Pretoria-Maranata Sendingskommissie
Die werk wat deur die sendelinge verrig word in Soshanguve word
ondersteun deur die Sendingskommissie (SK) wat deur die Kerkraad van
Pretoria-Maranata aangestel is. Die SK het ten doel om te
vestig:
‘’n netwerk van lewende gemeentes rondom
Pretoria’
Die SK van Maranata bestaan tans uit Harry Pouwels (voorsitter),
Herbie Begemann (Boekhouer), Mariaan Hordijk (sekretaresse), Rieks
Kampman, Hilko Lubbinge, Theo van der Vinne, Hein Smit en Gerda van
Dijk. Die Pretoria-Maranata Kerkraad word verteenwoordig deur
Jan de Mooij en die sendelinge: Di Jerry Mhlanga en Pieter Boon. Die SK-lede is ingedeel in verskillende
portefeuljes, naamlik:
| Batekommissie |
• Rieks Kampman
• Theo van der Vinne |
| Operasionele kommissie |
• Hilko Lubbinge
• Harry Pouwels |
| Finansiële kommissie |
• Herbie Begemann
• Hein Smit |
| Voorligtingskommissie |
• Gerda van Dijk
• Theo van der Vinne |
Vanaf Augustus 2005 is daar begin met ‘n heroorweging van die
strategiese doelwitte van sendingswerk in Soshanguve. Tydens die
eerste sessie is alle belanghebbendes uitgenooi om die moontlike
doelwitte van die SK te identifiseer. Dit is gedoen deur te
fokus op die vermoëns/kragte, die swakhede, die geleentehede en die
bedreigings (SWOT analise) vir sendingswerk en die SK. Vanuit
die meer as 40 stellings wat geïdentifiseer is, het die SK dit
verwerk tot 7 uitdagende stellings. Hierdie uitdagende
stellings is tydens Oktober en November bespreek – eers in die SK
alleen en daarna weer saam met verteenwoordigers van die samewerkende
kerke, die Sendingsdeputate Suid-Afrika en die visitatore vanuit
Nederland.
Hierdie 7 stellings sluit in vraagtsukke oor uitbreiding,
addisionele mannekrag en die finansiële verantwoordelikhede van
sendingsgemeentes. Die stellings sal nou verwerk word,
geprioritiseer en vasgelê in ‘n strategiese plan vir die SK.
Vanuit die strategiese plan sal daar dan in begin 2006 operasionele
planne voorgele word om te verseker dat ons medium termyn doelwitte
bereik word.
Om die werksaamhede in Soshanguve te koördineer is ‘n sendingspan
(Soshanguve Workers Team) in die lewe geroep wat bestaan uit Di Jerry
Mhlanga, Pieter Boon, die studente George Mnisi, Thabo Matlaela and
John Mahlangu asook Hilko Lubbinge as verteenwoordiger van die SK en
Ds Piet Magagula van Soshanguve Noord. Die sendingspan ontmoet
om sake soos huisbesoeke, preke en katkesasie te bespreek en die
leiding van die vergaderings word geneem deur die studente om te
verseker dat die nodige leierseienskappe gekweek word.
Vir meer inligting oor enige van die bogenoemde aspekte kontak
gerus enige van die sendingskommissielede by:
|