Ouers

Ouers

Die ouers is op verskeie manier betrokke:

  • Die lede van die Vereniging van Gereformeerde Skoolonderwys (VGS) kies die skoolbestuur. Die skoolbestuur gee riglyne aan die hoof en die personeel. Die skoolbestuur hou ook toesig oor die daaglikse gang van sake by die skool sodat die missie van die skool uitgevoer word.
  • Omdat die primêre verantwoordelikheid vir die onderwys by die ouers lê, moet ouers betrokke wees by die skool. So kan hulle hul kind(ers) se ontwikkeling te volg omdat die onderdeel "onderwys" moet inpas in die totale opvoedingspakket. Vir hierdie doel is dit baie belangrik dat daar altyd kontak is tussen onderwysers, bestuur en ouers. Die ontwikkeling van die kind is 'n gesamentlike verantwoordelikheid.