English version
 

 
Agtergrond|Sendingsvelde|Ondersteuning|Kommissie|Deputate
 

 
Nellmapius
Soshanguve
Soshanguve

Agtergrond

In 1990 het die Here ‘n deur geopen in ‘n swart woongebeid ten Noorde van Pretoria, naamlik Soshanguve.  Kort daarvoor is Ds AJ de Visser oorspronklik beroep vir addisionele werk in Mamelodi.  Vanweë die nuwe moontlikhede in Soshanguve het hy met gemeenteplanting daar begin.  In 1995 is ‘n tweede sendeling vir Soshanguve beroep, Ds DM Boersma.  Einde 1995 het hy sy voorbreidingswerk begin en in 1997 begin werk in Soshanguve Suid.  Beide Di de Visser en Boersma het inmiddels weer vertrek na Kanada en Amerika onderskeidelik, maar in 2005 het die Here die werk in Soshanguve geseën deur vir ons Ds Jerry Mhlanga te gee as sendeling vir die werk in Soshanguve Suid.  In 2005 is Ds Pieter Boon ook beroep as tweede sendeling vir Soshanguve Sentrum en Suidoos.  Hulle word beide bygestaan deur twee sendingstudente, George Mnisi en Thabo Matlaela en een sendingsmedewerker, John Mahlangu. 
Die sendingsgebiede in Soshanguve is as volg:
Soshanguve Suid
Soshanguve Suidoos
Soshanguve Sentrum

Soshanguve Suid

Sosganguve Suid (ook bekend as WW) is begin in 1997 deur Ds DM Boersma.  In daardie periode was dit die nuutste uitbreiding en daar is huidiglik ongeveer 60 000 huise in aanbou.  Die gebied is een van die sendingsprioriteite vir Pretoria-Maranata en daar word tans ywerig gewerk aan selfstandigwording binne die volgende paar jaar.  Vir die preekpunt Soshanguve Sentraal is daar tans onderhandelinge aan die gang om ’n stuk grond te koop vir ’n kerkgebou.  Hierdie taak word onderneem deur die “vaders” van die gemeente sodat hulle van die begin die verantwoordelikheid vir die beheer van die grond, munisipale dienste en aansoeke vir bou kan dra. 

Soos in die meeste gevalle is die werk in Soshanguve Suid begin deur middel van huisbesoeke en gesprekke met mense.  Die gemeente bestaan huidiglik uit ongeveer 100 lidmate wat aktief betrokke is by eredienste, katkesasie en bybelstudie.

Die gemeente word bedien deur Ds Jerry Mhlanga wat bygestaan word deur George Mnisi (student). Indien u meer inligting verlang kan u gerus vir Ds Mhlanga kontak by jmhlanga@vgkmaranata.org.za

 

Soshanguve Suidoos

Sosganguve Suidoos (ook bekend as UU) is die jongste gemeente en werk hier het begin ongeveer 3 jaar gelede.  Dit is die vinnig groeiendste kerk in die area.  Huidiglik is daar ongeveer 50 lidmate en eredienste word gehou in ‘n ronddawel wat deur een van die lede van die kerkfederasie beskikbaar gestel is.  Daar word baie fokus geplaas op werk onder die jeug en hulle is veral betrokke by bybelstudie en katkesasie.  Die gemeente word bedien deur Ds Pieter Boon wat bygestaan word deur sendingstudent Thabo Matlaela en sendingsmedewerker John Mahlangu.  Indien u meer inligting wil bekom, kontak gerus vir Ds Boon by pgboon@vgkmaranata.org.za

 

 

 


 

Soshanguve Sentrum

Soshanguve Sentrum is die oudste sendingsgemeente in Soshanguve.  Alhoewel die groei binne die gemeente aanvanklik stadig verloop het, is in die afgelope jare groei veral onder die jongmense ondervind.  Huidiglik is daar ongeveer 60 lidmate en eredienste word gehou in die sentrum van Soshanguve (die oudste gedeelte van Soshanguve).  Eredienste word gehou in een van die klaskamers van ’n plaaslike laerskool, maar onderhandelinge is tans aan die gang om ‘n eie kergebou op eie grond te vestig.  Die gemeente word bedien deur Ds Pieter Boon, bygestaan deur student George Mnisi.  Vir enige verdere inligting, kontak gerus vir Ds Boon by pgboon@vgkmaranata.org.za

 
Vir enige navrae / kommentaar, kontak asb die Web Administrator