Agtergrond   CDs   Kommentaar   
  Agtergrond  
    CDs  
     
     

Laudate Dominum, die gereformeerde koor met ongeveer 50 lede, wisselend in leeftyd van vyftien tot vyf-en-sewentig jaar, bestaan nou al meer as vyftig jaar, en staan tans onder leiding van Marianne Bron. Sy is ‘n talentvolle dirigent, kerkorreliste, pianis en speel ‘n verskeidenheid blokfluite.

Die koor het ‘n groot deel van sy sukses te danke aan die bekwame orrelis Willem Luitingh, wat ‘n besondere inspirasie is vir beide die koor en die koorleidster.

Die CD “Die Rykdom van die Psalms” is onlangs vrygestel:

Die Rykdom van die Psalms

Die kore Laudate Dominum en Immanuel (gereformeerde kinderkoor) wil met hierdie CD opnuut die Here loof en eer, spesifiek deur middel van die Psalms. Die Psalms wat hier gesing word, is hoofsaaklik ingedeel rondom die Paas-, Hemelvaart- en Pinkstertyd, en word, waar moontlik, gesing op die oorspronklike Geneefse melodieë. Mag hierdie opname ons help om, ten tye van baie vernuwings en veranderings, opnuut die onskatbare waarde van ons Totiusberymde Psalms te herontdek, te koester en te bewaar. Mag dit ons al hoe meer inspireer om hierdie liedere in ons mond te neem, en – al is dit nou nog onvolmaak – met hart en siel ons Verlosser en Erekoning te verheerlik!

Die volgende persone/organisasies het ‘n bydrae tot hierdie CD gelewer:

Laudate Dominum en Immanuel kinderkoor, Willem Luitingh (orrel), Hillegert Wilcocks (trompet), Cora Visser (dwarsfluit), Marianne Bron (altblokfluit), Salomé Kanffer-Geertsema (sopraan).

Vir meer inligting, kontak Erika de Vries by (012) 330-0956 of devriesj@tut.ac.za

Ander CD's

 Enige navrae of kommentaar, kontak die Web Administrator