Die hoogs noodsaaklikheid om te glo

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 7
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor sondag 7 H. K.

Die hoogs noodsaaklikheid om te glo.

Lees: Lukas 13: 22 - 30.
Teks: Sondag 7 H. K.
Sing: Ps 81: 1, 11, en 12
na wet Ps 80: 10
na belydenis Ps 138: 2
Ps 27: 1, 4 en 6
Sb 24: 3 en 7
Ps 2: 6

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

In die dae dat ons Heiland predikend deur die stede en dorpe van Israel gegaan het, "Se iemand vir Hom: Here is die wat gered word min? " Dit was 'n indringende, maar ook verstaanbare vraag. Want die Here Jesus het so juis oor die koninkryk van God gepraat en dit met 'n mosterdsaad vergelyk wat sommer tot 'n groot boom uitgroei. Daarna het Hy dit met suurdeeg vergelyk wat 'n vrou geneem het en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.

Iemand het gedink: hoe wonderlik groei die koninkryk van God van 'n onaansienlik begin tot 'n geweldig groot resultaat, 'n klein saad word 'n groot boom en 'n bietjie suurdeeg laat die totale deeg insuur. Daar sal baie geloof vir nodig wees. Wie sal daardie geloof kan bybring? Hy vra toe: "Here is die wat gered word min. " Dis heel begryplik dat hierdie vraag vorentoe kom. Tog is die vraag nie reg nie. Die vraagsteller het begin en reken, hoeveel mense sal dit maak? Sou hyself daarby kan kom? Daarmee het hy op 'n afstand van die koninkryk bly staan. In daardie moment was daar by hom geen geloof nie.

Wat is die antwoord van ons Heiland? " Hy antwoord hulle: Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, se Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie". Die Heiland ignoreer die vraag totaal, maar nie die mens agter die vraag nie. Van die vraagsteller eis Hy geloof! Jy moet glo, se die Here Jesus en glo is deur die nou poort in die koninkryk van God ingaan. Dit is jou self totaal verloen en in geloof op die beloftes van God vertrou.

Dan waarsku die Here denk daaraan jou behoud is op die spel! Want baie sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. Hulle bewandel nie die smal pad van geloof alleen nie. Dink nou nie dat jy as Israeliet en nie 'n heiden, sommer die koninkryk kan ingaan nie. Baie sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God. Die Heiland wil maar se: jy moet glo daar hang jou behoud jou ewig heil vanaf.

Nou die hoogs noodsaaklikheid van die geloof wil ook die kategismus in hierdie sondag ons op die hart bind. Jy moet glo dis wat die kategismus vanmore/middag vir ons wil se, en gelukkig ons mag ook glo. Weet jy nou wat daartoe nodig is? Jy moet glo alles wat in die evangelie beloof word en wat die katholieke christelike kerk in die twaalf artikels van die geloof saamgevat het. Ons spreek oor:

Die hoogs noodsaaklikheid om te glo.

  1. Ek moet glo;
  2. Ek mag glo;
  3. Ek glo in gemeenskap met heel die christelike kerk.

I Gemeente vraag 20 kom met 'n lewensvraag na ons toe. Wie sal salig word? Word gevra. Alle mense? Kry alle mense deur Christus die heil terug, soos ook almal in Adam verdoem is? Wat? word gedink, die kategismus het daar mos in sondag 4 al oor gepraat dat nie alle mense salig word nie. Die kategismus het daar mos al gepraat oor die sonde wat met die ewige straf aan liggaam en siel gestraf moet word. Word dit nou opnuut bespreek? Nee glad nie. Die kategismus stel 'n ander saak aan die orde! Let op die woordjie "SOOS" wat in die midde van die vraag staan. Alle mense in Adam verdoem kry nou in Christus alle mense ook die heil terug? Dink nou 'n oomblik terug aan wat in die vorige sondae bespreek is.

Daar het ons twee geweldige dinge gehoor. In die sondae 2-4 het ons gehoor hoe ons almal in Adam verdoem is. Uit die val van Adam het 'n vuil modderstroom van skuld losgekom wat alle mense saamsleep. Kliphard kom dit hier weer na ons toe, in Adam almal verdoem. Ons huiwer, maar dis die realiteit wat die Bybel vir ons wys.

Gelukkig het die kategismus daar nie gestop nie, maar in sondag 5 en 6 opnuut die Skrif oopgemaak. Ons het uitsig op Jesus Christus ons Heiland gekry wat tot ons behoud gekom het. Ons het leer sien dat uit Christus die heldere rivier van die genade van God ontspring. Hy is ons tot volkome verlossing geskenk. Ja die belydenis het hulle langs mekaar geset, die eerste Adam waarin ons verdoem is en daar teenoor die tweede Adam in wie ons verlos word. Dis of ons hier die magtige taal van Rom. 5 hoor!

In Rom. 5: 18 skryf Paulus: "Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. " Paulus het Adam en Christus skerp teenoor mekaar gestel. Deur die eerste Adam het almal tot oortreding en skuld gekom. Deur die tweede Adam is daar vir almal regverdiging tot die lewe. Maar nou is die vraag: hoe werk dit? Gaan dit vanself? Is ons daar heeltemal buite gestel? Outomaties in Adam verdoem en in Christus gered? Dis 'n lewensvraag gemeente!

Word alle mense dan weer deur Christus verlos soos hulle in Adam verdoem is? Word alle mense sommerso deur Christus weer salig? Nou moet ons nie dink dat hier na die leer van die algemene versoening verwys word nie. Dit gaan om die vraag hoe die heil in Christus vir ons elkeen persoonlik raak. Is ons daar passief onder, word alles oor ons sonder ons beslis? Is hierdie vraag nou regtig nodig? Alte seker, want dit gaan in ons belydenis, om die handhawing van die evangelie van Jesus Christus, teenoor die gangbare gebruik in die Roomse kerk.

In die tyd van die reformasie het in die roomse kerk die persoonlike geloof amper geen rol gespeel nie. Die doop, die gebruik van 'n verder aantal sakramente en daarby die deurwerking van die genade nie teenstaan nie, was al genoeg vir gewaarborgde saligheid. Die roomse kerk had toe 'n tipiese uitdrukking, naamlik: 'n Houtskoolbrandergeloof is voldoende. In daardie tyd is houtskoolbranders tot die domste mense in die samelewing gereken. Die kerk het daarmee bedoel as mense maar glo wat die kerk vir hulle glo is dit goed. Daarmee word die kerk 'n soort genade-instrument wat genade uitdeel.

Dis hierdie gebruik wat vraag en antwoord 20 afwys. Let daarop hoe mooi die kategismus die afwysing, vir ons op die lippe le. Word alle mense dan weer deur Christus verlos soos hulle deur Adam verdoem is? Met ander woorde: is daar langs die erfsonde erfgenade? Fel klink die antwoord NEE; glad nie. By die skenk van genade kom geen outomatisme in die prentjie nie. Weet jy wie aan die genade van Christus deel kry? Alleen die wat in Hom deur 'n ware geloof ingelyf word en al sy weldade aanneem.

Stel dat die genade sommer deur die kerk aan ons geskenk word. Dan was die hele evangelie verkondiging glad nie nodig nie. Dan had God by die begin van die geskiedenis van die heil, ook nie nodig gehad om vyandskap tussen die saad van die vrou en die saad van die slang te stel nie. Dan had Christus op die vraag: Here is die wat gered word min? sekerlik nie geantwoord met: Stry hard om in te gaan deur die nou poort nie. Die waarskuwing dat daar laastes is wat eerste sal wees en daar is eerstes wat laaste sal wees, sou oorbodig gewees het. Nee nie almal word deur Christus gered soos almal deur Adam verdoem is nie. Wie dan wel?

Alleen; onderstreep hierdie woord ALLEEN die wat in Jesus Christus deur 'n waar geloof ingelyf word en al sy weldade aanneem. Ja ons Heiland staan sentraal in hierdie antwoord ons moet by Hom en ALLEEN by Hom ingelyf word. Ons moet sy en ALLEEN sy weldade aanneem. Wat 'n verruklik antwoord. Stel daar was gese: alleen die uitverkorenes, alleen hulle wat God vir die saligheid bestem het. Baie christene lees die antwoord so! Maar dit staan daar nie. Die antwoord stel die genade van God en ons eie verantwoordelikheid langs mekaar, onlosmaaklik is hulle verbind!

Moenie dink die inlywing sal eers in die ewige heerlikheid werklikheid word nie. Nee, ons word by Christus ingelyf. Die Heilige Gees neem die inisiatief, Hy vat ons by die hand, breek die weerstand van ons hart stukkend en neem ons na Jesus toe. Of dink jy dat jy vanuit jouself Jesus soek? Dat jy sommer tot onderwerping aan die evangelie bereid is? Nee dink dat nie, want daarvoor is ons hart te weerbarstig, Dis ons aard om ons met alle mag teen onderwerping te verset. En tog; ons word by Christus ingelyf. Inlyf is dit geen sprekend woord nie? Dit is een liggaam word, heeltemal verenig word.

Met die vrede van Vereniging in 1902 is die twee Boererepublieke by Engeland ingelyf, almal het toe Engelse onderdaan geword. Of om 'n Bybels beeld uit Rom. 11 te gebruik as ons as wilde takke op die olyfboom geent word dan kry ons deel aan die wortel en vettigheid van die olyfboom. So lyf die Gees Van Christus ons by Christus in, word ons met Hom een. Is ons dan tog passief? Moet ons maar sit en wag tot die Gees ons klaar ingelyf het? Gaan dit buite ons geloofs aktiwiteit om? Absoluut nie, lees nou om jou lewenswil die mooie antwoord 20 tot op sy einde. Die ene sin van die antwoord het twee snykante: In Christus ingelyf en al sy weldade aanneem. Wat word die antwoord partykeer verkeerd gelees asof daar staan "en daarna" al sy weldade aanneem. Eers moet daar 'n kiem van geloof in jou hart geplant word en inlyving in Christus wees, eers dan kan jy al die weldade aanneem. Nee so lees die antwoord nie. Dis soos 'n skildery van twee kante gesien, ons word hier en nou opgeroep om die weldade van Christus aan te neem. Om die evangelie wat nou verkondig word te glo en op die beloftes van God te vertrou.

Wanneer ons vertrou, die hand op die werk wat Christus volbring het le, dan word ons ingelyf! Dan maak die Heilige Gees ons met Christus een. Moenie wag tot jy ervaar nou het die Heilige Gees my tot Christus gebring nie. Alleen as ons die evangelie glo sal ons daarby baat, soos Hebr. 4: 2 vir ons leer: Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle (Israel in die woestyn); maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. Die evangelie moet geglo word en in die weg van geloof, word ons deur die Heilige Gees in ons Heer en Heiland ingelyf.

Dink ook aan Handelinge 3: die man wat by die Skonepoort van die tempel gesit het. Petrus het hom aangekyk en gese: "Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus die Nasarener, staan op en loop! " Petrus het die man by die hand opgerig en die man het opgespring. " Die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee. " In geloof het die man die bevel van Petrus opgevolg. Hy het nie gedink sou dit wel waar wees, mag dit, sou dit wel vir my wees nie. In geloof het hy opgespring. Soos Christus in Matt. 9: 22 vir die vrou wat aan bloedvloeing gely het gese het: " Hou goeie moed dogter jou geloof het jou gered"

Wanneer ons in geloof ons Heiland as ons Middelaar en Verlosser bely, weet ons tegelyk daardie geloof het nie van onsself af gekom nie. God het my hand in sy hand gele. Deur die Heilige Gees het Hy my in Christus ingelyf. Ons kry nie outomaties die heil terug, soos ons deur Adam verdoem was nie. Om te glo is hoogs noodsaaklik.

Ek moet glo! Is daardie boodskap vir vandag dan nie meer aktueel? Is dit vandag nie meer nodig om dit in die Gereformeerde kerk te verkondig nie? Die verkondiging is hoogs nodig, want dit is nie voldoende om lid van die gereformeerde kerk te wees nie. Soos dit in die tyd van die reformasie ook nie genoeg was om 'n houtskoolbranders geloof te he nie. Dis nie genoeg om te glo dat die kerk vir ons glo nie. Sonder geloof in Jesus Christus is daar geen behoud nie. Dis nie vir dowwe neute dat by hierdie vraag na psalm 2 verwys word nie: " Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by hom skuil!"

II Ons moet glo, dit is wat God van ons vra. Moontlik dink u nou, mag ek wel glo? Ek sondige mens wat telkens weer die goeie pad verlaat, en aan die beloftes van God vir my twyfel. Ek wil wel glo, maar is die heil wat Christus vir ons terug gee nou werklik ook vir my? Gemeente ook in daardie vrae kom die kategismus ons help. Lees maar kernvraag 21: Wat is 'n ware geloof? Alles in hierdie sondag skarnier om hierdie kernvraag.

In die eerste edisie's van die kategismus was die vraag: Wat is 'n opregte geloof? Ons sou dit ook so kan stel watter geloof is werklik geloof? Ken jy die antwoord nog? Die antwoord bestaan duidelik uit twee gedeeltes. Dit se: Geloof is 'n gewisse kennis waardeur ek alles vir waaragtig hou wat God in sy Woord geopenbaar het. Dis die eerste en die tweede is: ook 'n vaste vertroue dat nie alleen aan ander nie, maar ook aan my vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid deur God geskenk is uit louter genade alleen ter wille van die verdienste van Christus.

Hierdie lewendige en sprekende antwoord het helaas in die loop van die tyd onder die mes van teoloe deurgeloop, wat die antwoord vermink het. Daar is byvoorbeeld 'n soort tweedelige vuurpyl van gemaak. Hulle het gese: Daar moet onderskeid tussen "gelovig weet" en "vaste vertroue" gemaak word. Die weet is dan die eerste deel van die vuurpyl, maar nog nie die eintlike van die geloof nie. In die gewisse kennis gaan dit om die sogenaamde historiese geloof. Dit wil se alles wat in die Bybel staan word vir waar aanvaar, jy glo dat die wereld in ses dae geskape is, die geskiedenis van die volk Israel, die maagdelike geboorte en wonders wat Christus verrig het. Jy glo ook dat Hy aan die kruis gesterf het, en met Pase weer opgestaan het. Alles word dan vir waar gehou, maar dis tog nie die eintlike nie. In die tweede deel oor die vaste vertroue begin die tweede deel van die geloofvuurpyl werk. Daar gaan dit nie meer oor histories geloof maar oor die sogenaamde saligmakende geloof. Dit is die ware! Ja ware verminking!

Daar is kerkgenootskappe waar belydenis doen net oor die historiese geloof gaan, hulle noem dit belydenis van die waarheid, nie van geloof nie. Die eintlike geloof, die saligmakende kom eers later. Die eerste deel van die geloofvuurpyl bring jou wel 'n eind op pad, maar die tweede deel sal jou eers regtig by die Here bring. Word ons boerematriek partymaal ook nie so gebruik nie? Die belydenis doen is dan die aanneming, maar as eers dag en uur van bekering aangewys kan word, dan eers is die Here aangeneem!

Alleen al die formulering van die eerste deel van antwoord 21 sluit hierdie siening absoluut uit: 'n Ware geloof is nie alleen 'n gewisse kennis waardeur ek alles vir waaragtig hou wat God aan ons in sy Woord geopenbaar het nie. Is vir waaragtig hou van alles wat God in sy Woord geopenbaar het, alleen histories geloof? Is dit nie ook saligmakend nie? Kan ons die eie Woord van God, sy eie beloftes vir waaragtig hou sonder dat dit my eie hart raak nie? As ons iets vir waaragtig hou dan is ons hele bestaan daarin betrek. Dink maar aan die pragtige geskiedenis van Abram toe God vir hom gese het: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. Toe het Abram na die met ontelbare sterre gevulde hemel opgekyk. En God het vir Abram gese: So sal jou nageslag wees. En Abram het in die Here geglo. Letterlik staan daar in Gen. 15: 6 Abram het op die belofte van God Amen gese! Hy het die Here betroubaar geag. So se antwoord 21: glo is vir waaragtig hou wat God in sy Woord geopenbaar het.

Kan jy vir waaragtig hou dat God die wereld geskape het, sonder tegelyk jou te verootmoedig en God te aanbid, vanwee die mag en majesteit van God nie? Kan ons vir waaragtig hou dat die Here Jesus op Golgota vir sondaars sy bloed vergiet en gesterf het, sonder dat ons met ons skuld tot Hom vlug nie? Kan die oop graf op die Paasmore geglo word sonder dat ons vir waaragtig hou dat Christus ook vir my die dood oorwin het en ek deur Hom geregverdig is nie? Hoe kan 'n mens in die hemel glo sonder vir betroubaar te hou dat daar in die huis van Vader met sy baie wonings ook vir hom 'n plek berei is nie?

In die eerste gedeelte van die antwoord word al persoonlik gespreek. Dit se: Ek hou vir waaragtig alles wat God in sy Woord geopenbaar het. In die gemeenskap van die kerk is dit vir almal geopenbaar, maar ek persoonlik hou dit vir waaragtig. Dis vir my onmoontlik om iets vir waaragtig te hou sonder dat dit my tot in die binnenste van my siel betrek nie. Selfs die duiwels sidder omdat hulle glo dat God bestaan! Die wete alleen al laat die bose geeste vir die almagtige God bewe. Sal ons dan nie alles glo wat in die Bybel staan nie? Natuurlik, die Bybel is 'n eenheid. Die boek van God, vol van sy beloftes en bedreiging. Die hakies en die lissies, die klokkies aan die mantel van die hoepriester, die kleure van die voorhangsel, die rigters van Israel, die briewe van Paulus, het almal betrekking op die grote middelpunt van die Bybel: Jesus Christus ons Heiland en Verlosser.

Daar rig nou die tweede deel van die antwoord ons aandag op gemeente. Daar word nie van die histories glo, na die saligmakende geloof oorgestap nie. Glad nie, in die tweede deel word juis beklemtoon dat die gewisse kennis uit die eerste deel geen oomblik sonder die vaste vertroue kan wees nie. Alles wat in die Bybel staan is op ons heil, ons persoonlike saligheid gerig. Elkeen van ons mag vertrou dat God die geweldige dinge, vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid ook my geskenk het. Gemeente tel hulle een vir een, aanvaar hulle met 'n vrolik hart. Want dis seker geen kleinigheid nie, mens staan verstom: Ewige geregtigheid, omdat God my sondes uit pure genade vergewe, alleen op grond van die verdienste van Christus. Ewig heil: geen dood of lewe kan ons van die liefde van Christus skei nie.

Antwoord 21 le dit alles in ons mond en hart, en enkele woordjies verdien dan nog bysondere aandag: dis nie alleen aan ander nie, maar ook aan my geskenk. Daarin klink die diep verwondering oor die genade van God deur.

Dis nie alleen aan ander, die ampsdraers, die ou eerbiedwaardige kerklid, of die allerheiligstes geskenk nie, maar ook aan my eenvoudig kerklid, en aan jou seun en dogter, sommer uit louter genade geskenk.

Sluit die ware geloof dan alle twyfel uit? Word die geloof in kritieke situasies nooit aangeveg nie? Die gelowige ken sy twyfels en aanvegtinge, hulle sal daar wees solank die duiwel in hierdie wereld aktief is! Dis hy wat ons van twee kante aanveg, van buite en van die binnenste uit. Ons leef in 'n tyd van verwereldliking, en 'n samelewing waarin die drieenige God deur 'n algemene god vervang word. Dit beteken 'n voortdurende stryd om teen die gees van die tyd in, te bly glo. Die duiwel veg ons egter nie alleen van buite aan nie, maar op die mees onverwagte momente kom hy met sy twyfelvrae ons hart binne: Is dit alles nou wel regtig vir my?

Gemeente beveg die duiwel, beveg die twyfel. Bly glo: ook aan my geskenk. Soos Job middein die aanvegtinge van Satan dit uitroep: Ek weet; My verlosser leef. (19: 25) Of soos Paulus: Want ek is versekerd dat geen magte of enig skepsel, ons van die liefde van God sal kan skei nie. (Rom. 8: 38) Aan die eind van sy lewe skryf hy aan Timotheus: Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. (2Tim. 4: 7)

Daar is nog een sin in antwooord 21 wat ons nog nie bespreek het nie. Die sin hoor daarby en dit gee ons die sleutel in hande, om die paleis van geloof met al sy skatte binne te gaan, naamlik: Dis die Heilige Gees wat die geloof deur die evangelie in my hart werk. Tydens die preek het u moontlik gedink die rykdom van die geloof is pragtig, maar hoe kry ek nou deel aan daardie geloof? Ek moet glo, ek mag glo, ek wil graag glo, maar hoe kom ek daaraan? Wel in hierdie sin het ons die antwoord: God die Heilige Gees werk dit. Deur die evangelie, deur die blye boodskap dat Jesus Christus vir jou gesterf het, opgewek en ons voorspreker by God is. Eenvoudig gese jy moet kerk toe kom, jou ore daar oop maak vir die woord van God wat daar verkondig word. En boweal jy moet jou hart vir die blye boodskap oopmaak. Wat kan die kategismuspreek ons almal daarmee help. Tweemaal kerk toe is dit vir jou te veel? In die leerdiens word juis die beloftes van die evangelie een voor een in al hul heerlikheid vir jou aangebied. Iemand het eenmaal gese die troue kategismus luisteraar is die beste christen en dit het meriete.

III Nou die laaste, want sondag sewe het nog nie klaar gepraat nie. In die laaste twee vrae en antwoorde word vir ons duidelik gemaak dat ons nie alleen in die geloof staan nie. Ons glo te midde van 'n groot gemeente in gemeenskap met heel die christelike kerk. Ons word in die geloof gehelp, want in vraag 22 word gevra wat is dan 'n christen nodig om te glo? Dit kan nie beter gese word nie as antwoord 22 dit doen nie. Die antwoord verras: Alles wat ons in die evangelie beloof word! Nee daar staan nie alles wat ons in die evangelie geleer word nie. Om te glo is nie om 'n reeks dogmatiese stellings uit die kop te ken nie, maar om die beloftes van die evangelie te glo. Sondag 7 laat ons die hart van die reformasie sien. Om te glo is nie om tot 'n kerk te behoort wat vir jou glo nie. In die begin van die preek het ons al gesien hoe fel die reformasie daarteen opgetree het. Jy self met jou hele hart glo! Waarop anders kan die geloof hom rig as alleen op die ryke beloftes, waarmee God in die evangelie na ons toe kom?

Wat die beloftes is? Hulle word in die antwoorde 22 en 23 mooi opgesom, in die twaalf artikels van ons algemeen en ontwyfelbaar geloof kry ons die saamvatting. Daarmee het die kategismus ons daar gebring waar hy ons wil he! Die kategismus is naamlik 'n opwekkende kommentaar op die drie groot stukke van ons christelik geloof. 1 Die twaalfartikels; 2 Die tien gebooie; 3 Die Onse Vader. In die volgende sondae word dit in die grote raam van ellende, verlossing en dankbaarheid vir ons uiteengesit.

Hoe pragtig sluit die kategismus hier sommerso by die kerk uit die tyd van apostels en martelare aan. In die kerk het die twaalf artikels gegroei. Dit het by die doopvont ontstaan, daar het die bekeerlinge bely: Ek glo in God die Vader, die Almagtige en in Jesus Christus die eniggebore Seun van God en in die Heilige Gees. So het die belydenis stadig tot die twaalf artikels uitgegroei wat ons vandag nog bely. Dis die kern van die christelik geloof. Die twaalf artikels is met 'n bergloop vergelyk, bo in die berg le die bron, die belydenis van God Almagtig wat verder loop in Jesus Christus en alles wat Hy vir ons gedoen het, om via die Heilige Gees in die pragtige vergesig uit te mond: die vergewing van sondes, die wederopstanding van die vlees en 'n ewige lewe. Die reformasie het geen nuwe kerk gestig nie, maar weer by die ou christelike kerk van apostelen martelaars en kerkvaders aangesluit.

Ons wil nou weer terugdink aan die vraag in die begin van die preek: Here is die wat gered word min? Stry hard om in te gaan deur die nou poort was die antwoord van ons Heiland. Nie almal word gered nie, alleen hulle wat hulself verloen en in geloof op God die Vader en God die Seun en God die Heilige Gees vertrou. Sondag 7 vat ons by die hand, om mild en ruim en koninklik op die weg van geloof te lei. Gryp nou daardie hand, want sonder geloof sal ons seker nie deur die nou poort kan gaan nie. Daar is geen ander pad die ewige heerlikheid in nie. Dit gaan om jou, om ons almal, om die eer van onse God.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)