Teologiese opleiding

Die VGKSA het Deputate Kuratore aangestel wat verantwoordelik is vir die Teologiese opleiding van studente:

Voorsitter: br. R. Meeske

Daar is ook twee Koördineerders aangestel:

Vir Klassis Noord: ds. P.G. Boon 

Vir Klassis Suid: (vakant)

 

Sinode Pretoria wat gehou is in Junie 2011 het die volgende riglyne gegee vir voornemende Teologiese studente:

Vir studente uit (voormalige) sendingsgemeentes in Klassis Noord: BTh graad by Mukhanyo Theological College (in KwaMhlanga, Mpumalanga), gevolg deur ‘n Plus-program wat deur die koördineerders georganiseer word. 

Vir studente uit (voormalige) sendingsgemeentes in Klassis Suid: BTh graad by George Whitefield College (in Muizenberg, Weskaap), gevolg deur ‘n Plus-program wat deur die koördineerders georganiseer word.

Vir studente uit die ouer gemeentes: BA-graad by ‘n universiteit in hulle omgewing, wat in elk geval 2 jaar Hebreeus, 2 jaar Grieks, en 1 jaar Latyn moet inhou. Daarna ‘n M.Div. – graad by die Canadian Reformed Theological Seminary (in Hamilton, Canada).

Aangesien Teologiese studente uit die VGKSA by verskillende instansies studeer, het die Sinode van Kaapstad 2006 uitkomste geformuleer, waaraan alle voornemende dienaars van die Woord moet voldoen. Die uitkomste fokus eerstens op geestelike- en karakterontwikkeling, en tweedens op akademiese ontwikkeling.