In die sendingsbevel van Christus in Matthéüs 28 het die Vrye Gereformeerde
Kerke in Suid-Afrika die stem van God gehoor om die evangelie in die
omliggende gebiede rondom Pretoria te gaan verkondig.
Die werk is aanvanklik deur die lidmate van die kerk in Pretoria
begin. Dit het so gegroei dat voltydse sendingswerkers nodig was. Ook
die verskil in taal en kultuur het dit nodig gemaak om sendelinge vir
hierdie werk af te sonder en op te lei.
Die eerste sendeling het sy werk in Mamelodi in 1964 begin. Daarna
is 'n addisionele twee sendelinge beroep vir werk in Soshanguve. Huidiglik is daar twee sendelinge werksaam in Soshanguve, naamlik Di
Jerry Mhlanga en Pieter Boon.
Die swart woongebiede waar die sendingswerk gedoen word, het
ontstaan as gevolg van die apartheidsbeleid van die eertydse regering. Sedert die omwentelinge in 1994 het daar egter nie baie verspreiding
van die woongebiede verander nie. Mamelodi en Soshanguve is steeds
swart woongebiede, alhoewel al hoe meer swart Suid-Afrikaners na die
stad begin trek.
Tans word sending bedryf in die volgende gebiede:
• Nellmapius (Suid van Mamelodi)
•
Soshanguve Suidoos
•
Soshanguve Sentrum
•
Soshanguve Suid 
|