'n Loflied op die genade van God

Predikant: 
Ds FJ van Hulst
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2018-01-21
Teks: 
Efésiërs 1
Preek Inhoud: 

Voor diens: Ps 121: 1, 2, 3, 4
Ps 122: 1, 2
Ps 123: 1, 2
Skb 24: 1, 2, 3
Skb 14: 1, 2 Doop: Helene Nauta/Albrecht Luijk
Ps 124: 1, 2, 3, 4
Lees: Efese 1
Teks: Efese 1: 3-6

Brs en srs, gemeente van ons Here Jesus Christus!

Vanoggend het ons 'n besonder feestelike diens.

Daar is twee paar ouers in ons midde wat hul kind saamgebring het kerktoe om hier vandag die Heilige Doop te ontvang.

Dit is 'n geweldig groot ding. Vir die ouers, maar ook vir ons as gemeente.

En daarom wil ons as gemeente ook graag van ons vreugde en betrokkenheid daarby blykgee. En hoe kan ons dit beter doen as deur saam te sing?

En dan wil ons nie die ouers toesing nie, ons wil ook nie die dopelinge toesing nie, maar ons wil saam 'n loflied vir die Here sing. 'n Lofsang op Sy genade. Want dit is wat ons hier veral sien. Genade van God.

Genade as Skepper dat Hy hierdie ouers die vreugde laat ondervind het van die swangerskap en van die geboorte van 'n kind.

Maar ons sien ook genade in die sin van onverdiende welwillendheid van die kant van die Here om mensekinders as sy spesiale kinders aan te neem.

Want dit is waaroor dit gaan in die Doop van kinders. In die kinderdoop het ons die wonderlikste demonstrasie dat dit nie mense is wat besluit oor hul eie lewe nie, maar dat die Here die mens lankal vooruit is. Hy wil sy liefde al aan ons bewys as ons nog totaal onbewus is van wat in die wereld en in die lewe aangaan.

Daardie liefde bewys Hy in die simbool van 'n paar droppels water. Eenvoudiger as dit is nie dinkbaar nie, maar in hierdie gebaar kom 'n geweldige geskiedenis saam.

'n Geskiedenis van skepping, van sonde en van genade van God.

Daaroor sal dit in die preek van vanoggend gaan:

Ons tema is:

'n Loflied op die genade van God

Die lied kan jy slegs sing as jy

  1. jou eie verwerplikheid erken
  2. God se verkiesing herken

Geseend is die God en Vader van onse Here Jesus Christus!

Met hierdie lofprysing val Paulus ons huis binne.

Skaars het hy hom by die voordeur gemeld met sy naam en 'n groet of hy staan al binne en prys die Naam van God.

Is dit nie 'n bietjie te vinnig nie?

Ons is mos nou nog nie aan 'n loflied toe nie.

Daarop moet ons eers 'n bietjie meer voorberei word.

Glad nie nodig nie!, se Paulus.

Ek wil met julle praat oor die groot voorreg wat aan julle te beurt geval het. Julle daar in Efese is 'n gemeente van die Here Jesus Christus.

Wel, waar dit so is, wat kan ek anders se as: Geseend is die God en Vader van onse Here Jesus Christus!

Waarvoor is ons anders op die wereld as om die Naam met ere te noem. Met watter ander doel het ons as mense die lewe ontvang as om in ons lewe die Naam van die Here groot te maak?

Ek dink, gemeente, Paulus is reg daar. Want dit is inderdaad waaroor dit gaan in 'n menselewe.

Uit die lewe van 'n mens moet God lof ontvang.

En as dit nie gebeur nie, dan is daardie lewe 'n mislukte lewe. Ook al dink al die mense dat dit 'n uiters suksesvolle lewe was.

Waaraan meet mense gewoonlik of die lewe van iemand geslaag is? Wel dan kyk ons na dinge as: wat het hy gepresteer? Het hy beroemd geword as geleerde, of as sportman of as boekskrywer?

Dit is maar die maatstaf wat mense gebruik om 'n lewe te beoordeel. Maar die Here gebruik 'n heel ander maatstaf. Hy vra Het uit hierdie lewe 'n lofsang op my naam geklink?

Het hierdie lewe beantwoord aan die roeping wat Ek laat hoor het? Indien nie, dan was die lewe nie die moeite werd nie. Dan hoef ek die lewe nie te bewaar nie. Dit kan maar vernietig word.

Geseend is die God en Vader van onse Here Jesus Christus!

So prys ons God se Naam, maar tegelykertyd mag ons onsself ook gelukkig prys, immers ons is geseend met alle geestelike seeninge.

Allerhande seen ontvang ons.

Maar nou staan daar nadruklik by, ons ontvang dit 'in Christus'.

Vir die uitdrukking'in Christus' vra ek ekstra aandag van U.

Want dit is 'n baie belangrike punt in hierdie brief.

Ons is geseend 'in Christus'.

Ons is uitverkies 'in Christus'.

Ons lewe 'in Christus'.

Alles wat ons is, ons is dit 'in Christus'.

Alles wat ons het, ons het dit 'in Christus'.

Om die uitdrukking goed te verstaan moet ek nou iets meer daarvan vertel. Daarby het ons almal 'n sekere probleem te oorwin. 'n Dinkprobleem.

Kyk as die Bybel oor menswees, of oor sonde en verlossing praat, dan word dit altyd gedoen vanuit 'n visie waarin die mensheid as een geheel beskou word.

En daar kom die probleem in wat ek bedoel.

Immers ons manier van dink is glad nie so nie.

Ons het onsself die westerse manier van dink eie gemaak. En dit beteken dat ons altyd dink vanuit onsself as 'n individu.

Dit gaan oor my, oor ek. Hoe ek voel. Hoe ek dink. Hoe ek dinge ervaar. Met een woord. Ons dinke is uitenuit bepaal deur individualisme. Deur 'n sterk gevoel van eiewaarde.

Nou kan dit heel positief werk in die wereld waarin ons staan.

Jy kan jou daarsonder in die wereld vermoedelik selfs nie staande hou nie.

Maar tegelykertys is hier wel 'n gevaar.

Immers 'n individualistiese manier van dink, gaan jou belemmer om jou posisie teen oor God reg te takseer.

Dit kan ook 'n groot hindernis wees om die Bybel goed te verstaan.

'n Mooi voorbeeld kry ons juis in die vrae wat by die bediening van die Doop gestel word.

Die eerste vraag wat ouers moet beantwoord is: Bely julle dat jule kind in sonde ontvang en gebore is?

Teen so'n vraag al kom ons spontaan in verset. In sonde ontvang en gebore? Hoekom? Ons kind, 'n kind vol sonde? Waarvandaan?

En dan wys die Bybel, en in navolging daarvan die doopformulier na die sonde van Adam in die paradys.

En weer voel ons die verset in ons hart opkom. Ons deel in die verdoemenis in Adam? Ons het in Adam gesondig?

Maar ons was dan nie eers daarby nie!

Voel u? So praat ons individualisme!

Ons se, wat het ons met Adam se sonde te doen?

Dis mos onregverdig om sy sonde aan my toe te reken.

Dit is nie eerlik nie.

Hierdie probleem kan alleen verdwyn as ons ons die bybelse manier van dink eie maak.

Die Bybel beskou die mense nie as almal loslopende individue nie, maar sien hulle as 'n eenheid.

Laat ons se as een liggaam. En van die liggaam is Adam die hoof. Wel as die hoof besluit om regs te gaan dan gaan die liggaam ook regs. As die hoof besluit om die linkerpad te volg dan gaan die liggaam dieselfde kant uit. So is dit tog met ons eie liggaam?

Wel, dit is nou maar die struktuur wat God in die skepping gele het.

Jy is deel van die mensheid as 'n geheel. Of jy wil of nie.

God het besluit na sy skepping van die mens, nie elke keer weer uit niks 'n mens te skep nie, maar Hy het bepaal dat die mens self mense moet voortbring. Sodat die menslike geslag op 'n manier 'n eenheid sou wees.

En daarom, toe Adam in opstand kom teen God, toe was ons in opstand teen God. Toe hy Adam daardeur die dood oor die mensheid gehaal het was ons betrokke. Klaar uit!

En tog is dit nie die laaste woord nie. God wou sy werk nie definitief laat misluk nie.

En daarom het Hy 'n nuwe hoof aangestel. En ook die nuwe Hoof regeer 'n heel liggaam.

Wel die nuwe hoof is Jesus Christus. Sy liggaam is die gelowiges.

Deur jou geboorte is jy nog steeds met Adam verbonde. En daarmee met die vloek wat hy oor hom en ons hgehaal het.

Begin om dit te erken. Vir jouself. En vir jul pragtige babas.

Maar praat dan verder.

Ons is ook deel van die liggaam van Christus.

Ons leef onder 'n nuwe Hoof.

Nie vanwee ons geboorte nie, maar deur ons wedergeboorte.

Deur ons geloof is ons deel van die liggaam van Christus.

En nou let ons weer op die struktuur wat God in die skepping gele het: wat met die Hoof gebeur, gebeur met ons.

Ons deel in sy dood en daarmee is ons sondes uitgeboet.

Ons deel ook in sy opstanding. En daarmee het ons die nuwe lewe ontvang.

En ons kinders mag daarin deel. Want ook dit is struktuur van God se verlossing. Hy maak sy verbond met hulle wat in Jesus Christus glo, maar ook met die kinders wat uit hulle gebore word.

En daarom bely ons by die doopvont eers: 'in sonde ontvang en geboré, maar dan vervolgens: 'en tog in Christus geheilig.

Hoor julle dit?

In Christus geheilig,

In Christus.

In Christus is ons geseen. Ons is nie meer in Adam nie. Want dan kan ons net die dood verwag, maar ons is in Christus.

En as jy in Christus is, dan mag jy gelukgewens word.

Want dan is jy geseend.

Geseend met alle geestelike seeninge se Paulus.

Geestelike seeninge is seeninge waar op die stempel van die Gees van God staan. Die stempel van die Heilige Gees.

En waar sien ons die stempel?

Die stempel sien ons daar waar mense op die kniee gaan en begin met die erkenning: Here ek is 'n sondaar!

Ek is nie werd dat ek 'n kind van u genoem kan word nie.

Gemmeente letop dit kan niemand uit homself se nie. Dit kan jy slegs se wanneer die Heilige Gees jou dit laat se.

En as jy dit leer se het: Here, ek weet, ek is totaal verwerplik vir u vanwee my eie sondigheid, dan kom daar ruimte vir 'n loflied in jou lewe. Die loflied namelik van hom wat weet, hy is verlos.

Jy is vry. Jy sien die grootheid van Christus werk en jy kan nie anders as om die Naam van die Here te prys nie.

2. Ons kan die loflied sing as ons God se uitverkiesing erken

Paulus prys dus die Naam van die Here vanwee die feit dat ons geseend is met sy genade. Maar as hy dan verder praat, dan hoor ons dat die genade 'n lang voorgeskiedenis het.

Luister maar: ... so het Hy ons in Hom uitverkies voor die grondlegging van die wereld...

En dit gemeente is 'n magtige belydenis!

Ons is geseen met die genade van God. Maar daardie genade kom al 'n lang pad. Dit gaan terug tot in die ewigheid. Dit is 'n pad wat God alleen kan gaan. Immers slegs Hy is die ewige God.

Die genade wat aan ons bewys word bind Paulus hier vas aan die ewigheid van God. Aan God self dus.

En dan hoor ons wonderlike woorde: ons is uitverkies... ons is voorbeskik... hier is goddelike welbehae...

Is dit nie om stil van te word nie?

God het ons voorbeskik om ons as sy kinders aan te neem...

Ons is nie sommer vanself kinders van God nie. Van nature is ons kinders van die toorn. Dit beteken van nature kan ons alleen maar reken op 'n oordeel deur God.

Maar nou het God ons bestem om ons as sy kinders aan te neem.

Nou mag ons weet, as ons in Christus is, as ons by Hom behoort, dan le daaronder 'n ewige besluit van God.

Ongelooflik eintlik.

Ja ongelooflik, tensy ons in Christus glo. Want dan mag jy dit se: Ek is in Christus. Maar dan behoort ek by hulle wat God voorbestem het om aan Jesus Christus te gee.

En dit is wat Paulus hier vir die gemeen te van Efese kan se.

Hy sien daar 'n gelowige gemeente. 'n Gemeente wie se geloof reeds 'n hele paar keer beproef is. En hulle staan nog steeds in die geloof.

Wel, dan mag ek vir julle gelukwens, se Paulus.

Want dit kan alleen maar as julle uitverkies is.

Hierdie vasstelling beteken nooit dat iemand dan dus maar kan terugsit en niks meer doen nie.

Inteendeel, as die Bybel oor verkiesing praat dan is dit altyd om mense in hul geloof te ondersteun en hulle tot groter aktiwiteit aan te spoor.

Lees maar in vers 4: julle is uitverkies... waarom? ... om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.

Verkiesing deur God roep om 'n antwoord. Vra om 'n antwqoord op sy liefde.

Hoe gee 'n mens daardie antwoord?

Wel, dit gee jy in 'n lewe wat by daardie roeping pas.

'n Lewe waarin jy jou steeds meer konsentreer op die eer van sy Naam. 'n Lewe waaruit 'n loflied opklink op God se goedheid en genade.

Daarvoor moet jy natuurlik wel weet wat genade is.

En dit kan alleen maar as jy eers jou eie totale verwerplik-heid vir God insien. Jy moet weet jy het as mens die verdoemenis verdien. Deur wat jy doen, maar veral deur wat jy is. 'n Sondaar.

En as jy dan sien dat God nog steeds na jou kyk en na jou luister, dan weet jy ook wat genade is.

Dan weet jy ook wat jou te doen staan.

Dan kan jy maar nie met jou lewe soos totnoutoe aangaan nie. Dan moet jy jou bekeer.

Bekeer van slapheid in jou geloof.

Bekeer van slordigheid in jou gebedslewe.

Bekeer van jou egoisme.

Bekeer van jou individualisme.

Bekeer van jou neiging om alles wat jy kry maar vanself-sprekend te vind. Asof jy reg daarop het!

Mense wat meen dat hulle alleen maar regte het, sal nooit weet wat dit is om dankbaar te wees nie.

Hulle moet die een woord nog leer uitspel: genade.

Genade, gemeente, dit is al waaroor dit gaan in die kerk.

Genade.

Wie dit leer sien het het die regte toonhoogte vir 'n loflied op God.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)