Welkom by Kompas
Die naam Kompas is tiperend van die doelstelling van die blad Kompas, naamlik rigtingwyser vir die gereformeerde lewe. Kompas hoop om die ontwikkeling van gereformeerde denke en lewe te stimuleer en so die lesers te help om hulle roeping in kerk en samelewing te vervul. Dit betref 'n brëe spektrum van terreine: kerk, samelewing, onderwys, gesin en staat.
Die blad rig hom in die eerste plek op die gemeentes en lidmate van die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (VGKSA) maar rig hom tog ook duidelik op belangstellendes buite die VGKSA.
Die blad wil veral 'n informerende-, meningvormende- en aktiverende rol vervul:
- informerend
belangrike ontwikkelinge aanwys in eie kerkverband, ander kerke, samelewing en internasionaal,
- meningvormend
op basis van die Skrif en gereformeerde belydenis leiding gee aan gereformeerde denke oor allerhande aktuele sake, - aktiverend
gereformeerde denke en aksie aanmoedig deur skrywers te betrek by die blad self of deur lesers en kerkrade te stimuleer.
