Die lewe met Christus van God se huisbewoners ten opsigte van hulle wat buite is

Predikant: 
Ander
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Kolossense 4
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van ds JMA Groeneveld te Ridderkerk

Lees: Mattheus 5: 13-16; Kolossense 3: 16-4: 6
Teks: Kolossense 4: 5, 6

Gemeente van ons Here Jesus Christus!

Paulus spreek in hoofstukke 3 en 4 van sy brief aan die Kolossense van die nuwe lewe, die lewe met Christus. Daardie nuwe lewe word gewerk deur Woord en Gees. Daarom se die apostel: "Laat die Woord van Christus ryklik in julle woon" (3: 16). Die Woord van Christus woon in sy huis, sy gemeente. Die gemeente, die kerk, is die werkplek waar die wonder van die wedergeboorte, die totale lewensvernuwing, plaasvind. Daardie nuwe lewe bapaal dan ook die saamlewe in die kerk. Die ou mens van die selfhandhawing het in die kerk van Christus geen lewe meer nie. Nuwe mense is nie selfgerig nie, maar Christus-gerig. Die vrede met God regeer hulle harte. En daarmee is jou broeders en susters in die Here gedien. As die Woord van Christus werklik in ryke mate in sy gemeente woon, dan gaan dit ook ons hele lewe beheers en beindruk. Ons lewe gaan dan die gesig van Christus vertoon. Daardie Woord vernuwe ons na sy beeld.

In die kerk wat gevoed word deur die lewensaar van die Woord gaan die vrugte van die Gees van Christus bloei.

En dit kan nie anders nie of die vrugte van die Gees, die heel praktiese en konkrete lewe met Christus, word opgemerk in die wereld. Die verkille tussen kerklede en hulle wat buite staan kom aan die lig.

Wie die doodskleed van die sonde, die ou mens, afgele het, en die lewensgewaad van die Gees, die nuwe mens, aangetrek het, moet wel in sy nuwe klere opval in die wereld. Heel jou lewe, alles wat jy dink, se en doen, gaan die styl van Christus vertoon. Jou gesprekke, jou werk, jou ontspanning. Niks staan meer los van Christus nie.

Dat die lewe met Christus 'n uitermate praktiese saak is, gaan Paulus nog meer aantoon. Hy som 'n aantal sogenaamde Christelike huisreels op, die reels vir die huisbewoners van God se woning. Hierdie reels se wat vroue, manne, kinders, slawe en base as bewoners van God se woning moet doen. So 'n huisreel is ook dat

almal volhard in die gebed, en bid vir die voortgang van die Woord van God. So 'n huisreel is ten slotte ook dat die huisbewoners hulle op 'n bepaalde manier gaan gedra teenoor hulle wat buite is. Daaroor gaan ons teksverse, wat ons soos volg saamvat:

DIE LEWE MET CHRISTUS VAN GOD SE HUISBEWONERS TEN OPSIGTE VAN HULLE WAT BUITE IS.

Hierdie lewe word getipeer deur:

  1. 'n wyse lewensgedrag;
  2. 'n pittige lewenswoord;
  3. 'n juiste antwoord ten lewe.

1.

In hoofstuk 3 vers 16 het Paulus geskrywe: "Laat die woord van Christus ryklik in julle woon". Die gemeente, die kerk, word deur die apostel voorgestel as God se woning. Hy dink nog steeds hieraan as hy spreek oor hulle wat "buite" is. Die lede van die kerk is die bewoners van God se huis. Hulle wat "buite" is woon nie in daardie huis nie, behoort nie tot die gemeente van Christus nie.

In die tyd van die apostels het baie gemeentes uit nie meer as net 'n paar mense bestaan nie. Die gemeente van Christus het gelewe temidde van 'n volkome heidense omgewing. Daar was 'n bree kloof tussen hulle wat "binne die kerk" en hulle wat "buite" was. Die grens tussen die twee groepe was vir almal volkome duidelik. Want die wat "binne" was het Christus bely en die wat "buite" was het op hulle afgode vertrou. In later eeue het dit wel verander. Die getalsverhouding het verander en die christene het die meerderheid geword. Selfs die lewe van die buitestaanders het, altans uiterlik, onder invloed van die christendom gekom. Toe was die kloof wat die twee geskei het nie meer so duidelik nie. En daar het nog by gekom dat die christene nie meer in een kerk bly vergader het nie. Daar het baie "kerke" ontstaan.

Het die grens tussen hulle wat "buite" was en die wat "binne" was toe weggeval? Niemand sal dit tog wil beweer nie. Maar, se vele vandag, jy kan die grens vandag nie meer so duidelik aantoon nie. Volgens hierdie mense is die kerk orals waar daar gelowiges is. En daarom kan vandag niemand meer vanuit sy "eie" kerk vir hulle wat daarvan geen lidmaat is, se dat hulle "buite" staan nie. "Binne" en "buite" het nie meer op die geinstitueerde kerk betrekking nie, maar los daarvan op Christus. Maar wie kan beslis of iemand "in" of "buite" Christus is? In feite verloor die onderskeid van "binne" of "buite" so alle praktiese hanteerbaarheid. Dit het 'n onderskeid geword wat jy in die praktyk van die lewe nie meer kan gebruik nie.

Maar in die Bybel is dit bepaald nie so nie. Paulus wys met sy "die wat buite is" mense aan wat vir almal herkenbaar is. Ons moet daarom die onderskeid van "buite" en "binne" net soos die Nuwe Testament dit doen, bly betrek op die kerk, op die gemeente van Christus. Slegs dan het hierdie onderskeid sin en vervlugtig ons dit nie tot 'n ideele onderskeid nie, en slegs dan kan ons die onderskeid ook metterdaad hanteer.

Want die kerk is tog temidde van alle huidige verwarring ook aanwysbaar! Die kerk, dit is nie die som van alle verstrooide gelowiges nie, maar die na die Skrif geinstitueerde amptelike vergadering van gelowiges. En die vergadering kan maklik geken en onderskei word van ander vergaderings. Want in die kerk, in die woning van God, woon die Woord van Christus en nog wel in ryke mate. Dit beteken dat daar die evangelie volledig gebring word, sonder dat daaraan iets toegevoeg of iets daarvan afgetrek word. As 'n kerk dit tog doen, kan hy nie meer regtig kerk genoem word nie.

So is vandag ook die twee groepe, wat die Bybel aandui as hulle wat "binne" is en hulle wat "buite" is, aanwysbaar. Dit sou nie van wysheid en ook nie van liefde getuig om dit te ontken nie. "Die wat buite is", is ook vandag almal wat buite die Skrifgetroue vergadering van die kerk is. Hulle maak nie deel uit van die bewoners van God se woning nie. Nee, die "buite" hoef nog nie te beteken dat 'n mens buite alle genade staan nie. Daaroor mag ons nie oordeel nie. Daardie oordeel bly God s'n.

Paulus skryf in 1 Korinthiers 5: "Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie? Maar die wat buite is, oordeel God. " Maar dat ons nie mag oordeel nie, verklein nie die erns van hierdie "buite" wees nie. Jy mag nie se: nou ja, buite die kerk, maar daarom kan dit nog wel goed wees nie. Want wie buite die kerk bly, mis baie. Hy mis die suiwere prediking van die evangelie. Hy is blootgestel aan allerlei wind van leer, sonder die heilsame waarskuwing daarteen. En dit is lewensgevaarlik!

Die aanduiding "die wat buite is" kan hard en liefdeloos gebruik word. Maar wie die seen van Christus se kerkvergaderende werk leer ken het, gebruik die aanduiding liefdevol. Soos 'n moeder wat 'n kind mis. As sy na 'n vrugtelose soektog tuiskom, dan is haar kind "buite". Wat 'n verdriet, wat 'n onrus en sorg! Buite... maar waar? In watter gevare?

Die liefde en sorg vir die wat buite is moet nou uitkom in ons gedrag: "Wandel in wysheid teenoor die wat buite is".

Dit is van die allergrootste belang dat ons ons in die omgang met ons naaste soos regte christene gedra. Dit help nie om te evangeliseer as ons gedrag nie in ooreenstemming daarmee is nie. In daardie geval loop ons die groot risiko om die spot van die wereld te word.

Moet ons nie eerlik erken dat die dade van christene in die verlede, maar ook in die hede, dikwels 'n hindernis was of is vir baie om te glo nie, om die boodskap van die evangelie ernstig op te neem? As die evangelie nog ingang sal vind in die wereld van vandag, dan mag die geloofsvoorbeeld in die praktyk beslis nie ontbreek nie. Ons moet goeie werke doen - so bely ons in die Kategismus - om deur ons godvresende lewenswandel ook ons naaste vir Christus te wen.

As die Here wil, kan Hy mense jaloers maak, as hulle sien hoe die vreugde van die verlossing in Jesus Christus van ons lewe uitstraal. Dan sal hulle se: dit het hy nie van homself nie; daar moet 'n bonatuurlike, 'n geestelike krag werk wat hom besiel; ek wens dat ek ook so ryk was soos hy! Hoe belangrik is 'n lewe met Christus, 'n lewe met die ryke Christus, wat aan ons geskenk is tot wysheid, geregtigheid, heiligmaking en volkome verlossing. My naaste kan dan sien dat God se krag in my werk. Dit is lewensbelangrik - vir myself en vir ander - dat ek my nie na self gestelde norme gedra nie, maar na die norme wat God gestel het aan die bewoners van sy kerk-huis. Hy gee ook die krag om dit te volbring.

Paulus se in ons teks egter nog iets meer as: gedra u soos christene. Ons optrede na buite moet ook ware christelike wysheid laat blyk. Daar kan immers in ons omgang met nie-christelike bure, kollegas of wie dan ookal, soveel bederf word deur taktloosheid, deur oor-ywer en oorgeestelikheid.

Met "wysheid" bedoel die apostel die praktiese lewenswysheid, wat van God kom. "Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE" (Spreuke 9: 10). In die eerbiedig ontsag he vir die Here, vir sy Woord en Wet, sy onderrig, le die ware wysheid.

Die wysheid is geen vanselfsprekende saak nie, maar 'n gawe wat ons op die gebed ontvang. Ons het dikwels moeite om ons houding ten opsigte van ander te bepaal. Ons mis ook dikwels die vrymoedigheid om ons soos ware christene te gedra en om met Skriftuurlike wysheid met die buitestaanders om te gaan.

Le ons wel die moeite voor in die gebed aan die Here? Jakobus skryf: "En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word" (Jakobus 1: 5). Bid ook vir mekaar om wysheid. Paulus skrywe aan die Kolossense dat hy nie ophou om vir hulle te bid en te vra dat hulle met die regte kennis van God vervul mag word nie, in alle wysheid en geestelike insig, om waardig in die HERE te wandel - sien hoofstuk 1: 9.

Op die gebed wil die HERE jou ook die wysheid gee om die gunstige geleentheid te benut. Dit is God wat die geleentheid gee. Die juiste oomblik hoef jy nie te soek nie; dit word jou vanself deur God gebied. Hy organiseer dit vir ons.

Ons moet die geleenthede nuttig gebruik. Letterlik staan daar: uitkoop. Soos 'n sakeman moet uitkyk na 'n geleentheid om wins te maak, so moet christene elke dag uitkyk na geleenthede om vir die evangelie op te kom. Laat dit so veel as moontlik wins oplewer vir die Heer van die kerk. Laat geen enkele geskikte geleentheid verbygaan om jou lig te laat skyn vir die mense wat in groot geestelike nood verkeer nie. So baie kan immers daarvan afhang: die behoud van 'n sondaar wat tot geloof en bekering kom, die vermeerdering van die kerk, die opbou en uitbreiding van die woning van God, die toename van die aantal huisbewoners.

Bowenal gaan dit daarby om die verheerliking van God!

Wandel in wysheid teenoor die wat buite is!

Benut die gunstige geleentheid!

2.

Die lewe met Christus van die huisbewoners van God teenoor die buitestaanders word in die tweede plek getipeer deur 'n pittige lewenswoord.

U woord, se Paulus, moet altyd aangenaam wees, met sout besprinkel. In ons omgang met hulle wat buite is, moet ook ons spreek tot hulle wys wees. Die wysheid moet uit twee dinge blyk: ons spreek moet aan die een kant altyd aangenaam wees, en aan die ander kant met sout besprinkel, pittig.

Jou woorde moet aangenaam wees. Daarvan moet sjarme uitgaan. Dit moet bekoorlik wees.

Jy moet die buitestaanders vriendelik tegemoet tree. Nie op 'n sentimentele manier nie - dit maak hulle ongemaklik. Ook nie bitsig of hooghartig nie - daardeur stoot jy hulle af.

Jy mag nie in die pad van die boodskap van die evangelie staan deur jou verkeerde manier van spreek nie. Jy mag die mense nie afstoot nie, maar jy moet hulle nadertrek. Spreek dus op 'n aantreklike, aangename en simpatieke manier. Dit beteken natuurlik nie dat jy die mense na die mond moet praat nie. Maar wel so, dat die mense geinteresseerd gaan luister en dit nie die fout van jou presentasie is as hulle hulle tog afkeer en Christus links laat le nie.

Dat hierdie aangenaam spreek met jou naaste nie beteken dat ons moet praat om hulle te vlei nie, blyk uit wat Paulus daaraan toevoeg: "met sout besprinkel". Dus: gekruid, pittig. Die apostel gebruik hier beeldspraak. Hy dink aan 'n maaltyd wat in die reel eers in die smaak val as sout daarby gebruik word. Met sout besprinkel beteken dus dat jy in die spreek met die buitestaanders jou wel op 'n aangename manier uitspreek, maar wat die inhoud van jou spreek betref, moet daar tog krag van uitgaan. Dit moet 'n pittige woord wees, wat verder reik as 'n aangename praatjie oor ditjies en datjies. Dit moet 'n woord op sy plek wees, 'n woord wat sy doel tref. Jy moet getuig ooreenkomstig die waarheid van die evangelie. Alles wat die waarheid kan verduister, alles wat nie ter sake is nie, 'n omhaal van woorde, hoe goed ookal bedoel, moet agterwee bly. Dit maak jou spreek smaakloos en kragteloos.

Ons spreek moet pittig, met sout besprinkel wees. By hierdie woorde gaan ons gedagtes vanself uit na die woord van die Here Jesus wat ons lees in Mattheus 5: 13: "julle is die sout van die aarde". Hoe sou mense, wat self die sout van die aarde is, soutloos kan spreek? Vandaar die ernstige aansporing van die Here Jesus: "maar as die sout laf geword het... ".

Wat het die wereld, wat het hulle wat "buite" is, te soek by mense wat meedoen met die wereld, wat leef soos kinders van hierdie wereld?

Broeders en susters, u is deur God uit hierdie sondige wereld geroep, nie om daarna terug te keer nie, maar om ook ander daaruit te roep. Daarvoor moet u sout sy krag behou!

Dan is ook u spreek pittig en kragtig. Dan is u spreek die weerklank van die woord van Christus. Dan se jy nie: in ons kerk glo ons sus of so, of dit is ons mening nie. Want ONS kerk bestaan nie. En ons mening se niks. Nee, dan laat jy Christus spreek, dan laat jy die Gees spreek!

Die Woord van Christus woon tog ryklik in ons? Daardie Woord vernuwe ons lewe. U gaan u gesprekke voer uit en na die evangelie. In die kerk gaan u mekaar dan in alle wysheid leer en vermaan, en buite die kerk is u spreek te alle tye aangenaam, pittig en kragtig!

O nee, dit beteken nie dat jy tydig en ontydig vir buitestaanders met bybeltekste moet bestook nie. Maar omdat die Woord van Christus ryklik in u woon, gaan jy wel anders spreek oor ouers en kinders, en oor owerheidspersone, ook die waarvan jy nie hou nie.

Wat ons se oor ons daaglikse werk, oor ons vrye tyd, oor geld en goed, word bepaal deur ons houding teenoor die Woord van God. Hoor en doen wat die Skrifte se, het gevolge vir ons gesprekke met hulle wat buite is.

So moet u, broeders en susters, in u spreek met die mense die lig van die evangelie laat skyn.

3.

Nou kan dit nog wel verskil maak, hoe ons ons in allerlei konkrete situasies uitspreek. Die aangename en pittige woord moet ook die juiste antwoord wees. Dit is die laaste eis wat Paulus in ons teks stel aan ons omgang met die buitestaanders. Hy se immers: "sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord".

In die heidense omgewing, wat 'n sterk meerderheid gevorm het, was vir die christene in Kolosse 'n derglike vermaning sekerlik op sy plek. Hulle moes getuig van hulle geloof. Hulle moes weet hoe om rekenskap te gee van die hoop wat in hulle is. Paulus dring daarop aan dat hulle daartoe in staat sal wees, en weet wat hulle sal antwoord.

Hulle antwoord sal, wat inhoud betref, altyd gaan oor die Christus en oor die rykdom van sy verlossing. Maar wat die vorm betref en die manier waarop, moet hulle rekening hou met die vrae van die buitestaanders en met die aanleiding tot die stel van vrae. Het die vrae opgekom uit belangstelling, of uit twyfel, of uit spot, of uit vyandigheid?

So sal ons ook, broeders en susters, rekening moet hou daarmee dat die konkrete situasies waarin die vrae gestel word baie kan verskil. Dit maak nogal verskil of jy te doen het met 'n Jehowasgetuie of 'n nosem, met 'n agterbuurtbewoner of 'n welgestelde, met 'n tienderjarige of 'n bejaarde.

Ons kry in ons lewe in die wereld met verskeie mense te doen. Ons moet rekening hou met iemand se persoonlike lewensomstandighede en sy eie problematiek. Daarop moet ons ingaan. Daarop moet ons die juiste antwoord gee. Daarby moet ons wel op ons hoede wees. Ons sal mense ontmoet wat graag wil diskusseer. En die dialoog is "in". Ons loop gevaar om daarin te trap. Maar as jy op diskusseerlus ingaan of in dialoog verval, mis jy jou doel!

Dink daaraan, broeders en susters, dat ons met ongelowiges of met verkondigers van 'n dwaalleer nie op gelyke voet spreek nie. U word nie geroep om altyd en oral onskriftuurlike opvattings en idees te weerle en te bestry nie, maar om positief uit die Bybel die enigste waarheid te vertel. Versigtig en wys - en soms ook wel streng - sal u tot sulke mense spreek op 'n heel ander vlak.

Dit is nie hard nie. Dit is nie selfversekerd en ook nie hoogmoedig nie. Juis die teendeel. Dit is nederig en soekend en trekkend. Want ons moet nie menings van mense teenoor mekaar plaas nie, maar die Woord van Christus, die Woord van die Heilige Gees, laat heers. Dit is hart-verowerend!

Om te weet om die regte antwoord te gee, hoef nie te beteken dat jy op alle vrae moet reageer nie. Ons ken hulle, die mense wat oor allerhande aktuele temas wil redeneer: wat dink u van die genadedood, van kernwapens, van oorlog? Ons kan dan pragtige skriftuurlike uitsprake doen, maar help ons die mense werklik daarmee? Wie nie weet van skepping en sonde, vloek en genade nie, kan nie gehelp word met pragtige ware uitsprake nie.

Die regte antwoorde op alle vrae kan nie in 'n handboek gegee word nie. Evangelisasie is nie 'n standaard-pakket nie. Maar die regte antwoord sal altyd gaan oor die een evangelie: "Want so lief het God die wereld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hĂȘ". Dan sal jy die een versigtig moet lei, die ander onderrig, en die derde miskien moet bestraf. Dit maak nogal verskil met wie jy te doen het!

Aan elkeen die regte antwoord gee. Is dit nie 'n moeilike opgawe nie? Is dit nie te veel gevra nie? Het jy daarvoor nie spesiale opleiding nodig nie? Kan ons dit nie liewers oorlaat aan sendelinge of aan predikante en ouderlinge nie? Paulus skryf aan mense wat in daardie opsig geen onderrig ontvang het nie. Hy skrywe aan die gemeente van Christus, aan die bewoners van die woning van God, waarin die Woord van Christus ryklik woon. En dit is wat saak maak. As die mense kom met vrae, opmerkings en weerleggings, dan is daar altyd die Woord van Christus. Dan moet ons soms se, as daar 'n vraag kom, of as die moeite na ons toe kom: "Ek weet dit ook nie. Maar laat ons hoor wat God aan ons bekend gemaak het". Dan maak ons die Bybel oop en kyk op na God en na Christus.

O nee, dit is nie maklik om aan elkeen die regte antwoord te gee nie. Maar Paulus se dan ook dat jy moet weet hoe jy dit moet doen. En daarin hoor ons tog ook dat jy jou daarop kan voorberei. Jy moet daarvoor iets ontwikkel, hoe jy dieselfde evangelie aan verskillende mense, verskillende soorte, in verskillende omstandighede kan verkondig. Daarvoor het ons die Sondagse bediening van die Woord nodig, daarvoor het ons mekaar nodig, daarvoor gaan ons as bewoners van God se woning saam rondom die tafel sit om te luister na die Hoofbewoner, die Woord van Christus, op verenigings en katkisasieklasse.

Dit beteken harde werk, en gebed! Ja, daar is baie gebed nodig, om in 'n gesekulariseerde wereld die regte woord op die regte oomblik te spreek, om in daaglikse gesprekke 'n soutende sout te wees!

As ons daaraan dink dat die ongelowige op pad is na die ewige straf, dan sal die woord van ons Redder ons nie mag loslaat nie: "Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien (en julle goeie woorde kan hoor, voeg ons daarby), en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik".

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)