid en siekte: die een moet van spesialis tot spesialis gaan, terwyl 'n ander deur en deur gesond is. Die lewe van alle dag waarin die lewe van die een geheel anders verloop as die van 'n andereen word deur antwoord 27 na alle kante belig.

Dink ons nou nog dat God niks met die dinge van die gewone lewe te doen het nie? Hy het alles daarmee te doen, se antwoord 27 en onderstreep dit nog eens ekstra met die laaste woorde: dat alle dinge nie by toeval nie, maar uit sy vaderlike hand ons toekom. As my Vader het Hy met al die dinge te doen en daarin sien ons dat sondag 10 onmiddelik by sondag 9 aansluit. Hierdie twee sondae staan dan ook saam onder die opskrif: Oor God die Vader en ons skepping. Dit gaan hier nie oor 'n onbeweeglike God wat ver is wat die dinge op aarde maar laat gebeur nie. Nee, dit is daardie God waarvan ons in sondag 9 bely het dat Hy terwille van sy Seun Christus my God en my Vader is.

Dieselfde God wat alle dinge deur die Woord van sy krag onderhou en regeer wat ons laat lewe en asem gee, het sy hart, in die bloed en lyding van Jesus Christus op Golgota, vir ons oop gemaak. Dit gaan hier oor daardie God, wat ons om Christus ontwil sy kinders noem. Uit die hand van die Vader kom ons alle dinge toe, dit moet ons lewe nou ook beheers. Die mooi volsin is nie vir niet opgeneem nie, maar opvoedkun- dig word in konkrete en beeldende taal vir die leerling duidelik gemaak wat dit in die lewe beteken dat God jou Vader is wat jou lewe bestuur.

As ons nou regtig met die hart glo wat ons met die mond bely, dan sny antwoord 27 diep in ons lewe in. As ons werklik nie aan die toeval maar in die vaderhand van God glo sal die tema van hierdie preek vir ons konkrete inhoud kry. Wandel maar stil agter Hom aan, gaan naamlik teen ons vlees en bloed in. Alle berekeninge in ons lewe moet ons by die wortel uitroei. Dit roep ons op om as kind van Vader in geloof sonder berekenings, in vertroue op die beloftes van God te lewe.

Ons Heiland het sy dissipels meermale tot die lewenshouding opgeroep, soos in Mat. 10: 16 Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dan versigtig soos slange en opreg soos duiwe. Opreg dit is sonder berekening, bybedoelings, reg op die doel afgaan. Want die dissipels het mos aan die hand van Vader geloop. Seker daarby moet hulle versigtig, waaksaam wees, maar dis 'n ander ding as dat daar met slinkse berekening gewerk word.

Hierdie lewenshouding word in Lukas 16 in die gelykenis van die oneerlike bestuurder weergegee. Toe die bestuurder weens geldverkwisting in die pad gesteek is, het hy 'n plan gemaak dat hy deur die skuldenaars van sy heer ontvang sou word. Ons Heiland se daarvan: Die mense van hierdie wereld tree onder mekaar slimmer op as die mense van die lig. Die mense van die wereld het 'n berekende lewenshouding wat teenoor die belydenis van die vaderhand staan. As ons aan die vaderhand deur die lewe gaan, maak ons gebruik van die beloftes van God, soos die oneerlike bestuurder van die sake van sy werkgewer gebruik gemaak het. Ja, vir die mense van die lig, ons wat op die beloftes van God vertrou, wyk alle krampagtigheid uit ons lewe. Ons wandel maar stil agter Hom, ons Vader aan.

Dan kan ons met Dawid die drieentwintigste Psalm saamsing: "Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my in groen weivelde rus. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. " 'n Skaap ken geen berekening nie, dit volg die herder want die bring hom in groen weivelde. So sal ons agter Hom, ons God en Vader aan wandel. Dit gemeente, gaan teen ons vlees en bloed in, ons lewe is nog so vol van berekening en slim planne, ons wil so graag ons lewe self bestuur.

Huwelike word partykeer uit berekening aangegaan. Wat 'n ellende het dit in baie lewens al gebring. Vol berekening word daar vir kinders planne vir hul toekoms gemaak. In besighede en omgang met mense speel die berekening van voordeel 'n groot rol. Mens moet mos vorentoe kom. Daar word selfs allerlei Psigologiese metodes aangeprys om sukses te bereik. Daarby word die naaste somtyds as 'n ding, 'n objek in die planne en berekenings opgeneem. Waar het dan die liefde tot die naaste gebly?

Sonder berekening, het ook konsekwensies vir die kerklike lewe. Ons vaders het 'n voorliefde vir teologiese onderskeidings gehad. Hulle het van 'n algemene, 'n besondere en 'n allerbesonderste voorsienigheid gespreek. Dit lyk skolasties, maar in omgekeerde volgorde kan dit ons verder help. Die Here het in sy voorsienige leiding allereers die plek van sy Seun in hierdie wereld op die oog gehad. (allerbesonderste) Alle dinge in die lewe van sy Seun het God so gely dat die grote verlossingswerk vir ons sy kerk volbring kon word. (besondere)

Om Christus ontwil bewaar en regeer Hy nou ook die kerk en die wereld. (algemene) Die kerkgeskiedenis is keer op keer van die beskermende liefde van God vir sy kerk 'n toonbeeld. Daarom is dit glad nie nodig om met angs vir die kerklike lewe in die nuwe Suid-Afrika te wees nie. Sonder berekening in vol vertroue op Vader mag ons in hierdie onstuimige wereld vir Hom lewe.

II Ons eerste punt was: Vertroue op die voorsienige bestel van God sluit alle berekening uit. Nou sal ons sien dat dit berusting ook uitsluit. Somtyds lyk dit of berusting die hoogste christelike lewens ideaal is. Is dit werklik die regte lewenshouding in die wandel stil agter Hom aan? Die kategismus stem nie saam nie. Kyk vraag 28: Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskape het en nog deur sy voorsienigheid onderhou. Die antwoord is opnuut digterlik wat die verbeelding span: Dat ons in alle teespoed geduldig, in voorspoed dankbaar moet wees, en in alles wat nog oor ons kan kom 'n vaste vertroue op onse getroue God en Vader moet stel.

In die eerste plek dus: in teespoed geduldig. Wil dit se: berustend? Jou skik en onderwerp, en se: As die Here dit so besluit het, moet dit maar oor ons kom? Gemeente, daar is 'n groot verskil tussen in teespoed geduldig, of berustend wees. Hy wat in dinge berus, het gaan le. Hy wat egter geduldig is, lewe in die spankrag van die geloof en vra van God die krag om te kan dra. Berus sal in die lewe die krag van die gebed breek. Hy wat teespoed en ellende aanvaar, bid nie meer om uitkoms nie. Daar word nie meer uit die geloof dat God wonders kan doen gelewe nie.

Daar word na Job 1: 21 verwys. Dis 'n indrukwekkende Skrifgedeelte: Sonder iets het ek in die wereld gekom sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee die Here het geneem. Prys die Naam van die Here. Het Job berus? Lees dan ook hoofstuk 3: 3, daar is Job die teenbeeld van berusting, en se: "Die dag waarop ek gebore is, moes nooit aangebreek het nie, die nag toe gese is 'n seuntjie het in die wereld gekom. " Job het op die ashoop nie in stille berusting gesit nie. In sy siel het dit gestorm. Innerlik het hy met sy God geworstel om ook die slegte te bly aanvaar.

Ons kan ook aan Jeremia dink, wat vanwee die teestand in die bediening van sy profeties amp uitgeroep het: "Vervloek is die dag waarop ek gebore is, die dag waarop my ma my in die wereld gebring het; mag die dag altyd sonder seen wees. Vervloek is die man wat vir my pa die berig gebring het: Jy het 'n seun. " (Jer. 20: 14, 15) U dink dit is groot woorde wat Job en Jeremia gespreek het. Dit is hulle, hulle laat ons in hulle hart kyk. Hul innerlike stryd het hulle vir God en mense nie verberg nie. Hulle het met die probleme wat in hul lewe gekom het geworstel.

As 'n mens by die dinge wat gesien en getas kan word bly staan en daar bowe uit nie na God opsien nie is die lewe uitsigloos. Dit wil nie se dat hulle wat wel na God opsien 'n probleemlose lewe het nie. Geen sprake van nie. 'n Mens kry nie altyd antwoord op die vrae wat die lewe hom stel nie. Breek daar in ons hart somtyds geen klag baan waarop geen antwoord ontvang word nie?

Sekerlik, dit is maklik gese, geen berekening in jou lewe nie, wandel maar stil agter Hom aan. Jy sal maar ongeneeslik siek, of sommer 'n invalide word. Jy sal 'n kind in 'n gruwelik verkeersongeval verloor. Glo dat alle dinge uit die vaderhand na ons toekom, en tegelyk voel asof jy met al jou ideale en verwagtings voor 'n muur te staan gekom het. En die goddeloses? Hulle groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid floreer. Gemeente daar is soveel in hierdie wereld wat hom nie laat verklaar nie. Daar is soveel wanhoop en misere, hoe sal ons dan aan die vaderhand kan bly vashou?

Ag geen mens kan op al die vrae antwoord gee nie, maar gaan na die kruis van Golgota, na die Man van smart, na ons Heiland Jesus Christus. Hoor hoe hy vir die oor van sy Vader gekla het: "My God, my God, waarom het U My verlaat? " Dis mos 'n verskriklike klag? Die kind wat in die god-verlatenheid Vader aanroep. As daar nou in sy lewe enig rede vir die verskrikking was, maar die was daar glad nie. Tot die laaste toe het Hy aan Vader vasgehou. En tog..... 'n hand het die son toegemaak. Spykers deur hande en voete. Soldate wat spot. 'n Mensehart, 'n waaragtig mensehart wat Vader soek en 'n Vader wat in die verskrikking terugstoot.

Hier is 'n eg waaragtige mens! Die mens wat tot die laaste toe uit liefde geleef het. Aan God tot die laaste toe vasgehou het. Het Hy antwoord op sy klag gekry? Hy het dit nie gekry nie en tog het Hy in die donker uur aan Vader vasgehou. Hy het genoegdoening gegee, nie vir Homself nie, maar vir ons, vir almal wat in Hom glo.

So kan ons by Hom krag vind vir die geduld in teespoed, om sake in geloof aan Hom oor te gee. Geen berusting nie. Jesus het ook nie berus, Hy het dit mos uitgekla? In alles het Hy egter aan Vader vasgehou. So het Hy vir ons die krag verwerf om dit ook te doen. Ons mag met ons leed, met ons verdriet, die lee plekke in ons lewe, ons eie innerlike stryd na Vader gaan en alles in sy hande oorgee.

Bedink ook: Daar is vrae waar 'n mens in hierdie lewe nie mee klaar kom nie. Hoe sou ek daarmee klaar kom dat God die sonde, leed en dood in die wereld toegelaat het? Ek kan dit onmoontlik redelik verklaar. Maar ek weet wel dat ek self 'n sondaar, 'n rebel teen God is. Ek weet dat ek alleen vanwee die kruis van Jesus Christus en sy middelaars- worsteling op Golgota tot die kind van God aangeneem is. Daarom as ek bedink: Dis net vrye soewereine genade dat ek kind van God mag wees, sal ek my nederig en beskeie opstel teenoor die vrae wat die lewe vir my stel.

Mense kan dit vir ons moeilik maak. Mense het in die samelewing, in die kerk, in intermenslike verhoudinge, ontsaglik veel kwaad gestig. Tog as ons besef dat ons vir God sondaars is, kan ons in alles wat oor ons kom die hand van God sien. God regeer alle dinge. God gebruik ook mense, ook die kwaad, om soewerein en magtig sy doel te bereik. Dink maar weer aan die geskiedenis van Josef in Egypte: Wat sy broers as kwaad teen hom bedink het, dit het God ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou. Ook die sonde word deur God geregeer. Opstand teen wat mense ons aandoen is meestentyds opstand teen God. As daar een was wat - menslik gesproke - teen God in opstand kon kom, dan was dit ons Heiland. Maar in die grootste smart beroep Hy Hom op die Vaderhart.

III Die eerste wat ons gesien het was: Sondag 10 roep ons op om nie uit berekening te lewe nie. Die tweede was: Ook nie in berusting by die ellende te gaan le nie. Nou kom ons tot die derde: God roep ons om in die oorgawe van geloof in Hom te lewe. Ons kyk nogmaals na antwoord 28. Daar word in ontroerende woorde oor die christen gespreek. Kort opgesom: wees in alle teespoed geduldig. Wees in voorspoed dankbaar. En het vir die toekoms in ons troue God en Vader 'n vaste vertroue. Dis 'n hoe ideaal en meestal maak ons dit nie. Ons moet eerlik erken, in ons hart is daar somtyds 'n hewige storm wat woed.

En tog - as ons in geloof op Jesus Christus ons verlosser sien wat vir ons almal deur die diepte van godverlating en verskrikking van die hel deur gegaan het, worstel die geloof hom weer boontoe en behaal die oorwinning. Die ou gereformeerde teoloe het gese dat die allerbesonderste voorsienigheid hom in die lewe van ons Heiland geopenbaar het. God het sy lewe van stap tot stap gelei. So kan ook ons deur oorweging en aanvaarding van die verlossingswerk van Christus, die vaste grond vind, om tot die lewenshouding waartoe ons geroep word te kom.

Laat ons nogmaals aan Job dink. Met harde woorde het hy sy geboorte dag vervloek. Dieselfde Job het egter ook gese: Die Here het gegee, die het geneem, die Naam van die Here sy geloof. Dit was by Job geen berusting. Dit was midde in klag, opstand en aanvegting, die Vaderhand wat altyd na ons uitgestrek is, vasgryp. By ons Heiland was dit nie anders nie. Hy het gekla: My God, my God, waarom het U My verlaat? Maar kort daarna is daar die oorgawe: Vader, in U hande gee Ek my gees oor! Midde in die duisternis was daar tog die uitgestrekte vaderhand. Die hand is deur Christus vasgehou.

Opnuut wil ons na psalm 23 waarvan ons die eerste deel al aangehaal het luister, nou egter die tweede deel: "Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, - wat kan dit 'n innerlike stryd en opstand met hom meebring - ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf die vertroos my. " Opnuut: die Vaderhand wat die stok en die staf hanteer. Wel gemeente nou roep ons nog eens die tema van die preek in ons gedagtes terug: Wandel maar stil agter Hom aan. Nou moet alle berekening uit ons lewe verdwyn, nou moet ook alle passief makende berusting verdwyn. Daar is 'n Vaderhand wat te midde van aanvegtinge in ons lewe na ons uitgestrek bly. In oorgawe in geloof mag ons die hand vas gryp. Ons het in 'n chaotiese en onstuimige wereld ons pad te loop. Een ding weet ons: Die diens in hierdie wereld word nie deur diplomate en brutales of deur terroriste en politisie, deur maghebbers op welke terrein ook uitgemaak nie. Dis my God en my Vader wat regeer.

Wandel maar stil agter Hom aan. Hy wys hoe die pad le.

Is die pad nie so glad gebaan, as jy dit wil he,

Wil dit tog gaan. Hy gaan vooraan.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)