Hierdie kerke wil eenvoudig Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika wees. Hulle begeer om in
alles te lewe ooreenkomstig die Heilige Skrif wat hulle as die onfeilbare Woord van God
aanvaar.
Hulle beywer hulle om te bly by die christelike leer en daarom aavaar hulle die
samevatting van die Heilige Skrif in die belydenisskrifte van die ou Christelike kerk, te
wete:
Boonop aanvaar die Vrye Gereformeerde Kerke die belydenisskrifte van die Gereformeerde
Kerke wat in die 16de eeu in Europa na die Woord van God teruggekeer het, naamlik:
Lidmate betuig by die aflegging van hul openbare geloofsbelydenis hul instemming met
hierdie leer van die Heilige Skrif en van die Christelike Kerk en hulle belowe om in
hierdie leer tot die einde van hul lewe standvastig te bly.
Alle ampsdraers in die Vrye Gereformeerde Kerke is verplig om hulle instemming met die
belydenisskrifte van die kerk te laat blyk deur hul naamtekening te plaas onder 'n
Ondertekeningsformulier, waarin hulle belowe om niks wat daarmee in stryd is, te leer nie,
en om in geval hulle 'n afwykende mening sou kry, dit nie dadelik in die kerke uit te dra
nie, maar dit eers ter beoordeling aan die kerke saam voor te lê. Verbreking van hierdie
belofte sal onmiddellik 'n skorsing tot gevolg kry.
Kerkorde
Die Vrye Gerefromeerde Kerke reël hul onderlinge samelewing volgens die
1988-uitgawe van die Kerkorde wat oorspronklik deur die Gereformeerde Kerke in Nederland
in die Nasionale Sinode van Dordrecht in 1618/19 aamgeneem is.
Die uitgangspunt van hierdie Kerkorde is dat die plaaslike kerke nie 'n afdeling van
een landskerk is nie, maar almal selfstandige, plaaslike kerke van Jesus Christus, met
ampsdraers wat geen ander oopsiener of bestuurder as die Koning van die kerk bo hulle het
nie. Maar aangesien die afsonderlike selfstandige kerke deur dieselfde band aan Christus
ook met mekaar verbonde is, het hulle hul nogtans verplig tot fdie onderhouding van 'n
kerkverband waarin die kerke mekaar by die eenheid van die geloof en die reg van Christus
in die kerke vashou, bemoedig en aanspoor. Die afsprake daarvoor is in die kerkorde
gereël.
Liturgie
Die liturgie wat in die eredienste van die Vrye Gereformeerde Kerke gebruik word,
is afkomstig uit die tradisie van die Calvinistiese Reformasie.
Die kerke gebruik die Psalmberyming wat ook in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
gesing word, asook hulle 50 Skrifberymings. Die liturgiese formuliere (vir die bediening
van die Doop, die Nagmaal, die Tug, vir die aflegging van Openbare Geloofsbelydenis, die
bevestiging van Ampsdraers en van 'n Huwelik) is vir die grootste deel Afrikaanse
vertalings van die Formuliere van ons susterkerke in Nederland, Kanada en Australië.
|