Die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
strewe na eenheid in leer, diens en tug met die kerke elders in die węreld wat
die kenmerke van die ware kerk (soos aangedui in Art.29 van die Nederlandse
Geloofsbelydenis) nie net op papier handhaaf nie, maar ook in die praktyk van
die kerklike lewe vertoon.
Daar is susterkerk verhoudings met:
Verder word daarna gestrewe om kontakte op te bou
met gereformeerde kerke in Afrika. Op hierdie stadium word broederlike kontakte onderhou met:
- The
Free Church of Southern Africa (Suid Afrika)
- The Church of Central Africa Presbyterian
(Malawi & Zimbabwe)
- African Evangelical Presbyterian Church
(Kenia)
- Reformed Church in East Africa (Kenia)
- Church of Christ in Sudan amongst the Tiv
Die Vrye Gereformeerde Kerke wil hulle beywer vir
reformasie in Suid Afrika. In verband hiermee is daar 'n deputaatskap
aangestel wat hulp en begeleiding verleen aan verontrustes reg oor die land.
Die Vrye Gereformeerde Kerke is ook lid van
die International
Conference of Reformed Churches (ICRC), waarvan tientalle gereformeerde
kerke van dwars oor die węreld lidmate is. Hierdie
Internasionale Konferensie is in die lewe geroep deur kerke wat geen
moontlikheid (meer) gesien het om lid te wees van die Gereformeerde Ekumeniese
Raad (GER) nie. Broederlike kontakte word onderhou met die ICRC lidmate,
spesifiek met:
|