English version
 

 
Agtergrond|Sendingsvelde|Ondersteuning|Kommissie|Deputate
 

Enige sendingwerk sou ontmoontlik gewees het as God ons nie die geleentheid daartoe gebied het en ons ook verryk het met samewerkingsnetwerke beide binne sowel as buite Suid-Afrika.

Nasionale samewerking

Die Vrye Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika is as federasie betrokke by die sendingswerk in Pretoria en Kaapstad.  Die kerkverband bestaan uit die volgende gemeentes wat aktief betrokke is in die sendingsgemeentes van Soshanguve, Nellmapius, Belhar, Leiden en Wesbank:
• Bellville (Kaapstad)
• Bethal (Mpumalanga)
• Johannesburg
• Mamelodi
• Pretoria
• Pretoria-Maranata
• Soshanguve Noord

Die sendende gemeentes is Belville (vir sending in Belhar, Leiden en Wesbank), Pretoria-Maranata (vir Soshanguve) en Mamelodi (vir Nellmapius).

Tydens die 1996 Sinode van die VGKSA is sendingsdeputate (SDSA) aangestel wat ‘n koordinerende funksie verrig in terms van die finansiering van sendingswerksaamhede.  Die SDSA is die skakel tussen die nasionale en internasionale kerverband vir sendingsondersteuning.  Die deputate moet ook toesien dat samewerking tussen die sendende kerke bevorder word deur sover as moontlik eenheid in beleid voor te stel.

Internasionale samewerking

Tans word die sendingswerk in Suid-Afrika vir 94% ondersteun deur die kerkverband in Nederland, spesifiek die Gereformeerde Kerken (Vrijgemaakt) in die klassis Grootegast (Groningen), klassis Appingedam, klassis Warfum en die Part Sinode Friesland.  Die ooreenkoms sluit in 53 gemeentes met ongeveer 26 000 lidmate.

In die maandblad “Tot aan de einden der aarde” word verslag gedoen van die sendingswerk wat deur die Nederlandse kerke ondersteun word.  Deur teks en fotos kan die lesers ook kennisneem van die Suid-Afrikaanse sendingswerk.

Indien u die sendingswerk op enige manier wil ondersteun, kontak gerus die voorsitter van die sendingskommissie, Harry Pouwels by wilmap@lantic.net

 
Vir enige navrae / kommentaar, kontak asb die Web Administrator