Die 1996 Sinode het besluit dat Sendingsdeputate (SDSA) gestig
moet word om beter koordinasie tussen die verskillende sendende
gemeentes asook die VGKSA en internasionale ondersteuningsnetwerk te
bewerkstellig. Die SDSA bestaan uit:
Alhoewel dit enige gemeente of lid van gemeente vrystaan om enige
van die sendende gemeentes te kontak, is dit die verantwoorlikheid
van die SDSA om toe te sien dat die finansiele bydraes van die
ondersteunende gemeentes versprei word tussen die sendende gemeentes
van Bellville, Pretoria Maranata and Mamelodi. Die
ondersteuning wat tans ontvang word vanuit Nederland word gebruik om
die operasionele kostes van die sendingsgemeentes te finansier.
Die SDSA poog ook om die finansiele dravlak van sendingswerk uit
te brei en enige belangstellendes kan die volgende
ingligtingsdokument raadpleeg vir verdere inligting:
•
Mission work in South Africa: Possibilities for
collaboration
(let daarop dat die dokument slegs in
Engels beskikbaar is)
Die Sendingsdeputate Suid-Afrika bevorder nasionale
sendingsamewerking deur te verseker dat voorligting aan alle
gemeentes gehou word waartydens die vreugdes en probleme wat ervaar
word op die sendingsterreine geďdentifiseer word. Insae in die
operasionele and strategiese planne word ook verkry terwyl gemeentes
op hoogte gehou word van die finansiële sake op die sendingsterreine.
Inligting word verder versprei deur nuusbriewe en die volgende
nuusbriewe is beskikbaar:
•
Nuusbrief Vol
1 2005 •
Nuusbrief Vol
1 Maart 2006
Die SDSA poog verder om die samewerking te verbeter deur te vra
vir volgehoue voorbidding, asook enige hulp en raad aan beide die
SDSA asook die sendende gemeentes direk.
Die fokuspunte van die SDSA vir die komende jaar sluit in:
• Uitbreiding van die finansiële draagvlak vir die
sendingswerk in Suid-Afrika
• Reel van die visitasie saam met afgevaardiges vanuit
Nederland
• Opstel van meerjarige begrotings vanuit die
strategiese planne van die sendende kerke. |