English version
 

 
Agtergrond|Sendingsvelde|Ondersteuning|Kommissie|Deputate
 

 
Nellmapius
Soshanguve
Nellmapius

Agtergrond

Mamelodi lê ten ooste van Pretoria en is ongeveer 30 kilometer uit die sentrum.  Mamelodi is die oudste gemeente binne die VGK se sendingswerk rondom Pretoria.  Die werk is aanvanklik deur lidmate van die Pretoria gemeente begin.  ‘n Groot gedeelte van Mamelodi betaan uit sinkhuise, waar mense in armelike omstandighede lewe.  In 1983 is Ds T de Boer beroep as sendeling vir Mamelodi.  Met Ds de Boer se vertrek, in 1991, terug na Nederland, is Ds M de Vries beroep.  Twee jaar later is hy in Mamelodi deur Ds J Bosman opgevolg wat in die gemeente bly staan het tot haar selfstandigwording in 2003.

Sendingswerk in Mamelodi is begin deur wyksbyeenkomste waardeur gepoog is om ‘n eie gemeente op die been te bring.  Die doel van sending bly selfstandigwording.  Die wyksbyeenkomste geskied onder die leiding van lidmate.  Dit is bedoel dat saam gegroei sal word in die geloof, by mekaar betrokke te bly en saam te bid.  Tegelyk bied dit die geleentheid om mense van buite te laat kennismaak met die evangelie en hulle te help om tot geloof in Christus te kom.

Mamelodi het gegroei van sendingsgemeente tot selfstandige gemeente wat self verantwoordelik is vir sendingswerk.  Sedert 2003 het die gemeente van Mamelodi die sendingswerk in Nellmapius oorgeneem.

Nellmapius

Nellmapius is ‘n nuwe ontwikkeling suid van Mamelodi. Die sendingsgemeente van Nellmapius word bedien deur die kerkraad van Mamelodi in samewerking met twee huidige sendingstudente, naamlik Phineas Kgatle en Sam Matlokoane. Beide studente word begelei deur Ds Tebogo Mogale, die huidige predikant in Mamelodi.

Die gemeente bestaan uit ongeveer 70 lede wat elke Sondag bymekaar kom om na die Woord van God te luister. Bybelstudie word ook beoefen met die broeders en susters terwyl die jongmense katkesasieklasse ontvang wat meestal deur die studente begelei word.

Vir enige verdere inligting kan Ds Tebogo Mogale gekontak word by t.mogale@telkomsa.net

 
Vir enige navrae / kommentaar, kontak asb die Web Administrator