Ons Skool
Die Gereformeerde Laerskool Johannes Calvyn het in 1964 tot stand gekom toe 'n aantal ouers 'n skoolvereniging gestig het. Hierdie ouers, almal lidmate van die Vrye Gereformeerde Kerk te Pretoria, het vanuit die doopbelofte wat hulle voor God afgele het, dit noodsaaklik geag om 'n skool onder hulle eie beheer op te rig. In so 'n ouerskool kan
ouers hul kinders laat onderrig in ooreenstemming met die leer van die Skrif soos wat die kinders dit by die huis en in die kerk geleer word. 'n Statute waarin die grondslag en ander reelings t.o.v. die skool neergele is, is ook deur die ouers opgestel.