Wie ons eintlik is

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2017-12-20
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 3
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 3 H. K.

Wie ons eintlik is.

Lees: Rom. 5: 12-21
Teks: Sondag 3 H. K.
Sing: Sb. 12: 1 en 3
na wet Ps. 130: 2 ber 1
na geloofbelydenis Sb. 29: 7 en 8
Ps. 51: 1, 2, 4
Ps 17: 1 en 7
Ps 71: 13, 15

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

In hierdie tyd is daar baie jongmense wat met die betekenis en bedoeling van hul lewe worstel: Waarvoor leef ek, wat is die doel van my lewe, wat sal aan die end van my lewe die dood vir my inhou? Dit is van die vrae wat hulle vir hulself stel en dikwels geen pad vorentoe sien nie. Iewers het ek gelees dat die selfmoord onder ons jeug voortdurend styg. Deskundiges op daardie gebied soek na 'n oorsaak en een van hulle het gestel: Ons moet die groot vrae van lewe en dood vir ons jeug weer bespreekbaar maak.

Welaan gemeente, Dit is wat Sondag drie doen! Hier word die groot vrae van die lewe, skuld en dood bespreek. Sondag 3 buig hom oor na ons jeug om hulle aan te spreek, wat gese gaan word is so belangrik dat ons oueres ook maar goed moet luister. Kom saam se Sondag drie, dan sal ek jou laat sien waar jy vandaan kom. Jou oorsprong, hoe goed en mooi jy geskape is sal ek jou laat sien. Jy sal ook van my te siene kry wat ek en jy daar van gemaak het. Ek sal geen doekies omdraai nie, klipharde waarhede sal jy hoor.

Luister nou mooi, want daardie klipharde waarhede is nodig om by die enigste troos uit te kom. Die harde waarhede sal jou na Hom uitdryf wat as enigste, jou die waarom en waartoe van die lewe kan leer. Alleen by Hom, Jesus Christus sal jy die enigste troos vind. Wil jy weet wie ons as mens eintlik is? Luister dan mooi, na Sondag 3 wat ons laat sien:

WIE ONS EINTLIK IS

Want daar word gese:

  1. Wie ons was;
  2. Wat ons geword het;
  3. Hoe ons anders kan word.

I Die eerste uitgawe van die kategismus was nie in sondae ingedeel nie, maar het net uit ongenommerde vrae en antwoorde bestaan. Toe die boekie ook in eredienste vir die prediking gebruik is, is die indeling in sondae aangebring terwyl nommering van die vrae, daarna gevolg het. Dat die vrae en antwoorde eers gewoon agtermekaar gevolg het, kan aan die noue aansluiting van vraag 6 by antwoord 5 gesien word.

In antwoord vyf is op die man af gese: ek is van nature geneig om God en my naaste te haat. Dit is verskriklik. Ek mensekind is voortdurend geneig om God wat my gemaak het en my naaste wat God langs my gesit het, te haat. Laat daardie keiharde vonnis wat ons in Sondag 5 oor onsself gevel het, nou eens goed op ons inwerk. Natuurlik kom nou die vraag by ons op: hoe is dit moontlik, waar le die oorsaak? Dis ook wat vraag 6 ons voorhou! Is dit God wat die mens so verkeerd geskape het? Nou skrik ons, die vraag stel God onder verdenking, durf ons na God vingerwys? Daaraan mag 'n mens mos nie dink nie?

Tog het die kategismus die vraag vir ons gestel. Nee, nie omdat Ursinus so gedink het nie, maar hulle het geweet daar is mense wat wel in die rigting dink. Of het ons nooit die opmerking gehoor: Jammer ek het myself nie gemaak nie. Of ook, ek het nie gevra om op die wereld te kom nie. As daar 'n God is waarom sorg hy dan nie dat die wereld anders word nie? Gemeente is ons beter, het ons nooit in ons hart soos Adam gedink nie wat vir God gese het: "die vrou wat U my gegee het". Dis vir hierdie mense en vir ons wat ons kategismus wil begelei en reghelp.

Die kategismus werk nie vanuit die gedagte moenie seermaak nie, maar praat reguit, om ons te help, om ons almal van hierdie verskriklike vrae te verlos. Geen diepsinnig betoog of teoreties redenasie word oor die oorsprong van die kwaad opgesit nie. Daar kom direk 'n geloofs beslissing. Nee! Oorspronklik het daar "Nee Hy" gestaan, daarmee het die kategismus daardie gedagte totaal uitgesluit. So iets kan God, die heilige en majesteitelike God, nooit doen nie. Dan volg daardie belangrike verklaring wat God dan wel gedoen het, naamlik: God het die mens goed en na sy ewebeeld geskape. Gemeente laat ons ingedagte die woord geskape onderstreep, want die woord maak 'n geweldig perspektief oop. Ons het nie vanself in hierdie wereld ingekom nie en die wereld bestaan nie ewig nie. Daar is 'n oorsprong wat by God le! Ons kom as liggaam en siel uit die hand van God, Hy het ons gemaak. Hier neem ons saam met die Kategismus 'n ingrypende geloofsbeslissing gemeente.

'n Beslissing wat haaks op die ewolusionisme staan, ons is as mense deur ons heilige God geskape en het glad nie deur ontwikkeling ontstaan nie. Niemand van ons, ook julle seuns en dogters, durf hom dit laat wys maak nie! Ewolusionisme is 'n ou griekse filosofie wat veral deur Charles Darwin weer nuwe lewe ingeblaas is. Sy waarneming van mutasies in die plant en diere wereld, het hom 'n teorie laat op stel dat die hoere lewe uit die laere lewe ontwikkel het. Dat daar mutasies in die plant en diere lewe is sal niemand bestry nie, maar daar is nooit bewys dat alle mutasies in opgaande lyn beweeg nie. Soos ook die ontwikkeling van die een spesie uit 'n ander spesie geponeer is maar nie bewys nie. Ewolusionisme is 'n geloof wat op menslike veronderstellings berus en dus geen enkele vaste grond het nie. Daarom is dit vir die Christelike geloof lewesgevaarlik om ewolusionisme in die geloof in te bou.

Die Christelike kerk, dit is ons gemeente, bely as eerste in die apostoliese geloofs belydenis: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde. Daarom vat Sondag 3 ons nie saam na die ewolusionisme nie, maar na die Bybel, na Genesis 1-3. Daar word vertel hoe God die skepper van hemel en aarde die mens gemaak het. Die mens boos en verkeerd geskape?

Kom saam en lees wat God in die aanvang van die Bybel se: "Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, ". (Gen 1: 26) By geeneen van die ander skeppinge van God lees ons van Goddelik oorleg vooraf nie. Maar voordat God die kroon op sy skepping gaan maak is daar vooraf oorleg. Na die beeld van God het God toe man en vrou geskape. Hoe aanbiddelik groot en vol majesteit het God die mens gemaak. Uit die stof van die aarde het God die mens geformeer en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het die mens 'n lewende siel geword, beeld en gelykenis van sy Skepper.

Wat hou dit in, beeld en gelykenis van God? Dit het God ook in Gen. 1: 26 beskryf: "Laat hulle heers oor die visse van die see en die voels van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. " In opdrag van sy Skepper was die mens onderkoning om oor die heerlike skepping van God te heers. God self se van sy totale skeppingswerk: "Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en - dit was baie goed. " Dit staan in skerpe teenstelling met vraag 6 waar gevra is het God die mens verkeerd geskape? Glad nie se ons met antwoord 6 God het die mens goed geskape. Daardie goed word in sondag drie omskryf deur: in ware regverdigheid en heiligheid. God het die mens so geskape dat hy in die paradys volgens die wet van God geleef en gewandel het. Daar was niks op aan te merk nie, as onderkoning het hy God en die wet van God lief gehad. Tot in sy diepste innerlik het hy in heiligheid voor die aangesig van God gelewe.

Die mens is in regverdigheid en heiligheid geskape, sodat hy..... so vervolg antwoord 6. God het die mens met die oog op sy roeping geskape.

Ons mense is nie as 'n wese sonder doel en rigting geskape nie. Ons is tot diens geroep, om God ons Skepper reg te ken, dit is ons profetiese roeping waarmee God al in die paradys tot ons gekom het. So het God ook met die priesterlike roeping gekom sodat ons God van harte lief kan he. Dit is van harte totaal in die diens vir sy Skepper opgaan. Sodat die mens in die drie ampte in verbondsgemeenskap met sy God lewe. Soos antwoord 6 se: met Hom in die ewige saligheid kan lewe om Hom te loof en te prys.

Die mens boos en verkeerd geskape? Gemeente ons het nou die mens gesien soos God hom geskape het, sy opdragte gegee het, hoe God die mens as bondgenoot gemaak het, om met sy God in verbondsgemeenskap te kan leef. Ons kan die skuld, dat ons gevalle mense is nie aan God toeskryf nie, ons mag dit glad nie bedink nie!

Wanneer ons as mens sondig dan sondig ons teen God. Die ou teoloe het tussen sondig teen die wet en sondig teen die genade onderskeid gemaak. Die bedoeling was goed. Hulle wou sonde teen die gebooie van God onderskei van sonde teen die genade in Jesus Christus, as sondig deur ongeloof. Maar is ten diepste nie elke sonde, 'n teen die genade sondig nie? God het die mens in die paradys geskape, om met Hom in die guns van sy Gemeenskap te lewe. En was die sonde van Adam, en is dit ons sonde nie dat ons as mense die guns van God al in die paradys verwerp het nie?

Dan val daar ook nog 'n heerlik lig oor die mens wat as man en vrou geskape is! God het die mens in sy man en vrou wees met 'n groot verantwoordelikheid teenoor sy God geskape. As die mens maar net 'n hoer diersoort sou wees, soos die ewolusionisme beweer, dan is die gemeenskap van man en vrou, die seksualiteit, bloot 'n paringsdaad. Die verantwoordelikheid uit die as man en vrou saamkom is dan daaruit weggeneem.

In die sogenaamde heilige linie van Gen. 5 spreek die Skrif daar anders oor: "Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God. Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseen en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is. Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem. " Daaruit sien ons dat om te trou en kinders verwek, die menslike geslag voortplant, ook tot die beeld van God wees behoort. Ons neem mos nie kinders nie en paar nie soos diere doen nie. Oor die seksualiteit die in die huwlik saamkom van man en vrou, straal ook die lig van die beeld van God wees.

Die mens boos en verkeerd gemaak? God het die mens, man en vrou, geskape om Hom as ons Skepper te verheerlik en saam met Hom oor die Skepping te heers. In hierdie lig moet ons psalm 8 lees gemeente. In digterlike bewoording word daar geteken hoe God die mens geskape het: " U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met eer en aansien gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande, U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles selfs die diere in die veld, die voels in die lug en die visse in die see wat die oseane deurkruis. " In vervoering oor die Skeppingswerk van God, roep die digter dan uit: "Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!"

II So het ons belydenis laat sien wie ons was. Nou dring egter die vraag vorentoe: Waar kom die verdorwe aard van die mens dan vandaan? Die kategismus laat die leerling in die belydenis van die kerk, die vraag skerp geformuleer en indringend stel. Die leerling bedoel, dis moontlik dat die mens goed geskape is, maar waar kom dan al die bose begeertes in my hart, die hartstogte, die haat vandaan? Laat die begin goed gewees het, maar hoe lyk dit vandag? Hoe is dat mense vandag mekaar behandel en met al die ellende van siekte, honger, en geweld worstel? Wat kan ek vandag met die heerlike begin in my lewe en dat van ander doen? Ons belydenis staan nie buitekant die lewe van die dag nie, maar tot in die diepte van ons mens wees, soos ons vandag voel en ervaar, dring ons belydenis in.

Opnuut is dit dat die kategismus ons na die begin na die paradys saamvat. Daar le die oorsprong van die wereld, soos ons hom vandag ken, daar is ook die begin van ons sonde en skuld, ons verdorwe mens wees te vind. Lees maar antwoord sewe: "Uit die val en die ongehoorsaamheid van ons eerste voorouers, Adam en Eva, in die paradys waar ons natuur so verdorwe is, dat ons almal in sondes ontvang en gebore word. " Oor die besonderhede van die val sal sondag 4 uitvoerig ingaan, hier word net een punt uitgesonder: U het geval, se die antwoord vir ons, u het geval en het aan God u Skepper ongehoorsaam geword! Willens en wetens het u die gebod van God oortree en die heilige wet van God geskend.

Nou mag ons dink, was dit dan so erg wat daar in die paradys gebeur het? Was dit nodig dat die eet van die vrug van die boom van kennis van goed en kwaad sulke gevolge het? Het alles daarmee saamgehang?

Ja se ons belydenis, dit het God verbied. Dis die heilig gebod van God wat aangerand is. Met nadruk word Adam en Eva by die naam genoem, beide het hulle as mensepaar vir God skuldig gestaan. Dis die geweldige feite waarmee ons gekonfronteer word eers die heerlike begin van Gen. 1 en 2, dan volg in Gen. 3 die oorsprong van die kwaad: die mens het deur sy eie wil vir God in die skuld geval.

Nou kan gedink word watter saak het ek met die kwaad van die eerste mens, hoekom moet dit vir my toegereken word? Maar dan is antwoord sewe nie goed gelees nie, want elke woord is daarin swaar gelaai! In die paradys is ons natuur so verdorwe dat ons in sondes ontvang en gebore word. Die woord erfsonde word nie gebruik nie, maar dit le daar wel in. Die kerkvader Augustinus wat in sy jeug baie sondig gelewe en 'n prooi van sy hartstogte was, het na sy bekering daarmee geworstel hoe dit moontlik was dat die sonde so oor sy lewe kon heers.

In Psalm 51: 7 het Hy toe die waarheid gevind. Na sy ontdekking van sy sonde met Batseba se Dawid daar: Ek was skuldig toe ek gebore is met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. Die oorsprong van ons lewe is tegelyk die oorsprong van ons verdorweheid! Daarom bedoel die kerk met erfsonde nie dat ons die skuld van Adam moet dra nie, maar dat ons net soos Adam skuldig is. Met Adam het dit begin en na hom het dit van geslag op geslag deurgegaan.

Wat Paulus in Rom. 5 vanaf vers 12 vir ons skryf bevestig dit. Daar stel Paulus Adam die eerste mens teenoor Christus die tweede Adam en se: "Deur een mens het die sonde in die wereld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot alle mense deurgedring, omdat almal gesondig het. " In die vervolg werk die apostel hierdie tema dan verder uit. Om in vers 18 weer tot die troos in lewe en sterwe te kom: "Soos een oortreding gelei het tot veroordeling van alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal. "

Gemeente, as ons met die vraag worstel, of dit regverdig is dat die sonde van die eerste mens ook ons toegereken word, bedink dan dat ons belydenis uitdruklik oor Adam en Eva praat as ons eerste voorouers. Dit gaan hier nie oor 'n individuele daadsonde van die eerste mens nie. Met die eerste mens het God sy verbond opgerig en in daardie verbond was in die eerste mens die totale mensheid ingesluit. Daarom is in hul val en ongehoorsaamheid die hele mensheid ook ingesluit. In hulle het ons saam gesondig. In die soewereine toerekening deur God van die eerste sonde as skuld, reken God ook ons die meesondig in Adam toe. Soos God ons ook die aktiewe en passiewe gehoorsaamheid van Christus, in die vryspraak en lewe, van Rom. 5: 18 ons toereken.

Dit is 'n klipharde waarheid waarmee ons gekonfronteer word, maar dit is die realiteit van die soewereine toerekening deur God van die sonde van Adam en daarby is ingesluit dat ons met hom mee gesondig het. Dit gaan hier maar nie om leerstuk wat iewers in 'n ou boek van die kerk staan nie. Dit gaan daarom dat die kategismus vir ons laat sien dat ons almal, - nadruklik word dit gese, - ALMAL in Adam sondaars vir God geword het. Ons kan ons glad nie van ons voorouer Adam isoleer nie. As ons dink dat dit nie so erg sal word nie, as ons ons sondes kan oorwin.

As ons die hoogmoed, egoisme en sinnelikheid maar kan baas raak. Dan wys ons kategismus die gedagtes radikaal af. As 'n blom van sy stingel afgesny is vergaan dit, dis onmoontlik om dit weer op 'n stingel te plaas. 'n Boom wat omgekap is lyk eers nog fris en groen maar die groen sal vinnig verdor. In Adam is ons tot in die wortel van ons bestaan verdorwe. Ek is maar nie 'n swart skaap in 'n trop wit skape nie, maar vir God is ek saam met die hele trop swart.

III Eers het ons gesien dat ons mense goed en na die ewebeeld van God in ware regverdigheid en heiligheid geskape is. Ons het ook gehoor wat ons geword het, naamlik: in sonde ontvang en gebore. Gelukkig eindig ons sondag nie daarmee nie. Daar kom nog een baie indringende vraag: Maar is ons so verdorwe dat ons heeltemal onbekwaam is tot enige goed en geneig tot alle kwaad? Die woord "maar" waar vraag 8 mee begin wil se: Is dit regtig so erg? Word die verdorweheid van die mens nie te veel op die spits gedryf nie? Die antwoord is 'n klipharde ja. Inderdaad is dit heel erg; in Adam het ons geval tot in die wortel van ons lewe verrot. Tog word daar 'n nuwe moontlikheid genoem: Tensy ons deur die Gees van God wedergebore word. Nee daarmee is ons nog nie in die deel van die verlossing, maar midde in die ellende werp die verlossing sy lig reeds vorentoe.

Is dit nie 'n magtig vooruitsig nie. Die tensy se vir ons: daar is Een wat nie tot in die wortel van sy lewe verrot was nie. Daar is Een wat heilig ontvang en gebore is. Een wat God en sy naaste nie gehaat het en nie tot alle kwaad geneig was nie. Meer nog, Hy het ons skuld en verdorweheid op Hom geneem, aan die kruis op Golgota vir ons geboet.

Die lewend makende Gees het Hy vir ons verwerf! Deur die Gees wil God my uit die verdorweheid en dood red. Deur die geloof in Christus my tot 'n nuwe skepsel maak.

Aan die eind van hierdie sondag van die kategismus se Jesus Christus vir ons: Ek het klipharde waarheid vir julle gese, maar dis wat julle nodig gehad het. Want so boos het julle deur eie skuld geword, terwyl my Vader julle so goed geskape het. Die paradys waarin my Vader julle die lewe geskenk het, dit het julle verspeel. Maar dit kom terug. Ek het 'n nuwe paradys, die nuwe Jerusalem met strate van Goud en twaalf poorte van perels gemaak.

Nee, Ek wil julle nie met 'n ewigheids vooruitsig paai, soos die marksisme suggereer nie. Dis geen onsekere toekoms verwagting wat die ewolusionisme julle probeer wysmaak nie. Gee jou hand nou vir My en gaan saam met My die lewe deur. Ek gaan 'n ander mens van jou maak. Jou weerbarstig en verdorwe hart gaan Ek vernuwe. Deur my Gees sal Ek jou wederbaar.

So is dit die lig wat midde in die donker van die ellende skyn. Om dit nou eens ouderwets, maar raak te se: Ook hierdie sondag met sy diep peiling van ons ellende, dryf ons uit tot die enigste troos in lewe en sterwe. Tot Christus ons Heiland.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)